Hoewel die Skolewet bepaal dat die beheerliggaam van 'n skool sy taalbeleid en onderrigmedium bepaal, steur die ANC se onderwysdepartement hom eenvoudig nie aan die wet nie en is besig om een Afrikaanse skool na die ander te intimideer ten einde Afrikaans as onderwystaal te ondermyn en op die duur te vernietig. Toe die Hoërskool Ermelo en sy gewilde hoof, mnr. Koos Kruger, gepoog het om beswaar teen dié intimidasietegniek te maak, is Kruger summier deur die departement ontslaan. Ook die ANC-minister van onderwys, Naledi Pandor, wat nie eens kan verseker dat eksamenuitslae op die juiste datum bekendgemaak word nie, het aktief aan die veldtog teen Afrikaans by Hoërskool Ermelo deelgeneem en selfs die regbank is gepak met Afrikaansvyandige regters wat 'n hardhandige en ongemotiveerde uitspraak teen die skool gelewer het.
Dit is so helder soos daglig dat die huidige bewind 'n waaragtige oorlog teen Afrikaans voer. Soos Robert Mugabe ten noorde van ons, mag hy hom uiteindelik tot ekstremisme wend om sy doelwit te bereik. Die onderwysdepartement se vyandigheid jeens Afrikaans word deels gemotiveer deur 'n oorgeneemde Brits-koloniale bewussyn waar Engels gesien word as "die betere taal", die taal van die elite waarin daar dikwels op ander neergesien word. Die teenstrydige element hier is natuurlik dat Afrikaanse skole soveel beter presteer as Engelstalige skole, soos einde verlede jaar geblyk het toe die matriekuitslae bekendgemaak is.
Die onderwysdepartement word deur psigopate bestuur vir wie voortreflike, rustige, gedissiplineerde, goed presterende skole 'n steen des aanstoots verteenwoordig. Mugabeagtige burokrate wil Afrikaanse skole destabiliseer en afbreek ten einde juis hul unieke bydrae tot Suid-Afrika se kundigheid en intellektuele kapitaal tot niet te maak. Andersins spruit hierdie vyandigheid ook uit rassejaloesie. Immers word die departement nie net gemotiveer deur sy negentiende-eeuse Boerehaat jeens Afrikaans en Afrikaners nie, maar ook deur 'n soort rassenyd wat weereens sy oorsprong in Zimbabwe het.
Nadat Kader Asmal die meeste Afrikaanse universiteite vernietig het en gereduseer het tot grotendeels Engelstalige en minderwaardige kolleges waar ideologiese breinspoeling 'n groter plek het as akademiese studie, wil Pandor en haar fanatiese amptenare dieselfde met ons Afrikaanse hoërskole bereik. Saam met Afrikaans, sal gehalte ook uitgesmyt word.
Die vraag is hoe lank Afrikaners nog hierdie volgehoue aanslag op ons taal, kultuur en mees basiese regte gaan verduur voordat een of ander vorm van georganiseerde opstand gaan plaasvind? Dit help nie dat mnr. Jacob Zuma positiewe geluide oor Afrikaners maak terwyl sy ministers en amptenare 'n hele veldtog teen ons voer nie.
Ons doen 'n beroep op elke Afrikaanse organisasie om die gepoogde verengelsing van Hoërskool Hans Strijdom te verwerp en 'n gesamentlike front teen die minister se volgehoue anti-Afrikaanse beleid te vorm.
Ons het al gesien dat woorde en argumente geen uitwerking op Pandor en haar sluwe taalmoordenaars het nie. Optrede, selfs drastiese optrede, is nou nie net geregverdig nie, maar noodsaaklik.
Die skrif is aan die muur vir Afrikaans as onderwystaal en as kultuurtaal. Ons mag nie dat 'n dik en ongeskikte Swazi-immigrant, wat nie eens verblyfreg in ons land behoort te geniet nie, ons kosbare skole wat oor meer as 'n eeu deur hardwerkende Afrikaneronderwyseresse en – onderwysers opgebou is, vernietig nie.

Vanaf die PRAAG-redaksie, 'n Geseënde Kersfees aan al ons lesers! Dankie vir u troue ondersteuning gedurende die jaar wat van www.praag.co.za 'n gedugte speler in die nuwe Afrikaanse media gemaak het.