Blatante aanval laat spoor van verwoesting

Goed opgelei, gefokus en tot die tande toe gewapen, het 'n klein groepie geharde Islamitiese militante ongesiens in die finansiële hoofstad van Indië ingekom en 'n spoor van verwoesting gesaai.

Indiese sekuriteitsbeamptes het gesê dat ten minste 'n dosyn aanvallers Moembaai van die see af ingekom het met opblaasbote Woensdagaand, nadat hulle dieper op die oop see deur 'n groter skip afgelaai is.

Hulle het daarna in groepe verdeel. Een van die eerste teikens was die Chhatrapati Shivaji-spoorwegstasie, waar ten minste twee mans met outomatiese wapens losgetrek het en granate tussen die mense wat in die hoofsaal gewag het, ingegooi het.

Hulle het byna 50 liggame agtergelaat, en beelde van hulle kalm gesigte op die geslotebaantelevisiekameras.

Hulle het Indiese veiligheidsmagte wat die stasie bestorm het, vermy en 'n welsynshospitaal vir vroue en kinders aangeval, die Cama-hospitaal, waar hulle wild geskiet het.

Weer het polisie gereageer, insluitend die hoof van Moembaai se teen-terreureenheid, Hemant Karkare, wat saam met twee offisiere buite die hospitaal doodgeskiet is.

Nog 'n groep het die Café Leopold, een van Moembai se bekendste restaurante en toeriste uithangplekke, aangeval.

'n Jong Australiese paartjie, David Coker en Katie Anstee, het beskryf hoe verskeie gewapende mans deur die deure gebars het en net begin skiet het.

"Ons het letterlik net klaar bestel toe dit soos vuurwerke klink en mense geskree het," het Coker gesê. Sy vriendin is in die been gewond.

Nog 'n groep het 'n geskaakte polisievoertuig gebruik vir verbyryskietaksies voordat die hoofteikens aangeval is, simbole van Moembaai se weelde en multikulturele karakter.

Die teikens was twee luukse hotelle, die Taj Mahal, een van Moembaai se bekendste landmerke en die Oberoi/Trident, asook 'n sake- en woonkompleks, wat ook 'n Joodse sentrum se hoofkwartier en hostel vir Joodse besoekers was.

Die eerste teken was gaste en personeel by die Taj wat die klank van geweerskote en ontploffings vanaf die hotel se swembadarea af gehoor het.

Toe hulle eers binne was, het die gewapende mans begin om gyselaars te neem.

"Hulle was baie jonk, meer soos seuns, met denims en T-hemde," het een Britse hotelgas van die aanvallers gesê. "Hulle het gesê hulle soek enige iemand met Britse en Amerikaanse paspoorte."

Die militante het toe na die boonste vloere van die hotel beweeg en geskiet na enige iemand wat hulle teëgekom het. 

игры девочкамлобановский александр жена

Drie bemanningslede gered n? skip deur seerowers aangeval is

Image10:45:05 Somaliese seerowers het Vrydag 'n Liberiese skip geskaak in die Golf van Aden, maar drie bemanningslede het ontsnap deur oorboord te spring.

Die drie is deur 'n skip van die Duitse vloot gered, het Franse bronne aan AFP gesê.

обувь для яхтингаФильчаков прокурор отзывы

Ontploffings en geweervuur gehoor by Tajhotel

Image

Onlangse brand by die Tajhotel in Moembaai

10:27:20 Twee groot ontploffings en geweervuur is gehoor uit die Tajhotel in Moembaai, waar kommandolede steeds soek na 'n gewapende man.

Die Weermagbevelvoerder, luitenantgeneraal N. Thamburaj, het gesê tenmminste een gewapende man is steeds lewendig in die gebou en het die elektrisiteitsvoorsiening na die vloer waar hy wegkruip afgesny.

Die insident het gebeur kort nadat kommandolede met toue uit helikopters afgegly het op die dak van die Moembaaihoofkwartier van 'n ultra-ortodokse Joodse groep, en tewyl gyselaars uit die luukse Oberoihotel gelei is.

Al drie die plekke is Woensdagnag deur gewapende mans aangeval. Meer as 119 mense is dood en honderde is beseer toe vermoedelik Islamitiese militante 10 plekke in Moembaai aangeval het. 

free slot gamesлобановский супермаркет класс

Switserse hoof s? Singapoerbanke bied meer geheimhouding

Singapoer behoort weer onder die vergrootglas geneem te word ten opsigte van die banke daar se geheimhouding. Dit is die mening van die hoofuitvoerendebeampte van die Switserse bankiersvereniging, terwyl die Asiese stadstaat voortgaan om sy geldbestuur en private bankbedryf uit te brei.

Urs Roth het in 'n onderhoud met die Financial Times Singapoer en Switserland vergelyk. "Singapoer kry nie op die oomblik soveel aandag nie, dalk omdat dit kleiner is as Switserland. Maar ek sou reken dat dit net 'n kwessie van tyd is."

Mnr. Roth, wat in Hong Kong aan die einde van 'n toer van Asiese finansiële sentra gepraat het, het gesê dat "geheimhoudingsklousules in Singapoer waarskynlik strenger is as in Switserland."

"Singapoer is hoofsaaklik 'n Asiese sentrale punt, in 'n streek met die hoogste groeitempo. Ons sien nie op hierdie tydstip dat baie geld vanuit Europa na Singapoer toe gaan nie, maar dit mag dalk vorentoe verander."

Banke in Singapoer het tussen 10% en 15% van die bates van dié in Switserland. Maar Switserland het onlangs weer onder skoot gekom oor die geheimhouding in banke, na 'n Duitse belastingontduikingsondersoek wat betrekking het op rekeninge in die naburige Liechtenstein. 

эжекторные насосные станцииДанильченко Харьков

Taalkundige s? Amerika het op Blair gespioeneer

ImageDie Amerikaanse regering het Tony Blair afgeluister terwyl hy die Britse eerste minister was, volgens 'n voormalige werknemer by die Nasionale Sekuriteitsagentskap (NSA).

ABC News het Maandag gesê dat die NSA gesprekke van Mnr. Blair en Ghazi al-Yawer, die eerste Irakse president na die 2003 inval, afgeluister het. Die Withuis het nie op navrae gereageer nie.

David Faulk, 'n taalkundige in Arabiese tale wat voorheen by die NSA gewerk het, het die bewerings aan ABC gemaak. Hy het verder ook beweer dat hy in 2006 by Fort Gordon in Georgia toegang gehad het tot 'n hoogsgeheime databasis genaamd "Anchory", wat persoonlike besonderhede van mnr. Blair bevat het.

Terwyl die Amerikaanse regering gewoonlik op buitelandse regerings en hulle leiers spioeneer, is dit  'n bekende feit dat Amerika en Brittanje lank reeds 'n verhouding het waarin daar meer wedersydse vertroue is. Dié onthullings kan die "spesiale verhouding" met Washington waarop Londen hom roem, ernstig skaad. Mnr. Blair was een van president George W. Bush se naaste bondgenote in die oorlog met Irak en Afghanistan.

Mnr. Faulk het ook beweer dat hy geheime verslae van die NSA gelees het oor mnr. Ghazr, insluitend slaapkamergesprektelefoonoproepe tussen 2006 en 2007. Bob Woodward, die veteraan Washington Post verslaggewer, het hierdie jaar verslag gedoen in "The war within" dat Amerika ook afgeluister het op Nouri al-Maliki, die Irakse eerste minister.

Verlede maand het mnr. Faulk en nog 'n voormalige NSA werknemer nuwe insigte gewerp op die versluierde wêreld van die NSA, deur te onthul dat die agentskap gespioeneer het op verslaggewers, soldate, en nie-regeringsorganisasies, insluitend die Internasionale Rooikruis. Hulle het aan ABC gesê dat die NSA gereeld op Amerikaners gespioeneer het, deur af te luister op private gesprekke, insluitend slaapkamergesprekke en selfs telefoonseks.

Michael Hayden, die voormalige NSA direkteur, wat nou aan die hoof van die Sentrale inligtingsagentskap staan, het volgehou dat die programme nie teen die regte van gewone Amerikaners ingedruis het nie. 

осушитель воздухатопкарго отзывы

Motorbom ontplof by Amerikaanse ambassade in Afghanistan

Image'n Selfmoordmotorbomaanvaller het Donderdag 'n Amerikaanse konvooi as teiken uitgesoek en sowat 200 meter van die Amerikaanse ambassade in Kaboel homself opgeblaas. Ten minste 4 mense is dood terwyl Amerikaanse burgerlike personeel die ambassade binnegegaan het vir 'n Dankseggingsdagwedloop.

Ten minste nog 18 is gewond in die aanval wat om 8:30 voormiddag plaasgevind het, het die openbare ministerie van gesondheid gesê.

Abdul Manan, 'n polisiebeampte, het gesê die ontploffing is deur 'n persoon in 'n Toyota Corolla veroorsaak.

Die Amerikaanse ambassade het 'n Dankseggingsdagpretloop vir 9:00 beplan. Dus was Amerikaners en ander Westerse personeel besig om die ambassadekompleks binne te gaan toe die bom afgegaan het, wat sommige deelnemers laat vlug het vir die ambassade se hekke.

tops online comалександр лобановский харьков класс

Minstens 100 gedood in Indiese stad

ImageSpanne gewapende mans het luukse hotelle, 'n gewilde restaurant, hospitale en 'n treinstasie aangeval in gekoördineerde aanvalle regoor Indië se finansiële hoofstad. Ten minste 101 mense is dood in die aanvalle, waarin westerlinge as gyselaars geneem is, en dele van die stad Donderdag onder beleg is, het die polisie gesê. 'n Groep vermoedelike Moslem militante het verantwoordelikheid vir die aksie aanvaar.

Polisie en gewapende mans het sporadiese op mekaar geskiet by twee luukse hotelle, en 'n onbekende hoeveelheid mense word as gyselaars aangehou, het A. N. Roy, 'n top polisiebeampte gesê.

Pradeep Indulkar, 'n senior beampte by die Maharashtrastaat se Departement van binnelandse sake, het gesê 101 mense is dood en 287 is gewond.

Amptenare het gesê dat ten minste 6 militante ook doodgeskiet is sedert die aanvalle omstreeks 9:30 voormiddag begin het.

Teen die middel van Donderdagoggend, het polisieluidsprekers 'n verbod op beweging ingestel rondom die Taj Mahal hotel, 'n bekende landmerk in Moembaai. Kommandolede in swart het die gebou ingestorm en skote het weer geklap in die omgewing, klaarblyklik die begin van 'n nuwe aanval op die militante wat gyselaars in die hotel geneem het.

Ambulanse is gesien waar hulle tot teenaan die hotel se ingang opgetrek het, en joernaliste is versoek om verder weg te beweeg van die gebied.

'n Reeks ontploffings het die Taj Mahal geskud net na middernag. Gille is daarna gehoor en swart rook het by vensters van die eeu-oue gebou op die Moembaaise waterfront uitgeborrel. Brandweermanne het die brand probeer blus en mense met lere van balkonne afgehaal. Teen sonsopkoms was die brand steeds nie geblus nie.

Die aanvallers het spesifiek Britte en Amerikaners uitgesoek by die hotelle en restaurante, het ooggetuies gesê. Amptenare het gesê ten minste 120 mense is gewond.

Alex Chaimberlain, 'n Britse burger wat by die Oberoi hotel geëet het, het aan Sky News vertel dat 'n gewapende man wat Hindi of Oerdoe gepraat het, het tussen 30 en 40 mense uit die restaurant na die trappe weggelei.

"Hulle het spesifiek oor Amerikaners en Britte gepraat. Daar was 'n Italianer vir wie hulle gevra het van waar hy afkomstig is, en toe hy geantwoord het dat hy van Italië kom het hulle gesê dit is reg, en hom gelos. Ek het gedink 'reg, as hulle my enige iets moet vra sal hulle my seker skiet, maar Goddank het hulle nie,' het hy gesê."

Chamberlain het vertel dat hy weggeglip het toe die gaste teen die trappe op geforseer is, maar hy het gedink dat 'n groot deel van die groep as gyselaars gehou word.

Die motief vir die aanval is nog onbekend, maar Moembaai was gereeld in die verlede die teiken van terroristeaanvalle wat op Islamitiese ekstremiste geblameer is, insluitend die bomaanvalle in Julie 2006, waarin 187 mense dood is.  

купить футболку хаки детскуюлобановский александр компромат

Westerlinge aangeval in Moembaai

Image

Brand n? ontploffing in die Taj Mahalhotel

06:10:10 'n Groep Moslems wat hulself die "Dekkanse moedjahedien" noem, het Westerlinge in Moembaai aangeval en ongeveer 80 mense gedood. Beelde van luukse hotelle waarin skote gehoor word, word tans wêreldwyd deur televisiekanale uitgesaai.

Die Verenigde State en Brittanje het die aanvalle op veral die toeristehotelle Taj Mahal en Oberoi in die Indiese finansiële hoofstad veroordeel.

Die VSA het die aanvalle, waarin honderde mense beseer is, as "grusaam" beskryf, terwyl die verkose president Barack Obama belowe het om saam met Indië te werk om "terreurnetwerke met wortel en tak uit te roei".

Die hoof van die VN, Ban Ki-moen, het gesê dat sulke geweld "geheel en al onaanvaarbaar" is, terwyl Brittanje die aanvalle op sy voormalige kolonie as "verregaande" beskryf het en die Europese Unie sy "skok en verontwaardiging" uitgespreek het.

Volgens amptenare het 78 mense gesterf in gekoördineerde aanvalle by twee van Moembaai se mees luukse hotelle en die Chhatrapati Shivaji-spoorwegstasie laat Woensdag, berig die nuusagentskap Perstrust van Indië.

обработкаалександр лобановский харьков класс

Amerikaanse huispryse daal met ‘n rekord 18%

Die daling in Amerikaanse huispryse het tot 'n rekordvlak gesak die somer, volgens 'n gids van eiendomsmarkte wat Dinsdag vrygestel is.

Die S&P Case-Shiller nasionalehuisprysindeks het 'n 16,6% daling in huispryse aangetoon vir die derde kwartaal, gemeet teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is selfs laer as die 15,1% rekorddaling van die tweede kwartaal.

Pryse in Case-Shiller se aparte indeks van 10 groot stede het gedaal met 'n rekord 18,6% terwyl die indeks vir 20 stede met 17,4% gedaal het.

Met die terugneem van huise wat op rekordhoogtes verkeer, die ekonomiese toneel wat al hoe swakker lyk en werksverliese wat styg, is al die elemente in plek om die pryse selfs verder te laat daal.

"Die onstuimigheid in die finansiële markte plaas verdere afwaartse druk op die huismark, wat reeds verswak is deur sy eie grondreëls," het Dawid Blitzer, Standard & Poor's se woordvoerder vir die indekse in 'n persverklaring gesê.

"Al drie die kumulatiewe indekse en 13 van die 20 metroareas toon nuwe rekord vlakke van dalings. …Pryse is weer terug op die vlakke waar hulle in 2004 was," het hy gesê.

Die 10-stad indeks het nou 23,4% verloor van sy hoogste waarde af, wat dit in Junie 2006 bereik het. Die 20 -tad indeks het 21,8% verloor van die Julie 2006 vlak en die nasionale indeks het 21% gedaal sedert die derde kwartaal in 2006. 

teplovoyлобановский депутат

Russiese professor s? Amerika sal opbreek na ekonomiese krisis

Image'n Professor by die diplomatiese akademie van Rusland se ministerie van buitelandse sake het gesê dat Amerika sal opbreek in ses dele as gevolg van die land se ekonomiese krisis.

Igor Panarin – wat in 'n onderhoud gepraat het wat deur Izvestia getranskribeer is – het in die onderhou gesê dat die finansiële krisis sal vererger, werkloosheid sal toeneem en mense sal hulle spaargeld verloor, alles faktore wat die land se opbreek sal veroorsaak.

"Ontevredenheid neem toe, en dit word op die oomblik net teruggehou deur die hoop dat verkose president, Barack Obama, wonderwerke kan verrig," het hy gesê. "Wanneer lente kom sal dit duidelik wees dat daar geen wonderwerke is nie"

Amerika sal in 6 dele opbreek; Stille Oseaankus; die Suide; Texas; die Atlantiese oseaan kus; Sentrale state en die Noordelike state.

обмануть детектор лжиОлександр Васильович Фільчаков