ABC News het Maandag gesê dat die NSA gesprekke van Mnr. Blair en Ghazi al-Yawer, die eerste Irakse president na die 2003 inval, afgeluister het. Die Withuis het nie op navrae gereageer nie.
David Faulk, 'n taalkundige in Arabiese tale wat voorheen by die NSA gewerk het, het die bewerings aan ABC gemaak. Hy het verder ook beweer dat hy in 2006 by Fort Gordon in Georgia toegang gehad het tot 'n hoogsgeheime databasis genaamd "Anchory", wat persoonlike besonderhede van mnr. Blair bevat het.
Terwyl die Amerikaanse regering gewoonlik op buitelandse regerings en hulle leiers spioeneer, is dit 'n bekende feit dat Amerika en Brittanje lank reeds 'n verhouding het waarin daar meer wedersydse vertroue is. Dié onthullings kan die "spesiale verhouding" met Washington waarop Londen hom roem, ernstig skaad. Mnr. Blair was een van president George W. Bush se naaste bondgenote in die oorlog met Irak en Afghanistan.
Mnr. Faulk het ook beweer dat hy geheime verslae van die NSA gelees het oor mnr. Ghazr, insluitend slaapkamergesprektelefoonoproepe tussen 2006 en 2007. Bob Woodward, die veteraan Washington Post verslaggewer, het hierdie jaar verslag gedoen in "The war within" dat Amerika ook afgeluister het op Nouri al-Maliki, die Irakse eerste minister.
Verlede maand het mnr. Faulk en nog 'n voormalige NSA werknemer nuwe insigte gewerp op die versluierde wêreld van die NSA, deur te onthul dat die agentskap gespioeneer het op verslaggewers, soldate, en nie-regeringsorganisasies, insluitend die Internasionale Rooikruis. Hulle het aan ABC gesê dat die NSA gereeld op Amerikaners gespioeneer het, deur af te luister op private gesprekke, insluitend slaapkamergesprekke en selfs telefoonseks.

Die Amerikaanse regering het Tony Blair afgeluister terwyl hy die Britse eerste minister was, volgens 'n voormalige werknemer by die Nasionale Sekuriteitsagentskap (NSA).