Meningspeilings toon dat Obama se wit steun onder Demokrate sowel as onafhanklike kiesers – die twee elemente wat sy oorwinning verseker het – besig is om te verdwyn.
Terwyl Obama 'n stewige houvas op swart Amerikaners het, is sekere dele van sy wit steunbasis feitlik uitgewis, met wit vroue wat die mees ontevrede is met Amerika se eerste swart president.
Strateë blameer die ontevredenheid met die voorgestelde gesondgeidsorghervormings vir die skerp daling in Obama se gewildheid, maar die afname in steun van veral wit kiesers het begin ná die president se rasopmerkings oor die swart Harvardprofessor se arrestasie.
Die president het in Julie gesê die wit polisiebeampte het "dom" opgetree in die geval van die swart prof. Hernry Gates. Hy is inhegtenis geneem en het hom daarteen verset toe hy by 'n gehuurde huis probeer inbreek het.
Wit steun het ook verdamp toe Van Jones, Obama se groenwerkskeppingsvoorstander, moes bedank nadat hy voorheen gesuggereer het dat die Amerikaanse regering 'n aandeel in die aanvalle van 11 September gehad het.
Jones het voorts gesê net wit kinders pleeg massamoord op medeskoliere, soos by die Colombine-skietvoorval. Hy het bygevoeg dat 'n swart kind 'n ander swart kind sal skiet, maar wit kinders skiet baie gelyktydig dood, iets wat 'n swarte nooit sal doen nie.
Konserwatiewe kiesers is ook boos dat die Withuis 'n dinee-uitnodiging aan 'n regsgeleerde van American Civil Liberties Union gerig het. Die unie is verantwoordelik daarvoor dat die Bush-administrasie se ondervragingstegnieke vir aangehoudenes op die lappe gekom het.
Die betrokke regsgeleerde is ook vir Ramadan, die Moslemvakansievieringe, uitgenooi.
Die gerugte dat die president dalk in Kenia gebore is en dat hy moontlik 'n Moslem is, het ook nie gehelp om wit steun te hou nie.
Byna 6 uit 10 Republikeinse vroulike kiesers glo Obama is nie in die VSA gebore nie, sê Demokratiese meningspeiler David Beattie. Dieselfde aantal onafhanklike kiesers glo dieselfde.
'n Swart kongreslid, Charles B. Rangel, het verlede week weer 'n bedekte rasaanval op wittes gedoen deur opposisie teen Obama se gesondheidshervormingsplan as "voorkeur, vooroordeel, en 'n emosionele gevoel" te beskryf.
"Sekere Amerikaners is nog nie oor die feit dat Obama president van die VSA is nie. Hulle gaan elke aand slaap en wonder 'Hoe het dit gebeur?'" het Rangel aan die New York Post gesê.
Kenners sê 2010 gaan die "jaar van die ontstoke wit senior" wees omdat die afgrond tussen die jong kiesers en die mense van ouer as 65 besig is om al dieper te raak.
Wit Demokrate in die geheel se steun vir Obama is af na 78% vanaf 89%.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.