Die skuif sal veroorsaak dat Amerikaanse diplomate in die land gestasioneer sal word.
Die Withuis het ook vandeesweek aangekondig dat William Burns, 'n senior amptenaar in die departement van buitelandse sake, samesprekings met Iranese amptenare oor die kernkwessie gaan voer, hoewel die VSA herhaaldelik van regstreekse onderhandelings weggeskram het.
President Mammoed Ahmadinejad het gesê dat Iran enige versoek om diplomatieke verhoudinge te verstewig gunstig sal oorweeg.

Sewe Franse koerante het met die grootste Franse telekommunikasiemaatskappy saamgespan om 'n elektroniese nuustoestel te toets.
Die wêreld se gevorderdste en duurste vegvliegtuig is die Amerikaanse F-22.
China staan voor sy ergste kragtekort in ten minste vier jaar met stygende steenkoolpryse.
Die wêreld se ekonomiese probleme het nou uiteindelik vir Europa getref.