Business Report berig dat nog ‘n petrolskok op Suid-Afrikaners wag. ‘n Voorlopige som deur die departement van energie, wys dat petrol tot 61c per liter meer kan kos van Augustus af. Dit is op internasionale oliepryse gesbaseer, sowel as die verhandelingskoers van die rand wat tussen 28 Junie tot 2 Julie bereken is. Motoriste betaal
Mandela se toestand verbeter effens
Nelson Mandela se vrou, Graca Machel, het Donderdag gesê dié voormalige staatshoof ervaar ongemak, maar nie pyn nie. “Ons is nou al sowat 25 dae in die hospitaal,” het Machel gesê. Die kliniek het ‘n kamer tot Machel se beskikking gestel waar sy inwoon om die media-aandag buite die gebou te kan vermy. Machel het
Medici sê Mandela nie in ‘vegetatiewe’ toestand nie
Medici wat Nelson Mandela behandel, het ontken dat hy in ‘n vegetatiewe toestand is, het die presidensie Donderdag gesê. Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het Donderdagmiddag in ‘n verklaring gesê pres. Jacob Zuma het Mandela in die hospitaal besoek en dat die voormalige staatshoof steeds in ‘n kritieke, maar stabiele toestand is. Die presidensie het die
Lees verder: Medici sê Mandela nie in ‘vegetatiewe’ toestand nie
Vryheidsfront verloor op Naboom teen DA weens verdeelde regse stem
Die Vryheidsfront Plus het gister tydens ‘n tussenverkiesing in wyk 4 ‘n neerlaag teen die DA in ‘n konserwatiewe Noord-Transvaalse kiesafdeling op Naboomspruit teen die DA gely deur met 582 stemme teen die DA se 665 te verloor. Van die party se organiseerders blameer Afriforum wie se voorsitter op die dorp, mnr. Philip van Staden,
Lees verder: Vryheidsfront verloor op Naboom teen DA weens verdeelde regse stem
Zille skerm vir twisgierige Mandela’s
Nelson Mandela se familie moet die privaatheid gegun word om hul verskille op te los, het Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, Woensdag gesê. “Ek wil liewer nie kommentaar lewer oor die kwessie nie. Die familie moet die ruimte gegum word om dit op te los,” het Zille aan joernaliste buite die Harthospitaal in
Mandela-twis verhewig
Drie lykswaens van ‘n begrafnisondernemer in Mthata in die Oos-Kaap het op Mvezo aangekom om die oorskot van oudpresident Nelson Mandela se kinders na Qunu terug te neem, berig RSG. Dit volg nadat Madiba se kleinseun, Mandla ‘n hofgeding verloor het om die opgrawing van Tembekile, Makgato en Makaziwe Mandela te keer. Die hekke wat
ANC skors Potch-raadslede wat saam met DA stem
Die ANC in die Noordwes het die skorsing verwelkom van 14 raadslede van die Tlokwe-munisipaliteit wat saam met die DA gestem het om die burgemeester, Maphetle Maphetle, te ontsetel. Die besluit om die groep te skors, is Woensdag op ‘n vergadering van die provinsiale tugkomitee gemaak. Die ANC beweer 16 van sy raadslede het ‘n
SA wil renosterhoringhandel beter reguleer
Suid-Afrika is intussen besig om ‘n omvattende voorstel vir handel in renosterhoring voor te berei vir oorweging by die Konvensie vir Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, CITES. Dit sal gereed wees vir die organisasie se volgende byeenkoms wat oor drie jaar in Suid-Afrika gehou word. Die minister van omgewingsake – Edna Molewa – sê die
Morsi deur staatsgreep uit die kussings gelig
Die hoofregter van die konsitusionele hof in Egipte, Adli Mansour word vandag as tussentydse leier van dié land ingesweer, nadat die eerste demokratiese-verkose president Mohammed Morsi gister deur die weermag uit die kussings gelig is. Morsi se Moslem Broederskap- party meen dié stap was ‘n militêre staatsgreep. Morsi en verskeie van sy assistente word deur
Afrika – voorwaarts na die verlede
Volg Manfred Delport op Twitter en Facebook. Ek moet bieg dat ek my verlekker aan die petalje rondom die Mandela-gespuis se twis oor die Mandelakinders se grafte. Ek het al die gesegde gehoor dat dooies sou tol in hulle grafte, maar ek het nog nooit gedink ek sou ‘n geval sien waar dit letterlik waar sou word nie,
