Premier stel Skierlik-besoek af

Premier van Noordwes, Maureen Modiselle, het haar besoek aan arm gemeenskappe in Mazista en Skierlik Maandag afgestel. Volgens haar woordvoerder "sal nie almal deelneem nie".

Tanana Monama sê hulle kon nie al die "rolspelers" mobiliseer nie en nie almal sou die geleentheid bywoon nie. Hy sê die meeste mense was nie bewus van die besoek nie.

Modiselle sou die gebied Maandag besoek het om kospakkies uit te deel as deel van die Skierlik Hernuwingsprogram.

Monama sê 'n gepaste datum sal aanstons aangekondig word.

Hy sê die besoek sou nie 'n "yslike" geleentheid gewees het nie, want die provinsiale regering wil nie groot kostes aangaan nie.

"Die premier sou 'n paar gesinne besoek," sê hy.

Dit is nie die eerste keer dat 'n geleentheid ter elfder ure gekanselleer word deur die provinsie nie.

Verlede maand het die departement van landbou die toekennings vir die mees uitstaande vroulike boer afgestel, nadat klagtes ontvang is dat van die deelnemers nie plaaseienaars is nie.

Nadat die kwessie opgelos is, het die wenners deelgeneem aan die nasionale kompetisie in Bloemfontein.

Mazista en Skierlik naby Swartruggens is van die armste dele in die provinsie waar voorvalle van rassespanning die nuus gehaal het.

Die Skierlik Hernuwingsprogram het drie komponente naamlik armoedeverligting, infrastruktuurontwikkeling en maatskaplike kohesie en nasiebou.

автоматическое зарядное устройствоДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae