Kanada wil asiel terugtrek

Die Kanadese minister van immigrasie, Jason Kenney, is hof toe om die uitgeweke Brandon Huntley se vlugtelingstatus te laat hersien.

Sy regsverteenwoordiger, John H Simms, het die federale hof gevra om die saak weer aan te hoor en die vorige uitslag nietig te verklaar.

"Die tribunaal het sy besluit op 'n verkeerde feit gebaseer sonder om die materiaal voor hom in ag te neem," het Simms gesê.

Huntley, 31, oorspronklik van Mowbray in Kaapstad, het vlugtelingstatus in Kanada gekry nadat ’n Kanadese tribunaal beslis het Huntley was ’n slagoffer van misdaad weens sy ras.

William Davis, voorsitter van die Kanadese tribunaal wat aan hom vlugtelingstatus toegeken het, het bevind Huntley se vrees vir verdrukking deur swart Suid-Afrikaners is geregverdig.

Huntley het beweer hy is sewe keer aangeval en swart aanvallers het hom “wit hond”, “setlaar” en “boer” genoem. Dit het later geblyk dat hy nooit ’n klag by die polisie ingedien nie. 

video slotsАлександр Фильчаков

Film kom oor Obama se wit ma

VSA president Barack Obama se wit ma sal die fokus van ’n nuwe dokumentêre film wees.

Die verfilming van Stanley Ann Dunham: A most generous spirit, sal na verwagting volgende jaar begin.

Die dokumentêr behoort in 2011 vrygestel te word, het die uitvoerende vervaardiger, Mary Aloe, Woensdag gesê.

Dit is nog nie bekend of dit op televisie of in teaters vertoon sal word nie.

Volgens Aloe weet president Obama van die film.

Die dokumentêr sal fokus op Dunham se rol as die president se ma, maar ook op haar hulp aan vroue in ontwikkelende lande in die vorm van mikrofinansiering.

Dunham is in 1995 aan kanker dood op die ouderdom van 52.

освещение на кухнеФильчаков Харьков

Obama se wit steun daal skerp

Meningspeilings toon dat Obama se wit steun onder Demokrate sowel as onafhanklike kiesers – die twee elemente wat sy oorwinning verseker het – besig is om te verdwyn.

Terwyl Obama 'n stewige houvas op swart Amerikaners het, is sekere dele van sy wit steunbasis feitlik uitgewis, met wit vroue wat die mees ontevrede is met Amerika se eerste swart president.

Strateë blameer die ontevredenheid met die voorgestelde gesondgeidsorghervormings vir die skerp daling in Obama se gewildheid, maar die afname in steun van veral wit kiesers het begin ná die president se rasopmerkings oor die swart Harvardprofessor se arrestasie.

Die president het in Julie gesê die wit polisiebeampte het "dom" opgetree in die geval van die swart prof. Hernry Gates. Hy is inhegtenis geneem en het hom daarteen verset toe hy by 'n gehuurde huis probeer inbreek het.

Wit steun het ook verdamp toe Van Jones, Obama se groenwerkskeppingsvoorstander, moes bedank nadat hy voorheen gesuggereer het dat die Amerikaanse regering 'n aandeel in die aanvalle van 11 September gehad het.

Jones het voorts gesê net wit kinders pleeg massamoord op medeskoliere, soos by die Colombine-skietvoorval. Hy het bygevoeg dat 'n swart kind 'n ander swart kind sal skiet, maar wit kinders skiet baie gelyktydig dood, iets wat 'n swarte nooit sal doen nie.

Konserwatiewe kiesers is ook boos dat die Withuis 'n dinee-uitnodiging aan 'n regsgeleerde van American Civil Liberties Union gerig het. Die unie is verantwoordelik daarvoor dat die Bush-administrasie se ondervragingstegnieke vir aangehoudenes op die lappe gekom het.

Die betrokke regsgeleerde is ook vir Ramadan, die Moslemvakansievieringe, uitgenooi.

Die gerugte dat die president dalk in Kenia gebore is en dat hy moontlik 'n Moslem is, het ook nie gehelp om wit steun te hou nie.

Byna 6 uit 10 Republikeinse vroulike kiesers glo Obama is nie in die VSA gebore nie, sê Demokratiese meningspeiler David Beattie. Dieselfde aantal onafhanklike kiesers glo dieselfde.

'n Swart kongreslid, Charles B. Rangel, het verlede week weer 'n bedekte rasaanval op wittes gedoen deur opposisie teen Obama se gesondheidshervormingsplan as "voorkeur, vooroordeel, en 'n emosionele gevoel" te beskryf.

"Sekere Amerikaners is nog nie oor die feit dat Obama president van die VSA is nie. Hulle gaan elke aand slaap en wonder 'Hoe het dit gebeur?'" het Rangel aan die New York Post gesê.

Kenners sê 2010 gaan die "jaar van die ontstoke wit senior" wees omdat die afgrond tussen die jong kiesers en die mense van ouer as 65 besig is om al dieper te raak.

Wit Demokrate in die geheel se steun vir Obama is af na 78% vanaf 89%.

 

pearl jewellery forФильчаков прокуратура харьков

Amerikaanse soldate storm hospitaal binne

'n Sweedse liefdadigheidsorganisasie het Amerikaanse troepe Maandag daarvan beskuldig dat hulle deur 'n hospitaal in Afghanistan gestorm het, deure afgebreek het en personeel vasgebind het op soek na militante. Die Amerikaanse weermag sê hulle gaan die saak ondersoek.

Die aanklag dat die Amerikaners neutrale gebied oortree het kom 'n week nadat die VSA daarvan beskuldig is dat hulle burgerlikes in 'n lugaanval gedood het. 'n Afghaanse regtegroep sê die aanval op twee gekaapte brandstofvervoertenks het die lewens van 70 burgerlikes in die Kunduzprovinsie geëis.

Burgerlike ongevalle en opdringerige soektogte het die bevolking van Afghanistan ná byna agt jaar van die Amerikaansgeleide inval, teen die VSA gedraai.

Buitelandse magte probeer om die mense te oorreed om die Afghaanse parlement – wat te midde van stemkopery-aanklagte nog nie gevorm is nie – te ondersteun na verlede maand se verkiesing.

Die Sweedse Komittee vir Afghanistan sê die VSA se 10de Bergdivisie het die hospitaal binnegestorm sonder toestemming om insurgente te soek in Wardak, suidwes van Kaboel.

Anders Fange, direkteur, sê dit is onaanvaarbaar.

Die soldate het Woensdagnag laat binnegedring, deure afgeskop en vier hospitaalwerkers vasgebind asook twee familielede van pasiënte. Hulle het glo ook pasiënte uit hul beddens gegooi gedurende die soektog.

Toe hulle twee ure later vertrek het, het hulle die hospitaal gebied om die koalisiemagte in te lig oor enige gewonde militante wat opgeneem mag word en gesê die weermag sal besluit of hulle behandel moet word, aldan nie, volgens Fange.

Die personeel het geweier want dit kan die hospitaal 'n teiken maak en 'n risiko vir die peroneel inhou.

Die liefdadigheidsorganisasie sê dit is teen die ooreenkoms wat liefdadigheidsorganisasies met NAVO aangegaan het.

Die VSA het by monde van 'n woordvoerder gesê sulke insidente is raar maar hulle neem dit ernstig op en sal dit ondersoek.

Image

Die sterwende seesoldaat

Intussen het die nuusagentskap AP kritiek ontvang vir die vrystelling van 'n foto van 'n sterwende seesoldaat in Afghanistan.

Onderkorporaal Joshua 'Bernie' Bernard, 21, is afgeneem waar hy sterwend in die modder lê nadat 'n vuurpylgelanseerde granaat sy een been afgeskiet het, terwyl sy twee makkers tevergeefs probeer om hom te red.

Hy en sy makkers het in 'n Talibanlokval ingeloop in die dorpie Dahaneh, in die Helmandprovinsie in Afghanistan.

Bernard was van New Portland, Maine en is die negetiende ongeval wat in Augustus vir die VSA geregistreer is te midde van stygende geweld en dodetalle in die konflik.

Robert Gates, die Amerikaanse minister van verdediging, het die besluit van AP om die grafiese foto te publiseer, skerp gekritiseer

Gates sê die besluit om die foto openbaar te maak is 'n ongeëwenaarde stap ná die beheerstheid van die media wat ná 2001 geheers het.

Die fotograaf, 'n vrou, Julie Jacobson, is egter deur verskillende koerante geloof vir haar foto en verskeie is die mening aangedaan dat die publiek net die syfers sien en nooit die gesigte van die soldate wat sneuwel nie en het eweneens die foto rugbaar gemaak.

online free casino games slotsтопкарго кидалы

Obama kan VSA na derdew?reldstatus lei s? Nobelpryswenner

Barack Obama maak dieselfde foute as sy voorgangers wat aanleiding gegee het tot die Groot Depressie sê Nobelpryswenner James Buchanan.

Sy beleid kan selfs die VSA in dieselfde bootjie plaas as Argentinië wat van 'n eerstewêreldland na 'n derdewêreldland gegly het in die vorige eeu.

Daar is "kommerwekkende ooreenkomste" tussen die huidige Amerikaanse administrasie se optrede en dié in 1930 sê 'n nuwe pamflet wat deur die Institute of Economic Affairs uitgegee is.

In besonder, sê die outeurs, ekonome Charles Rowley van die George Mason Universiteit en Nathanael Smith van die Locke Institute, gaan die administrasie se besluit om miljarde dollar se kontant in die stelsel te pomp die ekonomie op die lang duur ondermyn.

Die studie is 'n afwyking van die gedagte dat Keynesiaanse fiskale beleid wat die VSA help herstel het ná die Depressie, die antwoord is. Hulle sê "intervensionisme en drakoniese belastingstygings kan 'n klimaat van pessimisme vererger wat privaat kapitaalskepping en konsumpsie kan verhoed".

Rowley sê dat die VSA se ekonomie kan ineenstort en derdewêreldstatus bereik soos wat met Argentinië gebeur het, is nie uitgesluit nie.

Die studie beveel aan dat die VSA na 'n meer laissez-faire ekonomiese stelsel beweeg een as intervensionisties optree en word daarin ondersteun deur Nobelspryswenner James Buchanan.

"Ons het uit die vergelykende ervaring van die 1930's geleer, miskien genoeg om die erns van die huidige inkrimping te verminder. Maar ons het nog geen vooruitgang gemaak om politieke leiers te keer wat uit persoonlike voorkeure handel nie en nie eers die basiese begrip het van hoe kapitalisme werk nie."

zoom 3 отбеливание отзывыДанильченко Юрий отзывы

600 Suid-Afrikaners leef as vlugtelinge

Die Saturday Star het onthul dat Brandon Huntley nie die enigste Suid-Afrikaner is wat deur Kanada asiel aangebied is nie. Daar is nog 32 ander gevalle van Suid-Afrikaners wat as vlugtelinge in Kanada leef.

Terwyl die Suid-Afrikaanse owerhede skarrel om die internasionale verleentheid van Humtley se asiel te probeer verberg, het dit voorts aan die lig gekom dat daar altesaam 600 Suid-Afrikaners is wat as vlugtelinge regoor die wêreld leef.

In Duitsland is daar 170, in die VSA 111, 46 in Ierland, 33 in Kanada, 18 in Frankryk en 15 in Australië. Maar Vrydag het die verteenwordiger van die Verenigde Nasionale Hoëkommissaris vir Vlugtelinge, Sanda Kimbimbi, gesê daar is geen gronde vir enige Suid-Afrikaner om vir vlugtelingstatus aansoek te doen nie.

"Misdaad kan nie as rede vir 'n aansoek dien nie, aangesien dit nie een van die redes is om aansoek te doen vir vlugtelingstatus nie. Die staat kan nie misdaad pleeg nie. Om te sê die staat kan jou nie beskerm nie, is verregaande. Enige persoon kan 'n slagoffer van misdaad wees. As dit die geval is, kan enige iemand in Suid-Afrika dit [asiel] opeis.

Die diplomatieke kloof wat tussen Ottowa en Pretoria ontstaan het, word deur pogings van die Kanadese regering om die besluit om aan Huntley asiel toe te staan, om te keer.

Dr Abraham Nkomo, Suid-Afrika se hoëkommissaris in Kanada, sê die Kanadese het belowe dat die howe tussen 30 en 90 dae sal neem om die besluit van die Asielraad te hersien.

Kanada het intussen aangedui dat hulle hoë agting vir Suid-Afrika se rekord het, vir die rasseharmonie en demokrasie.

Huntley se vervreemde Kanadese vrou, Melanie Crete-Huntley sê sy dink hy sal in lewensgevaar verkeer indien hy terugkeer na Suid-Afrika. Sy sê hy het haar die steekwonde van sy aanvalle gewys.

Huntley het aan die begin van die week laaggelê en sy Facebookbladsy gesluit. Hy het later sy profiel op die netwerk heeltemaal onntrek.

производство деревянных лестницалександр лобановский харьков класс

Iran s? VSA se inligting ‘gefabriseer’

Iran het in 'n brief van agt bladsye aan die die hoof van die Internasionale Atoomenergieagentskap, Mohamed ElBaradei, gesê die VSA maak gebruik van "vervalste dokumente" om te beweer dat Iran tans 'n atoomwapen bou.
Die brief wat aan die Associated Press gelek is, kla ook vir Frankryk en Brittanje aan vir hulle "kwade wil en politieke motivering" in hulle onderhandelinge met Iran.
Ambassadeur Ali Asghar Soltanieh het die brief aan ElBaradei gerig wat volgende week saam met 35 lidlande van die IAEA oor Iran se lot gaan beslis.

Iran hou vol dat hulle kernaktiwitiete vir elektrisiteitsdoeleindes is en vreedsaam. Die VSA en hulle sleutelbondgenote sê egter die Moslemrepubliek is besig om kovert 'n atoomwapen te bou.

Die brief is veral teen Washington gerig wat aan die VN se kernwaghondorganisasie ongespesifiseerde inligting verskaf het asook inligting wat op 'n skootrekenaar was wat uit Iran gesmokkel is.

Die VSA sê die skootrekenaar se inhoud het werk oor besonderhede van kernwapens bevat, missielbane en ideale hoogtes om kernkoppe te laat ontplof.

Daar was ook materiaal oor geheime kernlaboratoria in Iran op die rekenaar.

Soltanieh sê in sy brief die VSA het geen oorspronklike dokumente kon oorhandig aan die betrokke organisasies nie en die inligting is gefabriseer.

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake wou nie kommentaar lewer nie.

'n Woordvoerder vir die Britse regering het die aantygings ontken.

Die IAEA druk die VSA en ander regerings om meer inligting oor Iran bekend te maak. Die VN het in hulle jongste verslag gesê "beperkinge wat sommige lidlande op die beskikbaarheid van inligting oor Iran plaas, maak dit moeilik vir die agentskap om indringende samesprekinge met Iran te voer".

Soltanieh het aan AP gesê hy hoop sy brief sal die VSA dwing om die bron van hulle inligting bekend te maak.

Die Veiligheidsraad het reeds drie keer vir sanksies teen Iran gestem sedert 2006 omdat hulle weier om uraanverryking te staak.

Iran verskyn ook op 'n internasionale swartlys wat help om die invoer van kernmateriaal soos uraanoksied wat in die verrykingsproses gebruik word, te beperk.

как построить саунуДанильченко Юрий Харьков

BNP sal party oopgooi vir ‘minderhede’

Die pro-wit, regse British National Party se leier, Nick Griffin, het gesê die party gaan gedwing word om anderskleuriges toe te laat deur die Britse owerhede en indien hulle weier sal hulle tot niet gaan.

Hy het die ontslape NP-leier, PW Botha, se beroemde woorde gebruik om die BNP se keuses te beskryf: "Pas aan of vergaan is die enigste besluit wat oorbly om te maak…[Adapt or die is the only decision left to make]"

'n Toekomstige besluit deur die owerhede wat partye se befondsing kan terughou as hulle nie ander rasse toelaat nie, kan die BNP se einde beteken, het Griffin gesê.

Wat ookal die uitkoms van die saak ter bevordering van gelykheid wat deur die CEHR, Commission for Equality & Human Rights, aanhangig gemaak is, gaan die nuwe Gelykheidswet wat aanstons van krag sal wees, in elk geval politieke partye wat op grond van etnisiteit diskrimineer, verbied, het Griffin gesê.

Die saak teen die BNP deur die CEHR in Brittanje, is dus net daarop gemik om die party se geldkas te plunder. Die saak het die BNP al duisende ponde gekos.

Hy het gesê die BNP het nou geen ander keuse as om ander rasse ook toe te laat nie.

поверхностный вихревойлобановский супермаркет класс

Kanada gaan asielbesluit teenstaan

Kanada se federale regering het Donderdag aangedui dat hulle die uitspraak van die Kanadese Immigrasieraad gaan betwis wat asiel aan 'n wit Suid-Afrikaner toegestaan het op grond van rassevervolging deur swartes.

Danielle Norris, woordvoerder vir die departement van burgerskap en immigrasie, sê regskenners is besig om die uitspraak te bestudeer en sal die uitspraak teenstaan in die Federale Hof.

Suid-Afrika het die Kanadese regering gevra om appèl aan te teken teen die besluit om Brandon Huntley as 'n vlugteling te aanvaar.

Huntley het aangevoer dat wittes deur swart kriminele geteiken word in Suid-Afrika uit weerwraak en dat die Suid-Afrikaanse regering niks doen om wit burgers te beskerm nie. Hy is self glo sewe keer aangeval.

Voorsitter van die Immigrasieraad William Davis, het gesê Huntley sal soos 'n "seer duim" uitstaan weens sy velkleur en bevind dat sy vrese vir vervolging geregverdig was op grond van die getuienis wat hy gvoorgelê het.

Die Immigrasie- en vlugtelingraad weier om kommentaar te lewer oor die uitspraak. Stephane Malepart, woordvoerder vir die raad, sê hy word verhoed om 'n mening te gee deur privaatheidsklousules.

Die raad is 'n onafhanklike tribunaal wat steeds binne bereik van die Kanadese regering opereer.

Norris sê 'n geregtelike oorsig deur die Federale Hof sal nie bykomende getuienis oor die feite van die saak wat handel oor die toestande in Suid-Afrika, aanhoor nie

Anesh Maistry, hoof van die politieke afdeling van die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Kanada, sê die raad se besluit is verkeerd en weerspieël nie die werklikheid in Suid-Afrika nie. Die hoëkommissaris is 'n ambassade in Britse Gemenebeslande.

Maistry sê die raad het nooit Suid-Afrika se siening oor Huntley se beweringe gevra nie en het nie moeite gedoen om sy getuienis van herhaaldelike aanvalle te verifieer nie.

"Die besluit is verkeerd, dit is nie feitelik nie, dit verteenwoordig nie feite op die grond nie. Dit stel Suid-Afrika in 'n negatiewe lig en gee 'n wanvoorstelling van die werk wat die laaste 15 jaar gedoen is om 'n nie-rassige samelewing in die land te bou," het Maistry gesê.

Abraham Nkomo, Suid-Afrika se hoëkommissaris in Kanada, sê die vlugtelingraad is om die bos gelei in die saak en het bygevoeg dat dit 'n misdaadkwessie is en nie 'n rasaangeleentheid nie.

"Daar is nie vervolging teen die wit geeenskap in Suid-Afrika nie," het Nkomo aan die Kanadese uitsaaier CBC gesê. Hy het gesê misdaadteikens word gekies omdat hulle gerieflik is.

Nkomo het Kanadese amptenare ontmoet en sy verbasing oor Huntley se vlugtelingstatus teenoor hulle uitgespreek.

Deepak Obrai, Kanada se parlementêre sekretaris vir die minister van buitelandse sake en 'n konserwatiewe LUR in eerste minister Stephen Harper se regering, het sy ontsteltenis oor die raad se besluit in 'n verklaring te kenne gegee en gesê dit wys 'n ernstige gebrek aan oordeel.

"Om in Afrika groot te word en die vernietigende gevolge van apartheid te sien, in hierdie geval teen swartes en Indiërs, gaan dit my vertsand te bowe hoe 'n Kanadese instelling 'n besluit op grond van ras kan neem." Obrai is in Tanzanië gebore.

насосные станции педроллоtopcargo развод

Djehad is ‘n onskadelike naam, s? Duitse hof

'n Hof in Berlyn, Duitsland, het 'n aansoek van ouers wat hulle seun Djehad wil noem, 'n variasie van die Arabiese woord "jihad" wat "heilige oorlog" beteken, aanvaar en in hulle guns beslis.

Die hoërhof het twee laerhofuitsprake wat die naam aanvaar as 'n algemene naam vir seuns in Arabiese lande, ondersteun.

Die Duitse owerhede wat name registreer het beswaar gemaak teen die naam, omdat dit volgens hulle skadelik vir die kind mag wees vanweë die assosiasie met Moslemterreur.

Maar die hof het Dinsdag beslis dat die naam verwys na die Moslemvereiste dat die geloof uitgebrei moet word, alhoewel dit sedert September 2001 met aanvalle deur radikale Moslems in verband gebring word.

Onder Duitse wetgewing mag ouers nie name aan hulle kinders gee wat as skadelik geïnterpreteer mag word nie.

zoom отбеливание зубовДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Obama se Afghanistan-konsensus gaan vou

Net weke voor President Barack Obama se verwagte skuif om nog troepe na Afghanistan te stuur, is die konsensus in Washington besig om uitmekaar te spat en spoke van 'n nuwe Viëtnam op te jaag.

'n Groeiende aantal kenners twyfel of die oorlog gewen kan word, terwyl Obama wat alreeds 21 000 bykomende versterkings gestuur het, dit oorweeg om verdere troepe te stuur met sy strategiese oorsig.

Obama het die stryd in Afghanistan as die enigste sinvolle stryd teen terreur voorgestel tydens sy verkiesingsveldtog en as president het hy dit onlangs beskryf as "'n oorlog van noodsaak".

Sy administrasie het in Maart die doelwitte van die oorlog geherdefinieer, en besluit om op Al-Kaidavegters en ondersteuners te fokus asook om harder militêr teen insurgente op te tree.

Op die grond is die situasie egter besig om te versleg en Augustus was die dodelikste maand nog vir die VSA sedert die oorlog in Oktober 2001 begin het.

Stafadmiraal Michael Mullen het aan die NBC-televisiestasie in Augustus hierdie jaar laat blyk dat hulle 'n hele nuwe strategie bedink het en nou oorbegin. Mulle sê die "kultuur van armoede" moet beveg word omdat dit die Taliban bevoordeel..

Maar 'n konserwatiewe rubriekskrywer in die Washington Post, George Will, sê "dit het 'n paar dekades geneem om net 'n paar vierkante myl in die Suid-Bronx" se armoede te beveg. Hy het 'n beroep gedoen op die VSA om dadelik "uit te kom" uit Afghanistan.

Wesley Clark, die vorige bevelvoerder van NAVO en afgetrede generaal, is ook besonder ontstig oor die rigting waarin die konflik neig. "Die ooreenkomste met Viëtnam is uiters kommerwekkend," skryf hy in die New York Daily News.

Hy sê die insurgensie word van buite die land se grense gedryf net soos in Viëtnam en dat veilige hawens buite Afghanistan se grense die VSA se pogings gaan fnuik. "Breër politiek-strategiese kwessies weeg teen die militêre uitbreiding en voorspel verdere konflik oor die gebied."

Michael O'Hanlon, wat Obma se nuwe offensiewe strategie ondersteun, sê net 200 tot 300 Amerikaners sterf in Afghanistan per jaar, terwyl 5 000 per jaar in Viëtnam die lewe gelaat het.

Clark sê egter indien die sterftesyfer bly klim, gaan Amerikaners beslis teen die oorlog draai. Tans is reeds ses uit tien Amerikaners teen die oorlog gekant volgens 'n CNN/Opinion Research Corporation-opname.

Obama staar 'n opdraende stryd in die gesig want in die Kongres is selfs Demokrate besig om hulle bedenkingete lug.

детские строительные инструменты купитьФільчаков прокурор

Sigeuners parasiteer op Britse welvaartstelsel

Image

Sigeuners in Tandarei… ontvang ‘n goeie inkomste vanuit Brittanje

Die Britse welvaartstelsel, wat deur sowel Konserwatiewe as Arbeiderregerinvgs uitgebrei is, skep soveel buitelandse parasiete dat 'n hele dorpie in Roemenië nou van bedrog met Britse toelaes leef, het 'n ondersoek getoon.

Volgens 'n berig in die Times-koerant, gaan 'n beraamde £1 miljard (ongeveer R13 miljard) jaarliks verlore vanuit die toelae- en belastingkredietstelsel, met verdere tienmiljoene ponde wat na georganiseerde misdaad deursyfer.

Daar bestaan, volgens die koerant, "toenemende kommer oor die hoë persentasie vals eise wat deur sindikate georkestreer word en wat die stempel van goedkeuring ná die eenvoudigste kontroles ontvang".

Die ondersoek het onthul dat baie van die verdagtes agter dié tipe bedrog na Tandarei teruggespoor kan word. Tandarei is 'n dorp in oostelike Roemenië van 15 000 mense, waarvan 2 000 sigeuners is.

"Oor die afgelope vyf jaar, het voorheen arm woonbuurte in die dorp skielik onverklaarbaar welvarend geraak," berig die Times.

Luidens die koerant, "is daar tydens die ekonomiese-opbloei-in-die-kleine 100 weelderige nuwe huise gebou, wat op R300 miljoen gewaardeer word. BMW's en Land Rovers met Britse nommerplate ry heen en weer deur die stofstrate."

Bronne binne die Britse polisie beweer dat die nuutgevonde rykdom die opbrengs van misdaad verteenwoordig wat in die VK, Spanje en Italië plaasvind. Die bron van dié geld is mensehandel, straatmisdaad en bedrog met welsynstoelaes.

Dis maklik vir parasiete om die welsynsstelsel in Brittanje te tap, aangesien eise deur mense met nasionale versekeringsnommers wat vir hulself werk, ingestel kan word, asook diegene wat vir 12 maande in die land gewerk het.

Aangesien Brittanje die EU-wetgewing oor die vrye beweging van mense onderteken het en ook die enigste land is wat geen beperkings op die binnekoms van burgers van die sogenaamde "nuwe EU-lede" plaas nie, kon tienduisende sigeuners vrylik na die Verenigde Koninkryk gaan.

Volgens die Times gebruik dié bendes 'n verskeidenheid vervalste dokumente om te "bewys" dat volwassenes vir toelaes kwalifiseer en bring hulle dan straatkinders vanuit sigeunerkampe in Roemenië in om hul eise op die Britse welvaarstelsel nog verder te verhoog.

Kindertoelaes en belastingkrediete vir kinders kan geëis word selfs al bevind die kinders hulle nie in die land nie, maar die teenwoordigheid van 'n gesmokkelde kind beteken ekstra behuisingsvoordele en bykomende belastingkrediete.

"Baie van die gesinne wie se eise deur die departement van werk en pensioene, asook Haar Majesteit se doeane en aksynsdepartement goedgekeur is, het nog nooit in Brittanje gewerk nie en kwalifiseer nie vir toelaes nie," berig die Times.

"Die metropolitaanse polisie het 'n ondersoek geloods weens kommer oor die toename in misdaad waarby Roemene betrokke is ná dié land se aansluiting by die EU – meer as 1 000 oortredings is in die eerste ses maande van 2007 opgeteken, vergeleke met 168 gedurende die hele 2006," gaan die koerant voort.

"In Januarie 2008 het die polisie klopjagte uitgevoer op 16 adresse wat deur smokkelaars gebruik word en 'n groot aantal kinders daar ontdek wat vir misdaad op straat opgelei word."

Die misdaad sal onverpoosd voortgaan totdat Brittanje se toelaestelsel hersien word om die misbruik stop te sit wat ná dekades van liberale Tory- en Arbeiderregering ontwikkel het.

сауны фотоФільчаков Олександр Васильович

Terreuraanslag in Athene

'n Groot ontploffing het Athene, die hoofstad van Griekeland, Woensdag geruk en skade aan die Griekse aandelebeursgebou aangerig.

'n Vrou is ook beseer deur glasskerwe van die ontploffing en 'n aantal motors is beskadig, volgens wat die staatstelevisie berig.

Om en by dieselfde tyd wat die aanslag in Athene plaasgevind het, het 'n ander ontploffing Thessaloniki, die noordelike hawestad, getref. Die plofstof is voor 'n regeringsgebou geplaas, maar het nie groot skade aangerig nie.

виналобановский александр дети

Kambodja skop Amerikaanse kindersekstoeriste uit

Drie Amerikaners is uit Kambodja geskop weens aanklagte van seksuele misdrywe teen kinders.

Ronald Boyajian, Erik Peeters en Jack Sporich word daarvan aangekla dat hulle oorsee gereis het om seks met kinders te hê.

Hulle is die eerste oortreders wat as deel van “Operation Twisted Traveler” aan die pen ry.

“Twisted Traveler” is ‘n inisiatief vir die bekamping van kinderseks-toerisme in Kambodja.

Die trio het Dinsdag vir die eerste keer in verband met die aanklagte voor die hof verskyn. Hulle het Maandag van Kambodja teruggekeer.

‘n Landdros het gesê die drie seksmisdadigers sal in aanhouding bly tot en met hul verhoor op 21 September.

Boyajian, Peeters en Sporich, het al drie kriminele rekords vir vorige seksuele misdrywe.
для автомобильногоФильчаков прокурор отзывы