Vanweë die moontlike wanberekeninge moet miljoene Suid-Afrikaners hoër verbandpaaiemente, motorlenings, oortrokke rekeninge en kredietkaartbetalings wat maandeliks honderde, selfs duisende rande werd is, verduur.
Investec se berekeninge in 'n Business Report-artikel het onthul dat Statistiek SA die VPIX-inflasiekoers te hoog gestel het.
Die probleem is veroorsaak deur veranderinge in die berekeningsmetodes vir inflasie te lank uit te stel.
Volgens die DA behoort die statistikus-generaal Pali Lhohla weens herhaalde foute afgedank te word.
