Pahad s? ‘n lasbrief vir al-Bashir sal nie werk nie

Die adjunkminister van buitelandse sake Aziz Pahad het gister gesê dat 'n skuif om 'n internasionale lasbrief vir die inhegtenisname van die Soedanese president Omar al-Bashir te verkry, nooit sal slaag nie.

Volgens Pahad sal so 'n aansoek maande neem en indien dit ooit toegestaan word, sal dit nie veel beteken nie.

Hy meen mens kan nie vir al-Bashir in hegtenis neem nie, want hy weet van niemand wat so 'n arrestasie sou kon uitvoer nie.

Die internasionale strafhof se aanklaer het gevra vir 'n lasbrief vir al-Bashir se inhegtenisname weens die 35 000 mense wat in Soedan se westelike gebied doodgemaak is, asook 2,5 miljoen wat gedwing is om uit hul huise te vlug.

Pahad het bygevoeg dat dit belangrik is vir die IS om nie Suid-Afrika se vredesending in Darfoer te ondergrawe nie.

poker free 10Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae