Dringend gesoek: Skelnaam vir Afrikaners

Image09:01:21 Sinvolle gesprekke rasselangs is onmoontlik in Suid-Afrika en een van die onverwagse redes het as’t ware oorgroot skoene, 'n woer-woerstrikdas en 'n rooi neus aan: Die algehele, lamlendige onvermoë van ander rasse en selfs ander blanke taalgroepe om 'n goeie, standhoudende skelnaam vir die Afrikaner uit te dink. Daar was al pogings, ja, maar niks waaruit die gif nie verdamp het nie.

Die naam “Boer” was selfs eers 'n kwetswoord. Die Xhosas, byvoorbeeld, het die woord gevat, hom liederlik gebuig en vir ons as “mamparra” teruggegee. (Die Sunday Times het heel selfvoldaan die kat lustig aan die stert rondgeswaai… en 'n komieklike padda aangebring by hulle “Mamparra van die Week”-rubriek.) Die woord “Boer” het aanvanklik 'n veel venyniger inhoud as bloot akkerbouer of vee-eienaar bevat.

Dit was gelaai met die betekenis van stuurse, dikwels ongeletterde, nougesette rowweling. Dit was 'n nuttige brandnetel om die sogenaamdes mee te looi… as hulle net wou saamwerk. Maar hulle het nie teruggedeins van die benaming of hulle hande histeries ten hemele gegooi nie. Hulle het die naam eerder aangegryp, hulleself daarmee beskryf en toe voortgegaan om die naam in te kleur met veelbenyde eienskappe soos trots, dapperheid, skranderheid, uithouvermoë, medemenslikheid en hartlikheid – kenmerke wat deesdae met die Afrikaner vereenselwig word.

Daarmee het die Boer 'n koeëlvaste waarheid bevestig: Dis nie die naam wat die persoon vorm nie maar die persoon wat betekenis aan die naam gee. In die weermag het ek 'n Afrikanertroep gesien wat homself voorgestel het as 'n Plank (“Plenk” soos die Souties dit uitgespreek het, was hulle gunstelingskelnaam vir 'n Afrikaner wat hulle tradisioneel as dof, verstar en met bekrompe horisonne gesien het.) Maar daarna het hy, stroopsoet, voortgegaan om hulle menings te probeer uitlok oor sulke obskure onderwerpe soos die Brahms-Wagner-omstredenheid, die nasciturus-fiksie in moderne regspraak, Hamlet se worstelinge as dapperheid of lafhartigheid, die vyf punte van Calvinisme, wie John Galt werklik is en Decartes se “cognito ergo sum”-stelreël… sonder sukses.

Die feit dat hy nie net elke redenaars- en vasvrakompetisie daarna gewen het en as soort van 'n wandelende ensiklopedie, mediese handleiding, regsbiblioteek en berader opgetree het nie, maar ook opgeruimd onder druk gebly het en later in Angola kalm gereageer het onder vuur, het die Souties nie verhoed om na hom as 'n Plank te verwys nie. Maar dit was nou 'n woord wat hulle met 'n sekere besitterstrots aangewend het. Hulle het, kortom, gespog met “hulle” Plank en wee die buitestaander wat neerhalend oor hom sou wees. Hierdie troep het vir ewig die manier hoe hulle na Afrikaners – Planks – gekyk het, verander.

Hierdie beginsel – dat 'n mens betekenis aan die naam gee en nie andersom nie – is nie een wat posgevat het onder liberale blankes of onder die swart bevolking nie. Moord, verkragting of bloedskande is nie misdade wat hoegenaamd dieselfde gebelgdheid ontlok as die gebruik of selfs net verwysing na die woord “kaffer” nie.

 
'n Eeu gelede was hierdie 'n neutrale woord; bloot 'n naam vir die swart ras. Mohandas Ghandi, die hoogste god in al wat 'n wimperfladderende liberalis se Pantheon is, het in 1904 nog bitter in die pers gemor oor die “Kaffirs.”

Later het die woord egter blykbaar 'n betekenisverskuiwing ondergaan en dui nou, in die gemoed van swartmense, nie meer bloot hulle ras aan nie. Dit het nou die inhoud van iets soos “onnosel, lui, dierlike barbaar deurtrek met basiese welluste". Beskryf dit alle swartmense of selfs swartmense oor die algemeen? Natuurlik nie! Maar dit beskryf Idi Amin, byvoorbeeld.

Dit word toenemend moeilik om 'n naam, enige naam, te mag gebruik om swartmense se ras te identifiseer. Ander name waarvan die temperatuur geneem en wat as te koorsig beskou is, sluit “Inboorlinge,” “Bantoes,” “Naturelle” en die lompspeelse “Plurale” in. Tim du Plessis, Rapport se ontgogelde liberale redakteur, kou juis verlede Sondag sy binnewang oor die krisis of ons van “swartmense” mag praat of eerder “swart mense” moet sê.

Hy was nie die enigste rubriekskrywer wat dié naweek oor rassisme en “nie-rassigheid” getob het nie. Chris McEvoy is een van daardie selfvoldane liberalistiese Engelse meningskrywers wat nog nie besef dat sy wit vel soos 'n neonlig buite die laer skyn nie. (Hy maak byvoorbeeld protes oor misdaad af as die “lugaanvaltipe, neulerige gekerm” van wit stedelinge.) In 'n hele rubriek oor die woord “kaffer,” skryf hy nie een keer die woord uit nie. Hy dui dit nie eers aan as die gebruiklike, saggiesknor “k-woord” of “k****r” aan nie; hy praat van die “K-bom".

Dit, skryf hy, is ontwerp om swartmense “uit te haal” terwyl dit “die geboue wat hulle gemaak het, ongeskonde laat". Nee, ek speel nie. N24 het dié lawwe trapsel op hulle webwerf gepubliseer.

Dit kan nie wees dat hy besef het hoe breingevries dié stukkie filosofie van hom is nie, anders sou hy dit bloot uitgevee het. Nadat hy egter in die rondte gebrom het soos 'n vlieg in 'n Oros-plassie, en wasemrig gefantaseer het oor sulke eklektiese gedagtes soos dwelms, kodewoorde, troglodiete en die vreugde daarvan om 'n seksimplement vir 'n bejaarde grootmoeder vir haar verjaarsdag te gee, flerts hy teen die stroom van sy eie argument in. Nou is die woord nie meer ontwerp om “swartes” mee “uit te haal nie". Die ontstaansdoel is nou nie meer ter sprake nie. Dit maak nie saak waarvoor iets ontwerp is nie, beduie hy. Wat belangrik is, is waarvoor dit aangewend word. 'n Krieketkolf is gemaak om 'n “klein leerbal oor 'n oorgroot veld rond te klits” maar bloot as gevolg daarvan is dit nie aanvaarbaar om iemand daarmee oor die kop te klits nie, redeneer hy.

Ai. Dit is nie witmense wat die aanwending van die woord verander het nie. Hulle het dit deurgaans bloot gebruik om die swart ras aan te dui. Dit was swartmense wat van die woord “kaffer” as’t ware die krieketkolf gemaak het waarvan McEvoy praat en dit is húlle wat die kop hou om daarmee geslaan te word.

McEvoy reken die woord verval toenemend in onbruik maar dis net omdat hy homself toegespin het in sy eie snoesige wêreld; as’t ware sy motorvenster teen die waarheid opgerol het soos hy maak om straatbedelaars te ontmoedig. Hierdie woord is besig om veld te wen, toenemend en vinnig. Die rede daarvoor is te vind in die wortel van swartmense se beswaar teen die benaming en dit is: Minagting.

In 1994, en omtrent dwarsdeur die Mandela-era en selfs daarna, het blankes nog die nuwe gedagte van swart voortreflikheid ondersteun en het die woord “kaffer” sy weg na die argief begin vind. Maar deesdae, met 'n hernude besef van presies hoe lamlendig, onnosel, vraatsig en verroestend swartmense met die stuur van die land in hulle hande te werk gegaan het, is daar nuwe skeptisisme oor die bekwaamheid van swartmense en 'n hernude agterdog oor hulle motiewe. En die woord “kaffer",  helaas, is besig om nuwe asem te skep.

MvEvoy stel darem 'n daadwerklike oplossing voor, nie een van daardie newelrige, edelagtige maar onhaalbare skimidees so geliefd onder linkse hoepels nie, maar iets prakties en haalbaar. Dit is 'n voorstel wat hy, helaas, blykbaar nie die ghoene voor het om tot die logiese einde daarvan aan te beveel nie.

Swartmense, sê hy, moet die angel uit die woord “kaffer” trek deur dit self te gebruik. Hy demonstreer dit aan hand van die voorbeeld van die swart Amerikaanse komediant, Richard Pryor, wat die skelwoord “nigger” as deel van sy komediesketse begin gebruik het. Deesdae is dit 'n alledaagse woord in die ghettolewe van swart Amerika en spoel selfs oor in die hoofstroom in.

McEvoy laat egter na om te noem  dat dieselfde  swartmense wat in die dwelmbendekultuur van mekaar as “niggers" praat, hulle ma’s en vrouens “tewe” noem en hulle vriende “moederbeslapers". (Laasgenoemde woord preuts en met 'n kopknik in Anton Prinsloo se rigting vertaal.) Voorts weet hy blykbaar nie dat die woord “kaffer” wel 'n verbruikerslewe onder township-swartes het nie. Voetbalbaas Irvin Khoza het dit hoeka vroeër vanjaar teenoor 'n swart joernalis gebruik en ons weet hoe dít vir hom uitgewerk het.

Maar McEvoy is nie verkeerd nie. As swartmense begin om die woord self te gebruik, en nie net in hulle eie monde te neem nie maar om aan te dring dat ander rasse ook so na hulle verwys, is die krieketknuppel uit hulle teenstanders se hande geneem.

As hulle sou voortgaan en dié naam met onderskeiding, prestasie, produksie, trots en passie vul, sal “kaffer” 'n naam wees wat met trots gedra word en waarna ander rasse en nasies aspireer.

Presies soos die naam “Boer".

Intussen, kan iemand asseblief 'n standhoudende, diepstekende skelnaam vir blanke Afrikaners uitdink? Dis darem nie regverdig dat 'n eenvoudige woord wat met 'n “k” begin vir swartmense alleenreg gee op soveel hoogheilige verontwaardiging nie.

magic bomb slotФільчаков Олександр Васильович

Wildroof of genadedood ? Is daar ‘n ander oplossing vir die Springbok?

Image17:06:38 Naas Botha in sy speeljare was 'n flinkvoetige, vlughandige, visionêre voetbalgenie. Sy span kon altyd op hom staatmaak.

Ongelukkig was daar nog altyd min van hierdie betroubaarheid van die veld af gesien. Is daar iemand wat Naas nog nie in die steek gelaat het nie? Ek bedoel nou in die steek gelaat soos hy sy vrou Lario, sy jeugliefde, in die steek gelaat het.

Of soos hy sy rug op sy buite-egtelike seun – deesdae 'n atletiese, skrander, innemende jongman – gedraai het. Hy sê dis sy saak, hy het sy redes daarvoor en ons moet dit seker so aanvaar.

Hy het ook lankal sy Afrikanerskap by die ingangsportaal van inklusiewe Suid-Afrikanerisme ingeboek. Wel, dít is nie net sý saak nie. Dié keer staan dit ons vry om te spekuleer dat sy Afrikanerskap te koop was vir die pot lensiesop van 'n M-Net-salaris.

Maar die een verraad wat ons nie van hom verwag het nie, nie eens van hom nie, is dié teenoor die elegante, blinkslanke antiloop, Dorcas Marsupialis, die Springbok. Deesdae pleit hy dat die arme pronkbokkie die doodskoot moet kry. Dis nie dat ons nie sy frustrasie verstaan nie. Ons is net soos hy ter dae sat van die herhaalde dreigement van sulke voetbalimbesiele soos die onsmaaklike Komphela-en-Stofile-firma dat die Springbokkenteken moet waai. 'n Mens voel dan skiet jy maar liewers die gyselaar en ontwapen so die ANC se onbevoegde haatsaaiers.

En tog sou 'n mens gedink het Botha, wat sy rugby saam met sulke stoere voetballegendes soos Hempies du Toit, Louis Moolman, Danie Gerber en Johan Heunis gespeel het, sou tot in beseringstyd toe baklei het vir die Springbok. Want, ná alles, wat sou hy sonder daardie sierlike wapentjie gewees het, wat eens op 'n tyd aan net die beste van die bestes toegeken is?

Maar behoud of genadedood is nie die enigste twee moontlikhede nie. Hier is 'n ander oplossing: Kom ons haal die Springbok van die truie van kwotaspelers en koliekerige pierewaaiers soos Luke “Puke” Watson se truie af. En ons plaas die bokkie in die reservaat, verwyder van die smerige attensies van Komphela, Stofile en Cheeky se galsieke seun. Ons gun hulle dan 'n protea of 'n sorghumaar vir 'n kenteken – of dalk 'n cannabis sativa-takkie, waarvan die oormatige gebruik iets van hulle denkprosesse kan verduidelik.

Daar, in sy veilige kampie, kan die Springbokkie wei in die geil velde van goeie herinneringe totdat dit weer op die borskas van 'n nasionale voetbalspan pryk, 'n span wat die kenteken werd is en dit waardeer en wat, soos in trotste dae van die verlede, op aandag staan onder 'n Oranje-Blanje-Blou vlag terwyl Die Stem speel voordat hulle, ook soos in die ou dae, die teenstander aan die strot gryp en ter voetbalvelde neerwerp.

купить конверт для новорожденного зимнийлобановский александр компромат

Verliesrefrein

ImageEk weet nou nie wie die regisseur was nie en nog minder kan ek vir jou sê wie verantwoordelik was vir die keuse van die musiek en die ontwerp van die klankbaan. Maar ek kan vir jou met alle sekerheid sê daar was 'n oomblik van begeesterdheid toe hulle, vir wat ons die "Katedraaltoneel" kan noem, op Francisco Tarrega se "Recuerdos de la Alhambra" besluit het.

Want wat hulle deur die musiek beskryf, is nie die gewyde uiterlike aanslag wat die katedraal op die pelgrim se ore loods nie. Dán sou hulle 'n magtige pyporrel gebruik het, met die dreunende majesteit van die basnote, die soepel welluidenheid van die middelregister en die swiepende triomf van die verkoperde hoë note; klanke wat alles – die kolossale strukture, die hemelhoë plafon, die vloer, as't ware die molekules in die atmosfeer self – laat vibreer. En hulle sou seker die ontsag in die jong gemoed beklemtoon het met die donker, diepgewydheid van skimagtige monnike se neuriesang.

Hier vervul die klankbaan egter nie die funksie om bloot die oorweldiging van die visuele te begelei nie, maar om eerder die intieme, innerlike reaksie van die verbysterde seun te vertolk.

Dit is musiek van 'n verruklike eenvoud – wat uitslofend moeilik is om te speel. ("Enige negejarige, kan 'Herinneringe aan die Alhambra' speel," het kitaarvirtuoos John Williams gesê, "met vyftien jaar se oefening.") 'n Eenvoudige, effe weemoedige deuntjie is in die voorgrond op 'n onderlaag van 'n ritselende tremolo, alles deurgewerk met 'n sleurende ritme wat klassiekemusiekluisteraars met weinig moeite sal vereenselwig met die aandrang van die noodlot. Dit is musiek van verlange, heimwee en gelatenheid oor verlies.

Veertien jaar later het die legendariese skepper van atmosferiese musiek, Mike Oldfield, dit vir die hooftemamusiek op die klankbaan van die bekroonde rolprent, "The Killing Fields," gebruik – dié keer gespeel op die panfluit. Dit was spokerige musiek, nabootsend van die ontliggaamde stemme van 'n skare gewone, onskuldige mense wat vergruis is in die bloedkoors van Pol Pot se Kambodja. Ons hoor daarin die vergeefse roepe van mense wat terugreik na 'n eenvoudige, vervulde lewe.

Ons s'n is in teenstelling 'n klein fliek, 'n verstommend onskuldige, selfs naïewe rolprent, een wat onbeskaamd geflikflooi het vir warm gevoelens. Maar as ons dit nou sien, geskakeer deur die kennis van wat ons verloor het, is dit 'n bitter film, vol onvervulbare versugtinge.

"Groete van die Eerste Minister" vertel die verhaal van 'n Karoo-seuntjie, die agtjarige Manie, wat, genoop deur die langdurige droogte op die familieplaas in die Hopetown-omgewing, op sy persoonlike Odusseia vertrek om die hulp van die Eerste Minister en die N.G. Kerk se moderator (wat hy fraai-fraai maar met 'n sekere gepastheid die "moddermaker" noem) te gaan werf.

In sy kruistog word hy begelei deur 'n verskeidenheid gidse, die eerste daarvan 'n langafstandvragmotorbestuurder. Dié is geprikkel deur Manie se vertelling van sy oupa se deelname as penkop aan die Slag van Magersfontein. Terstond besluit die vragmotorbestuurder om Manie te neem om die toneel te besoek. In die teenwoordigheid van 'n groepie jong, forse, glinsteroog beroepsoldate wat die terrein vir opleidingsdoeleindes besoek, wys Manie se mentor vir hom die kontoere en valle en hoeke van die slag uit. En wanneer Manie die slagveld verlaat, nou stemmig, gekonfronteer met 'n nuwe insig oor die vertering van oorlog, laat hy 'n Mauser-doppie wat hy opgetel het op die graf van die Onbekende Klein Doedelsakspelertjie.

Hulle reis neem hulle deur die sentrale hartland van Suid-Afrika, Noord na die industriële kompleks van die Witwatersrand. En hoe ontroer dit nie nou om, vanuit die ruim kajuit van die Mack-vragmotor wat deur Manie se nuwe vriend bestuur word, dáárdie Suid-Afrika van 1970 te sien nie. Want dit is 'n land waarin die ywer en doelgerigtheid van 'n geharde jong volk gesien word, met nuwe snelweë wat uitgelê word, nywerheidsgebiede wat verrys, komplekse wat verskyn, huise in aanbou. Al hierdie drif om te bou, om te vestig, om te verbeter, word gehuls in 'n nasionale atmosfeer van orde, sindelikheid, toegeneentheid en gemeenskaplike agting. Wat 'n land, wat 'n land, wat 'n lánd!

Dramaties gesproke is hierdie gids se rol uitgedien teen die tyd wat hulle Kemptonpark bereik. Manie, wat 'n goedgunstige maar verydelende lokval van die vragmotorbestuurder vermoed, glip uit die vragmotor en verdwyn oor die nuwe snelweg tussen die karre deur.

Sy vlug neem hom na die aanloopbaan van die lughawe wat na Jan Smuts vernoem is, en verder, totdat hy deur 'n lang, hoë skreef van 'n deuropening 'n vliegtuigloods betree.

Recuerdos de la Alhambra… tremolo, ritseling en weemoed in 'n sleurende deuntjie…

Want in hierdie loods – 'n gebou van asembenemende omvang – staan een vliegtuig – 'n glimmende, gladafgewerkte, elegante, gespierde konstruksie, so groot en majestueus dat die aanskoue daarvan geloof en ongeloof deurmekaarwriemel. Want hierdie is 1970, 'n tyd toe die Suid-Afrikaanse Lugdiens 'n hooggeagte redery was. En dit is die jaar van die Boeing 747, waarvan die S.A.L. een van die eerste ontvangers en gebruikers was.

En daar, voor klein Manie wat nou nog verder wegkrimp in sy verwondering, staan hy: Tafelberg. Ons makrostraler met die lang, silwer romp, die vier swaar motore aan die terugswiepende vlerke, beslaan met die heroïese oranje-blanje-blou nasionale vlag en die sierlike Vlieënde Springbok op die hoë metaalvaandel van die vertikale roer.

Tremolo, polsing en weemoed veroorsaak deur 'n onvermoë om oorweldigte emosies te verklaar… en terwyl die kitaarmusiek groter, dringender word, draai Manie op sy hak om, so skielik en doelbewus dat die kyker verstaan dat die Karoo-seuntjie presies sal weet wat hy volgende sien.

Die loods se hoofdeur is op 'n skreef oop en dit vorm 'n helder skag van lig, skraal en so hoog asof dit in die hemel self begin. En heel onder, minuskuul in die regop streep lig is die silhoeët van 'n enkele vrou wat nie soseer verskyn as wat sy net skielik dáár is nie, baie soos 'n engel.

En Manie, sonder huiwering of bedeesdheid nael na haar en slinger sy seuntjiearms om haar. Ons sien nou sy is 'n lugwaardin, poppiemooi in haar vietse poeierblou uniform, hofskoene en regop hoedjie.

Die seun snik met 'n wye, ontroosbaar droefheid: "Tannie… tannie… die vliegtuig, die vliegtuig, die vliegtuig."

Want wat moet 'n seun sê as hy die eerste keer gekonfronteer word met die moontlikhede van sy kultuur en tradisie, 'n beskawing wat iets so majestueus wonderliks soos 'n passasierstraler kon baar en dit kon berg in 'n gebou so groot dis asof dit die oorspronklike Tafelberg self kon bevat?

Die res van Manie se verhaal is so voorspelbaar as wat dit stroperig fraaitjies is. Tog moet ons altyd dankbaar wees teenoor die regisseur en musiekverskaffer wat vir ons 'n oomblik van sulke verstommende filmiese insig gebring het – wat vergelyk met die diepsinnigste oomblik van enige "Killing Fields".

Manie se reis neem hom na middestad Johannesburg en 'n Hillbrow van skoon sypaadjies, versorgde parkies en beleefde mense, waar die grootste middernagtelike misdaadkrisis se bekamping 'n gil ver is voordat die knap, altyd waaksame S.A.P.-lede om die draai gejaag kom in 'n karamelkleurige Chevrolet Kommando met 'n grommende reguitsesenjin en loeiende bande. Orde. Geborgenheid. Samelewing. Vooruitgang.

Natuurlik ontmoet Manie uiteindelik sy "moddermaker", 'n statige ou leraar wat sonder huiwering in sy studeerkamer saam met die seun kniel en bid. En natuurlik neem die dominee hom na die Uniegeboue en die diepste binneste daarvan, reg tot in die Eerste Minister se kantoor. Dié is, onvermydelik, so aangegryp deur Manie se opregtheid en opoffering dat hy sonder verwyl die weerburo skakel en as't ware reën vir die dorre Karoo opkommandeer.

Dit is die einde van Manie se verhaal en hy vertrek. Die rolprent sluit af met Manie, sy ouers en sy oupa wat, begelei deur die kitaarklankbaan, deur golwende grasvlaktes loop van die ou Karoo na lang en goeie reën.

Maar ons is nie klaar nie. Dit is 'n tendens in Hollywood om nuwe weergawes van ou rolprenttreffers te maak. Dis natuurlik vir ons onmoontlik om 'n nuwe interpretasie van "Groete van die Eerste Minister" te skiet. 'n Agtjarige seuntjie op reis van Hopetown na Pretoria sal nooit opdaag nie. Hy sal ongetwyfeld onderweg ontvoer, verkrag en/of vermoor word en sy liggaampie ru-weg gedissekteer word vir die moetiemark.

Miskien kan ons wel 'n addendum vir die rolprent verfilm:

Die hede. Agt-en-dertig jaar later. Manie is nou ses-en-veertig jaar oud. Hy verskyn weer by die Uniegeboue, in die nag. Ná 'n reeks hoogs onwaarskynlike toevalle, bevind hy hom in die nag in dieselfde kantoor waar die Eerste Minister na sy verhaal geluister het.

Daar is nou nie meer 'n eerste minister nie, maar 'n president.

Manie gaan staan agter die statige chroompyp-en-leerstoel waarin die eerste minister gesit het. Hy vryf daaroor en dink aan al die manne wat daardie stoel eens beset het, vir wie die welvaart van elke inwoner van die land belangrik was; manne wat nie gehuiwer het om die juk van miljoene ongeletterde, primitiewe mense, vreemd aan hulle volk, op hulle te neem nie. Hierdie manne het daarin geslaag om 'n volk te bestuur sodat dié in pas kon marsjeer met die mees gevorderde nasies in die wêreld. Terselfdertyd het hulle vooruitgang, opvoeding, veiligheid en mediese sorg voorsien vir die miljoene lede van ander volke in die land. Hulle was eiesoortig daarin dat hulle nie net daarin kon slaag om die strukture en ruimtes te skep waarin 'n gesofistikeerde Westerse gemeenskap ontstaan het nie, hulle het ook die hoogste lewenspeil vir enige Derdewêreldse nasie op aarde bewerkstellig.

En dan dink Manie aan die huidige besetters van daardie stoel en daardie gebou – regeerders wat met sorgvuldige ongetraaktheid wag gehou het oor die moord van bykans vyfhonderdduisend mense in die land, wat met monumentale hubris en gulsigheid die skatte van die land vir hulleself gebuit het en wat vasberade toegesien het dat alles wat goed en reg gebou was, nou onderwerp is aan verval en aftakeling en roof.

Manie, die boer, weet ook dat hierdie regering deur sluheid of onnoselheid die land se vermoë om voedsel te vervaardig, onherroeplik beskadig het en daardeur die aanvoorwerk gedoen het vir 'n toekomstige hongersnood wat die gruweldood van miljoene mense kan kos.

Die Uniegeboue, eens beman deur bouers en beskermers, is nou ingeneem deur afbrekers en verwoesters – dis asof daar uit hulleself 'n miasma van organiese suur die hele atmosfeer van die land ingesypel het en waar dit ook al raak vreet en verteer en verkrummel dit. In enige redelike wêreld sou hulle vanweë hulle venyn, onvermoë en hardvogtigheid tereg gestaan het in die hoogste internasionale howe op aanklagte van misdade teen die mensdom.

As Manie dink aan hoe dit toe was en toe hoe dit nou is…

… tremolo, polsing, sleurende deuntjie…

'n bitter refrein kronkel en kronkel en kronkel deur hom:

Wat het ons gedoen?

Wat het ons gedoen?

Wat hét ons gedoen?

bog bad wolfлобановский обыск

Roodt oor Fourie: Nee, Jan-Hendrik, die waarheid is nie altyd mooi nie

Image…Jan-Hendrik Coetzer,

Die aanhef van hierdie skrywe verskaf vir my 'n probleem. Ek bedoel, hoe moet ek jou aanspreek? “Liewe Jan-Hendrik” is jy nie vir my nie want jou soort onnoselheid maak my toenemend ongeduldig.

 "Beste" is jy nie, want wat ek uit jou gebelgde klein briefie aan Dan Roodt kan agterkom, is dat jy óf geen erg aan jou nering as joernalis het nie, óf dat jy bloot onbeholpe is. “Geagte” kan ek jou nie noem nie; ek het bloot minagting vir iemand wie se karige begrip net oortref word deur die verslonstheid van sy argumente.

Jou soort gee vir my moed vir die Afrikaner se toekoms. Maar voordat die onderlippie van aandoening begin bewe, laat my net verduidelik:

Naspers het, deur sy Afrikaanse koerantgroep, 'n verderflike invloed op die Afrikaner se denke. Gedagtig daaraan dat Naspers die Afrikaner as sy grootste vyand geïdentifiseer het en homself onverpoosd beywer vir die verdwyning van die volk waaruit die mediagroep gekom het, is dit duidelik dat ons hierdie invloed sal moet neutraliseer. Mense soos jy, met julle onbehendigheid en julle halsstarrige ontkenning van die werklikheid, maak ons werk soveel makliker.

As Beeld, Die Burger, Die Volksblad en Rapport se redaksionele lamlendigheid en joernalistieke geploeter nie so aan my bekend was nie, sou dit vir my baie moeilik gewees het om te glo jou knoeiwerk kom uit 'n verslaggewer se pen. Die droewige waarheid is dat die beteuterde gehalte van jou skryfwerk geensins afwyk van die standaard wat elke dag in Naspers se Afrikaanse koerante gedemonstreer word nie.

Die eerste ding wat jy – en die res van die liberale gemeenskap in Suid-Afrika – moet leer, is dat blote gebelgdheid nie 'n standpunt in 'n samehangende redenasie kan omskep nie. 'n Ferm vertrekpunt, deeglike ontwikkeling van die argument en 'n verantwoordelike toepassing daarvan is darem ook nodig. Ek weet jy is nie oortuig nie, so, as jy nog tot hier kon konsentreer, volg my gerus in 'n ontleding van 'n paar van jou stellings.

Kom ons begin met hierdie raaiselagtige uitlating van jou: “Ek wou gister al kommentaar lewer op bogenoemde rubriek , maar het eers daaroor gedink en besluit om nie óók so laag te daal nie.

Jy moet dit probeer – dan sal iemand soos ek jou dalk ernstig opneem – ongeag jou siening of standpunt.”

Dit is dus jou mening dat om kommentaar op 'n rubriek te lewer 'n veragtelike daad is. 'n Mens wat dit doen “daal laag.” En… dan doen jy dit in elk geval. Nie net doen jy so die verwerplike nie, jy dring by Dan Roodt aan dat hy dieselfde doen. In daardie geval, dui jy aan, sal jy hom ernstig opneem “ongeag” sy “siening of standpunt”. (Liederlike oorbodigheid in die laaste paar woorde, stem jy nie saam nie?)

Nou sien, Jan-Hendrik Coetzer, dis waar ons van julle liberaliste verskil. Ons neem 'n persoon ernstig op vanweë die inhoud en die gehalte van sy standpunte. Jy neem hom ernstig op as hy probeer om “laag te daal”. Uit die res van jou brief lei ons af dat jy Professor Frederick Fourie baie ernstig opneem. Gedagtig aan jou vereiste moes hy darem baie laag gedaal het.

Dit is moeilik om te dink dat 'n “joernalis”, selfs uit die Naspers-stal, so lamlendig kan wees om 'n gemors van die woord “so” te maak, maar julle spul se lompheid ken geen perke nie. Laat ek jou help: Wanneer jy die woord “so” aan die begin van 'n sin gebruik, dui jy daarmee aan dat jy 'n voorafgaande gevolgtrekking gaan toepas. Wat was hierdie gevolgtrekking in hierdie geval? Dit is dat Dan Roodt so laag soos jy moet daal deur kommentaar op 'n rubriek te lewer sodat jy hom ernstig kan opneem.

Hier is jou toepassing van die gevolgtrekking. “So dit gaan dwaas wees van my om jou persoonlik aan te val soos jy met Prof. Frederick Fourie gedoen het  – vir die eenvoudige rede – ek ken jou nie.”

Kom ons sit dit nou alles aanmekaar: Dan Roodt moet so laag soos jy daal deur kommentaar op 'n rubriek te lewer sodat jy hom ernstig kan opneem en dit vir jou dwaas sal wees om hom persoonlik aan te val want jy ken hom nie persoonlik nie. Sien jy Jan-Hendrik? Jy kan nie die “so” op hierdie manier gebruik nie. Jou gevolgtrekking en die toepassing het niks met mekaar te doen nie. Daar is geen koherente ontwikkeling van die argument nie.

En Jan-Hendrik, asseblief, 'n vindingryke skrywer kan die aandagstreep op allerhande skeppende maniere aanwend. Maar jy kan hom nie 'n dubbelpunt se werk laat doen nie, al is jy gewoond aan 'n disleksiese sub-redaksie.

Asof ons nie al genoeg deur jou broddelwerk vererg is nie, irriteer jy ons nou met een van daardie temerige vrae wat 'n handelsmerk van liberalisme geword het.

“Ken jý die persoon wie jy so slegsê in jou rubriek?” vra jy vir Dan.

Wat die antwoord ook al is – ja, nee, miskien – wat het dit met die geldigheid van Dan se rubriek te doen?

In enige logiese stelsel word 'n persoon beoordeel volgens die gevolge van sy woorde en dade. Dan het, soos jy aandui, Frederick Fourie “'n lafaard, verraaier en veral kruiperige suurstofdief” genoem. Jy redeneer dat Dan dit slegs kon doen indien hy Fourie deeglik persoonlik geken het. Was Hitler 'n sielsieke, moorddadige klein tor gewees? Het jy hom persoonlik geken? Moet ek iets meer hieroor sê?

Jy striem Roodt omdat hy volgens jou mening “ongelooflike twak” skryf en dan die vermetelheid het om sy reg op vrye spraak uit te oefen deur dit op sy webwerf te plaas. Jy wend geen poging aan om Dan se uitsprake op die grond van feite of logika te ontleed en te weerspreek nie. (Behalwe om te tjank omdat Roodt gesê het Fourie gaan hom in Australië vestig. Hierdie is die onbenulligste van al Roodt se stellings en al gaan woon Fourie in Dakar, sal dit geen belemmering wees vir Dan se redenasies nie. Maar ek en jy weet Fourie gaan nie in donker Afrika bly nie. Die skrilste advokate vir integrasie, as hulle die geleentheid kry, neem hulle intrek waar daar geen transformasiekwessie is nie omdat die omgewing die suiwerste blank is wat jy kan kry. Wat wed ek jou die liewe Frederick gaan dié patroon voortsit?)

Jou beswaar gaan daaroor dat Dan “persoonlik” raak oor Fourie. Ek sou met jou saamgestem het – as hy Roodt verkeerd was of die beledigings aangewend het bloot om Fourie te kwets. Dit doen hy glad nie. Hy wend feite en goeie logika aan om sy stellings dat Fourie 'n lafaard en verraaier is, te ondersteun. Dis eenvoudig: Fourie het deurgaans stelselmatig in woord, daad en beleid teen sy eie mense gekies. Dit maak van hom 'n verraaier. Toe vlug hy eerder as om die gevolge van sy verraad die hoof te bied. Dit maak van hom 'n lafaard. En 'n kosbare element soos suurstof behoort nie op verraaiers en lafaards gemors te word nie. Dit maak van Fourie 'n suurstofdief.

Soos enige ander liberalis druk jy jou kop onder jou arm wanneer jy dié redenasies nader. Jy het geen behoefte en geen bevoegdheid om die argumente te weerlê nie. Dan tjank jy maar oor Roodt se vermeende onbeskofdheid.

Die arme Frederick Fourie. Nie net is hy afgetakel en gestroop deur sy eie onnosele en verraderlike optrede nie, nou moet hy nog die vernedering ondergaan om verdedig te word deur 'n waghond wat maar toe uiteindelik 'n porseleinkakebeen en droplekkertande het. Jou manhaftigste poging om sy eer te verdedig is om aan te voer dat hy “sy werk met liefde en passie gedoen het”.

Jan-Hendrik, ek was in die weermag en ek het 'n lafaard of twee raakgeloop wat heeltemal in druksituasies gekraak het. Kom ek verseker jou, daar is niemand wat meer hartstogtelik is as 'n lafaard wat bedreig word nie. En verraaiers word dikwels deur hulle emosies oorweldig. Gaan vra maar die Amerikaners en hulle sal jou vertel dat Benedict Arnold 'n hartstogtelike man was. Passie is nie 'n inenting teen óf lafhartigheid, óf verraderlikheid nie.

Dis min of meer hier wat jy weer kripties raak in jou betoog. Jy tree vir Fourie in die bres, nie net omdat “hy sy werk met liefde en passie gedoen het” nie, maar ook onder andere omdat hy “saam met my (Jan-Hendrik Coetzer) hartseer moet wees omdat hy sy uittrede aangekondig het”.

Sug. Ek gaan nie eers iets sê nie.

Jan-Hendrik, jou liberale haarwortels wys onder die kleursel van jou verontwaardiging. Ek glo nie vir 'n oomblik dat jou gebelgdheid ontstaan het omdat Roodt valse aantygings teen Fourie gemaak het nie. As hy skromeloos gelieg het, sou jy tuis gevoel het by hom.

Maar dat hy so blatant die waarheid kan praat, dit is darem te erg vir enige liberalis om te sluk.

(En, Jan-Hendrik, ek is self besig om 'n rubriek oor Frederick Fourie en die integrasiedebakel by Kovsies te skryf. As jy dit te lese kry en jy voel genoop om daarop te reageer, probeer darem om iets sinvols in jou reaksie te sê.)

интернет магазин детских игрушек украинаДанильченко Харьков

Die R3,90-plan – en hoekom dit miljoene gekos het, deel III

 ImageLees ook Deel  I: En vir ons president: 'n bottel met 'n blou etiket, 'n pyp en 'n Harvardman

Lees ook Deel II: AsgiSA! Gesondheid..!

Die Konsultant het op 'n slag uitgewerk hoeveel die antwoord gekos het.

R3-90 (en nie 'n sent meer nie.)

Miskien so 'n dag of wat se luilekker leeswerk (en nie 'n sekonde meer nie).

Hy was een van die “Suid-Afrikaans-gebaseerde akademici” wat sou optree as “mede-navorsers of assistente” (soos die regering hulle beskryf het) van die Harvard-groep.

Die Konsultant is deur Hausmann self genader om te help met die voetwerk rondom die loopgrawe van die projek.

Daar is hierdie projek, is hy beduie, wat 'n paneel deskundiges namens die Suid-Afrikaanse regering sou uitvoer. Die opdrag is vervat in 'n eenvoudige vraag: “Wat moet die regering doen om ekonomiese groei in Suid-Afrika te stimuleer?”

Die Konsultant het gereken die antwoord is net so eenvoudig soos die vraag, maar ter wille van akademiese integriteit en deeglikheid het hy dit gaan navors.

“Hallo die Universiteit van Google,” is hoe hy dit opgesom het.

Hy het een middagete by Greenfields in Meyerspark gaan sit met sy skootrekenaar, bodemlose koffie gedrink en Camel gerook.

“Die dokumente wat ek afgelaai het,” sê hy, “ôg, ons praat nie van duisende bladsye nie. Ek het regtig nie baie data daarvoor gebruik nie. Kom ons sê so tien meg. Weet jy hoeveel dit my gekos het?

Ek gebruik 'n Vodacom draadlose modem met 'n voorbetaalkaart. Ek koop data teen 500-meg bondels aan. 'n Meg kos my 39 sent. So, die tien meg het my dan presies R3-90 gekos.

Ek het die dokumente wat ek afgelaai het dié Saterdag voor die Super-14 rugby gelees.

En toe weet ek alles wat ek moet weet.”

Tog het die Konsultant die Harvardman se uitnodiging om aan die projek deel te neem aanvaar.

“Maar natuurlik,” sê hy. “Ek het nou maar 'n swak daarvoor om ernstige akademiese monsters te sien ernstige dinge doen. Maar behalwe vir dit, hei!, konferensies in luukse hotelle, uitstappies na eksklusiewe losies in die bosveld, goeie wyn, duur kos… wat is daar om voor nee dankie te sê.”

Nie dat sy gewete hom nie so effens gepla het nie.

“Natuurlik. Wat dink jy? Luister, daar was tye wat dit alles vir my so absurd was. Almal neem dit so ernstig op, mens sou sweer hulle was besig om die hofstukke vir die Nüremberg-verhore op te stel.

En die hele tyd is daar geen misterie aan enige iets hiervan nie. Ons almal, álmal, het geweet wat die waarheid is.

Vra my die vraag, toe, die projekvraag, vra dit vir my.”

Nou goed dan.

Vraag: Wat moet die Suid-Afrikaanse regering doen om ekonomiese groei in die land te stimuleer?

Antwoord: Wat dit ook al is wat hulle nou doen, hulle moet dit nie meer doen nie.

“Kyk,” verduidelik die Konsultant, “dit is geen ingewikkelde, sensitiewe, esoteriese ekonomiese teoretiese vraagstuk nie.

Enige iemand met 'n rekenaar en 'n modem kan dit vir hulleself gaan lees. Al die inligting is oop en bloot beskikbaar. En as jy nie tyd of lus het om baie te lees nie, kom ek beveel vir jou net een webblad aan, dié van PRAAG. Skrywers soos Joseph Secréve, Dan Roodt, Buks van Rensburg en Anton Barnard het die hele krisis presies, onbevange en in goeie taal beskryf. Tien, vyftien, twintig van hulle rubrieke en niemand, nie eers jyself, kan meer met jou stry nie.

As die projekvraag ‘Wat moet die ANC doen om ekonomiese groei te smoor?’ was, sou jy net doodeenvoudig gesê het hulle moet presies doen wat hulle op die oomblik doen.”

'n Bietjie toeligting?

“Hoe sal ek nou vir jou sê. Sit jouself in die ANC se posisie net nadat hulle die regering in 1994 oorgeneem het.

Daar is hierdie persepsie, en niemand dryf dié persepsie meer as die ANC self nie, dat hulle 'n gestolde, selfs erg gekrokte ekonomie geërf het.

Niks was verder van die waarheid nie.

Die Boere het vir hulle 'n wêreldklasekonomie gelos: Sterk landbou, sterk mynbou, sterk landadministrasie, uitstekende infrastruktuur, wêreldklasnywerheid, nog relatief klein ja, maar sterk en groeiend, gebaseer op miskien die beste vakleerlingstelsel enige plek op die aardbol.”

Maar wat dan van die baie lae groeikoers, wat was dit, een persent?, deur die sewentigs en tagtigs?

“Wat daarvan?

Dis nou maklik om te praat van 'n lae groeikoers maar jy moet net 'n bietjie in gedagte hou wat die land en die ekonomie alles moes deurmaak.

'n Reeks energiekrisisse, sanksies en 'n redelik omvattende handelsverbod.

En onthou 'n bietjie die kredietkrisis van die laat tagtigerjare. Ek bedoel, besigheid is besigheid en alles, 'n bietjie soos liefde en oorlog en alles is regverdig, maar dit was meer as 'n bietjie agterbaks van die Amerikaanse banke om sonder waarskuwing skuld op te eis en te weier dat dit oorgerol word.

Maar Suid-Afrika het, anders as omtrent enige ander Afrika-land, nie net hulle skouers oor die skuld opgetrek nie. Hulle het almal verstom deur hulle vermoë om reëlings te tref om dit terug te betaal en, baie belangrik, by hierdie reëlings te bly.

Kyk 'n bietjie na ander lande wat deur dié tipe sanksies getref is. Kuba. Noord-Korea.

Nee, laat ons eerlik wees, die feit dat Suid-Afrika se ekonomie enigsins in dié tyd gegroei het, is 'n bewys van 'n baie, baie taai, 'n robuuste ekonomie.”

En toe kom die ANC…

“Toe kom die ANC.

Luister, dink net daaroor. Wat is dit wat 'n land nodig het vir 'n gesonde ekonomie, laat staan nog 'n ekonomie wat groei?

Om mee te begin het jy 'n sterk landadministrasie nodig. Die ANC hét dit gekry. Dit was daar. Boem! In hulle skote geval. 'n Gesofistikeerde administrasie met goedopgeleide, hardwerkende amptenare.

En wat doen die ANC? Verdryf hulle en vervang hulle met 'n baie groter korps amptenare teen baie hoër salarisse. Wat alles orraait sou gewees het, as hulle die werk gedoen kon gekry het.

Maar hulle kan nie. Hulle is nie opgelei nie en meeste van hulle kom nie uit 'n kultuur waar werkywer en stiptelikheid as waardevolle eienskappe gesien word nie.

Die land se administrasie stort so te sê in duie. As jy in hierdie land bly, sien jy dit orals, of jy nou 'n voertuiglisensie probeer hernu of 'n waterpermit probeer bekom of wat ook al.”

Nou goed. Maar behalwe vir landadministrasie?

“Soveel as moontlik van jou mense moet werk.

Werkloosheid in Suid-Afrika onder die ANC het nie afgeneem nie.”

Nie?

“Nie net het dit nie afgeneem nie. Daar is nou 'n kleiner persentasie van die bevolking as ooit wat werk. In 1995 kon 15 persent van die mense wat werk gesoek het, nie een kry nie. Nou is dit oor die 27 persent. Net 42 persent van die bevolking van werkende ouderdom het werk. Dit beteken in hierdie hele, ganse bevolking is daar net 13-miljoen wat werk.

Ek weet die ANC maak groot geraas daarvan dat hulle soveel miljarde en dié en daai gespandeer het op werkskepping. En in seker sektore hét hulle baie meer werk geskep om die swart diamante – wat 'n benaming! – om die swart diamante te akkommodeer.

Maar dit is nie in sektore wat jou ekonomie laat groei nie, is dit?

Dit is in die finansiële dienste-sektor, versekering, staatsdiens ensovoorts, ensovoorts. Maar vir jou ekonomie om te groei moet jy iets úítvoer en jy kan nie plaaslike bankdienste uitvoer nie kan jy?

Die sektore wat jou ekonomie laat groei is landbou, mynbou en die vervaardigingsektor. En dit is juis die sektore wat jou probleem met werkloosheid oplos omdat dit die grootste hoeveelheid ongeskoolde arbeid absorbeer. En indien jy nie geweet het nie, Suid-Afrika het báie ongeskoolde arbeiders, miljoene en miljoene en miljoene van hulle.

So, wat sou die eenvoudige, slim ding gewees het om te doen?

Stimuleer die landbou, stimuleer mynbou.

En het die ANC? Ha!

Tussen 1994 en nou het daar so 'n moesiehaar minder as 300,000 werke in die mynbou en die landbou verlore gegaan.

Mynbou is 'n tragedie, 'n absolute tragedie. Regoor die wêreld is kommoditeitspryse maar ek bedoel die bloue hemel in. Elke land met 'n minerale vermoë belê hulle laaste geldjies in mynbou want hulle weet die opbrengste gaan fenomenaal wees. Maar nie Suid-Afrika nie. Investering in mynbou het onder die ANC nie gegroei nie, nie gestagneer nie, dit het gekrimp. En buitelandse beleggers bly in hulle hordes weg. Infrastruktuur wat in duie stort, burokrasie wat met die spoed van 'n gevriesde jellievis beweeg…

Weet jy as jy 'n myn in Suid-Afrika wil begin, moet jy 'n lisensie kry om water daarvoor te benut? En daardie permitte is onverkrygbaar. Onverkrygbaar! Jy wag drie, vier, vyf jaar daarvoor.

As jy nou BHP Billiton of Rio Tinto is, waar gaan jy jou swaarverdiende biljoene heen vat? Suid-Afrika? Of Sjina wat jou op die hande dra? Suid-Afrika? Of Australië waar alles wat moet werk, werk?

Jy moet net onthou, 'n buitelander wat in mynbou in Suid-Afrika wil belê, weet hy begin met 'n twintig- of 'n vyf-en-twintig persent heffing wat hy moet dra. Swart Ekonomiese Bemagtiging. En dan weet hy, as hy al die permitte en lisensies kry, hy waag sy kapitaal in 'n land met die hoogste misdaadsyfer wat jy aan kan dink, 'n werklik patetiese en korrupte polisiemag…

Dan vat hy liewers sy geld en sit dit in 'n opgradering van 'n Zambiese kopermyn in.”

Die Konsultant dink nie veel van die ANC nie.

“Dink vir jouself. Om 'n land se ekonomie te laat groei, is dit belangrik dat jy meer en beter opgeleide werkers kry. So wat doen die ANC? Hulle skaf die vakleerlingstelsel af. Hulle doen vir alle praktiese doeleindes weg met die technikons. Hulle sluit die verpleegkolleges. Hulle sluit die polisiekolleges.

Goeie hel, hulle sluit die ónderwyskolleges. Die onderwyskolleges! Die regering is besig om 'n geslag ongeletterde, ongeskoolde, onopgeleide werkloses voor te berei.

Hierdie is nie iets wat jy vandag of hierdie jaar of volgende jaar gaan oplos nie.

Dit gaan dekades vat. Dekades!”

So?

“So kom ek som op: Die ANC belê nie in enige nuttige sektore in die land nie, dit skrik buitelandse beleggers af, en dit maak 'n geslag ongeletterdes groot terwyl dit miljarde uithaal vir mense met hoë-status werke wat hulle nie kan doen nie en, sou hulle dit kon doen, help dit niks want die vrug van hulle arbeid kan nie uitgevoer word nie.”

Vraag: Wat moet die ANC doen om die land se ekonomie te laat groei?

Dit is die miljard-dollar vraag.

Die antwoord kos R3-90.

En jy weet wat dit is.

купить воронеж прочий инструментФильчаков Александр Васильевич

Xenofobie en walgvideo?s ? die oplossing

ImageDie jaar is nog jonk en reeds het die liberale Afrikaanse pers ons taalskatkis met twee begrippe verryk. Vroeg in die jaar het hulle vir ons die neologisme “walgvideo” geskenk en deesdae is dit die uitdrukking “xenofobiese aanvalle” wat voor ons oë gehou word.

Gegewe die spanning onder die pleisterwerk van die Nuwe Suid-Afrika is dit nie toevallig dat die twee begrippe dieselfde vraagstuk behandel nie. Van die eerste tot die laaste gaan dit oor die mislukking van die opgehemelde multikulturele staatsbestel van die Nuwe Suid-Afrika. Nie dat die hoofstroom Afrikaanse pers dit só verstaan het nie. Hulle het vergeet die monument was op sand gebou want hulle was te besig om die barste in die mure uit te kryt.

Die twee begrippe het 'n werkskoors onder die griffelaars ontketen. Liters ink is opgeskryf en die luggolwe is geskroei met allerheilige verontwaardiging. Tog, na dit alles kon hulle nog nie die eenvoudige verband tussen dié twee gebeurtenisse insien nie; dat dit maar alles gaan oor die eenvoudigste van alle sosiale reëlings: Mense verkies dít wat eie aan hulle is en is regtens agterdogtig teenoor dít wat vreemd aan hulle kultuur is.

Hierdie basiese, ingebore drang na die eie is te sien in die Reitz-koshuisinwoners se traagheid om in een huishoudelike ruimte ingeklits te word met mense wat 'n ander taal as hulle praat, 'n ander klem op persoonlike omgang het, wat ander musiek luister, ander sport verkies en 'n ander beskouing van sulke basiese sosiale elemente soos privaatheid en naaktheid het.

Hierdie selfde ingebore, natuurlike drang het township-inwoners genoop om die buitelanders om hulle te verdryf.

In albei gevalle het die liberale Afrikaanse media dieselfde tam, tam, tam ou voorskrif aangebied: Daar moet oor nasionale boeg 'n gesindheidsverandering kom. Mense moet leer om anders te dink. Mense moet diep teue van daardie maatskaplike liefdeseliksir, integrasie, drink. Blanke redaksionele touleiers, waarvan nie een in 'n township woon nie, waarvan nie een 'n kind in 'n oorwegende swart skool het nie, wat nie een met 'n anderskleurige getroud is nie, het hosannas oor diversiteit, die liberalis se heilige graal, afgesteek.

Maar, soos enige Australiese rugbyskeidsregter, was hulle allermins konsekwent in hulle uitsprake. Hulle bolsjewistiese partyresitasie aangaande die vreemdelinghaat was dat dit ontstellend was, o ja, maar die townshippers se griewe verdien darem ook aandag.

Die Reitz-videomakers het nooit hierdie voordeel van die twyfel ontvang nie. Die liberalis durf nie die moontlikheid oorweeg dat Afrikanerstudente geldige besware kan hê nie. Sy hele filosofie sal in vlamme uitbars soos 'n Pakistani-spazawinkel in Alexandra. Die liberalis is so besig om te preek hoe ons na mekaar moet luister dat hy nie tyd het om na die Reitz-inwoners te luister nie.

As 'n mens die gemiddelde temperatuur van al die berigte oor dié twee gebeurtenisse neem, is daar geen twyfel nie: Die hoofstroom Afrikaanse media is op hulle volksverguisende beste baie meer ontstel oor die “walgvideo” as oor die “xenofobiese aanvalle.”

Die konsensus onder hulle is dat dit nie mooi is om hulpelose mense in die nag aan te val, te verwilder, te martel en te vermoor nie. Maar dit kon veel erger gewees het. Die ontevrede Alexandraïete kon iemand omgepraat het om in 'n satiriese video te verskyn en om saam met hulle gek te skeer. En dan – o die onmenslikheid – dan kon hulle hom na die tyd met 'n bottel whisky vergoed het. In die Nuwe Suid-Afrika se gruwelkonsert is Alexandra se danse macabre getroef deur Reitz se langarmsokkie.

Enkele dae gelede is daar besluit om Reitz-kamerwonings op die Kovsie-kampus te sluit. “Ons kon nie anders nie,” het die lamsakkige universiteitsbestuur gesê. Na wat berig word, sal die blanke inwoners van Reitz by tradisioneel swart koshuise ingedeel word.

Natuurlik het Naspers se susterskoerante die tamboeryne in die liberalistiese Hare Krishna-koordans gespeel. “Dit lyk na die korrekte…(besluit)” het die Beeld preuts gehyg en toe gerapsodieer oor die instituut vir diversiteit wat na bewering in Reitz se plek opgerig sal word.

Die geveinsdheid van die liberale Afrikaner ken geen perke nie.

Want moet wat vir Reitz geld nie ook van toepassing wees op Alexandra nie?

Maar wag, miskien is dit nie so 'n slegte idee nie. Miskien het hulle iets beet. Miskien is die oplossing van die “xenofobiese aanvalle”-vraagstuk voor die hand liggend. Maak Alexandra eenvoudig toe en stuur die Suid-Afrikaanse inwoners om in 'n plakkerskamp op die buitewyke van Harare te gaan bly! Briljant! En in die plek van Alexandra bou ons 'n instituut vir diversiteit. Miskien selfs iets ambisieus; iets soos 'n Disney-styltemapark. En die naam daarvan is vanselfsprekend. Welkom by Mugabeworld. In plaas van 'n Hawaii-tipe graskransie word die besoeker met 'n Firestone-buiteband om die nek ontvang.

Dit was 'n brandende buiteband en 'n vreemdeling se dood in 'n vlammende halssnoerhel wat die sentrale indruk van die aanvalle op buitelanders geword het.

Die hoofstroommedia het in afgryse uitgebars. Maar wanneer hulle stil word, hoor mens nog steeds hoe hulle hulleself troos. Hy is die ergste darem gespaar:

Iemand kon flou Oros in sy kos gegooi het en 'n video gemaak het terwyl hy dit eet.

сколько каналов в зубеЛобановский

Volksmoord is sulke swak maniere

ImageDaar is dit nou bevestig.

Ons – witmense in die algemeen en Afrikaners in besonder – gaan deur swart massas uitgewis word. So sê ‘n (ryk, swart) vriend van bevrydingsteoloog en volkshater, Nico Smith. Mamelodi se dominee doen toe wat die algemene liberalis doen wanneer hy iets op die hart het: Hy skryf ‘n hikkerige, preutse opstel vir Beeld om te plaas. Daarin betig hy die Afrikaner vir sy swak maniere en dreig hom, letterlik, met die dood.

Dit is nie ‘n nuwe gedagte nie. In die dae toe die land soos ‘n wegholkoekepan teen die afdraande na ‘n meerderheidsregering gestorm het, het nugter Afrikaners gewaarsku dat blankes in die land deur algehele uitdelging bedreig sou word. Nico Smith en sy soort het gesê twak en nonsens. Dit is ouvroustories. Nou waarsku hy (en sy (ryk, swart) vriend) teen dit waarteen ons al vir jare waarsku. Dit klink asof hulle so pas daaraan gedink het. Die liberale teoloog kom, net soos die agteros, uiteindelik in die kraal en dit in net bietjie meer as ‘n dekade. Nou is dit nie meer ouvroustories nie. Hulle verskaf darem ‘n splinternuwe rede vir die komende uitdelging.

In die dae voor 1994 se katastrofe, het Nico Smith die volksmoordwaarskuwings probeer wegpraat. As die Afrikaner tog net die land se rykdom en regering aan die Bantoes oorhandig, het hy verduidelik, sal hulle dit in hulle beswaarde swart boesems vind om ons vir alles en nog wat te vergewe. Hulle is eintlik sulke deernisvolle wesens, gegrond in ‘n mensliewende kultuur. Die laaste ding wat hulle sal wil doen is om witmense uit te moor soos… soos… wel, soos wat hulle elke dag vir die afgelope dertien-en-‘n-half jaar doen.

Ja, maar ‘n strykystermoordjie hier, ‘n verwurginkie daar, dis niks, lees ‘n mens tussen die lyne van Smith se waarskuwing in ‘n opstel in die Beeld. (Soos meeste van Naspers se bydraers word sy lukrake gedagtes op ‘n onversigtige manier aangebied. Dit word van die leser verwag om die skrywer se halwe gedagtes en onverbonde argumente te probeer saamflans ten einde enige sinvolheid daaruit te trek.) Na die Bantoe se littelosmakery gaan hy lostrek met ‘n ordentlike landswye massamoord. En hoekom gaan hy dit doen? Want ‘n paar witmense is ongeskik.

Elke keer wat Nico Smith se anonieme (en ryk en swart) vriend na ‘n sekere naburige dorp gaan, tas Afrikaners sy menswaardigheid aan. Ongelukkig is Smith se waarskuwing nie algeheel behulpsaam nie. Hy dui nie aan wie die vriend is, waar hierdie heldorp is en wat dit presies is wat daar gedoen of gesê word wat so ‘n beroering in die ryk, swart boesem bring nie. Miskien noem hulle hom ‘n “kaffer.” Miskien bespeur hy ‘n tikkie onopregtheid in die manier waarop hulle hom “morena” noem – en hy ry ‘n Mercedes-Benz man, ‘n BMW, ‘n A8 Audi, wat ook al, kan hulle nie sien wié hy is nie? –  Miskien is hulle effe traag om sy limousine se deur oop te maak wanneer hy die dorp binneluier. Miskien weier hulle om hulleself oor modderplase te werp sodat hy droogvoets daaroor kan loop. Miskien verwag hulle van hom om soos ‘n gewone gepeupellid in ‘n ry te staan en wag om bedien te word. Wat die dade of gebreke ook al is, dit tas hom blykbaar diep aan.

‘n Mens sou dink dit raak hom so intens dat hy miskien dié dorp ‘n les sou leer deur dit te vermy en sy fortuin op ‘n ander plek te gaan uitgee. Dit werk vir Afrikaners. Daar is nie juis ‘n stormloop van witmense na sulke kleurryke, polsende plekke soos Soweto om daar beledig te word nie. Bantoes het ‘n ander oplossing. Hulle wis dan maar net ‘n paar miljoen witmense en daarmee saam hulle swak maniere uit.

Dit het oor die anderhalfdekade duidelik geword dat die Afrikaner se oorgawe nog nie as algeheel aanvaar is solank as wat hy aan ‘n kollektiewe halsstarrige gebrek aan maniere ly nie. Die gebied waarop hy etiketsgewys so lig bevind word, is hoofsaaklik sy onboetvaardigheid. Bantoes orals sing saam met liberale, blanke skrywers in ‘n koor van Naspers se bladmusiek af: Die Afrikaner versuim om lank en hartstogtelik genoeg om vergifnis vir sy groot sonde – dat die Bantoe nie so ryk, ordentlik, hardwerkend en skrander soos hy is nie – te smeek. Hierdie hele landweggeeding, dit is maar net die begin. Nou moet sy berou gedemonstreer word. Wat die Bantoe en Nico Smith begeer is ‘n volk van Adriaan Vloks, op die knieë, Tupperware-skotteltjie onder die blad, groteske flikflooigrinnik op die gesig. 

Adriaan Vlok is blykbaar nie ‘n handwringende swaeltjie wat ‘n hele boetvaardige somer maak nie. Daarom gaan ons uitgemoor word, waarsku Mamelodi se wit, Marxistiese toordokter. Daar is te veel Afrikaners wat die Tupperware-skottelroete verwerp. Hulle stem saam dat nasionale slegte maniere besig is om die gate in die romp van daardie gedoemde vaartuig, die Nuwe Suid-Afrika, in te roes. Maar hulle sien eerder Bantoes se ondankbaarheid, gulsigheid, roofsug en neiging tot geweld as redes wat onvermydelik tot ‘n bloedige rassekonflik gaan lei.

Nico Smith is nie blind vir die komende krisis nie. Hy skryf dat “disrespek en aggressie in verhoudings tussen bevolkingsgroepe… blykbaar aan die toeneem is.” Daar’s nou vir jou ‘n kosbare kykie na die ooglopende. Hierdie sin is sy enigste vae aanduiding dat daar wederkerigheid in tussenrassige spanning in die land is. Deur die res van sy opstel aanvaar hy dat die Bantoe nie vir enige iets skuldig gehou kan word nie. Daarmee doen hy Steve Sailer se uitspraak gestand dat die Oersonde (original sin) van Ras behels dat waar ‘n swartman ook al droog maak, dit die witman se skuld is. Daaruit vloei dat in Smith se prognose die witman nie net uitgedelg gaan word nie maar dat die oorlewendes agterna nog skuldig gehou gaan word as die oorsaak daarvan. Die Swartman kan nie sondig nie.

Sonde is uiteraard ‘n belangrike onderwerp in die Bybel en die aard, uitwerking en God se weersin in onderskeie oortredings word deeglik daarin behandel. Twee vergrype wat veral heftig afgekeur word is die tweelingsondes van oneerlikheid en onnoselheid. Nico Smith is deurlopend aan een of albei skuldig. Hy is oneerlik omdat hy in sy waarskuwing nie die volle waarheid praat nie. Dat maak nie saak hoeveel voete die Afrikaner was, hoeveel hy opoffer en hoe ordentlik hy ook al met Smith se (ryk, swart) vriend omgaan nie, daar is een sonde waarvoor die Bantoe hom altyd skuldig sal hou: Die feit dat die swartman nie wit kan wees nie. Dit is al wat die Bantoe sal tevrede stel en solank as wat die blanke nie die onmoontlike kan doen nie, sal die swartman hom met uitwissing bedreig.

Maar Smith is ook skuldig aan die een sonde waarvoor skynbaar geen remedie bestaan nie: Onnoselheid. Hy was een van die regiment liberales wat ons verseker het dat die Afrikaner se voortbestaan en Suid-Afrika se vooruitgang net in ‘n multikulturele bestel gewaarborg kan word. Hulle het ‘n utopie geskets waarin twee kulture saam sou kom om ‘n derde, onbepaalde, stopverfkleurige kultuur te vorm.

Dit het nog nooit en nog nêrens gewerk nie. Meervoudige kulture in een gebied sal teen mekaar wedywer totdat die een die ander omvergewerp en geabsorbeer het. Van die tweede kultuur sal  niks oorbly nie en daar sal nooit ‘n derde wees nie. Dit is ‘n antropologiese reël wat so ferm is soos die natuurwet wat bepaal dat appels nie boontoe uit ‘n boom val nie. Die Westerling is instinktief erg onbeïndruk deur Afrikakultuur en sal daarom nooit daarin opgeneem kan word nie. Die enigste manier waarop die Bantoe sy kultuur teen die blanke s’n kan laat geld, is om die witmens gewelddadig uit te roei.

Die verskoning vir hierdie uitdelging, as ons Nico Smith reg lees, is die blanke se “disrespek” vir swartes. Hierdie minagting gaan daartoe lei dat duisende woedende swartes ‘n  blanke dorp gaan bestorm en die inwoners uitmoor. In naburige dorpe gaan ander swartmense die blye tyding hoor en die goeie werk voortsit. Die weermag en die polisie gaan te laat opdaag en wanneer hulle wel daar aankom, gaan dit net wees om aan die proses deel te neem. Blankes moet ook net nie op hulle wapenbehendigheid staatmaak om die swart gevaar af te weer nie. Smith klink so effe afgehaal dat witmense hoegenaamd nog vuurwapens het en verseker ons dadelik dat daar swartes bestaan wat nou self baie skietgoed het. Hy reken die blankes se gesamentlike gat gaan geskop word.

Wel…!

Wel, mag hierdie nie net by praatjies bly nie. Daar is seker nie ‘n goeie kans dat Smith hierdie rubriek sal lees nie. Liberales lees nie graag rond nie want hulle is doodverskrik dat hulle oorval sal word deur dít wat hulle die meeste vrees: Die waarheid. Maar as die dominee dalk op die net verdwaal en hierdie raak lees, vra ek dat hy vir sy swart vriend hierdie kleingeld sal vat: Kom! Kom probeer dit net. Ons wag vir julle. Kom veg met ons.

Ons is moeg om mooi te praat en net te gee, gee, gee en dit met die wete dat niks ooit vir die sprinkane van Afrika genoeg sal wees nie. Die Afrikaner is te vredeliewend om ‘n skietstryd te begin maar te ordentlik om met een op te hou voordat dit afgehandel is. Ons het die afgelope dekade geleer wat die swart Suid-Afrikaner met mag doen. Daarom, as ons eers begin skiet, sal ons nie ophou voordat ons seker is dat geen ander volk – veral ‘n swart een – ooit weer oor ons die oorhand sal kry nie.

Ons vryheid is nie meer op die onderhandelingstafel nie. Daar is niks om oor te praat nie. Die Afrikaner sal weer oor homself regeer en weer sy eie land bou soos net hy kan. Ons is bereid om ons vryheid met harde werk, vreedsame verset en volgehoue druk te bekom. Dit gaan ‘n verbete en uitmergelende stryd wees. Die een manier waarop die Bantoe dit vir ons oneindig makliker kan maak, is om ons daadwerklik aan te val.

Die kortpad na Afrikanervryheid kom deur die loop van die geweer.

Dit is nie ‘n roete wat ons uit goeie gewete sonder meer kan of wil volg nie. Maar ‘n aanval op ons is ‘n vrypas om die roer teen die skouer te bring. En, sê vir Nico Smith se swart vriend, een van die duisende dinge wat ons beter as swartes doen, is om te skiet. Daarmee is niemand op aarde beter as ons nie. Al is ons, in goeder trou, nie op die oomblik formeel voorberei nie, is slaggereedheid deel van ons genetiese samestelling.

 Drie-en-‘n-half eeue se oefening in Afrika het Bantoes-skiet deel van ons oorlewingsroetine gemaak. Ons het dit gedoen aan die Visrivier-grens, ons het dit by Vegkop en Bloedrivier gedoen; by Sharpeville en Cassinga en Cuito Cuanavale ook. Ons het Xhosa’s en Zoeloes en Basoetoes platgeskiet. Ons het Owambo’s verpletter en toe Kubane, Russe en Oos-Duitsers kom inmeng het, het ons hulle ook op loop gejaag. En, as julle oor die streep op die grond trap, sal ons dit weer doen. Hierdie keer gaan ons nie ophou totdat die Oranje-Blanje-Blou weer in vrye lug bo ons eie grondgebied roer nie.

Wanneer ons geskiet en geskiet en geskiet het, en in die versoeking is om op te hou, sal die herinneringe aan elke verkragte Afrikanermaagd, elke gemartelde oumens, elke vergruisde kind, elke vermoorde plaasboer ons van enige genade weerhou. En elke skoot sal ‘n mikroskopiese druppeltjie salf bring vir al die frustrasie en woede wat ons oor dertien jaar opgebou het.

  Laat ons erken: Ons Afrikaners kan ‘n ongepoetste, bruuske ou lotjie wees. Maar ons is ook bekend vir ons gasvryheid en inskiklikheid. Ek kan nie vir Nico Smith se (ryk, swart) vriend waarborg dat geen Afrikaner hom ooit weer ‘n “kaffer” sal noem nie. Maar as hy en sy hordes brand van begeerte om soos honde platgeskiet te word, kan ons hom help. Ek nooi hulle uit. Kom probeer dit. En as die swart vriend maak of hy nie Afrikaans verstaan nie, laat ek dit vir hom in ‘n primitiewe Engelse kitsfrase sê: Bring it on!

Ons kan nie wag nie.

укладка массивной доскиЛобановский

My dopamien op die altaar


Waarom ons die wêreldbeker nie durf wen nie

ImageNou goed. Ek erken, ek het ‘n dopamienkrisis. Dis so erg, dat ek myself in ‘n kringetjie in een of ander barre gemeenskapsaal kan sien opstaan en sê: “My naam is Gustav Venter. Ek is ‘n dopamienolis.” Soos enige verslaafde aan die begin van sy rehabilitasie, wil ek nog iemand anders vir my probleem blameer. Dis alles my pa se skuld. Hy het my opgevoed op ‘n dieet van storieboeke, flieks, opera en sport.

Die enigste van hierdie vier kultuurpilare waaroor ons enigsins verskil het, was opera: Pa het ‘n mate van ongeduld gehad met my Maria Callas-infatuasie. Op die ander gebiede is my smaak grootliks deur syne gevorm. Maar dit is veral oor sport wat ons harte saam geklop het.

Toe ek tien was, is ek saam met my pa Ellispark toe om te kyk hoe speel Transvaal teen die WP. Vir ander was dit dalk net ‘n Curriebekerwedstryd. Vir my was dit ‘n krygsveld! ridders! manlikheid! slagordes! Die WP het eerste verskyn en ek kon in hulle houdings en bleekblou-en-bleek streeptruie onmiddellik ‘n dodelike soort sluheid herken. Kort daarna kom die Transvalers uitgedraf. Sulke fierheid, trots en ooglopende opregtheid in hulle netjiese, soliede rooi-en-wit truie, swart kortbroeke en wit kouse met rooi lyne regom die bokant. Hulle name was soos ‘n dromgeroffel voor ‘n heldesaal: Greyling, De Klerk, Strauss, Bosch, Muller, Gustav Venter…

Gustav Venter? Nou goed, ek was nie op die spelerlys van die Transvaalse senior rugbyspan nie, maar geen speler op die veld was emosioneel meer intensief betrek as ek nie. Dis asof ek elke duikslag aan eie blad beleef het, asof my lyf saamgepers is vir elke gaping, asof my eie wêreld ‘n klein bietjie geëindig het met elke Rooibont-aanslaan. Meer presies, met elke bedreiging is dit asof my binnekant met mentol afgespons is. Andersins was daar die wonderlike gevoel van binnekrag; ‘n gloeiende viering van die stryd in my borskas. Angskoud en warmmagtig. Adrenalien en endorfiene. En ek onthou so goed die belofte: As ek seëvier – as Transvaal meer punte as die WP kry – gaan dit voel asof ek deel word van ‘n wolk van volslae tevredenheid en ‘n gevoel van algehele onoorwinlikheid en onaantasbaarheid. Dit is hoe ek vir die triomf beloon sal word.

Daardie beloning, weet ek nou, kom in die vorm van ‘n hormoon wat deur jou are suis: Dopamien.

As ‘n skoot dopamien ‘n wandeling op die pieke is, is die berowing daarvan ‘n nare geploeter in ‘n afvoersloot. Wie weet, as Transvaal daardie dag gewen het, was my dopamieninname nooit vir my so ‘n krisis nie. Maar toe verloor hulle – “Die WP hardloop kringe om Transvaal”, is hoe die verraderlike Rapport dit die volgende oggend gestel het – en my dopamienbeloning bly toe verstop in die speen. Dit is die ergste: Onttrekkingsimptome sonder die gloed.

Daardie aand voel ek verraai en verneder en ek het ‘n afgryslike verwyt in myself, asof ek net harder moes geskreeu het op die paviljoen, net meer intens moes gekonsentreer het… Nou is ek net ‘n verrinneweerde, gekweste, verkleineerde flenter van wat ek sou gewees het as ek en my Transvalers net een punt meer as die vandale van die Suide gekry het. Die dors na oorwinning is soos skuurpapier in my keel. Ek sou al my speelgoedgewere ingeruil het vir net een salige skoot van daardie heerlike beloning: 2-(3,4-dihidroksiefeniel)etielamien, ook bekend as dopamien.

Soos enige verslaafde het ek wonderlike verhale van ervarings met my voorkeurdop. Daar is veral twee amperse oordosisse wat ek met groot tevredenheid onthou: Toe die Nuwe Suid-Afrikaanse Springbokke die Wêreldbeker in 1995 gewen het en, veral, toe my opvoedinginstelling, Hoërskool Stoffberg, die Administrateursbeker in 1977 teen ontsaglike oormagte ingepalm het. Lenin het te vertelle gehad dat godsdiens die opium van die gepeupel is. Miskien so. Maar sport is vir seker die kokaïne van die Afrikaner.

Verraaier FW de Klerk het dit in ag geneem met die tydsberekening van sy volksvernietigende referendum in 1992. Die Afrikaner het met ‘n grinnik en ‘n sekere pupilverrekte dofheid in ‘n oorwinningswaas rondgeloop, deurtrek met die loonmiddel, opgedopamien tot by sy kroontjie. Suid-Afrika het so pas magtige oorwinnings oor Australië en Indië behaal in die krieketwêreldbeker.

As jy nie in daardie dae ‘n sportslaaf was nie, sal jy beswaarlik kan begryp wat gebeur het. Geen wêreldbekertoernooi voor dit of daarna sal ooit daardie Lord of the Rings-tipe fantasiegevoel bevat nie. Selfs die efferige gehalte van die uitsendings uit Australië en Nieu-Seeland  – korrelrige beeld, tonnelklank, rukkerige aanbieding en al – het bygedra om die effek te skep dat die aksie afspeel in een of ander buitenste ruimte vol gedrogte, towenaars en helde. Dit was asof ons deur ‘n wurmpyp tot in ‘n heel ander universum kon inkyk. En wie sien ons daar? Ons eie. Keppler en Peter Kirsten en Andrew Hudson en Richard Snell, Brian McMillan, Dave Richardson, Adrian Kuyper, Alan Donald en die twee nuwe jong ridders, Hansie Cronjé en die vlieënde Jonty Rhodes. En hulle spéél. Hulle slaan en boul en gooi en duik. Hulle wén!

So, die Afrikaner-sportslaaf loop rond en dis warm en vol in sy borskas, en hy voel magtig. Die dopamien spuit en spuit en spuit… Maar, soos enige dwelmhandelaar-streep-hoersmous, het FW de Klerk sy hand op die dopkraan gehad. Hy kon in een oomblik die kosbare dopamientoevoer afsny. Stem nee, het hy afgepers, en die manne kom huis toe. Geen wêreldbekerkrieket meer nie. Geen dopamien nie. Toe stem die verslaafdes maar ja.

Dit alles in ag geneem, wie kan my verkwalik dat ek voor die naweek al my hoop daarop geplaas het dat Fiji die Springbokke in die kwarteindrondte van die rugbywêreldbekertoernooi sou verslaan? My dopamienafhanklikheid het die afgelope dekade getaan. Want hoe balanseer jy die behoefte aan sportopwinding met beelde van verkragte meisies, verwurgte ou mense en ‘n vernielde jeug? Sportprestasies kan nie ‘n glans op die Nuwe Suid-Afrika sit nie. Daar is nie genoeg wêreldbekers op aarde daarvoor nie.

Ter wille van die voorspoed van die Afrikaner en die oorlewing van die res van Suid-Afrika, is dit noodsaaklik dat geen indrukke in ‘n dopamienwaas sal verdof nie. Die sportadministrateurs werk mooi saam. Hulle onnoselheid, kleinsieligheid, gierigheid en onredelike aandrang op rassekwotas doen baie om die dopamientoevoer na die gemiddelde Afrikaner af te sny.

Maar ‘n verslawing is so verraderlik soos die liefde van ‘n slegte vrou. Saterdagmiddag sit ek in die laaste sonlig op my stoep en rook my Calitzdorp-Ebenhardt-kalbaspyp. Ek voel asof ek deel van ‘n warm wolk is. Dit is wel met my en die wêreld. Die Springbokke het die verbete Fiji-aanslag afgeweer. Ons is beter as die Aussies en die All Blacks.

Verraaier.

Dit is nodig dat die Afrikaner met helder oë sien as hy ‘n einde wil bring aan die kranksinnigheid van die Nuwe Suid-Afrika in sy huidige gedaante. ‘n Dopamienwaas gaan nie help nie. Dit sal die Afrikaanse sportslaaf redeloos laat glo dat daar iets beredderbaar is aan die huidige politieke bestel. Dít kan ons nie bekostig nie.

My kop sê die Springbokke moet verloor; my dopamienlus sê hulle moet wen.

Ek is bevrees die Webb-Ellis-trofee kom in die hanskakie, John Smit, se bagasie Suid-Afrika toe.

En ek? Ek gaan teen my dopamienlus in.

Sondag skree ek vir Argentinië.

светильник уличный напрокурор харьковской области

Amanda Gouws se selfhaatpolitiek 2

Image ‘n Dosent doseer, ‘n skrywer skryf… en ‘n politieke hoer?

Lees ook Deel 1:  Naspers se teringkuggie

Amanda Gouws is ‘n polities onwetenskaplike professor in politieke wetenskap en ‘n Afrikaanse skrywer met weinig agting vir Afrikaans of ordentlike taalgebruik. Met ander woorde, sy het presies die stoffasie waarvan Naspers-rubriekskrywers gemaak word. Henry Jeffreys is die Burger se regstellend-aangestelde kleurlingredakteur. Hy het ‘n onblusbare voorliefde vir rubriekskrywers met papperige opvattings en ‘n hekel in taalkunde. Daarom keur hy toe ‘n ondeurdagte, neulerige stuk van Gouws goed vir “Donderdag Aktueel”, ‘n forum in sy koerant vir ondenkende, neulerige woordknoeiers. Dit kom voor asof “me.” Gouws in ‘n sensitiewe stadium van sielkundige berading is. Haar rubriek lees meer soos ‘n verslag van die oorsprong en aard van haar neuroses as ‘n ontwikkelde meningsartikel. Sy ly aan obsessiewe, kompulsiewe liberalisme, ‘n toestand wat skynbaar die gevolg is van ‘n persoonlike opstand teen die mense wat beter weet as jy.

Sy beskryf dit so: “Indien jy hieraan [volkstrots] wou ontsnap, moes iets langs die pad gebeur het om jou aan die politiek van Afrikanerskap te laat twyfel.” Liberalisme is dus nie iets wat die gevolg is van die nugtere ontleding van feite, agtergronde, geskiedenis en staatkundige werklikhede nie. Dit is die resultaat van ‘n persoonlike krisis. Die genesing daarvoor is eweneens ‘n persoonlike trauma – soos om in ‘n parkeergarage verkrag te word of langs jou braaivleisvuur deur ‘n rowerkoeël verlam te word. (Let op dat Gouws aanvoer dat jy nie ‘n liberalis kan word sonder ‘n persoonlike krisis nie. Al sou jy ‘n liberalis wóú word, moes jy noodgedwonge wág totdat iets onaangenaams met jou gebeur. Gebeur dit nie, nou ja, jammer vir jou. Jy sal maar ʼn goeie, produktiewe Afrikaner vol volkstrots en eerbied vir jou meerderes moes bly.)

Amanda Gouws het self darem die geleentheid gehad om haarself van enige trots en sekerheid te stroop. ‘n Nare ervaring het haar die kosbare kans gebied om haarself uit die ontfermende gemeenskap van haar eie mense te verwyder na die ingeteelde intellektuele omgewing van agterdogtige en selfveragtende mense. Soos sy dit vertel, het die groot oomblik iewers in 1983-84 aangebreek toe sy “as ‘n jong dosent aan die Universiteit van die Noorde gedoseer het”. (Hmmm, nou weet ons: ‘n Dosent doseer. En vir daardie insig sê ons vir professor Amanda Gouws  dankie.)

“Die weermag,” skryf sy somber, “het ‘n basis op die kampus gehad en daagliks die akademiese vryheid en vryheid in die algemeen bedreig. Studente wat van politieke aktiwiteite verdink is, is uit klasse gehaal terwyl ons klasgegee het. Hulle is buite met swepe geslaan en bloeiend teruggestuur.”

Gekonfronteer deur dié roerende vertelling, ontvlam daar hewige emosies in my. Dit laat my hart warm klop oor troepe wat doerietyd nog genoeg beroepstrots gehad het om hulle werk deeglik en met oorgawe te doen.

Gouws is nie ewe aangedaan oor dié onbesonge helde se geesdrif nie. Sy is skoon verontwaardig dat die S.A.W. hoegenaamd kon inmeng met sulke tradisionele studentekaskenades soos aanhitsing tot moord, aanranding en vandalisme. ‘n Mens lei af dat sy besonder erg was oor die reuk van afgebrande lesinglokale in die oggend. Blykbaar het niks haar akademiese sappe so opgeklits soos die aanskoue van ‘n halssnoermoord tussen periodes nie. As die weermag net nie sy neus in ander mense se sake wou steek nie, wie weet, dalk was Amanda Gouws vandag nog ‘n ordentlike, selfrespekterende Afrikaner.

As ek wel enige kritiek teen die troepe se optrede het, is dit dat hulle dalk die verkeerde belhamels vir lyfstraf uitgekies het. Enige akademikus wat kan skryf van ‘n “dosent wat doseer” verdien eerder om met ‘n sweep geslaan te word.

Maar… dis juis die melding van daardie swepe wat my laat dink dat sy – ongelukkig – net ons been trek. Kyk, ek, anders as Armsalige Amanda, wás in die weermag. Daar het ek ervaring opgedoen met ‘n wonderlike en omvattende versameling voorwerpe waarmee jy jou medemens kan slaan. Jy het jou batterykabel, jou sleepstang, jou balsak met ‘n strykyster in, jou strykyster net so, jou tokkeltou, jou sleeptou, jou tenttou, jou tentpaal, jou tentpen, jou varkpan, jou mortier se grondplaat, jou asblikdeksel, jou graaf, jou byl, jou pik, jou piksteel, jou bylsteel… Jy kón iemand met jou geweer slaan ás jy met ‘n R1 uitgereik is. Dié het darem ‘n bekwame stuk kolf gehad. ‘n R4, nou weer, het ‘n tengerige opvoukolf gehad en het glad nie lekker geslaan nie. Maar die een ding wat ek nooit – nie eens een keer – in die weermag gesien het om mee te slaan nie, was ‘n sweep. Die weermag was, so ver ek kon vasstel, sweepvry.

Voorts het ek met van my ou kamerade gepraat en hulle het saam net soveel swepe as ek in die weermag gesien. Hulle stem saam dat daar een implement is wat bo enige ander vertrou is om blou kolle, knoppe en gebreekte ribbes mee toe te dien: Die getroue nommer-9 stewel. As sy vertel het van ‘n snedige, ondankbare, vernielsugtige studentesot wat aan sy strot gegryp is en buite die lesinglokaal te gronde gewerp is waar die blou badinges uit hom geskop is, sou ek ‘n sekere lewensgetrouheid daarin herken het. Maar swepe? Hie-HA! Vertel my nog een.

Dus, die sweepstorie glo ek nie. Wanneer Amanda Gouws haar weergawe van dié traumatiese gebeure afsluit deur onheilspellend te dreig dat “hierdie geskiedenis… nog opgeskryf” moet word, lei ons af dat sy – wanneer sy nie meer ‘n dosent is wat doseer nie –– ‘n skrywer gaan word wat skryf; fiksie skryf.

Dit sal nie die eerste keer dat sy die akademie verlaat het om ‘n skrywer (wat skryf) te word nie. Nadat sy so getraumatiseer is deur die troepe wat haar studente se gesonde oeboentoe-gedrewe moordlus getemper het, het sy ‘n toevlugsoord gesoek waar sy haar splinternuwe gevoelens van volksverraad kon gaan vertroetel. Blykbaar het sy ‘n keuse gehad tussen Weskoppies en die redaksiekantoor by Die Vrye Weekblad. So gaan sit sy toe aan die voete van die Groot Teepot, Max du Preez homself. ‘n Mens kan nie help om te voel dat sy verkeerd gekies het nie. Die inwoners van Weskoppies is minder psigoties, meer kleurryk en bedeel met ‘n nugterder politieke begrip. Party van hulle het selfs ‘n sin vir humor, iets wat tragies ontbreek by die  pruimerige Du Preez.

Amanda Gouws self het skynbaar ‘n sin-vir-humor-onderbreking gehad wat nou al meer as twee dekades strek. Ek het dié dame nog nooit gesien nie en vir al wat ek weet is sy ‘n blonde, mollige, spelerige ou mosbolletjie en is dit net haar skryfstyl wat ‘n bolla, plooie en ‘n kenmoesie met drie lang, swart hare in het. Tipiese Afrikaner-liberalis wat sy is, het sy ‘n – begrypbare – obsessie met Afrikanerskap. Dit is soortgelyk aan die weeskind se aandrang om sy biologiese ouers te vind. ‘n Mens is uiteraard obsessief oor dít waardeur jy verwerp is, al sou hierdie verwerping op jou eie aandrang en deur jou eie toedoen wees.

Behep met Afrikanerskap soos wat sy is en met die heiligste van alle liberalistiese aksiomas – alles is die Afrikaner se skuld – vooropgestel, skryf Amanda Gouws toe ‘n rubriek waarin sy Afrikaners verwyt vir hulle beheptheid met Afrikanerskap (!). Dit is een van daardie aftiklysierubrieke.

Dit blyk dat Naspers ‘n rubriekskrywer se polities korrekte ywer aan die hand van ‘n aftiklysie merk. Vir elke keer wat jy die Afrikaner beledig, kry jy een punt. As jy histeries daarop aandring dat hy sommer net verdwyn, kan jy soveel as tien punte kry. Verder kry jy punte vir kwylende lofsange oor die Nuwe Suid-Afrika en patriotiese uitsprake oor die onderbroekvlag en Nkosi Sikelele. Standaardpunte word toegeken vir oproepe tot “nasiebou”, “begrip vir ander kulture” en “oeboentoe”. Jy word ook toepaslik  beloon vir elke keer wat jy ‘n goeie Afrikaanse uitdrukking ignoreer ter wille van ‘n Engelse een, veral as jy moeite doen om dit nie eens in aanhalingstekens te skryf nie.

Jy kan ook bonuspunte kry as jy begrippe inwerk soos “transformasie”, “blanke skuldgevoelens”, “integrasie” en “inklusiwiteit”. ‘n Woord se punte word aangepas afhangende van die hitte wat dit op daardie presiese oomblik in Naspers se Endlösungsprogram vir die Afrikaner opwerk. Die huidige gloeiwoord is “identiteitspolitiek”, ‘n onsinnige liberalistiese konstruksie waaruit Amanda Gouws se soort ‘n sekere filosofiese verontwaardiging probeer opkook. Striemende aanvalle op die Afrikaner se taal, kultuur, kerk, prestasies en gewese weermag is altyd goeie punte werd. Jy kan ook bonusbonuspunte kry as jy die regte mense ophemel en, sou jy onthou om vir Dan Roodt te beledig, kry jy A++.

Amanda moes goed gevaar het met haar rubriek. Dit is alles daar: Die volgehoue iesegrimmigheid teenoor die Afrikaner (tik af), die kritiek op “identiteitspolitiek” (tik af), die kniebuiging met die teken van die kruis in die verhewe Max du Preez se rigting (tik af), valse getuienis teen die ou S.A.W. (tik af), die besoedeling van Afrikaans met minderwaardige Engelse uitdrukkings (tik af), dwarsklap vir Dan Roodt (tik, tik, tik, tik af).

Sy begin haar relaas met ‘n belydenis van sulke ontsaglike onkunde dat dit ‘n mens laat vermoed dat dit elke dag die eerste April is in die Burger se redaksiekantoor. “Ek wonder,” skryf sy, “of in die wêreld een ander bevolkingsgroep is wat só behep is met sy identiteit soos wit Afrikaners.” Hierdie, uit die pen van ‘n “professor in politieke wetenskap”, is – bo en behalwe die sintaktiese onbeholpenheid –  niks minder as ‘n daad van akademiese insolvensie nie. Dis ‘n idiotiese geprewel op die vlak van ‘n wiskundige wat wonder of daar hoeke in meetkunde is of van ‘n musikus wat nie kan onthou of daar note in ‘n toonleer is nie.

Die hele studieveld van politieke “wetenskap” is gemonteer op die voetstuk van groepsidentiteit. Hierdie soeke na identiteit en die bevrediging daarvan in die herkenning van jou volk is ‘n basiese sosiologiese en biologiese ingesteldheid van die mens en is ‘n eienskap van elke volk, van die Afghaan tot die Zoeloe en al die letters tussenin. Sonder hierdie “beheptheid” met identiteit is daar geen volk nie. Sonder die volk is daar geen staat nie. Sonder die staat is daar nie politiek nie. Sonder  politiek is daar nie ‘n vak soos politieke wetenskap nie en sou Amanda ander werk moes kry, soos om ‘n sjef te word wat wonder of daar eiers in ‘n omelet is.

Dit is nie net die professor se akademiese onderrok wat uitsteek nie. Sy het ‘n Freudiaanse onvermoë om haar vooroordele te verbloem, selfs binne die omvang van haar pseudo-intellektuele meningstuk. “… terwyl ek nou op hierdie vervelige punt [die identiteit van wit Afrikaners] is,” skryf sy, “laat ek ook my stuiwer in die armbeurs gooi.” Vir die sielsgesonde Afrikaner is hierdie identiteit ‘n ligtoring in ‘n donker nag, ‘n skuiling teen globale storms, ‘n gemoedelike, ontfermende, omvattende vesting. Vir Amanda Gouws se soort is dit “’n vervelige punt”.

Alhoewel sy ons met haar eie standpunt dreig, is haar beloofde “stuiwer in die armbeurs” ‘n munt wat sy by haar ghoeroe gaan leen het.

“Ek stem saam met Max du Preez,” kondig sy aan, en ‘n mens luister vir die tromgeroffel. Simbale! Trompette! Pouke! Jy wag vir die magtige koor om uit die dieptes en uit die hoogtes saam te swel in ‘n skrikwekkende crescendo in iets soos… soos die Dies Irae – Dag van Wraak! – uit Verdi se Requiem… want watter aardbolkantelende uitspraak van die enigste joernalistieke god van Suid-Afrikaanse Afrikaanse liberalisme – en Amanda is sy profeet – gaan sy nou aanhef?

Hou jou hand voor jou oë dat al dié insig nie korneas wegskroei nie, klou aan die lamppaal vas sodat die ontsaglike krag van die Du Preez-intellek jou nie eenvoudig van jou voete af waai nie. Hier dan, in alle onverdunde glorie, is die Groot Kennis wat sy met soveel ontsag oordra: Dit is “dat ‘n mens (dit is nou die generasie wat in sy veertiger- en vyftigerjare is) jou Afrikanerskap  met moedersmelk ingekry het deur die praatjies tuis, die leer van nasionalisme in die skool en die preke Sondae in die kerk…”

Wraggies, nè? Met watter ander ontsaglike insigte stem Amanda Gouws saam? Dat die gemiddelde mens se middelvinger sy langste vinger is, dat die meeste jare 365 dae bevat, dat Dinsdag tussen Maandag en Woensdag kom en dat koeie meer melk as bulle gee? Ja… en… is daar nog iets?

Natuurlik is ons Afrikaners as kinders geleer om ons volk te waardeer, ons ouers te respekteer, ons voorouers te eerbiedig en om trots op ons taal te wees. Hierdie lofwaardige program is inderdaad in die skole voortgesit en, omdat nasionalisme met die evangelie versoenbaar is, is dit moontlik met geleentheid van die preekstoel af versterk.

Maar Amanda se weergawe van Max se Groot Gedagte is nie net nuus uit Kentaborrie nie, dit is ten dele absurd  (sy identifiseer ‘n mens as “die generasie wat in sy veertiger- en vyftigerjare is”) en selfs skreiend onkundig. Jong mans, staaf sy plegtig, is in die weermag met Afrikanerskap geïndoktrineer.

En ek dog sy was in aanraking met elemente van die S.A.W? Want, en ek gee jou ‘n brief, as sy enige weermagpeloton vir langer as vyf minute dopgehou het, sou sy agtergekom het dat Afrikanerskap ‘n uiters onderbeklemtoonde faktor in die S.A.W. was. Die deurlopende klem was op Suid-Afrikaanse patriotisme. Binne die raamwerk van blanke, manlike identiteit was daar geen toegewings vir herkoms, geloof, kultuur of selfs seksuele oriëntering gemaak nie. Daar is geen onderskeid getref of afbakenings gemaak nie. Christen, Jood en klipheiden is saam gemeng. Lesings is volgens staande orde om die helfte in Engels en Afrikaans ingedeel.

Duidelik was Henry Jeffreys te besig om agteroor te leun in die redakteurstoel wat hy nie verdien het nie, met sy reggestelde voete op sy bemagtigde lessenaar. Daarom het hy nagelaat om ‘n nuttige aanwysing op sy aftiklysie vir rubriekskrywers aan te bring: MAAK SEKER VAN JOU FEITE.

Professor Gouws het nie net die tipiese liberalis se ongeërgdheid teenoor feite nie; sy het ook ‘n diepliggende, neurotiese afkeur in haar eie taal en dit wys in die vieserigheid waarmee sy Afrikaans skryf. Maar wat skeel dit haar? Dis nie asof Henry Jeffreys ‘n regte redakteur is nie.

Hei, kyk, Naspers slaan die Regstellende Aksie-trom met ylende geesdrif en hulle kan nou nie juis weier om self daaraan mee te doen nie. Ek verstaan dit. En ek weet dit verduidelik Henry Jeffreys se aanstelling as redakteur by Die Burger. Daarom sal dit vergeefs wees om van hom te verwag om nou eintlik regte redakteursdinge te doen. Maar, asseblief!, daar moet tog sekerlik iewers, iemand by Die Burger wees wat behoorlik gebelgd is oor die stilistiese gebreke van Amanda Gouws se prosa. Oorweeg die volgende sin van haar: “Diegene wat so voel (dit sluit op sy ekstreme in mense soos Dan Roodt en baie van diegene wat op LitNet skryf), benodig ‘n sense of belonging om hulself te kan uitleef.”

Kyk net na daardie “diegene”, ‘n woord wat sy myle wys en wat veral stokkerig word as dit twéé keer in afsonderlike dele van een sin gebruik word. Wat van daardie onsmaaklike “sluit op sy ekstreme in mense soos…” in plaas van “sluit op sy ekstreme mense in soos…”? “Hulself” is stram in vergelyking met die meer gewone “hulleself” maar die vrou is duidelik te lui om ‘n ekstra “l” en “e” te tik. En is dit regtig vir haar nodig om so taalkundig te hoereer deur die aanwending van die gruweluitdrukking “sense of belonging”?

Laaste keer wat ek gekyk het, doen Die Burger homself voor as ‘n Afrikaanse koerant. Is “’n sense of belonging” dan Afrikaans? Die Afrikaanse speltoetser op my woordverwerker keur nie die eerste drie woorde af nie. Daar is sulke woorde in Afrikaans. “Sense” kan die meervoud wees van “sens”, die oesinstrument wat soos ‘n groot haaitand op ‘n steel lyk; die een wat deur daardie vergestalting van die Dood, die Iesegrimmige Stroper, gedra word. Maar wat doen ons dan met “belonging”? My speltoetser trek ‘n verergde, rooi riffelstreep daaronder. Is dit ‘n nuutskepping: Om iemand met longe toe te deel? Bedoel Amanda Gouws regtig Dan Roodt moet ‘n langsteelsekel en ekstra longe kry om homself te kan uitleef?

Ek sou dink iemand soos Henry Jeffreys sal meer baat daarby vind. Die ekstra longe kan hy gebruik om op Amanda Gouws te skree om haar feite na te gaan en om iewers te leer Afrikaans praat. Met die sens kan hy, oorweldig deur ‘n gevoel van skande omdat hy ‘n werk aanvaar het wat hy nie kan doen nie, rituele selfmoord gaan pleeg aan die voete van Onze Jan Hofmeyr se standbeeld.

Nou goed, ons weet dat haar “sense of belonging” nie Afrikaans is nie. Ons is al gekondisioneer deur die intellektuele lamsakkigheid van Naspers se skrywers en die ongeërgdheid van die redakteurs. Amanda Gouws het die eerste frase wat in haar kop gekom het, net so neergeskryf en ongelukkig was dit in Engels. Sy was net te lui en haar minagting van haar lesers net so oorheersend dat sy nie moeite gedoen het om ‘n werkbare Afrikaanse teenvoeter vir “sense of belonging” te konstrueer nie. ‘n Paar oomblikke se gevroetel tussen die semantiese implemente wat in elke skrywer se verstand moet rondlê, kon haar gelei het om, byvoorbeeld, te praat van ‘n “inpassingsgevoel” of “behoefte om tuis te voel”. Dit stel selfs my speltoetser tevrede.

Maar nie net kan die vrou nie praat of skryf nie, sy kan ook nie dink nie. Sy is een van die nuwe treksel akademici. Hoe dink jy het sy haar professoraat bekom? Deur haar skranderheid? By die Universiteit Stellenbosch? Nee, sy is ‘n politieke hoer op die vlak van Marthinus van Schalkwyk, ewe veel ‘n regstellende aksie-begenadigde as Henry Jeffreys. Ek sal dit nie sê as ek dit nie kan bewys nie. Amanda Gouws is ‘n hopelose akademikus, oënskynlik nie in staat tot enige ferm vertrekpunte, samehangende gedagtes en logiese gevolgtrekkings nie. Ek bied as bewysstuk voor julle, liewe lede van die jurie, ‘n rubriek van professor Amanda Gouws, met die titel: Ons beheptheid met Afrikanerskap.

casino gametopcargo кидалы

Amanda Gouws se selfhaatpolitiek


Image Deel 1: Naspers se teringkuggie

Op 24 Mei 2007 gee Naspers se Afrikaanse koerantuitgewery toe ‘n kuggie, so ‘n slymerige een waarin jy die gesuis en knars kan hoor van mikroskopiese klontjies wat losspat uit geperforeerde bloedvate. Dis tering wat jy daar hoor, die laaste gehyg van ‘n eens fier, ferm, flink dier wat nog groot in gestalte, maar nou uitgeteer, spookbleek en bewerig, is. As ‘n mens so klink, moet die naasbestaandes ontbied word.

Enige iemand wat nog glo dat Naspers se Afrikaanse koerantbedryf nie terminaal siek is nie, het duidelik nie Amanda Gouws se rubriek, Ons beheptheid met Afrikanerskap daardie dag in Die Burger gelees nie. Dit is ‘n biopsiemonster wat die kwyning van Naspers se magtige Afrikaanse koerantuitgewery verduidelik. Nie net sien ons die onsamehangende Max du Preez-agtige beredenering daarin, die verkrummelde uitgangspunte en ek-is-‘n-teepot soort ontkenning van die werklikheid nie, dit is ook deurtrek aan die een kant met die kwylende selfbejammering van die tipiese eietydse Afrikaanse liberalis en andersyds die matelose arrogansie en aanmatiging van die huidige pluksel Stellenbosse intellektualiste.

Dit is onmoontlik om ‘n verklaring vir hierdie selfverheffing te gee. Die hedendaagse Afrikaner-liberaliste is ‘n verslonste ou troppie op die politieke vlaktes, ‘n verguiste spulletjie, uitgelag oor hulle verspotte, naïewe idees en bespot agter hulle rug vir hulle algemene gatkruiperigheid. Elkeen van hulle sosio-politieke ideekonstruksies het voor hulle oë in stof verander.  En tog, die een eienskap wat die Afrikaner-linkse van ander sterwelinge onderskei, is hulle onwrikbare vertroue in die uitnemendheid van hulle eie gedagtes. Hulle voel hulleself so verhewe dat hulle reken enige krummel van hulle ideologiese tafel sal met gulsige kake deur verhongerde hondjies opgeraap word. Wát hulle sê, maak nie regtig saak nie, en ook nie hóé hulle dit sê nie. Wat belangrik is, is dat dit húlle is wat dit sê en laat die gepeupel koek eet.

Dit is wat my persoonlik die grootste hekel in Amanda Gouws se rubriek gee. Sy het geen ontsag vir haar lesers nie. Haar getranskribeerde klaagliedjie drup minagting in elke jota en tittel. Lesers is vir haar ‘n noodsaaklike ergernis. Sy vind hulle ‘n oorlas.

Geen skrywer mag ooit vergeet dat sonder haar daar nog altyd lesers sal wees maar dat sonder lesers daar geen skrywer sal wees nie. Dit staan in sterk kontras met die staaltjie van die onderwyser wat in sestiende-eeuse Duitsland gereeld met groot nederigheid voor sy leerlinge gebuig het omdat hy nie kon voorspel watter hoogtes een van hulle dalk mag bereik nie. Een van sy leerlinge was Martin Luther, die Groot Hervormer. Amanda Gouws se opvatting van haar lesers is duidelik dat hulle ‘n onnosele, hardvogtige, reaksionêre horde is en dat hulle dankbaar moet wees vir elke krieseltjie insig waarmee sy hulle bedien uit die hoogtes van die Universiteit van Stellenbosch wat in linkse mitologie verhef is tot die Parnassus van Afrikaner-denke.

Gouws se peiling van die Afrikaner-leser is dat hy nie ‘n goeddeurdagte, logiese, ontwikkelde politieke mening werd is nie, en ook nie behoorlike punktuasie, gepaste woordkeuses en basiese taalversorging nie. As ‘n sosiale betoog verander haar rubriek die koerantpapier waarop dit gedruk is in gepaste materiaal om ‘n maagkoorsige boeppensmarmot se kouvloer mee te bedek.

Natuurlik het sy bondgenote in hierdie walglike ongeërgdheid nodig, vernaamlik ‘n redakteur met ‘n gevoel van beroepsekuriteit wat niks met sy vaardighede te doen het nie. Henry Jeffreys is die nommerpas samesweerder. As dit nie vir sy Regstellende Aksie-vatbare vel was nie, sou hy nie die redaksie van die Grassy Park Nuwe Apostoliese Kerk se  kwartaalbladjie gehaal het nie.

Die man het ‘n ronddonderende onvermoë om in enige redaksionele omgewing in te pas. Maar Naspers onderhou wél die sakrament van Regstellende Aksie en Jeffreys hét die regte blas velskakering. Nou is hy die redakteur van Die Burger, eens ‘n Afrikaner-koerant opgerig met Afrikaner-geld, bestuur met Afrikaner-skranderheid en volgens die Afrikaner se tipiese hoë redaksionele waardes. In ‘n nugter wêreld sou Jeffreys moes pa staan vir die Gouws-rubriekfiasko. Maar hoe kan hy verantwoordelik gehou word vir die eise van ‘n werk waarin niemand enige bevoegdheid van hom verwag nie?

Tog is daar waarde te vind in die produk van Amanda Gouws se veragting van haar eie volk en Henry Jeffreys se onbekwaamheid. Hulle rubriek is ‘n bloedspatsel komende uit die oopgekloofde polse van Naspers se Afrikaanse koerantuitgewery se verbete poging om selfmoord te pleeg. Derhalwe is dit noukeuriger ontleding werd.
 
Word vervolg 

casino for free slotsпрокурор Фильчаков

Trooswoorde vir Jaco Botha

ImageJacotjie, ou seun,

Oom kan sien die kalfie het sommer groot seer. Hoekom anders sal jy so lelik praat van mense wat beter en slimmer is as jy en jou gat aan die brand kan slaan net wanneer hulle wil? Kom, sê vir Oom, hoekom is jou hartjie so seer? Is dit omdat jy jou bed nog natgemaak het toe jy al op hoërskool was? Of het die groot seuns jou broek afgetrek en met jou tollie gespeel? Of is dit omdat jou sussie gesê het jy is nou groot en jy het ‘n werk en kry geld en alles en jy moet nou jou eie Barbie-pop koop?

Of praat jy so lelik omdat jy bang is? Dis goed. Want jy móét bang wees. Die Ooms praat nie met jou oor al die grootmensdinge nie, maar met Oom Bob wat al die wittetjies uit sy land gejaag het en ons eie Oom Thabo wat so baie met hom saamstem, wag daar lelike dinge vir jou en jou soort wat so kinderlik naïef is.

Oom weet jy wil só graag ‘n doodsdreigement kry. Jammer, maar hierdie is dit nie. ‘n Mens dreig nie ‘n peslike klein nikswerd soos jy met die dood nie. ‘n Mens was maar net sy mondjie met goeie ou Sunlight-seep uit.

En Oom weet hoe graag jy die Groot, Brawe Koerantseun wil wees en hoe jy elke aand op jou knieë vir die Liewe Tokkelos bid dat die Ooms jou gatjie moet kom slaan by jou kantoor. Dan kan almal mos sien watse belangrike koerantmannetjie jy is. Nog ‘n jammer. Jy is ‘n kefferbrakkie met ‘n seer keel. Jy blaf en blaf en blaf so vreeslik en jy klink so kwaai vir jouself. Maar niemand hoor die seun nie en as hulle hom hoor, vergeet hulle onmiddellik alles wat hy wou sê. Hulle het belangriker goed om aan te dink: Wit- of bruinsuiker op vanoggend se krummelpap?

Toe nou, toe nou. Droog die traantjies en vee af die snotjies. Oom is nie meer kwaad nie. Hierdie is mos die eerste keer wat jy vir die koerant geskryf het, nie waar nie? Of, as jy al ander geskryf het, het die Ooms dit al vergeet.  En Oom weet jy praat maar net so lelik van dinge waarvan jy niks weet nie omdat jy seerhartjie het en vir niks of niemand enige iets beteken nie.

Groetnis, Seuna, en onthou om agter die oortjies en in die naeltjie ook te was en slaap liewers met jou hande bo die komberse.

Oom Gustav

автоматическая насоснаяДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Voor ons o?, Naspers, die monster wat sy eie voete eet

ImageLand sonder Insig

FW het die land opgeasteriskasterisk. So sê Nina Overton-de Klerk sê haar veertienjarige seun sê ‘n ongepoetste Afrikanerseun vir hom by sy “gewone Afrikaanse staatskool.” Haar presiese woorde, wat drup van die konvensies van selfgeregverdigte Afrikaner liberalisme, is: “Daarteenoor het my veertienjarige seun (in ’n gewone Afrikaanse staatskool), onlangs beleef dat ’n mede-leerling vir hom, geaksentueer met die middelvingerteken, gesê het: ‘Gaan sê vir jou Oom (FW) hoe hy die land opgef** het.’ Gevolg deur al daai soort van beskuldigings oor hoe die land aan swart mense oorgegee is, ensovoorts.”

Ons word met hierdie gruwelstaaltjie bedien in Ta’ Nina se geveinsde, aanstellerige rubriek oor die aanstellerigheid van geveinsde Afrikaners. Hierdie letterkundige aanbieding van haar sal weliswaar nie deur die gemiddelde leser onthou word teen die tyd wat hy verbygeblaai het tot by die sportblad nie, maar dit hét ‘n nut. Ons kan dit as ‘n  soort lakmoespapiertjie gebruik wat presies wys hoe kalkerig die grootste Afrikaanse koerantgroep ter wêreld die grond gemaak het waarin hy spit.

“As Afrikaners met die mond seën en in hul binneste vloek,” soos haar stukkie vir verveelde lesers opgedoen is in “By”, is een van daardie opgesmukte prekies wat so geliefd is deur Naspers-redakteurs. ‘n Mens kan dit Tippex-joernalisme noem; so onbenullig en onopvallend soos verlede maand se Lotto-nommers wat met wit ink op tikpapier geskryf is. Dit begin as ‘n pamflet teen die skynheiligheid van Afrikanersnobs en eindig as ‘n selle-ou, selle-ou brosjure vir ‘n politieke stelsel – Nuwe Suid-Afrikanerisme –  wat gevrek het voordat dit behoorlik uit die ideologiese broeikas kon kom. Nina se betoog is gebrekkig aan intellektuele vesel en proteïene en daar is meer te wen daarin om motreën te probeer eet as om dié rubriek te herkou. Wat dit wel demonstreer – as demonstrasie nog enigsins nodig is – is hoekom Naspers se koerantbedryf (daardie behemot wat besig is om sy eie voete te eet) se emfisemiese gehyg so roggelend word vanuit sy korporatiewe spelonk in Heerengracht 44, Kaapstad. Hierdie soort selfvoldane menings wat aangebied word in ongeërgde styl, sonder agting vir die behoorlike ontwikkeling van argumente en met karige respek vir Die Taal is cholesterol in die are van enige koerant. Die Burger, net soos die res van die Naspers-koerante, het juis nou dringend nuwe vitamines en minerale nodig. Hulle uitgewer, daardie monster wat so oorvreet is aan sukses, is merkbaar besig om van sy skubbe te verloor.

Verlede maand het daar iets met die mediamonster gebeur, op die oog af niks ingrypend nie, nie iets wat regstreeks die grond in die mediawêreld verskuif het nie en wat minder indruk op die leespubliek se bewussyn gemaak het as die kleur van Victor Matfield se mondskerm. En tog het dit die ingeligte waarnemer sy ken laat krap en sy kop laat knik asof dit iets is waarvoor hy gewag het: Die pretensieuse tydskrif, Insig, nog altyd maar net  ‘n klein, tengerige ponie in die Naspers-stal, het weens gebrek aan belangstelling gevrek. Dit is nie iets waaroor lank en roerend in walms van nostalgie oor getreur sal word nie. Die uitgewers veral, en hulle telraamjokkies in besonder, sal nie na die tydskriffie verlang nie. Insig het begin as ‘n soort van literêre vergaderplek vir verbitterdes waar iesegrimmige liberales mekaar se menings kon bewonder. Die enigste hitte in die oond was hulle verontwaardiging oor apartheid en met die afsterwe van dié politieke beleid, het Insig, van meet af nie juis vol spiere en lewenslus nie, bepaald bloedarmmoedig en traag geword. Sonder apartheid het dit niks gehad om op te teer nie. Vir die laaste paar jaar was dit as’t ware op ‘n korporatiewe hartlongmasjien, gesubsidieer deur sulke platvloerse maar ontsaglik winsgewende publikasies soos Die Huisgenoot. Die poging om Insig oor te doen as ‘n avante garde dissekteerverslag van sosiale transformasie, het uiteindelik ook misluk.

Ewe lusteloos was die nabetragting wat oor die saai lewe en onopvallende afsterwe van Insig in die blaaie en webruimtes van oorlewende Naspers publikasies gehou is. Natuurlik het die meerderheid kommentators presies geweet waar die blaam vir hierdie verlies hoort: Vierkantig voor die deur van daardie ongepoetste skobbejak, die Afrikaanse leser. Rian Malan noem hulle in ‘n aanhaling van Olive Schreiner “’n nasie van laer-middelklas-Filistyne.” “Filistyn,” soos dit hier diens doen, beteken ‘n dowwe persoon, iemand wat ‘n boek se waarde meet aan die hoeveelheid prentjies wat daarin is en wat sy lippe beweeg en sy vinger onder die woorde skuif as hy lees. Duidelik is ‘n diep, gesofistikeerde publikasie ver bo dié spul doffels se begrip.

‘n Tydskrif wat vir die Filistyne voorsiening maak is soos “gangreen of frostbite,” fulmineer Antjie Krog, jou werklikwaar nog dikvellig onder die indruk dat daar wraggies nog so ‘n frats bestaan soos iemand wat ‘n ingeduikte Coke-proppie omgee vir haar menings. Haar definisie van Filistynisme is enige iets wat keel skoonmaak in die omgewing van haar verbitterde liberalisme. “Sedert alles wat Afrikaans-links en konfronterend was deur Afrikaner-apatie doodgedruk is,” teem sy, “moet ‘n mens naweke deur bladsye kaf waad van gay-wees-is-sonde en die-Bybel-is-‘n-wetenskaplike-handboek om iets van gehalte in Afrikaans te lese te kry.”

Gehalte Afrikaans is, dus ‘n onhaalbare ideaal indien dit enigsins verskil met die Lewe Volgens Antjie Krog. Wel, Insig het nie. Dit het omtrent letters deur die omslag gelek so vol was dit van die uitgediende, muwwe, ontblote en uitgelagte idees van Krog en haar kader mantramompelaars. Maar, nie net was Insig se blare te hoog vir die Afrikaanse renosters om by te kom nie, hierdie Afrikaanse tydskrif het boonop die liberale uitgewersonde begaan om te maak asof die Afrikaner bestaan. Sê wie? Ag, kom aan… julle weet… wie anders as ons eie joernalistieke dorpsidioot, Max du Preez? As gevolg daarvan het hy – nè, julle wou mos – twee uit elke drie uitgawes van Insig geboikot, en – vatso! –  hoe kan enige publikasie só ‘n terugslag oorlewe? “(Daar was altyd te veel van ‘n fokus op ‘Afrikanersake’ na my smaak,)” skryf Du Preez op sy selfveragtende beste.

Nadat hierdie vername taalkundige erken dat hy “nie so mooi” weet wat ‘n wetenskapstaal is nie, pleit hy vir ‘n nuwe intellektuele Afrikaanse publikasie sodat ons kan voorkom dat “Afrikaans net ‘n huistaal en ‘n skindertaal en ‘n rugbytaal en ‘n gekerm-oor-minderheidsregte-taal word…” So ‘n tydskrif, droom hy hardop, moet “’n rouheid, ‘n vreesloosheid, ‘n verrassendheid, ‘n varsheid, ‘n onvoorspelbaarheid” hê. Wat hy duidelik in gedagte het, is die inhoud op PRAAG se webblad.

Hierdie nuwe, mitiese tydskrif, hierdie joernalistieke reënboogpot goud is iets waaroor die liberales aanhoudend mymer. Daar moet iets nuut wees, beduie hulle vir mekaar; vol vars idees, vertel hulle aanhoudend sonder om te erken dat so ‘n publikasie dan iets sal bevat wat net so min as ‘n tydmasjien kan bestaan: ‘n Vars liberale idee.

Vra jy dat hulle moet uitwei oor so ‘n tydskrif, rol die hoepelsinne. (Vir ‘n bondige beskrywing oor hoepels en hoepelsinne, kyk na “Max du Preez se hoepelsin” op PRAAG se webblad.) Dié nuwe tydskrif moet-vreesloos-wees-moet-polities-korrek-wees, dit moet-eerlik-wees-moet-nie-die-waarheid-praat-nie, moet-nuut-wees-mag-net-ou-stof-hersirkuleer, moet-verdraag-saam-wees-mag-nie-Afrikaners-verdra-nie… Dit moet genadiglik gereinig wees van alle logika, moet gesteriliseer wees van enige verwysings na enige Afrikaner-voortreflikhede, moet gesuiwer wees van enige simpatie met daardie verfoeilike minderhede wat hulleself aanmatig deur hulle te verbeel hulle het regte.

Wat hulle nalaat om vir mekaar te verduidelik is dat dié tydskrif ook nooit onafhanklik sal kan asemhaal sonder om weg te kwyn nie. Dit sal net so ‘n sawwe mislukking soos wyle onbetreurde Insig wees en vir dieselfde rede: Die redaksie se algehele, halsstarrige onsensitiwiteit vir hulle gehoor se emosionele klimaat, frustrasies en  ideale. Duidelik is hulle onbewus daarvan dat ‘n tydskrif ook maar net ‘n produk is, dat die langlewendheid van ‘n produk afhanklik is van die gehalte daarvan en dat die eerste reël van gehaltebeheer is om seker te maak wat dit is wat jou kliënt wil hê.

Miskien sou Naspers dringende aandag aan sy benadering gegee het as dit nie Insig was wat gesink het nie maar ‘n meer omvangryke publikasie soos, sê nou maar, Die Huisgenoot. Dan was daar ‘n verlies in die enigste werklike sin – meetbaar in Rand en sent. Daar sou ‘n geween en ‘n gerouklaag in die raadsale van Naspers gewees het. Soos dit is, het Insig maar ‘n klein geluidjie by afsterwe gemaak, en tog was dit ‘n onheilspellende klank, iets soos die gedempte knal van ‘n buikplank wat onder die waterlyn van ‘n groot skip op die oseaan losspring. Dit behoort suur te drup in die maagholte van ‘n ingeligte Naspersamptenaar. Insig mag miskien ‘n klein plankie gewees het maar dit is van dieselfde hout gemaak en is met dieselfde houtnaels geheg as die res van die skip. Dieselfde tekorte wat Insig laat wegkwyn het, is in elke ander Afrikaanse publikasie van Naspers ingeënt. Insig moes eintlik die langste geleef het want dit is ‘n liberale tydskrif vir liberale mense terwyl Rapport, Die Beeld en Die Volksblad liberale leesstof is vir konserwatiewe mense. Dit behoort die Antjie Krog/Max du Preez kaders se monde droog te laat.

Maar die liberalis het ‘n tradisionele onvermoë om enige iets sinvol te lees al is dit die skrif teen die muur. So “gis” Irna van Zyl, wat die professionele swartmerkie verdien dat sy eens Insig se redakteur en uitgewer was, dat die heersende Naspers wysheid is dat intellektuele behoeftes deur bylaes in koerante gedien word, soos Perspektief in Rapport en… By… in Die Burger.

En wat By ons in Die Burger gee, geagte en minder geagte lesers, is: Nina Overton-de Klerk.

In die land van die kaalkopopfopper

Al die swakhede van Naspers-styl Tippex-joernalisme is ingebind in Nina Overton-de Klerk se aanbieding, vir ons verheldering, van die woord “opgeasteriskasterisk” en haar opgesmukte verslag van die voorval waarin dit gebruik is. Dit is hoe sy die woord skryf: “… opgef**…” Wat irriteer is die inherente oneerlikheid van haar spellingkeuse. Kyk, ons wéét die veertienjarige aktivis het nie die uitdrukking “opgeasteriskasterisk” teenoor haar spruit gebruik nie. (Hy is in ‘n Nuwe Suid-Afrikaanse staatskool so dit is te betwyfel of hy weet wat ‘n asterisk is.) Ons almal weet presies wat dit is wat hy gesê het. Maar in egte Naspers-preutsheid word die krasheid van die waarheid verdoesel, in dié geval deur die gebruik van leestekens. Hier is ‘n fundamentele tegniese luiheid ter sprake. Die probleem – om die klein skobbejak se agtertangse karakter te ontbloot sonder dat Nina haar sawwe letterkundige handjies besmeer – verdien darem ‘n minuut van die skryfster se oorweging. Die leser is dit werd, sou ‘n mens dink.  As dit goed genoeg is vir Nina Overton-de Klerk om ons in te lig dat ‘n seun ‘n kras uitdrukking teenoor haar seun gebruik het, sonder dat sy vir ons die presiese woord hoef op te dis, laat Nina Overton-de Klerk ‘n manier bedink om dit so aan haar lesers oor te dra.

“Hierdie klein skermunkel,” kan sy skryf, “het in skeltaal vir my seun gesê hy moet vir sy Oom FW gaan kritiseer oor die algehele verval van die land as gevolg van sy ruggraatlose oorhandiging van mag aan die ANC.” Daar’s hy. Dit was nie moeilik nie en die sin is genadiglik vry van die onooglike selfsensuur van die asterisk.

Maar dit is nie goed genoeg vir Overton-de Klerk nie. Sy wil die kru uitdrukking voor ons oë hê om ons te oortuig van haar verbondenheid tot proletariese wortels. Nie net is sy ‘n verhewe liberalis wat ons begunstig met haar epistel uit die heuweltoppe van linkse Afrikanerdom nie, sy dra ook die kentekens van iemand wat bereid is om neer te daal om tussen die prole te wandel. “Daarom,” skryf sy in haar sub-teks, “kan julle my vertrou. Ek weet wie julle is en wat julle nodig het want ek…ken die f-woord.” Maar sy is nie bereid om daarvoor te betaal deur die woord uit te skryf nie. Sy los dit aan die leser oor om sy eie gedagteland te besoedel met die innerlike verklanking van die woord.

Dit is presies wat sal gebeur. Letters is simbole wat gebruik word om sekere klanke te verteenwoordig. ‘n Asterisk is nie ‘n letter nie en stel nie ‘n klank voor nie. Die aanwending daarvan in ‘n woord stel ‘n raaisel daar; nie enigsins ‘n ingewikkelde raaisel nie maar die verstand dring tog onwillekeurig daarop aan om dit op te los. Hierdie oplossing is ‘n suksesvolle mnemoniese werktuig en so word die oorspronklike woord net nog fermer in die bewussyn gevestig. Soos gewoonlik word die gewone burgers gelos om die selfvoldane liberalis se gemors te absorbeer. Nina Overton-de Klerk wil gewaagd maar nie waaghalsig wees nie. Sy wil in die openbaar p**p (en ons leen hierdie woord uit haar leksikon) maar wil nie hê ander moet dit ruik nie.

Sy wil haarself vrywaar met die argument dat daar soveel ander woorde saamgestel kan word uit haar konstruksie, dat dit nie te sê is dat sy enige gruwelwoord in gedagte gehad het nie. Miskien sal ons dink die seun het gesê “opgefyt,” “opgefim” “opgefus” of  “opgefez”? Nou maar goed. Kom ons akkommodeer maar Overton-de Klerk se skynheiligheid en kies vir ons twee letters – maar net nie “O” en “K” in daardie volgorde nie – om haar woord uit te lê. Ek persoonlik sal die aanstootlike “K” nie aanwend nie. Dit word te maklik gebruik om ‘n bruin woord, “k*k” te vorm, of, nog baie erger in Naspers se oë, die swart woord, “k*ffer”. So, geen “K” vir my nie maar ek hou van die “O”. En, ag nou ja, gee dan vir my ‘n “P”. Daar het ons dit: “Opgefop.” En dit is passend.

FW het, in die volle sin van die woord, ons goeie ou Suid-Afrika, daardie land wat so “wonderskoon” was soos Hanru Niemand sielvol sing, properlies opgefop.

Hy het dit opgefop met sy foppen plakkate wat “eie skole, eie woongebiede” in sy verkiesingsveldtog van 1989 waarborg. En watter fopop was sy referendum nie toe hy die Afrikaner so ver gekry het om homself op te fop deur “ja” te stem nie. En toe fop FW voort met die onderhandelinge en fop sy volk deur die ore deur nooit, soos hy belowe het, vir hulle die kans te gee om sy foppen oorgawe te ratifiseer nie. En daardie regering van nasionale foppen eenheid, dié was nou eers vir jou ‘n foppen klug. Toe fopof FW mos daaruit en los ons om rond te fop in die gemors. As daar Afrikaners is wat hom nou wil opfop verstaan ek dit. En as daardie knaap by die “tipiese Afrikaanse staatskool” sy foppen middelvinger vir Nina se seun se oom wys, moet ons seker begrip hê vir hom.

Ek wens Overton-de Klerk wil vir ons vertel wie dié jong man is. Ek beskou hou as skrander en met baie meer politieke insig as sy maatjie se ma met die dubbeldoor van. En ek stem saam met hom; foppen al die pad. Die land is opgefop. Dis nie net ek en hy wat so dink nie. Deesdae is die Groot Fopper homself, FW foppen de Klerk, self “besorgd” oor die land, oor regstellende aksie en landbou en só aan. Dis nou nie juis ‘n noodgil in die nag nie maar, fop’it alles, dis die naaste wat hy ooit aan ‘n erkenning dat hy opgefop het sal kom.     

As hierdie besef sy “kale ou kop”, soos Eugene Terreblanche dit noem, binnegedring het, is FW die enigste van hierdie De Klerks wat die lig gesien het. Skoonsus Nina is, in egte Naspers-styl, vasbeslote om blind te bly vir die werklikhede van die Nuwe Suid-Afrika en, met ‘n geïrriteerde gefladder van haar pen, maak sy  die desperate krete oor die groeiende nasionale katastrofes af as “daai soort van beskuldigings.”  Blykbaar is sy erg koud gelaat deur die nasionale paaienetwerk wat verkrummel, elektriese toevoer wat elke dag meer wisselvallig word en munisipale dienslewering wat nou net in ‘n vlaag van nostalgie onthou  kan word. Onderwysstelsel waarvan die hoofproduk ‘n verwarde, verbitterde en ongeletterde geslag kinders sonder vaardighede en hoop is? Suiwer piffel. Diefstal, kapings, moorde en willekeurige verkragtings? Dis maar net “daai soort van ding”, my dier. Nina Overton-de Klerk kan nie daardeur geroer word nie, nie terwyl sy erns maak van ‘n veel gewigtiger onderwerp nie: Die skynheiligheid van sommige Afrikaners.

Haar sentrale betoog – dat daar liberale Afrikaners is wat lippediens doen teenoor die Nuwe Suid-Afrika terwyl hulle dit eintlik in hulle harte verpes – is so alledaags dat ‘n blok blanke papier in die koerant dit ewe goed kon gestaaf het sonder om soos Overton-de Klerk vir die trotse Afrikaanse leser aanstoot te gee. Al was hier nie menings oor homoseksuele mense en verwysings na die Bybel nie, sou Antjie Krog verniet hierin gesoek het na “gehalte Afrikaans.”  Nina Overton-de Klerk, “kommunikasiekonsultant” wat sy nogal is, is ‘n lustelose en onbeholpe skrywer met karige eerbied vir taalreëls en geen aanvoeling vir die inherente ritmes en uitdrukkingsrykdom ons Taal nie. By haar kry ons geen deernis vir Afrikaans nie.

Ek, net soos haar spruit kom uit ‘n “gewone Afrikaanse staatskool” en daar was niks fatsoenlik aan Hoërskool Stoffberg in Brakpan nie. Maar selfs daar het ons geleer dat die standaardsin ‘n onderwerp, werkwoord en voorwerp bevat. Hierdie is basiese elemente van taalgebruik en, as jy enigsins respek vir jou taal het, sal jy dit in gedagte hou wanneer jy skryf. Baie skrywers, ter wille van klem of vir effek, verontagsaam soms hierdie reël. Soos ek in hierdie sin. Ek glo dat geen skrywer met enige respek vir sy ambag hierdie foefie sonder deeglike oorweging sal aanwend nie. Nina Overton-de Klerk, daarenteen, het skynbaar so ‘n lae dunk van haar lesers en voel haarself so verhewe bo enige taalkundige konvensies dat sy hierdie reël in bykans twintig persent van haar sinne breek. Dit is maar net slordige skryfwerk en behoort nie die sensuur van ‘n hoërskoolonderwyseres, wat nog te praat van ‘n subredakteur, te ontduik nie.

Hierdie gehawende skryfstyl vol galsterige menings en met clichés wat flap in die wind is, helaas, nie ‘n afwyking van Naspers se redaksionele beleid nie. Hier geld ‘n ander basiese impulse as ‘n aandrang op gehalte. Die subredakteurs en bladontwerpers is gedienstige meelopers. Die opskrif vir Overton-de Klerk se storie is: “As Afrikaners met die mond seën en in hul binneste vloek.” Opskrifte is die subredaksie se verantwoordelikheid. Selfs al sou die skryfster ‘n titel vir haar storie voorstel, het sy nie die bevoegdheid om te verseker dat dit gebruik sal word nie. Opvallend genoeg gaan haar storie oor sommige Afrikaners, eintlik ‘n piepklein groepie, maar in die hande van die subredaksie is dit alle Afrikaners wat by geleentheid so huigel. Miskien is dit nou maar weer net die tipiese agterlosigheid van vandag se Afrikaanse pers maar ek sou dink dit is eerder ‘n Freudiaanse glipsie wat vir ons wys wat Naspers se redaksionele hart van vol is.

Dit is ‘n arrogante hart, oorgerus in die kennis dat dit binne ‘n onaantasbare behemot klop. Onaantasbaar? Dit is so dat Naspers nie soseer die grootste vis in ‘n klein poeletjie is as die enigste seekat in ‘n koffieblik nie. Daar is geen noemenswaardige teenstaanders om dié mediareus se posisie te bedreig nie. Maar uit hierdie situasie kom ‘n sekere ongeërgdheid oor sy lesers se behoeftes. Die maatskappy maak die onverantwoordelike aanname dat wat goed is vir Naspers, goed is vir die land. In plaas daarvan om te vra wat sy lesers se ware opvattings en behoeftes is, neem Naspers dit op homself om vir hulle te besluit. Sy aanbod aan hulle is: Dé, lees dit of los dit. Daarom is dit onvermydelik dat, sodra enige alternatiewe aanbod ontstaan, die lesers toenemend gaan kies om Naspers te los.

Dit is ‘n algemene bemarkingswysheid dat ‘n hardewarewinkel nie 8mm-bore verkoop nie maar 8-mm gate. Die leser koop ‘n koerant en ‘n tydskrif nie bloot om ingelig of vermaak te word nie maar vir bevestiging van wie hy is. Maar Naspers se uitgewers neem dit nou al heeltemal te lank op hulleself om vir die Afrikaner te besluit nie net wat hy mág nie, maar wat hy wíl lees. En elke uitgawe van elke Naspers-koerant en –tydskrif bombardeer die Afrikaner met beelde en menings wat steurend met die volk se herkoms, opvattings en waarnemings is.

Die Huisgenoot, byvoorbeeld, wat van ‘n betroubare, soliede Nasionale Pers-gesinstydskrif na ‘n smerige Napers- skinderblad gemorfeer het, voer ‘n onsubtiele veldtog om die ideologie van veelrassigheid aan die Afrikaner te verkoop. Of dit nou gemengde paartjies op die voorblad is of die aanwysing van Brian Lara as die “seksiesste krieketspeler van die Wêreldbekertoernooi,” die grondfilosofie is dat daar géén verskil tussen rasse is nie en as Lara se “kom-hierso” ogies dit nie vir jou doen nie, is jy ‘n verfoeilike rassis. Hier is nuus wat Naspers in hulle eie koerante kans skryf: By verre die meerderheid lesers van Die Huisgenoot wil nie lees dat Brian Lara die seksiesste krieketspeler op aarde is nie. Dis miskien nie polities korrek nie, maar hulle dink ‘n goeie, vars, blanke jongman, AB de Villiers byvoorbeeld, is baie aantrekliker. En, ja, hulle dink so juis omdat hulle wit is en hý wit is. Vandag se wetenskap bewys wat ons almal nog altyd instinktief geweet het: Die ras waarin jy grootword vorm die maatstawwe wat jy aan fisiese skoonheid stel. Dit was altyd so en so sal dit altyd wees. Net Die Huisgenoot en sy makers het dit blykbaar nog nie gehoor nie.

Alle Afrikaanse Naspers-publikasies is besig om in gehalte en getalle te kwyn. Maar in die monster se grootheidswaan, en omdat hy nie noemenswaardige teenstaanders het nie, ignoreer hy die tekens. Hoogmoed kom voor ‘n val en geen maatskappy in Suid-Afrika is meer selfvoldaan as Naspers nie.

Niemand hoef vir die mediamonster voor te lig wat om te doen om homself te vernietig nie. Hy doen dit vanself.

‘n Miljoen voete, met slaai en ekstra kaas

Tom Wolfe, die weergalose betragter en woordskilder van die Amerikaanse sosiale landskap, het New York, die stad, in een van die mees invloedryke opstelle oor die Nuwe Joernalistiek as ‘n “miljardvoetige ondier” beskryf. Ons is van geaardheid meer bedeesd en sal daarom net ‘n miljoen voete aan Naspers toeken.

Hierdie miljoenvoetige monster van ons is ‘n indrukwekkende verskynsel want nie net het hy die ontsaglike massa van ‘n dinosourus nie maar ook die aanpasbaarheid van ‘n knaagdier en die gedyvermoë van ‘n kakkerlak. En tog, hierdie kolos, baie soos ‘n seekoei wat ballet, sukkel toenemend om fyntjies te trap.

Sy sukses en oorlewing weerskante van ‘n nasionale politieke rewolusie was ‘n peillose besigheidsprestasie. Deur skrander bestuur, met ‘n sekere waaghalsigheid en met onweerstaanbare beslistheid het dié mediamaatskappy homself losgewoel van sy herkoms. Dié sou hom skynbaar onvermydelik onder die oppervlakte gesleep het, reg die maalkolk in wat ontstaan het met die wegsinking van Afrikaner-heerskappy. Naspers het daarin geslaag om homself te herontwerp maar, baie soos ‘n mens wat net een keer van geslag kan verander, gaan hierdie mediamonster uitvind dat sy identiteit nou finaal ingemessel is in die huidige politieke bestel en dat sy voortbestaan onlosmaaklik verbind is met die lot van die Nuwe Suid-Afrika. As veelrassige politiek in Suid-Afrika misluk, sal Naspers swaar gekwes word.

 So lank as wat Groot Besigheid ‘n werkbare verhouding, hoe ongemaklik ook al, met ‘n swart meerderheidsregering het, kan Naspers vanuit hierdie skans funksioneer om internasionaal sy ryk te vestig en te onderhou. Maar daar is ‘n natuurlike teenstaander van die Nuwe Suid-Afrika en die spanning tussen ‘n rassistiese, onderdrukkende regering en hierdie opponent kan Naspers se transaksie met die spreekwoordelike duiwel befoeter. Hierdie speek in die wiel is, ironies genoeg, die Afrikaner en Naspers het juis uit die Afrikaner gekom om die Afrikaner te dien. Naspers loop op Afrikaner-voete maar dit is die Afrikaner se herontdekking van sy volksidentiteit en –trots wat Naspers se invloed en posisie moet bedreig. ‘n Sielsgesonde Afrikaner sal noodwendig met Naspers se belange bots. Om in sy huidige florerende inkarnasie te oorleef, het die monster geen keuse nie: Hy moet toesien dat die Afrikaner verdeeld, verward en onderdruk bly. Die monster moet sy eie voete eet.

Dit was nie so lank gelede nie wat die hele Naspers ––  toe nog Nasionale Pers ––  voete, geraamte, buik, kop en arms, die ganse dier, uit die Afrikaner bestaan het. Die maatskappy is in die twintigerjare gestig met die tiekies en halfkrone van die Afrikanervolk wat toe nog gehawend en uitgeteer was na die verskrikking van die Tweede Vryheidsoorlog. Die mediamaatskappy het sterk en gesond gegroei in pas met die Afrikaner se herrysenis en met sy konsolidering van die politieke mag. Nasionale Pers het ‘n deurslaggewende aandeel gehad in die vestiging van Afrikaans as ‘n sterk, dinamiese taal. Hierdie was ‘n volksmaatskappy in die beste sin van die woord.

In 1948, met D.F. Malan se verkiesingstriomf, het Nasionale Pers se lojaliteit in klem verskuif van volk na politieke party. Hierdie verbintenis tussen Nasionale Pers en Nasionale Party was heen-en-weer ‘n voordelige een. Pers het die volk gekondisioneer vir die Party se politieke maneuvers en met die Party se guns kon die mediamaatskappy uitbrei deur die totstandbringing en oorname van ‘n gesonde stal koerante, tydskrifte en boekuitgewers. Wanneer daar gesê word dat, in die era tussen Malan en De Klerk, die aarts-Afrikaner Nasionale Party gestem het, in die N.G. Kerk gebid het en by Volkskas gebank het, moet bygevoeg word dat hy Nasionale Pers gelees het. Die Nasionale Party het die volk gelei en Nasionale Pers het die volk gedien.

In die tagtigerjare, egter, het die dienaar godsdienstig geword toe hy die groot geldgod ontdek het. Die Mammonsprofeet wat sekerlik die nuwe evangelie met die grootste fanatiesisme aan Nasionale Pers gebring het, was ‘n jong regsgeleerde wat homself nie tuis gevoel het in die regsbedryf nie. Die storieskrywer kan beswaarlik ‘n beter fiktiewe karakter saamstel as wat Koos Bekker in die werklike lewe is. Hy is deels internasionale, merkantiele held en deels volksrampokker. Hy is ‘n vaardige onderhandelaar, ‘n sterk leier en het die ekonomies hoog aangeslaande vermoë om patrone in die mark te sien en die vermoë om sy visies te laat materialiseer, die soort wat eerder vra “hoekom nie?” as “hoekom?”

Ontgogel deur die regsberoep, het die jong Bekker afgesit Amerika toe ter wille van ‘n MBA by Columbia Universiteit in New York. Satelliettelevisie was aan die posvat in die VSA en hy het met die oë gesteel en homself deeglik ingegrawe in die nuwe tegnologie. Bekker en twee Afrikaanse makkers het die stang vas gebyt en ewe kordaat opgemarsjeer na Ton Vosloo, toe aan die hoof van Naspers, om hom te oortuig om hulle te ondersteun om betaaltelevisie te loods in Suid-Afrika. Uit hierdie dramatiese ontmoeting sou MNET gebore word. Dit het ‘n hele verskuiwing van die tektoniese plate binne Naspers veroorsaak. Die volksgerigte uitgewersmaatskappy het ‘n internasionale mediaswaargewig geword met indrukwekkende belange in satelliet-TV, selfoonnetwerke en elektroniese mediaplatforms.

Hierdie oorgang het saamgeval met ‘n ander, en nog groter, verskuiwing – die nasionale een van ‘n apartheidsbewind na meerderheidsoorheersing. Dit was ‘n onsekere tyd en het fyn ewewig en ratse voetwerk geverg. Indien daar enigsins ‘n debat binne die raadsale van Naspers was, het die Mammoniste die nasionaliste getroef. Die maatskappy sou gedien word, ongeag van die omvang van die offer. Naspers kon weer daarin slaag om hulle lojaliteite te verplaas, dié keer van die kwynende Nasionale Party af na die Nuwe Suid-Afrika. Die grootste potensiële bedreiging vir die reënboognasie is ‘n sterk blok Afrikaners met eie aspirasies en wat aandring op hulle regte. Vir die voortbestaan van die Nuwe Suid-Afrika en derhalwe vir die oorlewing van die maatskappy, moes Naspers ‘n besluit neem wat moontlik bitter, maar beslis drasties, was: Die Afrikaner moes verdwyn, absoluut net verdwyn.

Die Volk wat nie wou saamwerk nie

Naspers het, soos Frankenstein se monster, venynig omgeswaai om sy maker te verslind. Die maatskappy wat deur die Afrikaner met soveel sorg en trou gebou is, het nou die ywerigste advokaat geword vir die aftakeling van die volk. Deur hulle meningsveldtogte en propaganda te ontleed, kan die Naspers-strateë se Endlösung vir die Afrikaner vasgestel word. Dit is vervat in vier stappe:

Eers Abdikasie, dan Transformasie, daarna Integrasie en, uiteindelik, Annihilasie.

Die aanvanklike stap was ‘n maklike een, gechoreografeer deur FW de Klerk en Roelf Meyer se papperige oorgawe in Kempton Park. Naspers het nie geleentheid gehad om te wys hoe manhaftig hulle die Afrikaner kan rangeer om nasionale sepoekoe te pleeg nie. Maar die tweede fase in die genadedood van die Afrikaner het Naspers met entoesiasme op homself geneem. In elke uitgawe van Rapport, die drie susterskoerante (Beeld, Die Burger en Die Volksblad) en elke week in Die Huisgenoot en in elke ander tydskrif, het Naspers redakteurs, verslaggewers en rubriekskrywers die Afrikaner oortuig om ter wille van die utopiese transformasie van die land, homself te verag.

Die handleiding vir hierdie aanslag is uit die werk en filosofie van ‘n obskure Italiaanse kommunis, Antonio Gramsci, geknip. Nadat hy tot sy ontnugtering deur Benito Mussolini opgetronk is, het Gramsci probeer ontleed hoekom die verwagte Marxistiese rewolusie so ‘n patetiese flop in Italië was. Sy insig was dat ‘n kommunisme  nie ‘n Westerse land deur geweld kan oorrompel nie. Daarvoor is die Weste te bedrewe in die verfoeilike kunste van geld- en oorlogmaak. Gramsci se voorstel was dat so ‘n land tog kan val deur die leefwêreld van die inwoners daarvan – hulle kultuur – die teiken van ‘n strawwe maar subtiele en deurlopende veldtog te maak.

Naspers het dit op hulleself geneem om die Afrikaner as’t ware te gramsci. Die volk is bykans onvernietigbaar deur eksterne aanvalle, maar as sy geskiedenis, tradisies, prestasies en gemeenskapslewe aangeval word en intellektuele molekule vir intellektuele molekule weggekalwe word, sal die Afrikaner homself uiteindelik van binne af vernietig. Naspers, met sulke gewillige bondgenote soos die nuwe SAUK en die land se onderwysstelsel, het met die grootste en geduldigste beslistheid aan die werk gespring.  Die Afrikaner, prewel Naspers se publikasies soos ‘n duiweltjie op die volk se skouer, is, met die moontlike uitsondering van die Nazi’s, die grootste monsters wat nog ooit uit die geledere van homo sapiens gekom het. Die Afrikaner sal nooit kan vergoed vir drie eeue se onreg teen die saggeaarde, mensliewende swart ras van Afrika nie en daarom is die minste wat hy kan doen om te verdwyn. Die huidige slagting onder veral die boere is die Afrikaner se verdiende loën en hy moet dit sonder teëspraak verduur. Daar is niks beredderingswaardig  aan die Afrikaner nie; nie sy taal, sy geskiedenis, sy letterkunde, sy kerk, sy eertydse militêre trots nie. Niks. En hy moet homself net voortdurend begenadig ag dat hy nog voete op die land het in dieselfde tyd as sulke barmhartige halfgode soos Mandela, Tutu, Mbeki…

Hierdie filosofie is onverdedigbaar in die lig van gesonde verstand en tog het Naspers se poging om die onverkoopbare aan die Afrikaner te verkwansel ontstellend na aan algehele sukses gekom. Agtien maande gelede het kommentators nog gesmaal dat die “Afrikaner stoom verloor het,” en het hulle gegrinnik oor die stomheid waarmee die volk voor die skeerder saamgedrom het. Maar  uiteindelik het hierdie poging gefaal: Dit is inherent vals en het nie geresoneer met die waarheid in die gesamentlike hart van die Afrikaner nie. Die Afrikaner wéét wie en wát hy is: ‘n Taai, skrander, vredeliewende, wetsgehoorsame, gelowige en deernisvolle volk wat nog altyd net die ruimte en geleentheid wou hê om homself te regeer sodat hy sterk en vooruitstrewend kan word en in die posisie sou wees om die swakkere volke om hom te help. Naspers se bombardement onwaarhede het soos metaangas onder die volk se kors opgebou en uiteindelik was dit ‘n oënskynlike onskuldige verskynsel wat deur hierdie laag geboor en suurstof en ‘n vlammetjie by die gas gevoeg het. Dit was ‘n sagte-rock liedjie oor ‘n afgestorwe generaal en ‘n volk se pleidooi aan hom. Vlamme, rook, magma, verskroeiing. Naspers ontken dit nog, maar hulle het die stryd om die volk se hart verloor.

Die enigste rede hoekom Naspers nog hoegenaamd suksesvol is om enige leesstof onder die volk te versprei, is die stelling wat hy ingeneem het teen die ANK. Naspers het homself haarfyn geposisioneer as ‘n Nuwe Suid-Afrika voorsanger eerder as om homself te verbind tot die heersende politieke party. Dit gee vir redakteurs soos Jonathan Crowther, Tim du Plessis en Henry Jeffreys die geleentheid om hulle duime te byt in die rigting van die rassistiese Mbeki-regime sonder dat hulle die Afrikaner enige bestaansreg gun. Dit is net hierdie venyn teenoor die ANC wat vir die Afrikaanse Naspers-publikasies nog enigsins geloofwaardigheid in die volk se oë gee. Maar hierdie sorgvuldig ingerigte posisie het ‘n prys: Dit is ‘n statiese een. Koerante en tydskrifte gedy op vernuwing maar met die Bresjneff-tipe stagnering waarin die Nuwe Suid-Afrika vasgeval het, kan daar niks nuuts in Naspers se lyfblaaie wees nie. In Suid-Afrika is net een van twee politieke modelle beskikbaar: Multi-kulturalisme of  selfbeskikking. Naspers het sy wa gehaak aan die multi-kulti trekker en die onvermydelike mislukking van veelrassigheid gaan ongetwyfeld ‘n einde bring aan Naspers se greep op die Afrikaner se siel.

Naspers, die judasbok wat die Afrikaner deur die slagproses van Abdikasie en Transformasie begelei het, gaan nou tot sy afgryse sien hoe die slagskaap vassteek by die derde stap, Integrasie. Die Afrikaner begin nou toenemend weer besef wie en wat hy werklik is. Wanneer daardie kennis sterk genoeg in die volksbewussyn is, gaan die Afrikaner omdraai en dan ook die eerste twee stappe, Transformasie en Abdikasie, omkeer. Die Afrikaner sal weer die meester van sy eie land en volk en die kaptein van sy eie lot wees. En waar sy lot afwyk van Naspers s’n, is dit die mediamonster wat onafwendbaar sal moet verval.

Selde was so ‘n groot mediagroep so kwesbaar deur klein mededingers soos wat Naspers vandag is. Twee jaar gelede het ‘n onafhanklike groep redakteurs en verslaggewers die eerste Afrikaanse Sondagkoerant, Die Wêreld, uit die niet tot stand gebring en, met ‘n meer gefokusde redaksionele beleid en noukeuriger beplanning, kon hulle Die Rapport erg gekwes het. Soos wat dit was, moes Naspers, volgens agter-die-hand stories in die mediawêreld, van bedenklike tegnieke gebruik maak om die nuwe japsnoet te pootjie. Hierdie koerant was ‘n kordaat poging om Naspers te takel waar die mediamonster nie net ‘n ontsaglike gewigsvoordeel gehad het nie  maar ook die omgewing van die stryd kon beheer.

Daar is wel een publikasiepyp wat Naspers nie verstop kan kry nie: Die internet. Daarop gedy klein, onafhanklike verspreiders van inligting en kommentaar. PRAAG is die vernaamste van hierdie uitdagers. PRAAG het ‘n indrukwekkende getal besoekers op die webwerf. Tans steek dit nog af teen die enorme hoeveelheid Naspers-lesers, maar PRAAG het twee dinge wat Naspers nooit weer sal hê nie: ‘n Groeiende leserstal en die instinktiewe ondersteuning van ‘n herrysende Afrikanervolk.  

PRAAG is uitstekend geposisioneer om die sprong van elektrone na ink te maak, van kwartaalblad en boeke na tydskrif, weekblad, dagblad… wie kan sê… en Naspers het die volk moerig genoeg gemaak sodat ‘n nuwe aanbod, een wat praat soos wat die volk voel, onherstelbare krake in die monster se pantser sal slaan.

Naspers het nog nie hierdie nuus gekry nie. Vir hulle is dit besigheid soos altyd, met die klem op “besigheid.” Hulle koerante en tydskrifte kan nie iets rewolusionêr of nuut ondersteun nie. Daarom vloei die wit ink in liters en liters Tippex-joernalisme. Meningskrywers word nou juis gekies vanweë die sufheid van hulle denke en die kortsig van hulle waarnemings. Die enigste vereiste om ‘n rubriek vir Naspers te hanteer, is dat die skrywer se verstand nie vertroebel sal wees deur enige vurigheid, forsheid of verfrissendheid nie. “Onbehoorlike denke,” soos deur George Orwell voorgeskryf as die enigste teengif teen die oormagtige aanslag van totalitarisme, word nie by Naspers geduld nie. Daarom vul hulle voortdurend hulle span rubriekskrywers aan met sulke onbeduidende persoonlikhede soos Koos Kombuis, Max du Preez en… Nina Overton-de Klerk.

Sy vertel, met ‘n spatsel grootdoenerigheid, dat haar seun, een wit vriende en een swart vriend, die venynige kritikus van haar swaer “uitgesorteer” het. Presies hoe hulle dit gedoen het, weier sy om te sê, anders as om op te merk dat dit “genadiglik vuisloos” was.  “Einde van storie,” soos sy weereens in ‘n sin sonder ‘n werkwoord skryf.

Dit word aan ons oorgelaat om te bespiegel oor hoe hierdie jong aktivis reggesien is. Omdat haar seun ‘n De Klerk is, is dit instinktief om te glo dat die seun afgedreig, omgekoop of belieg is. Maar dit is onregverdig om Nina se seun so te belaai met die sondes van sy vaders. Daar is ‘n ander manier waarop die jong De Klerk die venyn van die ontstoke seun teenoor hom kon getrek het, ‘n benadering wat insig, kloekmoedigheid en ‘n sin vir regverdigheid, alles so jammerlik tekort in die De Klerk-familie, sou toon:

Hy kon met hom saamgestem het.

игри для детеилобановский политик

Max du Preez se hoepelsin

ImageRegtigwaar, ons behoort nou vir Max du Preez uit te los. Selfs al is hy een of ander spesie van joernalistieke masochis wat blykbaar skryf vir die perverse vreugde om karwats te kry, moet ‘n mens een of ander tyd sê, genoeg is genoeg. Om hom skriftelik pak te gee is ‘n minderwaardige uitdaging. Dit is soos vir die Bulle om teen die Queensland Reds te speel: Net te maklik. Die waarheid is, as daar een iemand is wat nie naby ‘n pen toegelaat behoort te word nie, is dit Max du Preez. ‘n Pen in sy hand is soos ‘n skerp mes in ‘n baba se hand – baie gevaarlik vir homself.

‘n Groot deel van die skuld is Henry Jeffreys, regstellend aangestel as kleurlingredakteur van Die Burger, s’n. In plaas daarvan dat hy vir Maxie as’t ware ‘n skoon vel papier en ‘n paar vetkryte gee sodat hy in die hoek kan sit en met tongtippie wat by sy mondhoek uitsteek in konsentrasie, stokmannetjies teken en uit almal se pad uit bly, gee Jeffreys vir Max gereeld morge se kolomsentimeters om ‘n gek van homself in te maak.

Ja, ons moet nou regtig vir Max begin uitlos. En ek sal, ek sal, ek belowe ek sal. Nog net hierdie een keer. Asseblief. As ek soos vanoggend lees wat die arme, simpel drommel weer te skrywe het – ek kan myself nie help nie; ek is ‘n swakkeling – dan helder sy sotlikheid ‘n reeds helder dag verder op en ek moet – móét! – hom eenvoudig net nog ‘n keer afransel.

Eintlik sal dit beter wees om daarvan te praat om Max te “rol.” Dit is hoe ons as kinders vir mekaar ‘n ellende belowe het: “Ek gaan jou rol.” Maar in hierdie geval het dit nog ‘n sterker toepassing. Sien, Max is van daardie spesie wat ons vandag ‘n “liberalis” noem. Maar dit is ‘n onbevredigende uitdrukking want ons is almal, in ‘n klassieke of ander sin, liberalisties. So moes daar ‘n ander benaming vir Max se soort gevind word. My voorstel is om hulle “hoepels” te noem; mense wat so ver weg van die waarheid af probeer agteroorleun dat hulle met hulle koppe in hulle agterwêrelde opeindig sodat hulle so hoepelvormig staan. Wanneer dit te donker en bedompig word, trek hulle hulle koppe uit en daar is ‘n klapgeluid soos ‘n sjampanjeprop wat losskiet. Max du Preez is ‘n hoepel en gemaak om te rol.

In hierdie naweek se By in Die Burger, sien ons die hoepel in aksie. (Die naam van die rubriekskrywer word aangedui as “Max du Preex,” maar dit help niks. Jy kan die regte Max du Preez en sy gebrekkige logika nie wegsteek nie.) In sy tipiese deurmekaar hardopmymerstyl – meer verwarrend vir homself as enige iemand anders – wonder die voorsitter, president en penningmeester van die Max du Preez-bewonderaarsklub of hy ‘n Afrikaner of nie ‘n Afrikaner is nie. Wat hom so verwar is dat hy blykbaar nie weet wat ‘n Afrikaner is nie. Hy bied aan om homself as Afrikaner te skors maar, sê hy, hy moet “net gou uitwerk wat dit is waaruit ek geskors word”. (Let op na Max se gekondisioneerde behoefte om ‘n slagoffer wees. In die vorige sin bied hy aan om homself te skors en dan – kul jou hier, kul jou daar – nou wórd hy geskors – seker deur daardie onbedagsame Afrikaners, ás daar so ‘n iets soos ‘n Afrikaner bestaan.)

Die rede hoekom die Afrikaner vir Max so ‘n enigmatiese element is, is omdat hoepels soos hy in die verlede die Afrikaner se aanspraak op erkenning, regte en ‘n selfstandige geskiedenis probeer omseil het deur…  deur eenvoudig aan te voer dat daar nie so iets is soos ‘n Afrikaner nie! Hoekom sal jy, byvoorbeeld, Afrikaner-gevoelens oor die beoogde verandering van Pretoria se naam in ag neem as daar nêrens ‘n Afrikaner bestaan nie? En die hoepel se grootste vrees is dat die Afrikaner sy goed gaan vat, vir homself ‘n deel van die land gaan afbaken, daar gaan bly en vir Max en die ander hoepels uitlos om die vreugde van Azaniese verval alles op hulle eie te beleef. Maar daar kan nie sprake van Afrikanerselfbeskikking wees as daar nie Afrikaners ís nie! Terselfdertyd wéét Max goed wat ‘n Afrikaner is. Selfs al slaap hy alleen, is daar elke aand een in sy bed.

En net hier kry ons ‘n eienaardige verskynsel wat ons die “hoepelsin” kan noem. Ons kry dit wanneer ‘n hoepel iets sê wat hy vas glo maar wat dan selfs in sy eie oë heeltemal onsinnig is, waarna hy die teendeel aanvaar sonder om van sy oorspronklike stelling af te sien. So sal Steven Friedman selfvoldaan aanvoer dat regstellende aksie ‘n volslae sukses is en geen negatiewe invloed op dienslewering in Suid-Afrika gehad het nie. Dan onthou hy van kragonderbrekings, verkrummelde paaie, vervalle hospitale en ‘n vasgebrande onderwysstelsel, alles regstreeks terug te voer na regstellende aksie. Nou goed dan. Die rede hoekom regstellende aksie nie werk nie, verduidelik hy, is: blahblahblah… die Afrikaner… waflawaflawafla… armoede… piffelpiffelpiffel… rassisme… As jy Friedman se hoepelsin, wat die hoepel in een vinnige sin, eintlik in een lang woord, aframmel voordat hy sy kop terugstoot tussen sy boude, herkonstrueer, sê hy in effek: “Regstellende-Aksie-is-‘n-sukses-dit-is-‘n-mislukking-en-dis-die-Afrikaner-se-skuld.”

Max se hoepelsin van die dag is: “Daar-is-nie-so-ding-soos-‘n-Afrikaner-nie-ek-is-‘n-Afrikaner.”

Syne is darem nie die enigste hoepelsin van die dag nie. Hy haal ‘n prima een van “regsfilosoof” Loammi Wolf aan: “Om tot die etniese of kultuurgroep ‘Afrikaners’ te behoort maak jou tog nie eintlik ‘n ‘etniese Afrikaner’ nie, of hoe dan?” Plaas koppeltekens tussen die woorde en jy het ‘n klassieke voorbeeld van ‘n hoepelsin.

Want – gee nou aandag Max, Loammi – ja, as jy tot die etniese of kultuurgroep “Afrikaners” behoort, ís jy ‘n “etniese Afrikaner net soos, sou jy tot die etniese of kultuurgroep “Russe” behoort, jy ‘n “etniese Rus” sou wees of, as jy tot die etniese of kultuurgroep “Zoeloe” behoort… Julle kry die idee, vertrou ek? Nie? Kom ek help:

“’n Etniese groep of entnisiteit is ‘n bevolking van mense wie se lede met mekaar identifiseer, gewoonlik op grond van ‘n veronderstelde, gemeenskaplike herkoms of voorgeslag. Herkenning as ‘n afsonderlike etniese groep deur ander mense, is dikwels ‘n bydraende faktor om hierdie identifikasieband te verstewig.” (Vry vertaal uit Wikipedia.)

Hier’s ‘n eenvoudige toets: Wys foto’s van Geo Cronjé, Bryan Habana, Hasim Amla en Akona Ndungane vir enige inwoner van Suid-Afrika, vra vir hulle om die Afrikaner vir jou te wys en hulle sal – as hulle nie dronk, gerook, bedwelm, moronies of ‘n hoepel is nie – onmiddellik en sonder om kop te krap na Geo Cronjé wys.

Blykbaar het Max nie regtig ‘n probleem om ‘n Afrikaner te herken nie en om selfs te erken dat hyself een is nie. Maar sy kapasiteit om sy naam te nqakula het skynbaar geen perke nie: “Ek is dalk etnies gesproke ‘n Afrikaner,” sê hy in die tweede deel van sy hoepelsin, en kan homself dan blykbaar nie nog ‘n onsinnigheid ontsê nie. “Ek is beslis nie deel van die ‘Afrikanervolk’ nie – daaruit het ek al as jong man bedank.”

Ûmmm, ja… sien, Max as jy ‘n lid van ‘n etniese groep is, is jy –  of jy wil of nie en of húlle wil of nie (en glo my, ons wíl nie) – deel van daardie groep. En jy en Kombuis en Landman en die res sal dit moet aanvaar. Ons wil julle net so min hê as wat julle deel van ons wil wees. Maar, soos ‘n boggel of ‘n haaslip, ís julle deel van ons.

Ja, Max en Kombuis en Landman is deel van die Afrikanervolk, maar daar is ‘n afsonderlike klassifikasie binne hierdie groep vir hulle, ‘n versameling van Afrikaners wat ons so afstootlik vind dat ons vir hulle nie eens die waardigheid van ‘n Afrikaanse woord as benaming het nie. Ons noem hulle sommer – joiners.

компрессор воздушный поршневой ценаАлександр Фильчаков Васильевич

Klaargepraat

Politiek is eintlik maklik. Daar hóéf nie ‘n algehele ineensmelting van die land se strukture te wees nie. ‘n Algemene bloedstorting is nie onafwendbaar nie. Thabo Mbeki kan dit in een oomblik voorkom. Al wat hy hoef te doen is om, hoed in die hand, saggies aan die Afrikaner se deur te gaan klop en vir hom te vra om ‘n deel van die land uit te soek vir ‘n Afrikaner Republiek. Daar kan die Afrikaner doen wat hy wil: Hy kan ‘n welvarende, veilige land bou wat ‘n bate is vir die streek om hom. En die Bantoe kan doen wat hy wil: Hy kan die res van Suid-Afrika na smaak afbreek en ‘n las vir die streek en die wyer internasionale gemeenskap word.

Of Mbeki kan dinge ‘n eie loop laat neem en die uiteinde van dit alles sal wees dat die Afrikaner hom tog in sy eie Republiek sal vestig en die swart regeerders van die Res van die Republiek van Suid-Afrika sal die land tog uiteindelik mugabe. ‘n Afrikaner Republiek is ‘n onafwendbaarheid en by PRAAG hoop ons om dit deur vreedsame maar robuuste verset te bekom deur met veral ekonomiese druk die A.N.K. se gorrel toe te druk. Anders gaan hierdie vryheid deur die loop van die geweer van kom – ‘n nagmerrie-opsie wat ons glad nie voorstaan nie. So, dis die Rand of dis die Roer. Al wat ons moet doen om ons vryheid en veiligheid te vier, is om die regmatigheid van ons saak en die haalbaarheid van ons doelwit te verkoop aan ‘n miljoen mense: Almal van hulle Afrikaners.

Daar is wel ‘n swaksinnige spannetjie Afrikaners wat teen logika, ervaring en die getuienis van hulle eie oë in nog aandring dat ‘n Afrikaner Republiek nie haalbaar of gewens is nie. Vir hulle is die Afrikaner se oorlewing nie in die Roer óf die Rand nie maar, en om ons “R”-rympie voort te sit, in die Rede. Hierdie is die naïewe narre wat nog in die utopie van die Nuwe Suid-Afrika glo. Hulle – mense soos Max du Preez, Tim du Plessis, Antjie Krog en Ton Vosloo– reken ons kan alle rasseklosse uitpluis as ons net met mekaar práát. Hulle het ‘n oordrewe vertroue in onderhandelinge met die Bantoe, nugter alleen weet hoekom, want elke keer wat die Afrikaner dít probeer het, is hy verneuk en verraai en het die son as’t ware sy gebeendere aan die voet van ‘n Aasvoëlkoppie gebleik.

Maar miskien lees hierdie slappols Afrikaners wel die komende uitdelging in hulle private dolosse raak maar, in ‘n eiesoortige interpretasie van die Stockholm Sindroom, is hierdie voorstaanders van onderhandelinge vas oortuig dat hulle die tipiese Afrika bloedfees kan vryspring dat deur net met swartes te praat en hulle kultuur na te doen. As jy praat van “isi-Zulu” in plaas van “Zoeloe” en as jy Madiba-hemde dra, dan is jy mos ‘n Afrikaan? En hoekom sal die swart massas jou harspan dan met ‘n tradisionele wapen inmekaar wil slaan? As hulle passasiers op die Titanic was, sou hierdie arme simpel drommels geredeneer het dat al wat hulle moet doen om hulleself van verdrinking te red, is om ysberge na te boots. Hulle het ‘n oordrewe vertroue in onderhandelinge.

Inderwaarheid durf ons nooit weer met die A.N.K. en hulle kultuurgenote onderhandel nie. Wanneer die tyd kom, sal ons hulle inroep en vir hulle instruksies gee. Ons is, in elke opsig en op elke manier, klaargepraat.

Om die swart revolusioniste van ons tyd in ‘n debat te betrek, is om jou eie posisie te ondergrawe. ‘n Sinvolle debat vereis die vooropstelling van reëls en die Westerling en die Afrika-inboorling kom na die podium met uiteenlopende waardes wat hulle aan riglyne heg. Die Westerling het erg aan logika, ontwikkeling van gedagtes, sinvolheid van gevolgtrekking, nougesetheid in die uiteensetting van feite en ontsag vir die waarheid. Die Bantoe kan nie minder deur enige van dié waardes geroer wees nie. Vir hom is daar net een sinvolle opvatting – sy eie –  en dit is sy metode en sy gemeenskapsplig om hierdie standpunt so driftig, ongekompliseerd, luidkeels en aanhoudend uit te blaker dat sy opponent uit pure radeloosheid sal bes gee. Die Westerling sien die debat as ‘n arena waarin ontsag vir ‘n ander se standpunt geld. Die Afrikaan beoordeel sy vertoning volgens die volume en stemtoon van sy aanbieding en die verbetenheid waarmee hy by sy opvattings staan en sy debatsgenoot s’n ignoreer.

‘n Volkekundige en Afrika-spesialis – ‘n professor wat sy naam verswyg wil hê uit vrees vir ‘n ander Afrika-debatsmetode: Die uitwissing van jou teenstander en sy gesin – verduidelik die meganiek van onderhandelinge in die tradisie van Afrika: “Dit is konsensus deur uitmergeling. Dit gaan nie oor die begrip van jou teenstander se opvatting en oor om saam te stem iewers op ‘n kontinuum van redelikheid nie. Wat letterlik gebeur is dat die voorstaanders van verskillende opvattings in ‘n stam mekaar die stryd in onderhandelinge sal aansê. Die oorwinnaar word nie bepaal deur die gehalte of logika van sy argumente nie maar, letterlik, deur wie die langste aanhou. Hierdie indaba kan oor weke strek. Soos wat ‘n onderhandelaar se ondersteuners moedeloos word, dros hulle eenvoudig uit die gesprek uit totdat sy posisie so uitgekalwe is dat hy heeltemal sonder verwyt en heeltemal klakkeloos oorslaan na ‘n ander onderhandelaar se posisie by wie hy dan aansluit. So word die groepe uitgedun totdat net die mees verbete onderhandelaar staande bly. Hy is dan die wenner, ongeag van die inhoud of gehalte van sy standpunt of posisie.”

Vir die Westerling, vir wie tyd deel is van die formule waarvolgens prestasie uitgewerk word, is hierdie styl van onderhandeling ‘n ondeurkruisbare moeras. ‘n Oom van my, onlangs oorlede, was in die tagtigs ingesleep in so ‘n proses. Hy het vir die destydse “administrasieraad” aan die Oos-Rand gewerk. Die gedagte was om algemene bestuur van die swart woongebiede aan die inwoners daarvan te oorhandig. ‘n Skikking rakende verantwoordelikhede, bevoegdhede en pligte moes met die nuwe bestuur uitgetrap word. Die swart raad is verteenwoordig deur ‘n span van twaalf gesiene inwoners onder aanvoering van ‘n bonkige, selfversekerde Venda uit die vakbondbeweging. 

My arme oom se lewe het in ‘n nagmerrie verval. Sy opdrag was eenvoudig maar, getrou aan die aard van Westerse instellings, was daar die verwagting dat hierdie beraadslagings afgehandel sou word in ‘n “redelike tyd.” Die Bantoe het geen erg aan rede of tyd nie en die proses wat gevolg het, was die burokratiese weergawe daarvan om soos ‘n brommer in goue stroop te swem. Elke lid van die swart afvaardiging het ‘n lang uitgebreide relaas oor elke item, ongeag hoe beuselagtig, op die agenda. Elkeen van hulle se  verklarings moes noukeurig genotuleer word en elkeen van hulle het daarop geregtig gevoel om sy standpunt uit suiwere wispelturigheid ter enige tyd aan te pas of selfs heeltemal mee weg te doen. Waarna dít weer opgeteken moes word. Met die volgende vergadering was dit nou nie net die agenda nie maar die notules wat tot in die uitputtendste besonderheid fyngemaal is, wat natuurlik langer notules vir die volgende vergadering veroorsaak het wat dán weer in fyn besonderheid uitgepraat moes word en… en voor die blanke onderhandelaars se oë het ‘n eenvoudige proses uit beheer uit getol en ‘n kolossale, onontknoopbare kraaines geword.

Hierdie span onderhandelaars het voorts geensins uit een mond gepraat nie en het die forum aangegryp om breedvoerig met mekaar te verskil. Alliansies binne hierdie party is aangegaan en verbreek. Die Administrasieraad se onderhandelaars durf ook geensins ongeduldig met die proses geraak het nie. Die swart span was oorsensitief aangaande protokol en enige pogings om hulle aan te jaag, is as ‘n belediging gesien wat tot ‘n krisis opgekook is.

Na amper twee jaar van hierdie proses, uiteindelik!, is ‘n konsepskikking bereik. ‘n Datum is bepaal waarop hierdie ooreenkoms met ‘n sekere feestelike formaliteit onderteken sou word. Alles was gereed en in plek… behalwe… die oorspronklike span onderhandelaars van die dorpsgebied. Dit was nie hulle wat by die plegtigheid opgedaag het nie. In hulle plek was daar twaalf spiksplinternuwe onderhandelaars. En hulle weier om ‘n ooreenkoms, by die opstel waarvan hulle nie betrek was nie, te onderteken.

Die moderne Westerling het nie pantser teen hierdie slinkse aanwending van tyd as ‘n wapen nie. Die oomblik wat die veelparty onderhandelinge by Kempton Park aan die tirannie van ‘n sperdatum vir afhandeling onderwerp is, het die Meyer-de Klerk stoeispan klaar verloor. Naderhand was hulle so onbehoorlik oorhaastig om tog net om vadersnaam nie van sloerdery beskuldig te word nie, dat hulle die land en veral die Afrikanervolk nie vinnig genoeg verraai kon kry nie.

In die post-verraad era van 1994 af, het proponente van “deelnemende politiek” en ander onderhandelaars en debatteerders geensins beter gevaar nie. Die Bantoe en die Marxis en veral die marxistiese Bantoe, het die polities nuttige vermoë om sy eie propaganda te glo. Hulle onderskryf deesdae, met ‘n gulsige soort pathos, hulle self-ontwerpte geskiedenis as die adel van Afrika – die wêreld! – wat voorheen onderdruk is. Hulle beskou nie net meer die Suid-Afrika wat deur Afrikaner skranderheid gebou is as ‘n ontsaglike meevaller wat wonderbaarlik in hulle skote geval het nie. Nee, al het hulle nie ‘n sweetdruppel gestort, ‘n handboek oopgeblaai, ‘n vouer geliasseer, ‘n rekenaar aangeskakel nie, is die land en die volheid daarvan hulle swaarverdiende oorwinnaarstrofee en weë die arme sot wat met dié opvatting sou stry. Baie blanke redevoerders, ernstige en opregtemense, het met selfvertroue feite, statistieke en logika na ‘n debat met hierdie comrades gebring en is met verleë grinnike daar weg. Selfs Steve Hofmeyr.

Ek beskou meneer Hofmeyr as die beste Afrikaanse demagoog in die land, selfs wanneer hy nie sing nie. Hy het ‘n slag met woorde, ‘n aanvoeling vir ‘n sekere gevoelsgedrewe metrum en ‘n instink vir klem wat van hom ‘n formidabele spreker maak. ‘n Wyle terug het hy, apropos die Pretoria-naamkwessie, homself sterk en doeltreffend op een van sy konserte uitgespreek:

“Jy vernoem ‘n stad na iemand wat iets daar gebou het,” rasper hy, na wat vertel word, in daardie sinkplaat-wat-oor-klippe-gesleep-word stem van hom. “Jy vernoem dit nie na iemand wat daar verbygetrek het met drie bokke en net gestop het om teen ‘n boom te pis nie!”

Hei! Nou luister, hiérdie is taal wat ‘n swart debatteerder teen die bors sal stuit, wat maak dat hy na jou luister en, na dit alles, dat hy respek vir jou sal hê.

Maar sny die toneel na:

SABC televisie-ateljee. Twee spanne debatvoerders gluur rondom ‘n aanbieder na mekaar, reg om mekaar te pak oor dieselfde vraagstuk van Pretoria se naam. In die een hoek: Kallie Kriel van Afriforum en Steve Hofmeyr, albei gewapen tot die tande met feite, lyste, statistieke, uitsprake, aanhalings en wat nog, alles ter verdediging van die naam “Pretoria.” In die ander hoek, ‘n onbekende swart regsgeleerde met die venynige arrogansie van ‘n kaalwangvalk en saam met hom ‘n onbeduidende swart lid van een of ander obskure naamgewingsliggaam van die nuwe regime. Tussen die twee van hulle het hulle nie een soliede, samehangende geskiedkundige of geografiese feit om in hulle slingervelle te laai nie.

Dit was ‘n ongelyke stryd. En die wenners, en nog steeds onbetwiste debatskampioene van Afrika – die swart span! Terwyl Kriel en Hofmeyr ewe beleefd en stemmig, vol ontsag vir protokol, hulle netjiese en intellektueel verantwoordelike argumente aangebied het, het die swartes hulle aangekyk asof hulle iets onwelriekend en giftig is. Met hulle beurt was dit asof hulle die rakke vol breekware in ‘n eksklusiewe winkel omgooi. Hulle het twee punte en net twee punte in die gesprek ingedra: Hulle (die swart mense) was die eerste daar (in die Pretoria omgewing) en daar is meer van hulle (as van Kriel en Hofmeyr se bleek, beleefde soort.)

Daarom mag hulle, kan hulle en sál hulle Tshwane van Pretoria maak. So, voeg hulle by sonder om dit hardop te sê, moer weg! En Kriel en Hofmeyr kry daardie wasige uitdrukking in die oë en daardie verbysterde grinnike van mense wat met harde en onaanvegbare feite oor die streep op die grond getrap het en wat toe aangeveg en verslaan is deur opponente sónder feite, sónder logika en sónder redelikheid.

Steve sou baie beter gedoen het om sy berugte moer te strip en hulle brutaal in die rede te val met: “Luister julle vir my! Stil! Julle het duidelik nie die vaagste benul waarvan julle praat nie, so gee aandag: Iets kan nie ‘n naam kry voordat dit gemaak is nie. En die een wat dit maak, sê wat die naam daarvan is. Óns het Pretoria gebou en terwyl óns dit gebou het, het júlle ‘n entjie daarvandaan ‘n paar takke op mekaar gepak en dit ‘n kraal genoem. Nou ek gee nie om as julle elke takkraal wat julle al ooit gemaak het, van hier tot in Lagos, ‘Tshwane’ noem nie maar ons, omdat óns Pretoria gebou het, sal besluit wat sy naam sál wees en sál bly.

En as julle nie van die naam ‘Pretoria’ hou nie, die goeie nuus vir julle is dat daar nie meer ‘n groepsgebiedewet nie en julle het die volste konstitusionele reg om nie naby die Afrikaner-stad Pretoria te kom nie!” Sy “drie-bokke-en-pis-teen-‘n-boom” toespraak sou soveel meer effektief as al sy beleefde argumente gewees het.

Selfs Eddy von Maltitz, regse politieke osdrywerstok van die Vrystaat, kan by tye te beleefd wees ten koste van ‘n geldige standpunt. Die uitsaaibedryf was nog nooit in die Nuwe Suid-Afrika so opgeblase van selftoegedeelde belangrikheid as tydens die Spitskonferensie op Volhoubare Ontwikkeling wat in 2002 in Johannesburg aangebied is nie. Tim Modise het die A.N.K. se voete gewas met sy radioprogram deur elke oggend ‘n polities geheiligde ateljeegas te hê. Een oggend was dit ‘n swart historikus met ‘n onuitspreekbare naam uit ‘n onbenullige diktatorsdom iewers uit Wes-Afrika. Hy het gerapsodieer oor die Bantoe se plig en geleentheid om “sy eie geskiedenis” te maak en oor te vertel in die utopie van die Nuwe Afrika waar net sensitiewe, skrander, diepsinnige Bantoes in woon sonder ‘n anaal-retentiewe bleeknerf insig.

Von Maltitz bel toe in en vra, o so beleefd, of die waardige gas Keith Richburg se “Out of Ameria” gelees het. Dis ‘n goeie vraag. Richburg se boek gaan na alles oor sy persoonlike ontnugtering as swart Amerikaner wat Afrika geïdealiseer het totdat hy daarheen oorgeplaas is en hy gekonfronteer moes word met, onder andere, die duisende en duisende lyke wat rivieraf dryf uit Rwanda toe dié sensitiewe en diepsinnige Bantoes hulle bure met die grootste uitgelatenheid uitgedelg het.

Modise se ateljeegas sou moes bontstaan om te verduidelik hoe hierdie boek in sy visie van ‘n nuwe Afrika historiografie moontlik geakkommodeer sou kon word. Maar, getrou aan die redenasiestyl van die Bantoe, het die ateljeegas nie eers die ordentlikheid gehad om te bevestig of te ontken of hy die boek gelees het nie. Hy het bloot ‘n rits titels van boeke deur skrywers uit die skool van Afrika nasionalisme afgerammel en gevra of Von Maltitz dít gelees het. En Eddy, baie beleefd en eerlik, val in die strik deur te erken hy het nie. In die tradisie van die Afrikaner stel hy homself onderhewig aan reëls wat hy nie van ander verwag om na te kom nie.

Wat hy moes gedoen het was om in wese te sê: “Hei, luister, jý is die ateljeegas. Ek is nie. Jy is daar sodat ék vir jóú vrae kan vra. As jy vir mý iets wil vra, wag totdat ék die ateljeegas is en dan vra jy vir my net wat jy wil en ek sal die ordentlikheid hê om jou eerlik en volledig te antwoord. Intussen tyd, wees darem net gemanierd genoeg om te antwoord, ja of nee, het jy “Out of America” gelees en indien jy het, wat dink jy daarvan?”

Die beste is om natuurlik nie vir die opponent vrae te vra of antwoorde te verskaf nie. Ons is dikwels te ordentlik vir ons volk se beswil. Die enigste hoop vir ons oorlewing is om onsself in ons eie Republiek te regeer. Ons gaan dit nie deur goeie maniere bekom nie. Jy sê nie asseblief wanneer jy vir iemand skree om uit ‘n brandende huis te hardloop nie. Onderhandelinge met ‘n Bantoe-regering sal enige oplossings net uitstel. Dit het Afriforum, die DA, Vryheidsfront + en ander gelowiges in deelnemende politiek reeds vir ons tot vervelens toe gedemonstreer.

Nee, sê ek. Kom ons laat die Tien Plae op die Nuwe Suid-Afrikaanse regime los en wanneer hulle ons die dag skuifelvoet benader, dán praat ons en ons praat net genoeg om instruksies uit te vaardig. En dan vat ons wat ons s’n is.

игрушки лунтикаtopcargo отзывы