Swart provinsies verkies Engels as onderrigtaal

Byna tweederdes van leerlinge in die land verkies Engels as onderrigtaal, maar die taal het maar die vierde meeste sprekers. Engels is ook al lankal nie meer ‘n wit taal nie, sê die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhouding. ‘n Navorser aan die SAIRV het gesê 64% van die skoolbevolking van 11,5 miljoen het in 2010 verkies

Lees verder: Swart provinsies verkies Engels as onderrigtaal

Diensleweringsopstand in Soweto eis een

In oproer dié naweek in Soweto is ‘n KFC oorkant die Elias Mo­tsoaledi-plakkerskamp afgebrand en een mens dood. Inwoners sê die munisipaliteit skeep hulle af, terwyl ander gebiede voorkeur kry. Die betogings het Saterdagaand in geweld ontaard. Twee minibustaxi’s en ‘n bakkie is ook aan die brand gesteek. ‘n Groot polisieteenwoordigheid in die omgewing is

Lees verder: Diensleweringsopstand in Soweto eis een

NOP of IPAP?

Die DA gaan die Nywerheidsbeleidsaksieplan teenstaan wanneer die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, dit vandag aan die parlementêre portefeuljekomitee voorlê. Die plan, bekend as die IPAP, is vroeër vandeesmaand deur Davies bekendgestel nadat dit in Maart deur die kabinet aanvaar is. Die dokument is daarop gemik om ekonomiese groei te skep en behels

Lees verder: NOP of IPAP?

Boston-verdagte aangekla

Die oorlewende verdagte in die Boston-marathon bomaanvalle is formeel aangekla. Die Amerikaanse departement van Justisie sê die 19-jarige Dzhokhar Tsarnaef is daarvan aangekla dat hy wapens van massa-vernietiging gebruik het. Hy kan die doodstraf opgelê word indien hy skuldig bevind word. Hy is Vrydagaand gewond en gevange geneem ná ‘n uitgebreide soektog waarin sy ouer

Lees verder: Boston-verdagte aangekla

Afrikanerkultuurbond verwelkom herstel van Pretoriase straatname

Die Hoofbestuur van die Afrikanerkultuurbond verwelkom die uitspraak in die ‘Straatnaamsaak’, wat deur die Burgerregte-organisasie, Afriforum, teen die Tshwane munisipaliteit aanhangig gemaak is. Die regspraak van regter Bill Prinsloo in die Pretoria Hooggeregshof, wat beveel dat die verwyderde straat name weer opgerig moet word, word as ‘n tydige en betekenisvolle sege vir die handhawing en

Lees verder: Afrikanerkultuurbond verwelkom herstel van Pretoriase straatname

Minister sê sy word deur media afgepers

Dina Pule, die minister van kommunikasie, het Maandag tydens ‘n mediakonferensie gesê dat ‘n reeks artikels deur die Sunday Times ‘n smeerveldtog is in ‘n poging om haar af te pers. “Dié veldtog was ‘n hoogs gesofistikeerde komplot om my af te pers,” het Pule aan joernaliste in Johannesburg gesê. “Die Sunday Times het gedink

Lees verder: Minister sê sy word deur media afgepers

Stiefpa wil hof toe na FB-skollie-aantyging

‘n Inwoner van Gordonsbaai wil ‘n polisiebeampte dagvaar omdat dié glo ‘n foto van sy stiefseun op Facebook gepubliseer het en hom van diefstal beskuldig het, is Maandag berig. The Star het berig dat Philip Brink, 53, beplan om die polisievrou vir R500 000 te dagvaar vir naamskending en emosionele trauma wat spruit uit ‘n

Lees verder: Stiefpa wil hof toe na FB-skollie-aantyging

Afrikaans is nie meer ‘n wit taal nie, sê SAIR

Meer swartes, bruines en Indiërs praat Afrikaans as huistaal as wittes, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) Maandag gesê. ‘n Onlangse studie deur die SAIRV, gebaseer op data uit die sensus van 2011, het getoon dat slegs 40% van mense wat Afrikaans as huistaal praat, wit is. Dit beteken slegs 2,7 miljoen uit die

Lees verder: Afrikaans is nie meer ‘n wit taal nie, sê SAIR

Van vryheidsvegters na terroriste

‘n Groep wat ‘n Islamitiese opstand teen Rusland stook, het gister gesê hulle is nie in ‘n oorlog teen die Verenigde State van Amerika gewikkel nie, en hulself gedistansieer van die Boston-bomme. “Ons veg met Rusland, wat verantwoordelik is nie net vir die besetting van die Kaukasus nie, maar vir monsteragtige misdade teen Moslems,” lui

Lees verder: Van vryheidsvegters na terroriste

Boston-bomverdagte kan nie praat nie

Die Boston-bomverdagte, Dzhokhar Tsarnaev, is steeds in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal in Boston en volgens die polisie nie in staat om vrae te beantwoord nie. Tsarnaev is dié naweek deur die polisie in hegtenis geneem nadat hulle hom in ‘n boot agter in ‘n erf gekry het. Hy word daarvan verdink dat hy

Lees verder: Boston-bomverdagte kan nie praat nie