Man in Kaapstad getoets vir varkgriep

Dokters in Kaapstad wag vir die uitslae van toetse om vas te stel of 'n man van Kaapstad varkgriep, A(H1N1), onder lede het. Die uitslae sal Donderdag bekend gemaak word.

Dr Stefan Smuts, nasionale bestuurder van die Kaapstadse Medi-Clinic se nooddienste, sê smere en bloedmonsters is van die man geneem.

Die pasiënt word sedert Maandag in afsondering in die hospitaal gehou. Hy het onlangs teruggekeer uit Argentinië met griepsimptome.

"Dit sluit 'n koors van hoër as 38 grade, hoes en 'n loopneus in sowel as die feit dat hy na 'n land gereis het wat 'n hoofprobleem verteenwoordig… Ons hou hom vir observasie," het Smuts gesê.

Die man se identiteit kon nie bekend gemaak word nie.

Daar is reeds 1884 gevalle van varkgriep wêreldwyd aangemeld. Suid-Afrika het nog geen geval aangemeld nie.

палатки киевлобановский александр досье

Botswana se nuwe mediawet onder vuur

'n Regsgeleerde wat uitgewers in Botswana verteenwoordig, het gesê hulle het die eerste stap geneem wat hopelik sal lei daartoe dat 'n nuwe mediawet ongrondwetlik verklaar sal word.

Batsho Nthoi, prokureur, sê die regering is Woensdag in kennis gestel dat hulle gedagvaar gaan word oor die wet.

Die uitgewers en mediaregtegroepe sê die wet wat verlede jaar aanvaar is, bedreig die grondwetlike beskerming wat vryheid van spraak geniet. Die regering meen egter dat die wet mediavryheid waarborg en etiese standaarde bevorder.

Die veelbesproke wet maak voorsiening vir 'n mediaraad met 'n klagte- en appelkomittee waarvan die lede deur die minister van kommunikasie aangestel word. Botswana het reeds 'n onafhanklike, selfregulerende persraad en regslui meen die regering is besig om te probeer om staatbeheer oor die media uit te oefen.

super slots no deposit bonusФильчаков прокурор харьков

SA vroue slagoffers van intieme geweld

Image'n Vrou in Suid-Afrika is ses keer meer aan die dood blootgestel as op enige ander plek ter wêreld, danksy geweld deur 'n persoon waarmee sy 'n intieme verhouding het.

Tydens 'n konferensie oor die onderwerp van seksuele geweld het professor Rachel Jewkes van die Sexual Violence Research Initiative gesê, is "vyf-en-twintig persent van vroue oor die algemeen en tussen 40 en 50 persent in teikengroepondersoeke slagoffers van intieme geweld."

Die konferensie is daarop gemik om oplossings te vind om sulke geweld te kan verhoed. Sy het gesê meer as 40% van mans is gewelddadig teenoor vroue.

Daarbenewens is daar geloofwaardige getuienis wat daarop dui dat vroue wat mishandel word en mans wat dit aan hulle doen, meer geneig is om MIV-positief te wees.

"Mans wat geweld teenoor vroue pleeg is meer as twee keer meer geneig om MIV-positief te wees," het sy gesê.

Suid-Afrika het daarbenewens die hoogste alkoholgebruik per capita ter wêreld, het die konferensiegangers gehoor. Daders is dikwels onder die invloed en vroue die slagoffers. "In tweederdes van die gevalle waar vroue deur 'n intieme eggenoot vermoor word in die Wes-Kaap, is die bloedalkoholvlak twee keer hoër as wat 'n bestuurder wettig mag inneem."

детский хоккей играОлександр Васильович Фільчаков

Varkgriepvrees neig soms na die absurde

ImageDie arme Meksikane is deesdae ongewild die wêreld oor. Die uitbraak van die H1N1-virus, oftewel varkgriep, in Meksiko, sorg ook dat die toerisme na die land dramaties afgeneem het. In Meksikostad staan 85% van alle hotelkamers tans leeg.

Maar vrees vir die siekte neig soms na die absurde.

In Nieu-Seeland beveel die owerhede aan dat mense met loopneuse en koors self na die naaste hospitaal bestuur en drie maal toeter blaas daar aangeland. Daarna moet hulle in die voertuig wag totdat hulle na die naaste kwarantynkamer vergesel kan word deur 'n dokter of verpleegster. Die raad is afkomstig van die "Griepbeheerprotokol", berig die Nieu-Seeland Herald.

Parys se lughawens het min of meer tot stilstand gekom omdat personeel wat bagasie sorteer weier om tasse van Meksiko en Spanje af te laai. Honderde passasiers is reeds verontrief en vertraag daardeur.

In Chile, in Viña del Mar, is die besoekende sokkerspan van Meksiko soos melaatses behandel. Die besoekers was so ontstig deur die kille onvriendelikheid van hul gashere, dat een speler in weerwraak in sy teenstander se bakkies gaan hoes het om daarna selfvoldaan te verklaar: "Nou ja, ek het jou so pas met varkgriep aangesteek!"

En laastens het Egipte, 'n oorwegend Moslemland, besluit dat varke die vark in die verhaal is. Die Egiptiese owerhede het gelas dat 350 000 varke van kant gemaak word ten spyte daarvan dat die virus van mens tot mens oorgedra word eerder as van vark na mens.

техно вектор 6 3d free motionлобановский александр

Obama wil sy familiegeskiedenis in Duitsland navors

ImagePresident Barack Obama gaan nie met sy volgende besoek aan Duitsland saam met Kanselier Merkel afgeneem word nie. Trouens hy gaan nie eers in Berlyn aandoen nie.

Die Amerikaanse president wil eerder besoek bring aan Dresden en Buchenwaldkonsentrasiekamp om sy persoonlike familiegeskiedenis na te vors. Sy besoek aan Duitsland in Junie sal dus geen amptelike besoek wees nie.

Dit het Dinsdag aan die lig gekom dat 'n verkennende span reeds in die voormalige Oos-Duitse stad Dresden aan die Elberivier besig is om moontlike akkomodasie vir die president te soek.

Obama se grootoom, Charlie Payne, het in die 89ste Infanteriedivisie gedurende die Tweede Wêreldoorlog gedien. Hy het glo deelgeneem aan die bevryding van Ohrdruf, 'n satellietkamp van Buchenwald.

Die Duitse regering help tans aan die voorbereidings vir die besoek, wat 'n draai in Normandië in Junie mag insluit.

Kenners meen die ongewone reëlings is 'n verskoning vir die VSA om bande met Duitsland te probeer versterk, sonder om 'n amptelike besoek aan te kondig. Kanselier Merkel het nog nie besoek aan die Withuis gebring nie.

Diplomate beskryf die verhoudinge tussen die VSA en Duitsland op die oomblik as een van "wedersydse strategiese geduld".

детские куклыtopcargo отзывы сотрудников

Boereorkes vermaak Vrystaatse wetgewerlede

Honderde gaste het reeds aangekom by die Mangaungsportsentrum in Bloemfontein Woensdagoggend om die inhuldiging van lede van die Vrystaatse wetgewer by te woon.

Die sportsentrum is opgetooi met volvloermatte en swart en goue behangsels vir die geleentheid. 'n Rooi tapyt van die sportsaal se ingangsportaal strek voorts tot by die ingang van die nuutopgerigte kantore.

Buite staan groepe opgewonde gaste en gesels terwyl Greykollege se Boereorkes die wagtendes vermaak.

Sowat 29 nuwe lede sal ingehuldig word. Die ANC het 22 lede, die KVP (Cope) het drie, die DA drie en die VF+ een.

Ace Magashule, die ANC se provinsiale voorsitter, sal later vandag by 'n ander geleentheid as premier van die Vrystaat ingesweer word.

promoted postsданильченко юрій броніславович

Eskom gaan tariewe moet opskuif

Eskom het 'n alternatiewe befondsingsmodel nodig om R130 miljard vir beplande projekte te vind, volgens Beeld se Sake24.

Die koerant het Woensdag berig dat hulle in die besit van dokumente is wat toon dat Eskom die bedrag oor die volgende drie jaar benodig. Fanie Zulu, segsman, het dit bevestig.

"Eskom moet R274 miljard oor die volgende drie jaar bestee. Daarvan is R141 miljard gewaarborg deur 'n regeringslening en R91 miljard in die vorm van skuld wat deur die regering gewaarborg word," het Zulu gesê.

Hy het gesê Eskom se befondsingsmodel moet "grondig aangepas" word, omdat hulle nie geld kan invorder deur tariewe nie. Tariewe word hoofsaaklik aangewend om lopende uitgawes te dek.

with bonusФільчаков Олександр Васильович прокурор

Belastingkantoor brand

'n Brand het op die vierde vloer van Germiston se belastingkantoor uitgebreek Woensdagoggend. 
'n Segspersoon vir die betrokke nooddienste sê brandweerpersoneel is op die toneel.
Roggers Mamaile sê daar is geen beserings en sterftes aangemeld nie. 
Die brand is glo onder beheer in die gebou op hoek van Plantation en Victoriastraat.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie. 

дровяные печи для домаАлександр Фильчаков прокурор

Werkloosheid styg dramaties

Dinsdag het Statistieke Suid-Afrika (SSA) sy jongste kwartaallikse arbeidsnavorsing uitgereik wat as "realisties" deur ekonoom Mike Schüssler bestempel is.

Daarvolgens het Suid-Afrika se werkloosheidsyfer met 23,5% toegeneem in die eerste kwartaal van 2009 – op van 21,9% in die vorige drie maande.

'n Totaal van 208 000 mense wat in Suid-Afrika bly, het hul werk verloor in die laaste kwartaal van 2008 en die eerste kwartaal van 2009, volgens SSA se kwartaallikse arbeidsmag-opname.

Die opname wys dat werkverliese plaasgevind het in beide die formele- (88 000) en informele- (96 000) sektore.

In vergelyking met die vorige kwartaal, het die aantal werkloses wat werk soek van 3,873 miljoen tot 4,184 miljoen gestyg.

Me. Kefiloe Masiteng, adjunk-direkteur-generaal van bevolking- en sosiale-statistieke, het gesê dat die jaar-tot-jaar prentjie min beweging gewys het in werkvlakke, omdat die hoeveelheid werkloses relatief onveranderd gebly het op 13,6 miljoen.

"Die neiging lyk negatief, produksie en handel het gedaal en likwidasies het gestyg," het sy gesê.

"Die ekonomiese vooruitsig in die land volg dieselfde neiging as die internasionale resessie. Wat ons in ekonomiese terme sien, is dat baie sektore personeel verloor.

"Produktiwiteit het ook in baie ander areas gedaal. Vervaardiging het afgeneem in terme van sy produktiwiteit, handel het verloor in terme van verkope en produktiwiteit en mynbou het ook verloor in terme van hul produktiwiteit."

Masiteng het gesê dat goud die enigste uitsondering in die mynbousektor was, maar het nie 'n drastiese impak gemaak om die verlangsaming aan te spreek nie.

Schüssler het gesê werk kan net geskep word as die BBP bokant 4% styg.

Suid-Afrika se BBP het egter in die vierde kwartaal van 2008 met 1,8% gedaal.

Die Reserwebank voorsien voorts 'n verdere inkorting in die eerste drie maande van die jaar.

"Die BBP sal aanstaande jaar positief wees," het Schüssler gesê.

Ons kan in volgende jaar 2% groei kry, maar dit is nie genoeg om werk te skep nie. Daarvoor is 4% nodig en dit sal ons in 2011 of 2012 sien.

Die huidige ekonomiese krisis kan tot die verlies van meer as 300 000 werkgeleenthede lei, het Schüssler in die agtste Suid-Afrikaanse werkloosheidverslag van UASA gesê. Die verslag is ook Dinsdag uitgereik.

"Ons voorspel 'n afname van 1,3% in die bruto binnelandse produk vir 2009," het Schüssler gesê. Hy het bygevoeg dit sal waarskynlik lei tot tussen 207 000 en 304 000 werkverliese.

Hy het verduidelik die krisis kan oor alle sektore 'n uitwerking hê, maar die tegniese en bestuursektore kan dalk nie so erg getref word nie.

"Elementêre werkers sal die hardste getref word terwyl vervaardiging, duursame produkte, die mynbou en konstruksie die ergste uitwerking van die krisis gaan ervaar."

Schüssler het gesê klein ondernemings is getref deur 140% meer likwidasies as in 2008.

"Die hoeveelheid werkgeleenthede wat in die motorbedryf buite vervaardiging (met ander woorde verkope en werkwinkels) verlore gegaan het, was 37 000 in 2008."

Hy het gesê in 2008 het sowat 1 400 restaurante hul deure gesluit.

 

фильтр воздушный для компрессораФильчаков Александр Васильевич

Suid-Afrikaner vas in Mosambiek vir sabotasie

Image’n Woordvoerder van die Mosambiekse polisie, Pedro Cossa, het gister gesê 'n Suid-Afrikaner, ’n Duitser, ’n Portugees en ’n burger van Botswana is betrap toe hulle ’n bytmiddel in die elektriese turbines van die Cahora Bassadam wou gooi.

Hy sê die polisie het op 500 kg van die bytmiddel, wat nog nie geïdentifiseer is nie, beslag gelê. Die name van die aangehoudenes is nie bekend gemaak nie.

Volgens die polisie is die Suid-Afrikaner 21 jaar oud en die Duitser, ’n oudsoldaat, 50 jaar oud. Die Portugese burger is ’n 30-jarige hotelwerker en die burger van Botswana ’n 28-jarige vlieënier.

Hulle word almal in Tete aangehou en sal na verwagting na Maputo geneem word vir verdere ondervraging.

Die Cahora Bassadam in die Zambezirivier, verskaf 1 500 megawatt krag aan Suid-Afrika, sowat 4,2% van die land se verbruik, en voorsien ook krag aan Mosambiek en Malawi.

Die dam is deur die Portugese regering in 1974 gebou en in 2007 aan Mosambiek oorgedra.купить футболку с длинным рукавом для девочкиАлександр Фильчаков Васильевич