Zimbabwe smeek om hulp oor cholera

Image

Bakterie? van vibro cholerae

09:35:49 Zimbabwe het Donderdag 'n beroep gedoen om hulp met die cholera-epidemie, en gewaarsku dat die uitbraak kan vererger met die begin van die reënseisoen, terwyl die amptelike dodetal amper 400 bereik het.

Net 'n dag nadat die regering aangedring het dat hulle die uitbraak onder beheer het, het die adjunkminister, Edmin Muguti gesê dat hulle hulp sal verwelkom, maar weer die blaam vir die krisis op president Mugabe se kritici geplaas.

Muguti, wat op die staatstelevisie gepraat het, het gesê dat 386 mense reeds dood is aan die siekte, terwyl 9363 gevalle reeds aangemeld is. Die regering het voorheen gesê dat 281 mense dood is, hoewel die VN die syfer op 366 geplaas het.

"Met die aanvang van die reënseisoen, kan die situasie vererger," het Muguti gesê.

"Ons probleme is heel eenvoudig. Ons het hulp nodig."

Zimbabwe se reënseisoen het vroeër vandeesmaand begin en behoort aan te hou tot in Februarie.

Die minister het weer die beperkte sanksies wat deur Amerika en Brittanje ingestel is, wat onder andere 'n reisverbod en 'n batebevriesings vir Mugabe en sy binnekring insluit, vir die sterftesyfer geblameer.

"Miskien het die mense wat die situasie geskep het besluit om ons saggies dood te maak," het hy gesê.

Die ontploffing van die cholerasituasie is die mees onlangse teken van die ineenstorting van die land wat as 'n postkoloniale suksesverhaal beskryf is in die eerste twee dekades ná onafhanklikheid van Brittanje in 1980, maar wat nou gebuk gaan onder die wêreld se hoogste inflasiesyfer, wat onlangs op 231 persent geskat is.

Dié nasie se vervalle infrastruktuur het tot gevolg dat rou riool openlik in die strate afloop terwyl drinkwater nie behandel word nie.

Die siekte het na naburige Suid-Afrika versprei, waar 6 mense, insluitend 2 burgers dood is aan cholera nadat hulle oor die afgelope week van Zimabwe af teruggekeer het.

светильникиДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae