‘n Informele kafeegesprek oor “ons toekoms: polities, ekonomies, kultureel”, word eerskomende Vrydagoggend 22 Februarie om 10.30 in Pretoria gehou. Epos inlig[by]praag.org vir die adres.
‘n Besoekende Nederlandse parlementslid sal ook die gesprek bywoon en vrae aangaande die verhouding van Afrikaners tot Nederland en Europa beantwoord.
Alle lesers is welkom om dit by te woon. Aangesien plekke in die kafee beperk is, word u versoek om so gou moontlik per epos van u te laat hoor. Sluit ook u selfoonnommer op die epos na inlig[by]praag.org in.
