Iran s? VSA se inligting ‘gefabriseer’

Iran het in 'n brief van agt bladsye aan die die hoof van die Internasionale Atoomenergieagentskap, Mohamed ElBaradei, gesê die VSA maak gebruik van "vervalste dokumente" om te beweer dat Iran tans 'n atoomwapen bou.
Die brief wat aan die Associated Press gelek is, kla ook vir Frankryk en Brittanje aan vir hulle "kwade wil en politieke motivering" in hulle onderhandelinge met Iran.
Ambassadeur Ali Asghar Soltanieh het die brief aan ElBaradei gerig wat volgende week saam met 35 lidlande van die IAEA oor Iran se lot gaan beslis.

Iran hou vol dat hulle kernaktiwitiete vir elektrisiteitsdoeleindes is en vreedsaam. Die VSA en hulle sleutelbondgenote sê egter die Moslemrepubliek is besig om kovert 'n atoomwapen te bou.

Die brief is veral teen Washington gerig wat aan die VN se kernwaghondorganisasie ongespesifiseerde inligting verskaf het asook inligting wat op 'n skootrekenaar was wat uit Iran gesmokkel is.

Die VSA sê die skootrekenaar se inhoud het werk oor besonderhede van kernwapens bevat, missielbane en ideale hoogtes om kernkoppe te laat ontplof.

Daar was ook materiaal oor geheime kernlaboratoria in Iran op die rekenaar.

Soltanieh sê in sy brief die VSA het geen oorspronklike dokumente kon oorhandig aan die betrokke organisasies nie en die inligting is gefabriseer.

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake wou nie kommentaar lewer nie.

'n Woordvoerder vir die Britse regering het die aantygings ontken.

Die IAEA druk die VSA en ander regerings om meer inligting oor Iran bekend te maak. Die VN het in hulle jongste verslag gesê "beperkinge wat sommige lidlande op die beskikbaarheid van inligting oor Iran plaas, maak dit moeilik vir die agentskap om indringende samesprekinge met Iran te voer".

Soltanieh het aan AP gesê hy hoop sy brief sal die VSA dwing om die bron van hulle inligting bekend te maak.

Die Veiligheidsraad het reeds drie keer vir sanksies teen Iran gestem sedert 2006 omdat hulle weier om uraanverryking te staak.

Iran verskyn ook op 'n internasionale swartlys wat help om die invoer van kernmateriaal soos uraanoksied wat in die verrykingsproses gebruik word, te beperk.

как построить саунуДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae