Robin Long van die deelstaat Idaho is teruggestuur na die VSA deur die Kanadese regering. Sedert die oorlog in Irak in 2003 begin het, het ongeveer 200 mense na Kanada gevlug.
Alhoewel baie Kanadese die drosters ondersteun, word hulle nie meer so gul verwelkom soos gedurende die Viëtnamoorlog nie. Long sal uiteindelik na Fort Knox, Kentucky, teruggestuur word om dissiplinêr verhoor te word.
Hy het in 2003 by die weermag aangesluit om 'n tenkbevelvoerder te word en in 2005 na Kanada gevlug met sy metgesel en twee kinders.
