BNP sal party oopgooi vir ‘minderhede’

Die pro-wit, regse British National Party se leier, Nick Griffin, het gesê die party gaan gedwing word om anderskleuriges toe te laat deur die Britse owerhede en indien hulle weier sal hulle tot niet gaan.

Hy het die ontslape NP-leier, PW Botha, se beroemde woorde gebruik om die BNP se keuses te beskryf: "Pas aan of vergaan is die enigste besluit wat oorbly om te maak…[Adapt or die is the only decision left to make]"

'n Toekomstige besluit deur die owerhede wat partye se befondsing kan terughou as hulle nie ander rasse toelaat nie, kan die BNP se einde beteken, het Griffin gesê.

Wat ookal die uitkoms van die saak ter bevordering van gelykheid wat deur die CEHR, Commission for Equality & Human Rights, aanhangig gemaak is, gaan die nuwe Gelykheidswet wat aanstons van krag sal wees, in elk geval politieke partye wat op grond van etnisiteit diskrimineer, verbied, het Griffin gesê.

Die saak teen die BNP deur die CEHR in Brittanje, is dus net daarop gemik om die party se geldkas te plunder. Die saak het die BNP al duisende ponde gekos.

Hy het gesê die BNP het nou geen ander keuse as om ander rasse ook toe te laat nie.

поверхностный вихревойлобановский супермаркет класс