Obama kan VSA na derdew?reldstatus lei s? Nobelpryswenner

Barack Obama maak dieselfde foute as sy voorgangers wat aanleiding gegee het tot die Groot Depressie sê Nobelpryswenner James Buchanan.

Sy beleid kan selfs die VSA in dieselfde bootjie plaas as Argentinië wat van 'n eerstewêreldland na 'n derdewêreldland gegly het in die vorige eeu.

Daar is "kommerwekkende ooreenkomste" tussen die huidige Amerikaanse administrasie se optrede en dié in 1930 sê 'n nuwe pamflet wat deur die Institute of Economic Affairs uitgegee is.

In besonder, sê die outeurs, ekonome Charles Rowley van die George Mason Universiteit en Nathanael Smith van die Locke Institute, gaan die administrasie se besluit om miljarde dollar se kontant in die stelsel te pomp die ekonomie op die lang duur ondermyn.

Die studie is 'n afwyking van die gedagte dat Keynesiaanse fiskale beleid wat die VSA help herstel het ná die Depressie, die antwoord is. Hulle sê "intervensionisme en drakoniese belastingstygings kan 'n klimaat van pessimisme vererger wat privaat kapitaalskepping en konsumpsie kan verhoed".

Rowley sê dat die VSA se ekonomie kan ineenstort en derdewêreldstatus bereik soos wat met Argentinië gebeur het, is nie uitgesluit nie.

Die studie beveel aan dat die VSA na 'n meer laissez-faire ekonomiese stelsel beweeg een as intervensionisties optree en word daarin ondersteun deur Nobelspryswenner James Buchanan.

"Ons het uit die vergelykende ervaring van die 1930's geleer, miskien genoeg om die erns van die huidige inkrimping te verminder. Maar ons het nog geen vooruitgang gemaak om politieke leiers te keer wat uit persoonlike voorkeure handel nie en nie eers die basiese begrip het van hoe kapitalisme werk nie."

zoom 3 отбеливание отзывыДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae