Spanje, Ierland en Denemarke is op pad na 'n resessie en Italië stagneer.
In Frankryk is die ekonomiese probleme besig om vinnig op te hoop en in Brittanje het die inflasiekoers tot 3,8 persent gestyg as gevolg van hemelhoë pryse vir voedsel en brandstof.
In Duitsland het 'n invloedryke opname van Duitse beleggers deur die Sentrum vir Europese ekonomiese navorsing in Mannheim bevind dat verbruikersvertroue tot sy laagste vlak sedert 1991 gedaal het
Europa staan nou voor 'n krimpende ekonomie.

Die wêreld se ekonomiese probleme het nou uiteindelik vir Europa getref.