Suid-Afrikaners is van die vuilste mense in die wêreld wanneer dit kom by persoonlike higiëne, het ‘n studie bevind.
Die studie is deur die vervaardiger van antibakteriese produkte Dettol onderneem en gister vrygestel. Saam met China, is Suid-Afrikaners die mense wat die minste omgee wanneer dit kom by higiëne.
Die opname is gedoen oor die higiëniese gewoontes van 12.000 mense in 12 lande, 1000 van elk.
Smerige mense is minder geneig om hul hande te was, terwyl hande as “die voertuie wat infeksies dra” bekend is.
Die studie het aan die lig gebring dat tuisma’s die mees higiëniese is, met 64,5% wat hulle hande meer as vyf keer ‘n dag was.
Universiteitstudente het die ergste gevaar, met slegs 44,5% wat hul hande dikwels was.
Ouer Suid-Afrikaners (ouer as 55) is meer geneig om hul hande gereeld te was as mense tussen die ouderdomme van 16 en 24.
Daar is gevind dat vroue uit Australië, Brasilië, Kanada, China, Frankryk, Duitsland, Indië, Maleisië, die Midde-Ooste, die Verenigde Koninkryk en die VSA meer geneig is om hul hande te was as hul manlike eweknieë.
Maar in Suid-Afrika is daar geen verskil nie, waar mans en vroue ewe geneig, dalk ongeneig is om hul hande te was.
In Suid-Afrika is ‘n “gevoel van walging oor die moontlikheid van kontaminasie” die belangrikste determinant vir higiëne, gevolg deur goeie maniere.
‘n Konsultant vir die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes by Wits-universiteit, professor Barry Schoub het gesê skoon hande is ‘n maklike manier om die voorkoming van die verspreiding van infeksies te bevorder en hy betreur die aantal mense wat uit openbare toilette loop sonder om hulle hande te was.
“Hoes- en nies-etiket” is ook baie belangrike maniere om goeie higiëne te bewaar, sê Schoub.
Hy het aanbeveel dat ‘n siek persoon “‘n snesie gebruik en dit dan weggooi, of hoes in die waaie van jou elmboog of arm, eerder as in jou hand.”
