Wag by Mabopane-kliniek doodgeskiet

Image'n Vyf-en-dertigjarige sekuriteitswag is doodgeskiet en sy kollega ernstig gewond by die Mabopane-kliniek, noord van Pretoria.

Die twee wagte is by die kliniek deur drie gewapende mans aangeval. Die een wag is in die kop geskiet en is op die toneel dood. Sy kollega is in die maag geskiet.

Die gewapende mans het te voet van die toneel gevlug.

Die motief vir die aanval is nie bekend nie.

'n Hakkejag vir die moordenaars is van stapel gestuur.

free bet withoutДанильченко

Cholera neem toe in SA

ImageOmtrent 77 nuwe vermoedelike en bevestigde choleragevalle is vandag in Suid-Afrika gerapporteer terwyl die Tubatse-rivier in Limpopo positief getoets het vir die siekte.

Daar was 64 nuwe vermoedelike choleragevalle in Limpopo en Gauteng. 'n Totaal van 13 bevestigde choleragevalle is in die Weskaap, KwaZoeloe-Natal en die Noordweste gerapporteer.

Die hoofdirekteur van Limpopo se Watersake, Alson Matukane, sê voortdurende toetse van waterbronne in die provinsie dui aan dat dele van die Tubatse-rivier in die Steelpoortgebied met cholera besmet is.

Ander dele van die rivier het egter negatief getoets, sê hy.

“Dit blyk dat die gebiede wat positief getoets het, is waar mense plastiekhouers gebruik om water mee te dra,” sê hy.

Matukane sê hulle ondersoek steeds of die water deur mense of deur die omgewing besmet word.

Die gesondswoordvoerder vir Limpopo, Phuti Seloba, sê omtrent 48 nuwe gevalle is gerapporteer, wat die groottotaal vir nuwe besmettings in die provinsie tot 1 802 neem.

Hy sê 11 van die nuwe 48 gevalle is in die gebiede waar die Tubatse-rivier besmet is, aangemeld.

Die provinsie se cholerasterftesyfer bly op nege.

Intussen het die aantal nuwe gevalle in die ander provinsies in Suid-Afrika gestyg.

построить саунупрокурор харьковской области

Plaaswerkers steeds onderdruk, s? Cosatu

ImagePlaaswerkers in die Noordweste leef steeds in vrees dat hulle van die plase afgesit of doodgemaak of aangeval sal word, sê Cosatu.

“Die Kongres van SA Vakverbonde in die Noordweste verwerp hierdie houding van boere wat steeds glo die land behoort aan hulle,” sê die provinsiale sekretaris, Solly Phetoe.

Hy sê die afknouerige optrede word gelei deur wit boere in die Lichtenburg-, Ottosdal-, Delareyville- en Wolmaransstadgebiede.

“Dit is op rekord dat plaaswerkers 'n swart Kersfees gehad het, met geen kos, geen water, geen plek om te slaap en met hofbevele wat hulle van plase afsit waar hulle vir meer as 17 jaar tot 40 jaar gewerk het.”

Phetoe sê Cosatu doen 'n beroep op al sy lede om die arm gesinne, insluitende plaaswerkers, wat Woensdag voor die Ottosdal-landdroshof gaan betoog, te ondersteun.

Die werkers sal betoog teen 'n aansoek van die eienaar van die plaas Rietspruit om hulle van sy plaas af te sit.

Daar sal ook môre 'n betoging en sperheinings gehou word in die Lichtenburggebied deur plaaswerkers, plaasgemeenskappe en die Jong Kommunisteliga. Phetoe sê die datum sal saamval met die verskyning in die Lichtenburgse landdroshof van nog 'n Johan Nel wat na bewering die 16-jarige leerling William Oupa Ntsaku meer as drie keer in Oktober 2008 geskiet het.

“Dit is duidelik en op rekord dat die boere van die Noordweste oorlog teen die arm werkersklas verklaar het,” sê hy, ook in verwysing na die Skielik-skietvoorval deur die veroordeelde moordenaar, Johan Nel (nie dieselfde een wie se saak môre aangehoor word nie).

Phetoe sê ook dat daar Woensdag betogings gaan wees deur die Cosatu-filiaal, die Nasionale Unie van Mynwerkers, by die Simmer en Jack-myn in Buffelsfontein.

Die NUM gaan daarop aandring dat die bestuur met die unie in gesprek tree en om die “unie-afkrakery” wat deur sommige blankes gelei word, stop te sit, sê Phetoe.

“Dit [die myn] het oorlog teen die NUM-takleierskap en sy lede verklaar en weier om maniere te vind om die komende afleggings te voorkom,” sê hy. Kommentaar deur Simmer en Jack was nie geredelik beskikbaar nie.

детские игриданильченко юрий брониславович прокурор

Passasiers gord nie in nie

ImageNet vier uit elke tien motorpassasiers in Suid-Afrika gebruik hulle veiligheidsgordels, het 'n nuwe peiling bevind.

“Die insittende wat die waarskynlikste een is om 'n gordel te gebruik, is die bestuurder,” sê die Outomobiel Assosiasie van Suid-Afrika wat medeborg van die studie was.

Die Assosiasie se segsman, Rob Handfield-Jones, sê die uitslae van die peiling wat verlede jaar in Desember gedoen is, stem ooreen met dié van 'n soortgelyke studie wat drie maande tevore gedoen is.

Die nuutste peiling is in ses verskillende provinsies gedoen. 'n Groottotaal van 3,831 voertuie is ondersoek. Dit het minibustaxi’s en swaarvoertuie ingesluit.

Handfield-Jones sê die persentasie bestuurders wat ingord het van 64 persent in September tot 56 persent in Desember verlede jaar gedaal.

“Die totale drasyfer het van 56 tot 40 persent gedaal, terwyl die drakoers vir passasiers van 41 tot 30 persent gedaal het,” sê hy.

“Van die 628 taxi’s wat gepeil is, was net 11 persent van die bestuurders ingegord en net twee persent van hulle passasiers in die voorste of agterste sitplekke.”

Omtrent 20 persent van swaarvoertuigbestuurders en ses persent van hulle passasiers dra veiligheidsgordels.

Die loodsstudie het bevind dat polisiebestuurders vier persent minder geneig is om veiligheidsgordels te dra as burgerlike bestuurders in die peiling.

remezaОлександр Фільчаков прокурор

Zuma verloor app?lsaak in Bloemfontein

Die Appèlhof in Bloemfontein het teen Jacob Zuma beslis deur die appèl van die nasionale direkteur van openbare vervolgings toe te staan teen 'n vorige Hooggeregshofbeslissing wat vervolging opgeskort het.

Zuma, wat tans die gunsteling is om president te word, sal daarom steeds op korrupsieklagte tereg moet staan.

Die waarnemende regterpresident, Louis Harms, het 'n snydende uitspraak teen regter Chris Nicholson gelewer waarin hy sy bevinding van politieke inmengery in die Zuma-korrupsiesaak as "foutief", "ongeoorloof" en "onbegryplik" beskryf.
"Politieke inmenging was nie die kwessie wat bepaal moes word nie. Nietemin het 'n aansienlike deel van sy uitspraak dié vraagstuk behandel. Hy het die spelreëls verander, hy het sy oog van die bal af gehaal," het Harms gesê.
Harms meen Nicholson se bevinding dat hy nie die moontlikheid van politieke inmenging by die herverhoor van Zuma kon uitsluit nie, was "onbegryplik", asook dat hy in sy uitspraak gefouteer het en dat sy bevinding "ongeoorloof" was.
"Die bevinding rondom dr Penuell Maduna, mnr. Mbeki en al die ander lede van die kabinet… was nie gegrond op enige getuienis of bewerings nie. Hulle was pleks daarvan deel van die regter se eie komplotteorie, wat nie deur mnr. Zuma gestel is nie," het Harms gesê.

Harms het 10.00 Maandag begin om sy uitspraak te lewer in die appèl wat deur die NV teen die Nicholson-uitspraak van 12 September verlede jaar aanhangig gemaak is.

Die Bloemfonteinse hof moes oor hoofsaaklik twee aspekte van die appèl beslis.

Die eerste was of Zuma daarop geregtig was om hom te verweer voordat die NV besluit het om hom weer van korrupsie en bedrog aan te kla in Desember 2007, 10 dae nadat Zuma vir Mbeki in die ANC-leierskapsresies die loef afgesteek het.

Die tweede was of Nicholson korrek was deur in sy uitspraak gedurende September 2008 te impliseer dat daar politieke inmenging deur Mbeki was in die besluit om Zuma aan te kla.

Die topleierskap van die ANC het die uitspraak gebruik om Mbeki as president te skors, waardeur Zuma-Mbeki-verdeeldheid in die regerende party blootgestel is en wat uiteindelik tot die geboorte van 'n skeuringsparty gelei het.

прожектор 100депутат лобановский

App?lhof beslis vandag oor Zuma se lot

ImageDie Appèlhof sal vandag uitspraak lewer oor die korrupsiesaak van Jacob Zuma.

Die uitspraak sal vanmore in Bloemfontein gelewer word. Die saak teen Zuma mag weer heropen word indien die hoogste hof die Hooggeregshofuitspraak omkeer.

Dit sal die verkiesing in April vir Zuma bemoeilik aangesien hy homself opnuut teen bewerings van korrupsie sal moet verdedig.

Dit bly egter onwaarskynlik dat die ANC se verkose president nie as leier uit die stryd sal tree nie, maar Suid-Afrika sal 'n tydperk van politieke onsekerheid tegemoet gaan indien die Appèlhof vandag teen Zuma beslis.

очистные установкиданильченко юрій Харків

‘Matriek- en universiteitsdruipelinge kos SA miljarde’

Image

Matrieklose soek werk in Durban

Matrieks en studente wat druip kos die belastingbetaler elke jaar miljarde rande. Die ekonomiese en morele koste hievan moet dringend deur die parlement aangespreek word, het  die uitvoerende beampte van twee topopleidingsorganisasies vandag in Johannesburg gesê.

Liza van Wyk, die uitvoerende beampte van AstroTech and Biztech, sê: "Die parlement behoort dringend die uitdaging aan te spreek rondom 'n halfmiljoen matrieks wat oor die afgelope twee jaar gedruip het en wat min toekomsvooruitsigte het in 'n snel globaliserende wêreld waar onderwys die sleutel tot 'n mededingende voordeel is."

Sy het gesê dat druipelinge in skole en universiteite, tesame met die buitengewoon hoë uitvalkoers die belastingbetaler miljarde aan vermorsde klasgelde kos en die ekonomie met lae vaardigheid en toenemende armoede bedreig.

In 2002 het twee akademici by die Universiteit van Pretoria se departement van finansiële bestuur, DG Gouws en HP Wolmarans bereken dat universiteitsdruipelinge die Suid-Afrikaanse belastingbetaler 'n ongelooflike R1,3 miljard per jaar kos. Dié syfer verteenwoordig die hoeveelheid regeringsubsidie wat vermors word deur die druipsyfer van ongeveer 20% van ingeskrewe studente of rofweg 125 000 studente wat elke jaar aan Suid-Afrikaanse tersiëre inrigtings dop.

Dié koerse het oor die afgelope ses jaar vererger. Tussen 35% en 40% van studente aan tersiêre inrigtings val uit voordat hulle hul studies voltooi. Dié persentasie vergelyk swak met die internasionaal aanvaarbare koers van 10%.

Volgens Liza van Wyk beteken dit dat 'n halfmiljoen matriekdruipelinge gevoeg is by die miljoene werkloses in Suid-Afrika se strate, iets wat misdaad verder gaan laat opvlam, asook armoede en die siektes soos cholera gaan vererger.

уборочная техника,Фільчаков Олександр Васильович

Zim-werkers kan nou volle salarassie – met baie nulle – trek

ImageZimbabwe se werkers sal van Maandag af kan begin om hul volle salarisse te trek ná 'n besluit van die Zimbabwiese Reserwebank in Desember 2008 wat hulle meer geld toelaat, het die staatsbeheerde Herald-koerant berig.

Die ontrekkingsperk vir nie-loonstrokiehouers en korporatiewe kliënte sal egter op vyf miljard Zimbabwe-dollar en 50 miljard Zimbabwe-dollar per week bly.

Voor die jongste verhoging, kon werkers 10 miljard Zim-dollar onttrek by voorlegging van 'n bonaf fide-loonstrokie, met werkers vanuit die informele sektor wat bewys moes lewer dat hul inkomst van wettige bronne afkomstigs is, het die koerant beweer.

"Die RBZ het sedertdien maatreëls in werking gestel om werkers toegang tot hul geld te gee.

"Verlede Vrydag het die sentrale bank nuwe 20 miljard Zim-dollar- en 50 miljard-Zim-dollarnote uitgereik vir die gerief van die handelspubliek," het die Herald gesê.

Werkers het die jongste verwikkeling verwelkom, maar het die regering gemaan om maatreëls te tref ten einde willekeurige prysverhogings van goedere en dienste te voorkom telkens as die ontrekkingsperk verhoog word, het die koerant voorts gesê.

насосное оборудование поставщикиФільчаков прокурор

Pro-Zumagroep in optog na die Gauteng-wetgewer

Image

Zuma-ondersteuner

'n Pro-Zumaregsgroep sal na verwagting vanmiddag 'n optog na die Gautengse wetgewer hou om te protesteer teen 'n hofdatum wat deur die Appèlhof vasgestel is.

Zehir Omar, 'n prokureur van die Gemeenskap vir die Beskerming van ons Grondwet, sê die Afro-Nasionale Kongres se leier Jacob Zuma se appèlsaak moet eers ná die verkiesings aangehoor word.

“Dit maak inbreuk op sy reg tot 'n vrye en regverdige verkiesing,” sê Omar.

Die regsgroep het verlede jaar 'n aansoek om die Appèlhof te verhoed om die saak voor die algemene verkiesing aan te hoor, verloor.

Die Appèlhof beslis Maandag oor die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings se appèl teen 'n Hooggeregshofbeslissing wat Zuma se korrupsiesaak in werklikheid gestaak het.

Omar sê tussen 600 en 700 mense sal na verwagting na die wetgewer optrek in protes teen die Appèlhof.

купить детский велосипед в интернеталександр лобановский харьков класс

Anti-Israelse betogings sal na verwagting voortduur

Image

Pro-Palestynse betoging

Die Palestynse Solidariteitskomitee sal na verwagting vandag 'n optog na die Egiptiese ambassade hou in protes teen die land se “sameswering met Israel", is vandag in 'n verklaring beweer.

Nog betogers sou na verwagting vandag gedurende etenstyd die strate van Durban binnegevaar het in protes teen Israel se militêre offensief in Gasa.

“Duisende sal vandag in Durban marsjeer terwyl duisende ander die Egiptiese ambassade in Pretoria sal beleër,” het die organisasie se Melissa Hole gesê.

Vrydag se betogings dui die derde dag van soortgelyke betogings regoor die land aan.

Terwyl georganiseerde protesposte en betogings Woensdag traag begin het, het duisende mense gister die strate in Kaapstad gister op pad na die parlement ingeneem.

Betogers het t-hemde gedra met die slagspreuke “Sanksies teen Israel nou” en “Stop die slagting in Palestina” daarop en hulle het ook plakkate vertoon wat gelees het “Hitler het hulle geleer” en “Hamas ons salueer julle".

Nog 'n ander plakkaat wat deur betogers gedra is, het aangevoer: “Suid-Afrika, die koeëls en bomme wat julle aan Israel verkoop maak tans onskuldige babas in Palestina dood.”

купить липецк пневмоинструментДанильченко Юрий Харьков