Switserse hoof s? Singapoerbanke bied meer geheimhouding

Singapoer behoort weer onder die vergrootglas geneem te word ten opsigte van die banke daar se geheimhouding. Dit is die mening van die hoofuitvoerendebeampte van die Switserse bankiersvereniging, terwyl die Asiese stadstaat voortgaan om sy geldbestuur en private bankbedryf uit te brei.

Urs Roth het in 'n onderhoud met die Financial Times Singapoer en Switserland vergelyk. "Singapoer kry nie op die oomblik soveel aandag nie, dalk omdat dit kleiner is as Switserland. Maar ek sou reken dat dit net 'n kwessie van tyd is."

Mnr. Roth, wat in Hong Kong aan die einde van 'n toer van Asiese finansiële sentra gepraat het, het gesê dat "geheimhoudingsklousules in Singapoer waarskynlik strenger is as in Switserland."

"Singapoer is hoofsaaklik 'n Asiese sentrale punt, in 'n streek met die hoogste groeitempo. Ons sien nie op hierdie tydstip dat baie geld vanuit Europa na Singapoer toe gaan nie, maar dit mag dalk vorentoe verander."

Banke in Singapoer het tussen 10% en 15% van die bates van dié in Switserland. Maar Switserland het onlangs weer onder skoot gekom oor die geheimhouding in banke, na 'n Duitse belastingontduikingsondersoek wat betrekking het op rekeninge in die naburige Liechtenstein. 

эжекторные насосные станцииДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae