Die Engelse gevaar


Image Stem in ons meningspeiling (regs onder): Behoort Boerehaat-Engelse soos Georgina Guedes toegelaat te word om in ons Republiek te woon?

Hiernaas verskyn ’n rubriek deur Anton Barnard, in reaksie op Engelse steun vir die naamsverandering van Pretoria.

So ’n ruk terug wou ek ’n boek begin skryf met die titel, “Die Engelse gevaar”. Oor die afgelope jare, in ’n poging om die gemors te begryp waarin ons land verval het, verslind ek geskiedenis. Soos my vrou droogweg teenoor my opmerk nadat ek haar van die soveelste insident vertel het waartydens die Engelse die Boere of Voortrekkers wou ondermyn: “Suid-Afrika se geskiedenis is eintlik die verhaal van Engelse wat die swartes opstook om die Afrikaners te gaan doodmaak.”

Oral waar daar oorloë tussen ons en swartes uitgebreek het, was daar iewers ’n Engelse sendeling betrokke. “Sendeling, ellendeling,” lui die Afrikaanse gesegde. Volgens sommige geskiedskrywers het Owen, die Britse sendeling wat by Dingaan se kraal werksaam was, vooraf geweet dat die moord op Piet Retief beplan word, maar verkies om nie die Voortrekkers te waarsku nie. Dan weet ons natuurlik van die haatveldtog wat Philip en Van der Kemp teen die Voortrekkers in die 1820s en 1830s gevoer het, en wat regstreeks tot die Groot Trek aanleiding gegee het.

Toe ons uiteindelik ná die Sandrivierkonvensie buite Engelse bereik ons eie republieke verkry het, was dit nie lank nie of Theophilus Shepstone annekseer die Transvaal in 1877. Hierna volg die Eerste Vryheidsoorlog teen die spul Britte en gelukkig vir ons gaan haal ons vir Colley en sy manne van Majuba af en wys hulle waar Dawid die wortels gegrawe het. Die vrede van die Pretoriase konvensie (1881) en die latere Londense konvensie (1884) het egter nie lank gehou nie, want in 1896 poog die Engelse om ’n staatsgreep in die Transvaal uit te voer met die Jameson Raid.

Dit gee regstreeks aanleiding tot die Tweede Vryheidsoorlog waartydens die Engelse gewapende swartes teen die Boere en veral die Boerevroue gebruik. Sowel Engelse as swartes molesteer of verkrag ons vroue, stop hulle en hulle kinders in konsentrasiekampe en pleeg ’n volksmoord waarvoor hulle nog nooit, anders as die Duitsers, die Turke, die Kambodjane of die Hoetoe’s van Rwanda, tot verantwoording geroep is nie.

Die 100 000 swartes wat deur die Britte tydens 1899-1902 bewapen is, vestig die patroon vir die twintigste eeu. Die Engelse het selfs ’n term daarvoor: war by proxy. ’n Mooi Afrikaanse uitdrukking vir dieselfde begrip is ’n “handskoenoorlog”.

Maak geen fout nie: Brittanje en die plaaslike Britte of rooinekke sal nie rus totdat ons as volk uitgewis of ten minste vernietig, gedekultureer en oor die aarde verstrooi is nie. Waarom die Engelse ons so haat, is moeilik om te verklaar. Een teorie is dat die koste van die Tweede Vryheidsoorlog hul empaaier geknak het en dat dit ook die res van Europa teen Engeland gekeer het, iets waarvoor hulle ons nog nooit vergewe het nie.

Myns insiens spruit Suid-Afrika se onophoudelike politieke probleme en twiste uit die verdeelde lojaliteit van die invloedryke groep uitlanders wat steeds, ondanks die ANC se revolusie, ons ekonomie en die media beheer. Ons moet ophou om na dié uitgeweke Britte wat in die noordelike voorstede van Johannesburg, Natal of Kaapstad saamkoek as “Suid-Afrikaners” te verwys, want ten minste die helfte van hulle was nog nooit lojaal aan ons land nie, maar het geheg aan hul ou Queen en die Union Jack gebly.

Georgina Guedes wat Pretoria se naam verander wil sien, is maar net nog ’n Engelse génocidaire oftewel volksmoordenaar wat alles wat Afrikaans is, hetsy ons plekname, hetsy ons kultuur, hetsy ons mense wat al soveel onder Britse wreedheid gely het, uitgeroei wil sien. En natuurlik gaan dit met die handskoen geskied, want sy hoef nie self haar hande vuil te maak nie. Daardie idioot wat haarself die burgemeester van Tshwane noem, gaan dit vir haar doen. Soos sy in haar rubriek skryf, gee Guedes nie om watter name ons stede aanneem nie. Want Londen sal mos altyd Londen wees. Of Lissabon wel Lissabon? Met ’n van soos Guedes haal Georgina nie eintlik Britse uitverkore status nie; dis eerder geval van ’n Porra wat haarself verbeel sy het Engels geword.

Min Afrikaners sal toelaat dat hul kinders met ’n Porra trou, want hulle wil nie ’n geneties verswakte nageslag hê nie. Die ongeletterdheidsyfer in Portugal is iets soos 35%, die hoogste in Wes-Europa. Nadat die Portugese uit Mosambiek en Angola verdryf is, het ons hulle hier as Westerse vlugtelinge verwelkom en hulle blanke status gegee, hoewel heelwat van hulle in hul gewese kolonies oorkant die draad gekuier het. Van Guedes ontvang ons nou stank vir dank. Vanuit die groentewinkel waar sy nog tamaties en koejawels verkoop het, verbeel sy haar nou sy is een of ander koloniale sekretaris in Londen wat die soveelste gewapende aanval op die Boere met ’n span Ghoerkas beplan.

Die huidige bestel met sy naamsveranderings is uit en uit ’n maaksel van die geradikaliseerde Britse intellektuele en joernaliste wat met hul grootse propagandaveldtog die oorwinning behaal het oor die arme Broederbond en Nasionale Party wat in sy sterwensfase een en dieselfde organisasie was.

So ook Zimbabwe, waar Brittanje teen sy eie mense, die Engelssprekende, blanke Rhodesiërs gekies het en geëis het dat Mugabe president word nadat die gematigde biskop Abel Muzorewa aanvanklik ’n demokratiese verkiesing gewen het. Ek onthou nou nog hoe die Engelse studente by Wits waar ek gestudeer het, in 1980 gejuig het toe die nuus oor die radio kom dat Mugabe die verkiesing gewen het. Hoewel daar in Brittanje konserwatiewe Britte bestaan, word ons plaaslike Britse intellektuele, joernaliste en selfs sakeleiers wat die Johannesburgse ekonomie beheer, beïnvloed vanaf plekke soos Kuba of die linkervleuel van die Arbeidersparty wat sedert die sewentigerjare een van die laaste buiteposte van Marxisme in Wes-Europa is.

Soos die ANC bestempel die Britte, hetsy in die moederland, hetsy plaaslikes, die situasie in Zimbabwe as “demokrasie”. Die idee dat hulle in 1980 ’n groteske fout begaan het, het nog nie by hulle posgevat nie en sal ook nooit nie. Toe die Afrikaners onder apartheid naarstiglik swart skole en hospitale opgerig het, het histeriese Engelse intellektuele, joernaliste en kerkleiers dit ’n “misdaad teen die mensdom” genoem. Die Engelse het ‘n probleem met hul werklikheidsbesef en is in staat om enigiets te sê wat in hulle koppe inkom. Wat hulle in Zimbabwe aangevang het, of die geweld en anargie wat hulle en die Amerikaners deur hul militêre inmenging in Irak gesaai het, behang hulle met die pragtige begrip, “demokrasie”.

Voordat ons vergeet, die Kerstraatbom is in Londen beplan, nie in Oos-Berlyn of Moskou nie.

Verwoerd sal onthou word as een van die groot Afrikanerleiers van die twintigste eeu. Immers het hy ons vir ’n wyle uit die verderflike Britse Statebond gekry en ons land in ’n soewereine republiek omskep. Maar hy het ook vele foute begaan.

Een van Verwoerd se grootste foute was sy verdraagsaamheid teenoor ons grootste vyand, die verraderlike Engelsman. Toe Suid-Afrika in 1961 ’n republiek geword het, het Verwoerd die geleentheid gehad om Afrikaans die enigste amptelike taal te maak en van die Engelse te vereis om finaal te kies tussen hierdie land en Engeland. Pleks daarvan, het Verwoerd die perd van “versoening” en die “blanke nasie” wat kastig tweetalig sou wees, opgesaal. Sodoende het hy die Engelse hand versterk en dit was net ’n kwessie van tyd voordat ons herower sou word om die huidige verskrikking van “Engelse demokrasie” saam met die Zimbabwiërs en die Irakiërs te beleef.

Wie Georgina Guedes ook al is, ’n verengelsde Portugees wat haar op haar Johannesburgse identiteit beroep (asof ons hoegenaamd in haar gehegtheid aan Sandton City of die Fourways Mall of ander tempels van Anglo-Amerikaanse kultuur belangstel), verteenwoordig sy ’n simptoom van Suid-Afrika se Engelse probleem wat met die jare net groter geword het.

Agter die moordenaars en verkragters wat ons teister en agter die Zimbabwiese immigrant wat oor ons grense stroom, staan ’n grinnikende Engelsman wat sadistiese behae in sy vernietigingswerk en in ons ondergang skep.

Anders as die gehate Engelse met hul neigings tot volsmoord en etniese suiwering, wil ons die goed nie noodwendig uitwis nie. Maar ons sal moet besef dat tweetaligheid en die blanke nasie van weleer ’n groot fout was. Daar kan geen kompromie met die Engelse heersersklas in Johannesburg en Kaapstad wees nie. As die Afrikaner eers uit sy huidige slaapwandeling wakkergeskrik en agtergekom het wat aangaan, sal ons by die eerste die beste geleentheid Afrikaans as enigste amptelike taal in die hele land, uitgesonderd Natal, moet vestig. Laat die Engelse hulle in die huidige reeks naamsveranderings verkneukel, want by die eerste, beste geleentheid gaan ons elke Engelse naam in hierdie land na ‘n inheemse Afrikaanse naam verander. Elkeen van die kitsch veiligheidsbuurte met hul pretensieuse Engelse of Italiaanse name sal na ‘n Afrikaanse naam verander word, net soos wat die Vlaminge in Vlaandere met Franse name gedoen het. Wie die laaste lag, lag die lekkerste.

Die helfte van die Engelse sal binnekort daarna huistoe gaan omdat hulle dit nie sal kan verdra nie en die ander helfte wat intussen met ons ondertrou, Afrikaans geleer en in ’n groot mate verinheems het, sal by ons integreer en sodoende sal ons ’n Afrikanernasie vir die toekoms kan bou. Sonder Engelse opstokers en kranksinnige linkse rooinekintellektuele en –joernaliste wat dinge soos “transformasie” en kwasi-kommunistiese gelykheid verkondig, sal die verhouding tussen ons en die swartes so goed wees soos dit nog altyd was. ‘n Nuwe tydperk van vrede en voorspoed sal aanbreek en Engelse terreur en anargie sal tot die verre verlede behoort.

Mense soos Georgina Guedes behoort egter aangemoedig te word om hul haat jeens Afrikaans en Afrikaanse plekname uit te spuug. Dit herinner ons aan die ware aard van die Engelsman, die groot vernietiger in Suider-Afrika wat sy handskoenoorlog met Sjona- of Xhosahuurtroepe voer.

потолочные сОлександр Васильович Фільчаков

Welkom in Afrika!


ImageGeen water en as jy petrol of elektrisiteit het, ag jouself gelukkig

Soos wat ek hier skryf, het ek twee dae laas gestort. Ons skep water uit die swembad om die toilette te spoel. Gisteraand was ons amper sonder petrol gestrand, want vier vulstasies het geen loodvrye brandstof gehad nie.

Nee, ek woon nie in Harare nie, maar in die noorde van Johannesburg. Dit is nou die soveelste keer binne enkele weke dat ons water afgesny raak. Pype wat bars weens gebrekkige instandhouding en beplanning, onbetroubare nooddienste, munisipale amptenare wat geen snars omgee nie, het nou tiperend van die Johannesburgse munisipaliteit geraak.

In sommige voorstede van Johannesburg is daar ten minste een keer per week ’n kragonderbreking. Ons weet van Streskom se TV-advertensies waarin ons aangemoedig word om energie te bespaar, want die land het ’n “kapasiteitsprobleem” wat elektrisiteitsopwekking betref.

Ook dít is te wyte aan swak beplanning, onbekwame amptenare wat op grond van ras en nie kundigheid nie aangestel word. Duidelik is Suid-Afrika besig om die muur te tref sover dit “transformasie” en rasgedrewe indiensneming betref en gaan die land vorentoe net meer probleme ervaar.

Asof die strukturele probleme wat water- en kragvoorsiening betref nie genoeg is nie, het die brandstofafleweringswaens besluit om te staak. Op ’n manier is dit die verdiende loon van die petrolmaatskappye want hulle sing voor in die koor as dit by transformasie kom en het die huidige radikalisme wat besig is om onder stakers pos te vat, aangemoedig.

Maar vir die gewone motoris wat by die werk moet kom of dalk ’n broodnodige produk moet laat aflewer, wag daar erge probleme.

Mbeki het reeds gesê ons moet verlief neem met onwettige immigrante wat oor ons grense stroom. Nou word daar van ons verwag om maar krag- en wateronderbrekings, asook brandstofskaarstes, met die fatalisme wat so tipies van dié kontinent se mense is, te aanvaar.

Die vraag is toenemend: gaan die Afrikaner hierdie toestande gedweë aanvaar of gaan ons by ’n punt kom waar ons sê: tot hiertoe, en nie verder nie?!

play clue game onlineтопкарго

Vervolg De Klerk en Vlok gerus

ImageAdriaan Vlok het homself enkele maande gelede verneder deur die radikale teoloog, Frank Chikane, se voete te gaan was. Nou ontvang hy sy verdiende loon met die nuus dat hy waarskynlik vervolg gaan word.

Maar ook F.W. de Klerk, die voormalige staatspresident wat ons in die huidige toestand van volslae magteloosheid, ongelykheid en geweld gedompel het met sy onbesonne oorgawe aan die radikale ANC/SAKP-ballingbende, gaan blykbaar tesame met Vlok vervolg word.

De Klerk, asook sy hoofonderhandelaar Roelf Meyer, word vandag allerweë in Afrikanergeledere as ’n verraaier beskou. Meyer het intussen letterlik na die ANC oorgeloop, wat ’n aanduiding is dat hy moontlik nog altyd aan die destydse eksterne gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, onder aanvoering van Joe Slovo se kant was.

Of De Klerk ook op ’n stadium deur die ander kant gewerf is, sal ons nooit weet nie. Hy mag as verraaier gehandel het, of het bloot ’n kranksinnige graad van nalatigheid aan die dag gelê. Dit mag ook wees dat hy so naïef en onnosel was dat hy die ANC ernstig opgeneem en geglo het dat hulle werklik vir die Afrikaner plek in hul revolusionêre, gesuiwerde Afrosentriese staat sou inruim. Soos Pik Botha, ’n ander NP-“verligte” van destyds, onlangs verklaar het, het die ANC egter “vir ons gelieg”.

Hoe dit ook al sy, en benewens Piet de Wet en ander hensoppers tydens die Anglo-Boereoorlog, is F.W. de Klerk vandag sekerlik die mees gehate man in die Afrikanergeskiedenis. Hy is wesenlik verantwoordelikheid vir die ellende wat ons tans ervaar in die vorm van geweld, taal- en rassediskriminasie, verval van ons territoriale integriteit met die instroming van buitelanders oor ons grense, grondhervorming en alles wat daarmee saamhang.

Onder sy vele flaters of doelbewuste pogings om ons toekoms te saboteer, het De Klerk ook in 1991 op die aandrang van Mandela ’n amnestiewet gestem waardeur al die gevange en veroordeelde ANC-moordenaars kwytskelding ontvang het. Sy eie veiligheidsmagte het egter geen amnestie ontvang nie en moes voor die WVK-sirkus verskyn waar die vyande van die Afrikaner, onder andere Alex Boraine en Desmond Tutu, ons internasionaal as Nazi’s en volksmoordenaars beswadder het.

“Die revolusie vreet sy eie kinders op,” het Danton tydens die Franse Revolusie gesê. Hierdie ou waarheid verkry vandag nuwe stelligheid met die De Klerk-vervolging. F.W. het waarskynlik nooit kon dink dat die ongenaakbare revolusie wat oor die afgelope dertien jaar soveel duisende Afrikanerlewens sou eis, hom ook uiteindelik in sy visier sou kry nie.

As De Klerk hare gehad het, sou hy hulle vandag uit sy kop wou trek omdat hy destyds so goedsmoeds die ANC se totale terroristeleër kwytgeskeld, maar nie aan sy veiligheidsmagte en aan homself gedink het nie. Op ’n manier het slim sy baas gevang en is gewone Afrikaners geregtig op ’n bietjie leedvermaak om te sien hoe die ANC besig is om met De Klerk te mors.

Met sy perskonferensie gister het hy gepoog om simpatie vir hom onder Afrikaners te wek, maar jammerlik gefaal. As De Klerk weet wat goed vir hom is, sal hy vandag sy verskoning aanbied, nie aan Frank Chikane of die ander ANC-gedrogte wat hard daaraan werk om ons à la Mugabe uit ons land te verdryf nie, maar aan sy eie mense wat hom eens met hul toekoms vertrou het. De Klerk behoort op sy knieë te gaan en te erken dat hy met sy “onoorwonne oorgawe”, soos Giliomee daarna verwys, die mees groteske wandaad in ons 350-jarige geskiedenis begaan het.

Wat hy gedoen het, is besig om meer vernietigend op die Afrikanervolk in te werk as Milner en Kitchener se konsentrasiekampe; ons hele toekoms in Afrika is op die spel. Daarvoor sal hy nooit vergewe word nie en behoort hy, soos ek reeds in The Scourge of the ANC geskryf het, voor ’n Afrikaner-vuurpeleton te sterf.

Gedane sake het egter geen keer en ons mense, anders as die ANC-kommissaars, is nie van nature wraaksugtig nie. Daarom kan De Klerk in ’n geringe mate bydra tot ons huidige stryd deur te erken dat hy ’n enorme fout begaan het. Hy kan selfs pleit dat hy deur die Britte en Amerikaners mislei is. Dit sal die reeds wankelende legitimiteit van die huidige stelsel verder aftakel en sodoende ons huidige pogings om vryheid te herwin, vergemaklik.

Tot tyd en wyl De Klerk werklik tot inkeer kom en besef watter kolossale onreg hy ons aangedoen het, sal gewone Afrikaners hulle verlustig in die gedagte dat die eertydse arrogante verraaierpresident nou self deur sy eertydse vriende aangekla gaan word.

De Klerk was lid van die Staatsveiligheidsraad en moes vir seker op hoogte gewees het van koverte operasies wat deur die destydse veiligheidspolisie en nasionale intelligensie gevoer is, veral waar sluipmoorde ter sprake was. Die ANC en sy nasionale vervolgingsgesag is daarom korrek in hul afleiding dat De Klerk ewe strafbaar as Vlok en sy voetsoldate is. Sy verweer dat hy kastig naïef was en net van sulke sake in die koerante gelees het, kan kwalik ernstig opgeneem word.

Tot tyd en wyl De Klerk berou begin toon, sal die wens van die gewone Afrikaner wees dat sy kierangs mag braai en dat hy as openbare figuur afgetakel sal word tot ’n vlak benede die smaad en vernedering wat ons volk tans reeds van sy vyande verduur.

bridal hair tiaraФільчаков прокурор

‘n Afrikaanse sokkerspan?

ImageVanmiddag het ek die eerste helfte van die Springbokke se rugbywedstryd teen Engeland gekyk en dit agterna afgesit omdat dit my nie werklik kon skeel wie wen nie. Nietemin het dit my weereens getref hoe die ANC sport en sportboikotte teen ons gebruik het om die Afrikaner ten eerste te isoleer en ten tweede van sy identiteit te ontneem sodat hy tans byna volkome oorheers word.

Dis opvallend hoeveel Engelse spelers daar in die Springbokspan ingesluit word, hoofsaaklik van Natal. Selfs vir ’n leek soos ek is dit ooglopend dat daar deur Jake White teen Afrikanerspelers gediskrimineer word as dit by die samestelling van die nasionale span kom, dis nou nog afgesien van rassekwotas.

My vrou sê toe so ewe: “Ons moet begin sokker speel.” Waarom nie? Tans is daar bloedweinig Afrikaners wat sokker speel, daarom is daar geen gevestigde belange wat dié sport betref nie. Die rugby-unies is vrekbang vir die ANC en sal niks doen om die outoritêre sportadministrateurs van die regerende party te ontstel nie. Die Suid-Afrikaanse sokkerspan is hoofsaaklik ’n swart span en Afrikaners stel nie werklik in sy vordering belang nie.

Ons mense doen goed in feitlik elke vorm van sport: rugby, krieket, atletiek (in die dae toe daar nog atletiek in Suid-Afrika was), tennis, gholf, noem maar op. Ons stamlande soos Nederland, Duitsland en Frankryk het van topsokkerspanne ter wêreld. Met ’n bietjie moeite en afrigting behoort ons ’n gedugte sokkerspan te kan oplewer. So ’n nuwe span sal heeltemal onafhanklik van bestaande verpolitiseerde sportstrukture kan funksioneer.

Gestel nou ons kon ’n Afrikanersokkerspan vir die komende wêreldbeker inskryf? Klink dit vergesog? Ek het bietjie oor die probleem begin dink. Dit mag dalk selfs ’n oplossing vir ons algemene sportprobleem onder die ANC bied waar politiek en politiekery sport oorheers.

My plan is eenvoudig: ons moet een van die kleiner landjies of eilandgroepe in die wêreld wat nie self oor die bevolking of die middele beskik om internasionale sport te bedryf nie, oorreed om onder hul vlag te kan deelneem. Omdat al die lede van die span egter Afrikaners sal wees, sal ons eie mense plaaslik onmiddellik die span begin ondersteun. En natuurlik moet die oranje-blanje-blou Prinsevlag by wedstryde geswaai word.

Ek het my voorgeneem om van aanstaande week af briewe en diplomatieke boodskappe te begin skryf aan elke potensiële land of selfregerende gebied ter wêreld wat nie ’n span vir 2010 ingeskryf het nie. Moontlike kandidate vir ’n Afrikaanse sokkerspan vir 2010 is:

Wallis en Futuna: ’n selfregerende eilandgroep onder Franse beheer (’n sogenaamde TOM of territoire d’outremer) met ’n bevolking van 16309 mense. ’n Ander Franse TOM, Nieu-Caledonië het wel ’n eie nasionale span vir 2010 ingeskryf, dus behoort dit moontlik te wees vir Wallis en Futuna om dieselfde te doen.

Tokelau: Hierdie selfregerende eilandgroep in die Stille Oseaan het ’n bevolking van slegs 1449 mense en word tans deur Nieu-Seeland geadministreer. Heel moontlik sou hulle verheug wees om aan die Wêreldsokkerbeker te kan deelneem met spelers wat vanuit die Afrikanervolk van 3 miljoen mense afkomstig is.

Die Marshall-eilande: Hierdie onafhanklike eilandgroep in die Stille Oseaan het ’n bevolking van 61 815 siele en sou met ons spelers aan die Wêreldbeker kon deelneem.

Gefedereerde State van Mikronesië: Hierdie eilandgroep in die Stille Oseaan het in 1986 van die VSA onafhanklikheid verkry en het ’n bevolking van 107,862. Met ’n Afrikanerspan sou hulle maklik aan die Wêreldbeker kon deelneem.

Saint Lucia: ’n Karibbiese eiland wat in 1979 onafhanklikheid van Brittanje verkry het. Hoewel hulle oor ’n bevolking van 170 649 beskik, is hulle nie lid van FIFA nie.

Hierdie lys is nie volledig nie, maar indien Afrikaner-diplomate met genoemde eilandvolkere kontak maak en hulle oorreed om namens hulle lande aan internasionale sport, waaronder veral sokker, deel te neem, mag ons die sportisolasie waaronder ons spelers tans met rasse- en taalkwotas verkeer, verbreek.

Dis nodig dat ons lateraal begin dink.

игрушки my little ponytopcargo

Similarities between SA and Iraq

ImageDear Professors and Doctors Jo Beall, Elleke Boehmer, Sara Rich Dorman, Alan Lester, Shula Marks, Deborah Potts, Lyn Schumaker and Dennis Walder,

My attention was drawn to your letter published in The Guardian on 25 April 2007 under the heading De Klerk’s delusions of grandeur in which you object to the choice of ex-president De Klerk in prefacing a speech by Nelson Mandela that was evidently reprinted in that newspaper.

De Klerk enjoys no standing in South Africa and is rather despised by his own people, the Afrikaners, for having betrayed them. He and especially his chief negotiator, Roelf Meyer, who had switched sides halfway through the negotiations in the early nineties, completely failed to secure any form of meaningful settlement in the conflict then opposing the African National Congress and its allies to the South African state. The result has been South Africa’s predictable slide into ethnic conflict and extreme violence which have been downplayed by the international media but can be ignored no longer.

De Klerk is an abject figure who will be judged by historians for having missed the opportunity to bring peace and stability to South Africa by insisting on the permanence of Afrikaners and other racial minorities in South Africa. As we know, the ANC and Mbeki define Afrikaners as "settlers" and as "a foreign ruling class" who "failed to depart" (viz. Mbeki’s Oliver Tambo memorial lecture of 11 August 2000). As a result, the Mbeki regime has been turning a blind eye to the death squads operating against Afrikaner farmers and suburbanites with unspeakable atrocities being committed against our people on a daily basis.

Far be it from me to defend the hated Mr. FW de Klerk who must bear at least some responsibility for the current state of affairs. However, it strikes me as highly presumptuous of you to pontificate morally on De Klerk’s role when your country, Great Britain, has been engaged in a century-old policy to, as lord Milner put it in 1900, "eradicate the last vestiges of Afrikanerism from South Africa".

Much of the genocidal behaviour of the British military from 1899-1902 has been shielded from us by historical censorship and the need for so-called "reconciliation between Boer and Briton". Recent internet debates in South Africa have illuminated the systematic rape of Boer women and girls by British soldiers and the so-called "armed Blacks" who fought on the British side, even apart from the concentration-camp policy which was universally condemned by European public opinion at the time.

The events from 100 years ago are relevant because we are reliving them today. Once again, we are suffering vicious violence in the form of rape and murder. Today I heard of an elderly gentleman in Pretoria who was bled to death by having his hands cut off. This incident did not even make it into the newspapers. Not so long ago a woman was tortured to death by having boiling water poured onto her for hours. She died after several days of excruciating agony in hospital.

A month or two ago, the Afrikaans singer Steve Hofmeyr and I met the father of Danielle Esterhuizen, a beautiful girl of five who was executed on her mother’s lap while visiting her father who had gone fishing with a friend next to a dam on December 20, 2006 in Randfontein. He broke down and cried, "I will never touch a fishing rod again."

Despite the horrors that we are living through in South Africa and which surpass anything we have ever experienced, except perhaps during 1899-1902, you presume from within your British ivory towers to call us a "multi-racial, democratic state", as if South Africa under ANC rule were some sort of Scandinavian exemplar of social justice and harmony.

South Africa today is profoundly corrupt and dysfunctional, a Zimbabwe in the making. I can still remember how the British newspapers lauded Mr. Robert Mugabe in 1980, just like Mandela was fêted in 1994. Our ruling ANC has declared Zimbabwe a democracy and its most recent elections "free and fair". Being such admirers of that organisation, I suppose you share its views on Zimbabwean "democracy"?

The Anglican church and the Swedish government played a much larger role than Nelson Mandela in bringing the hapless National Party government to a fall. In fact, on 27 April 2004 the Swedish ambassador to South Africa said as much on the local radio station RSG. Desmond Tutu has also stated that "if you could say that anybody single-handedly made apartheid a world issue then that person was Trevor Huddleston."

Was Trevor Huddleston, who was apparently charged but not found guilty of pederasty, not a bigger hero than Nelson Mandela? After all, without Trevor and his money-laundering scheme for washing the Swedish millions into South Africa, funding the "resistance" you refer to, there would never have been a Nelson. Or at least he would have remained a nobody, just like the many African opposition figures languishing in gaols all over the continent and which no-one has ever heard of and about whom the world does not care.

Today one of your newspapers stated the following: "The (British) attorney general, Lord Goldsmith, is facing accusations that he told the Army its soldiers were not bound by the Human Rights Act when arresting, detaining and interrogating Iraqi prisoners."

Many people in South Africa are starting to see the similarities between South Africa and Iraq. Both countries were blessed with outside interference from the Anglo-American empire who brought them "democracy", with a complete disregard for the ethnic, linguistic, racial, cultural and religious complexities on the ground. They call it "one man, one vote". Or "regime change". Or "majority rule", which means that whichever group has won the war of the cradle will win the war of the ballot box and will afterwards use its power to ethnically cleanse its rivals from the nation state which it now monopolises.

"Democracy" is a principle that has a charming simplicity about it. The British soldier torturing his "sand nigger" in Iraq readily understands that he is acting according to a higher principle, just like the British academic understands that mere white Afrikaner children being liquidated by post-apartheid freedom fighters have no moral standing whatsoever. Like Iraquis, they are the "victims of democracy" about whom it is best to maintain a very moral silence.

We would gladly extradite Mr. De Klerk to you to get the treatment from your soldiers who are not bound by the Human Rights Act, because he deserves it. But spare us your posturing about who should or should not write in The Guardian. It strikes me as somewhat disingenuous.

beyond polus отбеливаниеtopcargo отзыв

Nasionale spel is om iemand ‘n Nazi of rassis te noem

ImageHermann Giliomee is heeltemal korrek deur in vandag se Burger uit te wys dat beskuldigings van “Nazi!” en “Volkmoordenaar!” nie redelike politiek bevorder nie. Terselfdertyd wys hy egter daarop dat die stigmatisering van die vorige bewind se sogenaamde apartheidsbeleid ewe onredelik geskied het.

Deur middel van sy “doel-heilig-die-middel”-strategie het die ANC en sy bondgenote ’n oorwinning oor die ou NP behaal waarvan mens net kan droom: die hele bolwerk van die ou orde het in duie gestort. Al wat oorbly van daardie eens magtige politieke masjien is ’n onderdanige Marthinus van Schalkwyk wat tans as minister van omgewingsake dien.

Ek wil met Giliomee saamstem dat ons in Afrikaans moet poog om volgens Van Wyk Louw-norme die “oop gesprek” te bevorder, asook redelikheid en volwassenheid aan die dag te lê as dit by politieke argumente kom.

Maar ek is bevrees dat die breër landspolitiek, gegewe die historiese oorwinning van die ANC wat met ’n intense propagandaveldtog aangeteken is, nog lank nie aan enige redelikheidsmaatstawwe voldoen nie.

Ek verstout my om te sê dat politiek in Suid-Afrika berus op die kuns van die onredelike. Hoe meer jy jou opponent kan swartsmeer en belaster, hoe beter gaan jy in die media en by die stembus vaar.

Hierdie ingesteldheid tref mens selfs onder akademici, sangers en joernaliste aan. Onlangs het ek aan ’n openbare debat deelgeneem. Die sangeres Karen Zoid het langs my op die paneel gesit en Bok van Blerk se musiek, asook die patriotiese optrede van sy jeugdige aanhangers, as “Nazi-kak” beskryf.

Die huidige polemiek rondom Aristide se doktorale proefskrif by UNISA volg dieselfde patroon. Akademiese besware teen Aristide se middelmatige begrip van Zoeloe-grammatika, asook sy foutiewe vertalings van Zoeloe-tekste, word deur sy promotor, prof. Ncedible Saule, as “rassisme” afgemaak.

Ons Afrikaners sal moet besef dat die nasionale spel nie meer rugby is nie, maar om iemand ’n “rassis” of ’n “Nazi” te noem.

Twee jaar gelede by die Woordfees op Stellenbosch het ek ervaar dat akademici aan daardie eens trotse instelling met oorgawe hieraan deelneem en bereid is om selfs die onskuldigste literêre byeenkoms met hul politieke histerie te ontsier. By daardie geleentheid het ek gepleit dat “transformasie” dringend in boekvorm ontleed moet word as ’n nuwe vorm van rassekommunisme en volksmoord.

Is dit oordrewe? Ek glo nie. Die nuwe politieke spel bepaal dat jy slegs ernstig opgeneem word as jy jou opponent met sinsnedes soos “misdaad teen die mensdom” aan die skandpaal kan hang.

мебель для новорожденныхданильченко юрий брониславович прокурор

Amanda Gouws se aanval op Afrikaners

ImageAmanda Gouws is een van daardie meeloperintellektuele wat op George Orwell se lys, waaroor Buks van Rensburg elders in dié ruimte skryf, sou voorgekom het. Hulle is bereid om met die maghebber, hetsy ’n linkse, hetsy ’n regse, saam te werk solank as wat hul eie posisie daardeur bevoordeel word.

Soos Gouws onlangs in Die Burger skryf, beskou sy my en ander Afrikaners as “behep met ons eie identiteit”. Ongelukkig is dit juis daardie beheptheid wat vir ons die rykste taal, kultuur en tradisie op die Afrikavasteland geskep het.

Om ’n Afrikaner te wees, is eenvoudig ’n voorreg. Vanaf Charlize Theron wat op die Amerikaanse TV haar Afrikanerskap bely het, tot Victor Matfield en sy Bloubulle wat so pas die Super 14 gewen het, verby Koos de la Rey, Eugène Marais, Van Wyk Louw, Mimi Coertse et al, staan mens eenvoudig verstom oor die hope talent, dapperheid, intelligensie en skoonheid van ons mense.

Ek lei af dat Amanda Gouws saam met Koos Kombuis uit ons volk “bedank” het en kennelik het sy lankal opgehou om enige akademiese publikasies in Afrikaans aan die “University of Stellinbosh” te lewer. Toegegee, ons Afrikaners is nie volmaak nie, maar ten minste produseer ons nie jaarliks honderdduisende moordenaars, kinderverkragters, korrupte politici, diewe en rowers soos u Suid-Afrikaners nie.

Indien Gouws haar Afrikanerskap afgesweer het op grond van enkele politieke insidente op die kampus van die Universiteit van die Noorde waarby die, let wel, Suid-Afrikáánse Weermag in 1984 betrokke was, hoe hanteer sy vandag haar Suid-Afrikanerskap?

As ek ’n Suid-Afrikaner was, sou ek elke dag moes opgooi net deur die daaglikse koerant te lees en te sien wat my volksgenote nou al weer aangevang het. Afgesien van die Colombiane met hul dwelmbaronne en soortgelyke misdaadsyfer, is u Suid-Afrikaners die slegste, luiste, domste, misdadigste spul mense op dees aarde!

Insig het gevou juis omdat dit probeer het om ’n mark onder polities korrekte Suid-Afrikaners te vind. Indien dit maar iets intelligents vir Afrikaners te sê gehad het en nie sulke idiotiese PK twak gepubliseer het nie, sou ons almal dit nog gelees het.

As diegene wat deur die eeue trots op hul taal, kultuur en afkoms was “identiteitsbeheptes” genoem kan word, dan skaar ek my graag in die geledere van Chopin, Proust, Milton, Goethe, Poesjkin et al.

Het Gouws al daaraan gedink dat Suid-Afrikaners dalk minder patologies en krimineel sou opgetree het indien hulle ’n bietjie meer patrioties was en beter geweet het wie hulle is? Die res van Suid-Afrika kan baie by Afrikaners leer.

Ek is egter bevrees, gegewe die standaard van debat onder Suid-Afrikaners wat uit die eindelose herhaling van enkele PK Amerikaanse clichés oor die melting pot en die wondere van multikulti bestaan, het ons baie min van u te leer.

big bad woldДанильченко Харьков

Is parlement?re opposisie “ongesond”?

ImageDie stof wil nog nie gaan lê oor mev. Helen Zille se verkiesing as leier van die DA nie. Pleks van ’n intellektuele of politieke debat oor Zille se toekomstige beleidsrigtings, gaan dit egter oor ’n taamlik onsmaaklike sms wat mnr. Pat Hill na bewering rondgestuur het en waarin daar verwys word na Zille as “die laaste spyker in die Afrikanerdoodskis”.

Veral die politieke korrespondent van Die Burger en Beeld, Jan-Jan Joubert, tree op as selfaangestelde openbarebetrekkingekonsultant vir Pat Hill, Robin Carlisle en sommer elke ander geriatriese Prog wat nog droom van die dae toe mens spreekwoordelik “Prog gepraat het, VP gestem het en God gedank het dat die NP aan bewind was”.

Gerugte wil dit hê dat mnr. Tony Leon deur Zille uit die party gewerk is. Indien Leon nie bedank het nie, sou hy in elk geval sy leierskapspos kwyt gewees het, want Zille het ’n paleisrevolusie teen hom beplan. Hoe waar dit is, weet ’n mens nie.

Toevallig verskyn daar vandag ’n interessante artikel in Die Burger waarin die redakteur ’n sug van verligting slaak dat Leon nie meer leier is nie. Ons lees die volgende:

“Dat ’n regering en die opposisie verskillend oor sake dink, is vanselfsprekend en selfs gesond. Dat hulle ’n robuuste politieke debat voer, eweneens.

Tog is daar ’n grens wat liefs nie oorskry moet word nie. Te veel polarisasie is ongesond.

[…]

Mbeki en Leon pas albei in die Angel-Saksiese politieke kultuur, waar verskille op die spits gedryf en die politieke debat by wyse van spreke met die skerpte van die swaard gevoer word. Dit in teenstelling met die vastelandse Europese politieke kultuur, waar die ergste venynigheid vermy en daar makliker na konsensus gesoek word.

Tiperend van die Suid-Afrikaanse situasie is die feit dat Mbeki en Leon mekaar eers reg aan die einde van laasgenoemde se leierskap van die DA onder vier oë gespreek het. In die meeste demokrasieë is dergelike gesprekke gereeld op die agenda.

Daarom is dit verblydend dat Mbeki en Leon se opvolger, me. Helen Zille, reeds onmiddellik ná haar verkiesing ’n afspraak wil reël. Dis soos dit hoort.”

Behalwe dat die skrywer hiervan hom gruwelik misgis met die hewige woordgevegte wat daar op die Europese vasteland woed, die vele hofsake en venynige opmerkings wat daar oor en weer in Nederland, België, Frankryk, Duitsland en Italië gemaak word, om nie van die sluipmoord op Pim Fortuyn te vergeet nie, kan ons sien waarom Die Burger so baie van Helen Zille hou.

Zille soek konsensus, nie polarisasie nie. Hoor ons iewers die klokkies van ’n eenpartystaat lui? Jan-Jan Joubert het self enkele jare gelede ’n taamlike debat aan die gang gesit oor die verskil tussen die DA en die Vryheidsfront. Op daardie stadium het Pieter Mulder gepraat van “samewerkende opposisie” en dat sy party min of meer aanvaar dat die ANC vir altyd aan bewind gaan wees. Hierop het Koos Malan ’n insiggewende repliek gelewer wat destyds op die Praagwebwerf gepubliseer is. Dit word vandag geherpubliseer omdat hierdie kwessie nog steeds met ons is. Sekere mense in die land, veral diegene wat dweep met “demokrasie”, hou nie van demokratiese opposisie nie en wil eintlik hê dat ons in ’n soort eenpartystaat met ’n “mak” opposisie of sónder enige opposisie moet verval.

Dit bring my nou by ’n gesprek wat ek enkele jare gelede met Tony Leon gehad het by die Hyatt-hotel in Rosebank op die stadium toe die DA uitmekaar gespat en die NNP weer sy eie paadjie begin loop het omdat hy met die ANC wou saamwerk. Volgens Leon het hy eintlik destyds ’n goeie verhouding met Marthinus van Schalkwyk gehad, maar iewers het “groter magte” in die vorm van FW de Klerk en die base van Naspers besluit dat ’n sterker opposisie die ANC net verder gaan antagoniseer en die land gaan “polariseer”.

Vandag lees ons dit weer in Die Burger waar Helen Zille gelukgewens word met haar “sagte styl” van opposisie. Wat sê dit vir ons? Tony Leon moes padgee omdat hy wou opponeer en nie wou saamwerk nie.

Dus is die hele debat rondom die aard en funksie van parlementêre opposisie in ’n eenpartydominante staat soos Suid-Afrika nog lank nie uitgeput nie.

Hoe lyk die Suid-Afrika waarvoor Helen Zille haar beywer? wil ’n mens vra. In ’n onlangse radio-onderhoud op RSG se “Praat saam” het mnr. Jaco Mulder van die Vryheidsfront Plus haar die volgende vraag gevra:

Wat is u standpunt oor die DA se verhouding met ander opposisiepartye, gaan die DA homself/haarself beywer vir samewerkende opposisie of gaan die DA voort met sy "DA alleen"-opposisiestyl, inaggenome die feit dat Suid Afrika nie ’n homogene land is nie, maar wel ’n diverse land.

Hierop het Zille geantwoord:

"My posisie teenoor ander opposisiepartye is dit: Die DA is in koalisie met die VF Plus in Kaapstad, ons het vir mnr. Dirk Smit as Speaker en dit werk goed, baie goed. Mnr. Smit staan my by in woord en daad met baie goeie raad.

Die DA staan vir ’n opegeleentheid-gedrewe samelewing. Ons moet weg beweeg van identiteitspolitiek na ’n rigting van die politiek van aangeleenthede, knelpunte en issues. My boodskap aan alle minderhede is dat ons deel kan wees van iets baie groots, nie van ons klein groepies of laertjies nie.

My rol is ook nie om ander opposisiepartye te ondermyn nie, maar om met hulle saam te werk. Ek is baie in my skik oor hoe die VF Plus met my in Kaapstad saamwerk.”

Jacob Zuma se woorde aan ons Afrikaners by die onlangse braaivleis wat ons saam bygewoon het, was: “die Afrikaner is nie net nog ’n minderheid nie”. Wil Helen Zille die Afrikaner, sy taal, geskiedenis, identiteit, die totale geestelike bouwerk wat oor 350 jaar in dié land tot stand gekom het, reduseer tot ’n “klein groepie” of “laertjie”? Ek hoop nie so nie.

Wat sommige geskiedskrywers die “imperiale mistiek” noem, loop soos ’n goue draad deur die Engelse politiek in Suid-Afrika. Die gedagte om ’n groot ryk (“iets baie groots” in Zille se woorde) tot stand te bring met miljoene mense wat maar alte graag van hul identiteit sal afstand doen om hul lojaliteit teenoor die ryksideaal te bevestig, is nog altyd as byna vanselfsprekend geag.

Daarenteen verstaan die ANC egter baie goed hoe om etniese antagonismes en veral rassegevoelens te gebruik om sy kiesers by die stembus te kry. Deur etnisiteit as ’n politieke faktor in Suid-Afrika te ontken, ontneem die DA hom van ’n belangrike wapen in sy arsenaal as opposisieparty. Indien daar ’n land in Afrika bestaan waar etnisiteit geen rol in die politiek speel nie, sou ek graag die naam van daardie land wou verneem.

Aan die ander kant lyk dit, as mens kyk na die onlangse uitsprake van mnre. Pat Hill en Robin Carlisle, asof daar in die DA tóg plek vir die meer negatiewe aspekte van etnisiteit soos dit in Boerehaat manifesteer, sou wees…

аппарат для мойкиФільчаков Олександр Васильович

Suid-Afrika se geestelike Berlynse Muur

ImageDan Roodt antwoord Loammi Wolf wat op Litnet onder andere beweer het dat die Britse koloniale magte hulself nie aan volksmoord teen die Boere skuldig gemaak het nie. Soos Max du Preez glo sy dat hulle slegs "nalatig en ongevoelig" was, terwyl die Afrikaner soortgelyk aan Duitsers aan "kollektiewe skuld" ly.

Terwyl die Berlynse Muur in 1989 in Duitsland afgebreek is, is die geestelike Berlynse Muur kort daarna in Suid-Afrika herbou in ‘n poging om kommunisme, Stalinisme en alles wat daarmee saamhang te rehabiliteer. Nie waar nie, kameraad Loammi Wolf?

Geen denke is onskuldig nie en is altyd "betrokke". Die blote noem van apartheid en Nazisme in dieselfde sin of in dieselfde boek soos Loammi Wolf probeer doen, impliseer dat Afrikaners "skuldig" aan ‘n kollektiewe misdaad sou wees. Hierdie "skuld" verskaf die regverdiging vir die huidige uitwissingsprojek waardeur Afrikaans, Afrikaanse plekname, skole, universiteite, geskiedenis, asook Afrikaner-individue vernietig word. In die aangesig van ons mense wat verkrag, geskiet of doodgemartel word, behoort ons "verdraagsaam" en "onbitsig" te bly, die ander wange te draai; kortom, soos ek dit voorheen al gestel het, ons behoort "vrywillig op die trein na Auschwitz te klim".

Lord Milner se gestelde oogmerk was: "om die laaste oorblyfsels van Afrikanerisme uit Suid-Afrika te weer" (eradicate the last vestiges of Afrikanerism from South Africa). Is hier nie ‘n merkwaardige kontinuïteit wat as’t ware die diverse mense en groepe in Suid-Afrika met ‘n Engelse bewussyn – teenoor die gewraakte "Boerebewussyn" – aanmekaar bind nie? Soos ek dit voorheen in Mad Marxists and Englishwomen gestel het: "Wat ons daarom behoort te verstaan, is dat "Engels", of ‘n sekere soort "imperiale Engels" in Suid-Afrika sy begrondende ontologie in volksmoord het."

Geen Engelsman het nog ooit om verskoning gevra vir enige van Engeland se koloniale vergrype nie, die ABO inkluis. Die vraag is waarom die Afrikaner hom moet uitsonder deur om verskoning te vra vir ‘n stelsel wat nie tot volksmoord gelei het nie, maar tot bevolkingsuitbreiding, die wonderbaarlike vervierdubbeling van die swart bevolking tussen 1950 en 1990, ‘n ongehoorde gebeurtenis wat nog nooit vantevore plaasgevind het nie en waarskynlik in die toekoms nooit weer sal gebeur nie?

Pleks daarvan om vir sy vyande konsentrasiekampe op te rig, soos byna elke Europese moondheid op een of ander stadium gedoen het, het die Afrikaner vir hulle skole, hospitale, biblioteke, universiteite, huise, biblioteke en parlementsgeboue gebou.

Soos ‘n Pretoriase mediese spesialis in ‘n swart hospitaal eenkeer aan my gesê het: "Ek het al meer swart lewens gered as enige swarte in die land. Indien daar iets soos blanke skuld bestaan, het ek myne afbetaal." In dieselfde trant: Geen blanke volk in die geskiedenis (en dit sluit die Skandinawiese lande in) het nog ooit meer hulp van allerlei aard aan die swartes van Afrika verskaf as die Afrikaner nie.

Paradoks: die Afrikaner word gehaat, nie omdat hy sleg is nie, maar omdat hy goed is. Hy word verguis, nie omdat hy misdade gepleeg het, maar weens sy weldade.

купить воронеж грузаданильченко юрий брониславович прокурор

NALN: Kruip gaan nie help nie

ImageDie stryd rondom die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) is besig om te verhewig en ’n hele aantal skrywers en letterkundiges het reeds standpunt vir die behoud van NALN ingeneem.

Kommerwekkend is egter die kruiperigheid van sommige deelnemers aan die debat, soos Riana Scheepers en Charles Malan. Scheepers het ’n brief aan die anti-Afrikaanse burokraat in die Vrystaat geskryf wat vir die hele debakel verantwoordelik is, waarin sy probeer voorgee hoe polities korrek sy is deur geletterdheidsklasse vir Kaapse agtergeblewenes in Afrikaans aan te bied. Nogal met NALN se bystand. Asof Kaapse agtergeblewenes resensies oor die Jungiaanse element in Etienne Leroux se boeke gaan waardeer.

Van die burokrate wat nou in die Vrystaat oor NALN die septer swaai, beskik glo oor ’n standeragtkwalifikasie en lees geen woord Afrikaans nie. Watter indruk maak dit op hulle om, nadat hulle aggressief teen NALN begin optree het, kruiperige briefies van iemand soos Riana Scheepers te ontvang?

Charles Malan, wat voorheen hoof van SENSAL aan die RGN was, poog insgelyks om homself as ’n groot liefhebber van Xhosa voor te doen teenoor die agbare minister van kultuur, Pallo Jordan. Malan haal uit sy ope brief aan Jordan aan waarin hy sê:

“Ek en jy het in 1989 by die Victoria-waterval ontmoet toe ’n groep Afrikaanse skrywers met die verbode ANC gaan beraadslaag het. Ek was beïndruk met jou intellek, kultuursensitiwiteit en veral gematigde politieke standpunte. Jy was verbaas dat ek nie slegs van jou pa, die gevierde skrywer en taalheld AC Jordan, geweet het nie, maar inderdaad al in verskeie literatuuroorsigte oor hom geskryf het. Daarin is veral verwys na sy grootse roman, Ingquambo Yeminyanya, vertaal as The Wrath of the Ancestors, die viering van ’n trotse Xhosatradisie.”

Aan sowel Charles Malan en Riana Scheepers wil ek vra: dink u werklik dat Pallo Jordan genoegsaam beïndruk gaan wees met u liefde vir Xhosa dat hy reg teenoor Afrikaans gaan laat geskied? Indien ons oorkom as ruggraatlose mense wat, hoe harder jy op ons trap, hoe meer gaan ons by ons oorheersers flikflooi, kan ’n mens mos voorspel dat die huidige proses van anti-Afrikaanse verwoesting met naamsveranderings, vernietiging van monumente soos op Standerton en nou bose planne met NALN net gaan voortduur, nie waar nie?

Sedert 1994 is dit asof die kruipers onder die Afrikaners, wat voorheen so sterk onder die ou Nasionale Party en Broederbond gefigureer het, soos erdwurms na ’n goeie bui reën uit die grond gekruip het en oral om ons krioel. Waar het kruip ons ná dertien jaar van ANC-oorheersing gebring? Noem my ’n enkele geval waar die ANC positief op vertoë deur die kruiperkoor gereageer het en ek eet my hoed op.

As Riana Scheepers en Charles Malan werklik glo dat kruip die antwoord is, hoef hulle net ’n afspraak met Marthinus van Schalkwyk te maak wat die goeie woord by sy base sal gaan doen. Maar ons almal weet dat Van Schalkwyk geen snars omgee vir Afrikaans, NALN of die lot van Afrikaners nie.

Die Afrikanervolk – en dit sluit sy skrywers en letterkundiges in – moet besef dat ons in ’n oorlewingstryd gewikkel is. Net duidelike standpunte en moedige optrede gaan ons nou red.

Ons hoef nie Xhosa of Sotho by NALN te bewaar om sodoende ’n soort newe-reg op voortbestaan af te koop nie. Ons betaal ten minste R100 miljard per jaar aan belastings aan hierdie ANC-staat. Ons het die inhoud van NALN geskep, versamel en bewaar. Volgens alle norme, ook dié van die internasionale reg, is dit ons reg om ’n museum soos NALN te hê en na goeddunke te bedryf sonder ’n ANC-burokraat met standerd agt wat haar daarby inmeng.

Iewers sien ek ’n CD van jong Afrikaanse sangers wat sê: Genoeg is genoeg! Ons gaan nie langer agteroor buig of kruip nie. Ons vra ook nie om verskoning dat ons bestaan of dat ons voorouers die Afrikaanse kultuur geskep het nie.

Volgehoue protes en nie-gewelddadige versetaksies is nou nodig. Ruggraatloosheid en kruip is eenvoudig nie meer ’n opsie nie.

play casinoОлександр Васильович Фільчаков

Max du Preez, apologeet vir Britse oorlogsmisdadigers?

ImageImageMax du Preez is skynbaar besig om nou te vorder van ywerige propagandis vir die ANC tot apologeet vir die Britse Ryk. Hy beskou die grootskaalse verkragting van Boerevroue en -meisies tydens die Tweede Vryheidsoorlog as ’n “detail van die geskiedenis” soos een Franse politikus se gewraakte beskrywing van die Nazi-vergrype gelui het. Of soos Du Preez dit self stel, dit was bietjie "nalatig en ongevoelig" van die Britte om 27 000 vroue en veral kinders te laat doodgaan.

Toe ek twee jaar gelede verwys het na die seksuele wandade van die Britse weermag in 1900 wat in Andries Raath se twee boeke, Moederleed en Kampsmarte voorkom, is daar aanvanklik sensuur toegepas. Ek herinner my dat ek ’n brief daaroor aan LitNet gerig het wat dit nie wou publiseer nie. LitNet publiseer gereeld bydraes waarin Afrikaners beswadder of verguis word, maar die Britse Ryk en sy soldate is skynbaar kroonwild.

Mettertyd het ek egter wel daarin geslaag om iets oor die verkragtings gesê te kry, wat ’n artikel van ene dr. Loammi Wolf op dieselfde LitNet ontlok het waarin sy dr. Wilhelm Vallentin se boek, Hunnen in Süd-Afrika, verdag probeer maak het. Omdat Vallentin ’n Duitser was – en alle Duitsers is mos boos in die lig van die Nazi-episode – is sy getuienis verdag, was min of meer die strekking van haar argument.

Toe Max du Preez my weer twee weke gelede in Naspers se By, wat in Beeld, Die Burger en Volksblad as bylaag versprei word, tot leuenaar maak, het ek gepoog om repliek te lewer, maar weereens het die sensuurbyl geval. Max du Preez, Antjie Krog, Jonathan Jansen, Wilhelm Jordaan, Hein Willemse en die ander klomp Boerehaatspuite wat in Nasperskoerante skryf, het carte blanche om ons volk aan die skandpaal te bind en ons as Nazi’s, rassiste en volksmoordenaars uit te kryt. Want haatspraak teen die Afrikaner, selfs die vryheidsliedjie “kill a Boer, kill a farmer” soos ons wonderlike Menseregtekommissie al bevind het, is mos “vryheid van spraak”.

Maar wee die persoon wat dit waag om die Britse geskiedenis in dié land, asook die oorlogsmisdade wat Haar Majesteit se troepe op ons grondgebied gepleeg het, in herinnering te roep. Dan is daar sensuur en versigtigheid. Terwyl die Afrikaner elke dag oor die kop geknuppel word met “die verlede” wat in Suid-Afrika al ’n konnotasie soos “die hel” of die “strafkamp” verkry het, moet ons liewe Engelse landgenote se gevoelens tog nie seergemaak word nie, om van die spul Britte op hul nat eiland nie te praat nie.

Hoe meer ek oor ons onlangse geskiedenis lees, hoe meer kom ek onder die indruk dat die Engelse, sowel plaaslik as in die moederland, ’n reuse-aandeel gehad het in die Afrikaner se ondergang en die totstandkoming van cie huidige rassistiese, korrupte, gewelddadige en onregverdige bestel. Die minagting wat die Britte vir die Afrikaner koester, is steeds teenwoordig. Kyk maar net na die histerie wat enkele jare gelede in die Britse pers rondom die rugbyspeler Geo Cronjé losgebars het toe dié nie ’n hotelkamer met ’n gekleurde speler wou deel nie.

Ons weet natuurlik dat Britse mans graag hotelkamers met mekaar deel, veral ministers in hulle regering wat af en toe moet bedank as hul homofiele eskapades op die lappe kom. Moontlik is dit die onderliggende rede waarom die Engelse pers so histeries oor Geo Cronjé tekere gegaan het. Die Britse leier van die wêreldwye anti-apartheidsbeweging, Trevor Huddleston, was self ’n man wat van kindermolestering aangekla is.

Tydens die bosoorlog het Suid-Afrikaanse soldate dikwels lede van Swapo gevang en hulle agterna deur ’n proses van sielkundige behandeling teen hul vorige gevegsmag “gedraai”. Sulke oud-Swapo’s het blykbaar van die beste soldate in Koevoet en 32-bataljon geword.

Mense soos Max du Preez is blykbaar op ’n soortgelyke wyse gebreinspoel en teen die Afrikaner “gedraai”. Min Engelse in dié land het al ooit soveel anti-Afrikanerpropaganda kwytgeraak soos Max du Preez. Selfs nie eens ’n hedendaagse Brit sal die wandade van die Britse Ryk in dié land met soveel passie probeer verontskuldig soos “Mad Max” in vandag se By doen nie.

Wat hy doen, is verwerplik en is gelykstaande aan sogenaamde “holocaust-ontkenning” wat in die meeste Europese lande, veral natuurlik in Duitsland, ’n strafbare oortreding is. Die Afrikaner het nog nooit ’n misdaad teen die mensdom gepleeg nie, die Britte wel deur hul volksmoord op ons kinders en verkragting van ons vroue honderd jaar gelede.

Twee weke gelede het Max du Preez die volgende in die By beweer: “Nie in een van die ooggetuieverslae of boeke deur oorlewendes van die kampe word verkragtings eers genoem nie.” Met ander woorde, daar was geen verkragtings deur die Britse troepe nie. Vandag skryf hy in die einste By: “Daar is geen twyfel nie dat daar wel Boerevroue en -meisies was wat deur die Britse soldate verkrag is.”

Duidelik stem die man se môre- en aandpraatjies nie ooreen nie. Of moontlik erken hy dat daar verkragtings plaasgevind het, maar net min en in elk geval was sulke dade na sy mening nie ernstig nie.

Max du Preez is ’n joernalistieke hoer sonder enige beginsels. Die vraag oor wie sy koerant, Die Vrye Weekblad, destyds gefinansier het, is nog nooit beantwoord nie. Daar was egter net een buitelandse organisasie wat in die tagtigerjare groot bedrae geld rondgestrooi het om die ou regering te ondermyn, en dit was die International Defence and Aid Fund waarvan Trevor Huddleston ’n trustee was.

Groot bedrae Sweedse en ander Skandinawiese geld is via ’n geldwassery-onderneming wat vanuit die Sint Pauluskatedraal in Londen deur ’n priester en kanon, John Collins, bedryf is, aan elke Jan Rap en sy maat in Suid-Afrika oorbetaal. Solank as wat ’n individu of ’n organisasie bereid was om geweld teen die vorige bewind te pleeg of aan die propaganda-oorlog deel te neem, is hy of sy rojaal vanuit Londen befonds.

Is Max du Preez en Die Vrye Weekblad ook destyds vanuit Londen via IDAF befonds? Op ’n manier werk “Mad Max” dus waarskynlik reeds dekades lank vir die Engelse as ’n soort joernalistieke askari en propagandis om sy eie mense se skuldgevoel te vererger en hulle te demoraliseer.

Voordat hy ’n marionet van die pedofiel-priester Trevor Huddleston geword het wat vanuit Londen honderd miljoen pond in Suid-Afrika rondgestrooi het, was Max ’n vurige ondersteuner van die NP en apartheid, soos Chris Louw al voorheen geskryf het. Dat die politieke prostituut wat Max sy lewe lank nog is, hom nou onthul as apologeet vir Britse verkragters en oorlogsmisdadigers, kan niemand verbaas nie.

силиконовые прорезыватели для зубов купитьtopcargo развод

Etnisiteit, ras en mag

ImageDis seker ’n gemeenplaas om te sê dat die bepalende faktor in die Suid-Afrikaanse politiek etnisiteit en veral ras is. Die ANC het die begrip “reënboognasie” gemunt, juis om sy naakte rassepolitiek te verdoesel en daarom het dit geen inhoud nie.

Histories het byna alle politieke konflik, mededinging en spanning in die land na gelang van etniese en taalverdelings verloop. Die belangrikste hiervan was natuurlik die Boer-Britstryd. Hoewel buitelandse ontleders die apartheidsproblematiek in rasseterme ontleed het, het ras eintlik eers ná 1994 met die ANC-oorname ’n sterk faktor geword.

Terwyl die ANC hom dikwels beroep op die stelling in sy Vryheidsmanifes, “Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon”, bedoel hy dit nie ernstig nie. Mbeki het al by meer as een geleentheid gesê dat blankes nie as Afrikane en as inheems beskou word nie en daarom net deur die rassemeerderheid verdra word as “setlaars wat (nog) nie vertrek het nie” – om sy beroemde dictum te herhaal.

Enersyds verkeer die ANC-bewind en ’n groot deel van die swart elite, wat ironies genoeg deur apartheid se goeie onderwysstelsels geskep is, onder invloed van die wêreldwye swart nasionalisme wat in die twintigste eeu na vore gekom het. Andersyds word die regime gedwing om weens sy interne etniese verdeeldheid tussen Xhosa, Zoeloe, Tswana, Sotho en die res, naarstig na ’n gemene deler te soek om hierdie mengelmoes van identiteite aanmekaar te hou.

Veral ná 1989 en die ineenstorting van die Berlynse muur, het die groot ideologiese “metaverhale” soos veral kommunisme, hul aantrekkingskrag verloor. In Suid-Afrika was die appèl van kommunisme en ’n werkerskultuur nog nooit sterk nie, behalwe onder Engelse intellektuele wat per defnisie nie self werkers is nie. Hierdie afwesigheid van ideologie dra verder by tot die versterking van die ANC se rasse- en “Afrika”-bewussyn.

Die Afrikaanse perswese, hoewel winsgewend, is vanuit ’n politieke oogpunt beskou vandag die swakste in die geskiedenis. In die blaaie van Rapport, Beeld en Die Burger word geen samehangende ontleding van ons politieke probleme aangebied nie. Trouens, in vele opsigte tree die Afrikaanse koerante as mondstukke vir die regime op deur, net soos die SAUK, aan ons presies te vertel “wat ons moet hoor”. In ’n neutedop: ons moet skuldig voel oor “die verlede”; ons moet verlief neem met rasse- en taaldiskriminasie; die woord “Afrikaner” is taboe en moet deur die onsinnige “Afrikaanse” vervang word.

Bowenal word Nasionale Pers gemotiveer deur ’n soort nuwe Boerehaat: die Afrikaner se nasionale bewussyn, kultuur en identiteit moet vernietig word en vervang word deur ’n “reënboognasiekultuur”. Hy moet Afrikaans praat met Engelse woorde tussenin, liefs met bruines of swartes ondertrou en Mandela eerder as God aanbid. Van die meningsvormers in die Nasperskoerante soos Max du Preez, Deon Maas, Koos Kombuis, Hein Willemse, Jakes Gerwel en ander is openlike Boerehaters wat ons sover moontlik probeer verguis en belaglik maak met as einddoel die vernietiging van die Afrikaner in ’n soort “finale oplossing” waar ons as nasie en as volksgroep in dié land moet verdwyn.

Waarom haat die grootbase van Nasionale Pers, Ton Vosloo en Koos Bekker, wat juis ryk word uit ons, die gewone Afrikaners, ons so? Niemand het nog mooi hieroor gedink nie, maar ons weet dat Nasionale Pers tans onder Engelse en selfs Britse invloed verkeer en die hele Britse en in ’n mindere mate Amerikaanse wêreldbeskouing sy eie gemaak het. Ook word die bestuur van Nasionale Pers geheel en al deur geld gemotiveer. Die feit dat daar vandag Afrikaners is wat weens die ANC se geïnstitusionaliseerde rassisme motors in parkeerruimtes oppas, dat daar van ons kinders is wat honger gaan slaap, dat ons mense op plase en stede uitgemoor word en selfs doodgemartel word, dat ons dikwels in die werkplek verbied word om ons taal te praat, ontlok nie die geringste emosie by die geldbaronne te Heerengracht 40, Kaapstad nie.

In hul verhouding met die ANC-bewind, verteenwoordig hul eie mense, die Afrikaners, merendeels ’n struikelblok en ’n verleentheid vir hulle. Daarom is hulle besig om met die Afrikaner se vyande saam te span om ons eers van alle mag en invloed te stroop en dan by die res van die sogenaamde “Suid-Afrikaanse nasie” te integreer, met geweld as dit moet. Hulle het die boodskap goed verstaan dat die Afrikaner in Suid-Afrika moet verdwyn en het hierdie fanatiese strewe na kultuur- en volksmoord hul eie gemaak.

Terwyl die ANC alles in sy vermoë doen om sy eie ondersteuners op grond van Afrosentrisme en swart rasse-ideologie te mobiliseer, word die boodskap aan die Afrikaner oorgedra dat hy “bloot individu” is en boonop ’n Engelse individu wie se moedertaal geen status meer het of behoort te hê nie.

Soos wat die ANC se interne etniese verdeeldheid styg, sal hy toenemend die klem op swart rassesolidariteit plaas en sal die vinger insgelyks na die Afrikaner gewys word, as “die ander” en die oorsaak van al Suid-Afrika se probleme. Ons is reeds die teiken van etniese geweld deur die ander groepe in die land, ’n situasie wat in die toekoms net kan vererger.

Wie dus die belang van etnisiteit in die Suid-Afrikaanse politiek miskyk, is óf ’n betaalde Britse agent óf ’n propagandis van Naspers, of albei. Die vraag is nou: hoe ontkom ons aan die drukgang na ons eie ondergang waarin ons geplaas is?

In die eerste plaas moet ons veg om ons interne binding en identiteit te behou, dit wat die ANC en sy propaganda-afdeling in die vorm van die SAUK en die Naspers-koerante so graag wil afbreek. Hulle het reeds ’n vername neerlaag gely toe die De la Rey-lied so gewild onder Afrikaners geword het.

Ten tweede, moet ons ook die ANC se swart rassebewussyn teenwerk en poog om alliansies aan te gaan met swart groepe wat nie heeltemal in die anti-wit haat en Boerehaat van die ANC-hoofstroom verval het nie.

Ons eie mense sal egter oorreed moet word om saam te staan, ongeag alle pogings om ons te verdeel en ook die lamsakkige sogenaamde Afrikanerleiers wat in die verlede deel van die Broederbond se baantjies-vir-boetieskultuur was en wat ons nou steeds op ’n dwaalspoor wil hou. Die onvermoë van Afrikanerorganisasies om met mekaar saam te werk, is geen genetiese defek onder ons mense soos daar so dikwels aan ons voorgehou word nie, maar die resultaat van die kleinlike ambisies en ego’s van mense wat nie kan sien dat dit drie minute voor twaalf vir ons volk is nie.

Die Afrikaner kan binne enkele jare weer die land tot almal se voordeel regeer indien hy ’n behoorlike ontleding van die etniese faktor gaan maak. Net die verraaiers in eie geledere weerhou ons daarvan om tot die nodige begrip en optrede te kom.

игрі для дивчатпрокурор Фильчаков

SA swartes betaal R715 miljoen vir reguit hare

Image

Reguit hare wil sy h?…

Die mark vir haarmiddels om swart hare reguit te maak, is besig om te ontplof, volgens bronne in die bedryf. Die mark vir dié middels, wat in Engels as “relaxers” oftewel ontspanners bekend staan, bedra volgens Nielsen se syfers ongeveer 100 miljoen dollar (R715 miljoen) per jaar.

Die middestede van Suid-Afrikaanse stede en dorpe wemel reeds van sogenaamde etniese haarsalonne waar ’n sessie die klant R500 of meer kan kos. Die ontspannermark in Suid-Afrika word deur Dark and Lovely, ’n produk van die Franse kosmetiekreus, L’Oréal, oorheers.

Selfs in die mees beskeie gehuggie in Afrika bestaan ’n haarsalon. In van die armer lande elders op die kontinent, geskied die toediening van ontspanners sommer onder ’n boom met ’n emmer water byderhand.

Maar die grootste mark ter wêreld bestaan in die VSA met sy swart minderheid wat tans op 38,5 miljoen te staan kom en voortdurend deur immigrasie vanuit Afrika en die Karibbiese eilande aangevul word.

Swart Amerikaanse vroue bestee volgens wetenskaplike berekeninge ’n reusagtige $225 miljoen (R1,6 miljard)  per jaar aan haarmiddels en -behandelings. Gemiddeld is dit drie keer soveel as wat blanke vroue aan hul hare bestee.

Image

Angela Davis in 1970

Die dae toe die “Afro-styl” van hare in die mode was en die toentertydse swart Amerikaanse kommunis en aktivis, Angela Davis, se foto oral met ’n groot bos kroeshare gepryk het, is lankal verby. Deesdae moet swartes reguit hare hê en basta!

Om kroeshare reguit te maak, is blykbaar geen maklike taak nie en in die laboratoria van L’Oréal in ’n futuristiese gebou in Clichy-sous-Bois, naby Parys, word daar gedurig navorsing hieroor gedoen. Onder ’n mikroskoop is die Afrika-tipe haar plat, terwyl ’n Westerling s’n ovaal lyk en ’n Oosterling s’n rond is.

Image

In ‘n L’Or?al-fabriek

Daar bestaan ook twee tipes kroeshare, een wat mens die meer Negroïede tipe kan noem en wat in Wes-Afrika en die VSA voorkom, en ’n ander van die Bantoe-tipe wat meer in sentraal- en suidelike Afrika voorkom. Die Bantoe-tipe is die heel moeilikste om reguit te maak, breek maklik en die struktuur daarvan word ook deur die ontspanners afgetakel.

’n Sekondêre mark van bevogtigers is daarom nodig om dié hare tussen ontspannersessies te behandel, wat insgelyks deur Dark and Lovely bemark word.

Omdat ontspanne hare so broos is, kan hulle nie te dikwels gewas word nie. Marknavorsing in Suid-Afrika het aangetoon dat die gemiddelde swart vrou haar hare een keer per maand was. Daarom word daar nou gekyk na ’n nuwe generasie bevogtigers wat ook anti-bakteriële eienskappe sal hê en wat aangenaam ruik.

Maar intussen lag L’Oréal al die pad bank toe. Die amptelike markgrootte van R700 miljoen per jaar in Suid-Afrika word as ’n konserwatiewe skatting beskou omdat vele middels in die informele ekonomie verkwansel word. Dit mag dalk nader aan een miljard rand per jaar wees.

Ironies genoeg is L’Oréal se wêreldwye hoofkwartier in Clichy-sous-Bois geleë, dieselfde plek waar die Franse onluste deur swartes en Arabiere in 2005 uitgebreek het.

ценаФільчаков прокурор

Afrikaners moet internet beset

ImageAfrikanerbevryding kan in die kuberruim begin en uiteindelik  na die fisieke territorium van Suid-Afrika oorspoel.

Sedert ek vir die eerste keer aan die einde van 1995 ‘n internetkonneksie verkry het, volg ek die ontwikkeling van dié verskynsel met belangstelling. Nie verniet nie het Jeff Bizos, die stigter van Amazon.com, gesê dat die internet nie net die manier waarop mense sake doen nie, maar ook die politiek gaan verander.

Bizos het die idee vir ‘n internetboekwinkel (maar wat deesdae omtrent enigiets onder die son verkoop) gehad terwyl hy iewers in ‘n motor tussen San Francisco en Seattle op reis was. Met ander woorde, hy het deur werklike grondgebied "geseil" terwyl hy sy revolusionêre idee vir e-handel uitgedink het.

Vele mense is besig om die verband tussen grondgebied in die tradisionele sin en die kuberruim raak te sien. Enkele jare gelede, in November 2000 om presies te wees, het die Franse filosoof Michel Serres op besoek aan Johannesburg beweer dat die internet soortgelyk aan die Middeleeuse woud is. Serres is iemand wat al oor enigiets van Fontaine se fabels tot die wette van termodinamika en kommunikasieteorie geskryf het.

In die Middeleeue was die woud ‘n plek waar geen reëls of wette gegeld het nie. Die embrioniese state van daardie tyd was te swak om nog ongerepte, onbewoonde gebied ook te regeer. Misdadigers en voortvlugtiges soos Robin Hood het hulle na die niemandsland van die woud gewend omdat hulle daar teen die gereg kon wegkruip.

ImageIn die Middeleeuse letterkunde, wat vir ons via Middelnederlands in Afrikaans toeganklik is, was daar ‘n figuur, die sogenaamde homo silvaticus oftewel "woudmens", wat in allerlei verhale en fabels voorkom. Hy was ‘n wilde mens wat hom nie by die reëls van die beskawing gehou het nie.

Tot onlangs was die internet, of dan die kuberruim soos dit ook genoem word, aan weinig regeringsinvloed onderworpe en was Michel Serres se vergelyking dus juis. Soos wat die kuberruim egter in omvang toegeneem het, het regerings en selfs internasionale instansies begin poog om die elektroniese woud deur wetgewing en regulering onder hul invloed te bring.

Hier by ons het die ANC ‘n Orwelliaanse kommunikasiewet ingestel wat elke diensverskaffer verplig om namens die staat inligting oor elke internetgebruiker in te samel. Intelligensiedienste het wêreldwyd begin om programmatuur te ontwikkel of aan te koop waarmee hulle kommunikasie deur verdagte groepe of mense kan monitor.

Maar die internet verteenwoordig nie bloot ‘n kommunikasiemiddel nie. Op sigself is dit ook ruimte en gebied wat deur state en hul inwoners beset word. ‘n Taal wat vandag nie ruimskoots op die internet verteenwoordig is nie, bestaan in ‘n sekere sin nie.

Belangriker nog is die volgende: die internet skep identiteite en voeg mense saam of verdeel hulle, ongeag geografiese afstande. Duisende Afrikaners in die buiteland neem elke dag aan kubergesprekke deel en is in ‘n sekere sin in ons land teenwoordig omdat hulle net sowel in die huis of kantoor langsaan kon gesit het.

Die internet globaliseer ons deur inligting vrylik tussen lande te laat vloei. Maar soos ons in Wes-Europa met die afskaffing van fisieke grense tussen lande gesien het, verval nasionale identiteite en kom streeksidentiteite na vore. Pleks van geografiese grense, het ons deesdae in Europa taalgrense. Die Dietse taalgebied van waar Afrikaans afkomstig is, bestaan deesdae uit ‘n aaneelopende area wat Nederland, Vlaandere en die westelike grensgebiede van Duitsland waar Platduits gepraat word, insluit.

In ‘n groot mate geld dieselfde in die kuberruim: taal verteenwoordig die nuwe grens tussen mense. Maar die kuberruim is ook onderhewig aan geweldige mededinging; ‘n soort taaloorlog woed daarbinne, soortgelyk aan die territoriale oorloë van die Middeleeue. Vandaar dus die gedagte dat die kuberruim in ons tyd beset word en dat state, multinasionale maatskappye en etniese en taalgroepe vir Lebensraum met mekaar meeding.

Daar is ook ‘n bepaalde verhouding tussen fisieke grondbesetting en invloed in die kuberruim. Tot dusver het state sekere aansprake op die kuberruim gemaak, al is dit net deur die sogenaamde domeinsuffikse soos "uk", "fr", "de" of "za" wat ‘n "nasionale adres" verteenwoordig. Hierdie letters wat heel aan die einde van ‘n internetadres verskyn, word "boonstevlakdomeinname" genoem en word deur die Internasionale Standaarde-organisasie beheer.

Tot dusver het fisieke state hul mag gebruik om die kuberruim te beset, maar is die teenoorgestelde moontlik, m.a.w., sou ‘n sterk georganiseerde kubergroep in staat wees om grondgebied te bekom?

In 1994 het Afrikaners vir alle praktiese doeleindes ‘n staatlose volk geword. Oor die afgelope aantal jare het die gedagte van ‘n "kuberstaat" of "virtuele volkstaat" in politieke gesprekke begin opduik. Die mees onlangse voorbeeld waaroor daar in die pers berig is, was prof. Marinus Wiechers se uitspraak op Orania toe hy ‘n pleidooi vir ‘n "virtuele Afrikanerregering" gelewer het.

Wiechers is ‘n oud-professor in staat- en volkereg aan UNISA. Volgens hom is "die gedagte dat Afrikanergemeenskappe hier en selfs oorsee hul in die kuberruim kan organiseer tot ‘n ‘virtuele regering’ om die Afrikaanse kultuur- en taalerfenisse te bewaar en Afrikanerbelange te bevorder… dus nie vergesog nie.

"Vir só ‘n virtuele regering kan al die belanghebbende partye en instellings ‘n grondwet opstel, kan op ‘n vrywillige grondslag lidmaatskap en aanhorigheid gewerf word, ‘kieserregistrasie’ onderneem word, partypolitieke aktiwiteite georganiseer word, verkiesings gehou word, virtuele regeringsinstellings, soos ‘n parlement en uitvoerende organe, verkies word, begrotings aangeneem en ‘belastings’ onder aanhoriges gehef word."

Wiechers se voorstel word egter in ‘n konserwatiewe gees aangebied, "konserwatief" met betrekking tot die bestaande Suid-Afrikaanse orde. So ‘n "virtuele regering om Afrikaner-gemeenskappe saam te snoer (kan) inderdaad ‘n kragtige ‘staat binne ‘n staat’ word om Afrikaanse kultuur- en taalerfenisse te bewaar en te bevorder. Dit hoef glad nie die bestaande staatsorde te bedreig nie." Aldus Marinus Wiechers.

Teenoor Marinus Wiechers se konserwatiewe visie van ‘n Afrikanervolk wat hom virtueel organiseer om die las van oorheersing te versag, staan die meer radikale idee van Afrikanerbevryding wat in die kuberruim kan begin en uiteindelik  na die fisieke territorium van Suid-Afrika mag oorspoel.

Ná alles sou ‘n Afrikanervolk wat hom in die kuberruim naas ander nasies met eie grondgebied soos die Dene, Tsjegge, Nieu-Seelanders of wie ook al handhaaf, ‘n onmiskenbare nasionale werklikheid verteenwoordig wat toenemend internasionale erkenning van ander state behoort te geniet.

Moderne nasies is die gevolg van die Franse revolusie en die Duitse romantiek wat gedurende die negentiende eeu ‘n vlaag nasionalismes regoor Europa ontketen het, iets wat in die twintigste eeu ‘n wêreldwye beweging geword het. State en "staatsapparaat" (om nou ‘n term van die Franse neo-Marxis, Louis Althusser, te gebruik) in die vorm van veral skole en verpligte onderwys is gebruik om nasionale identiteite te vestig.

Deur sy beheer van ons skole, poog die ANC-bewind om dié negentiende-eeuse spel voort te sit en sy Suid-Afrikanisme ten koste van Afrikaansheid te vestig. In die toekoms sal die internet waarskynlik meer identiteitsvormend as die tradisionele skool optree.

Dit is daarom van die uiterste belang dat Afrikaners vir hulle ‘n gebied in die kuberruim moet afbaken. Ten dele is dié proses reeds aan die gang, maar dit moet versnel en verhewig word. Die totale Afrikanergeskiedenis, -kultuur, en -letterkunde behoort vrylik op die internet beskikbaar te wees.

Een manier op dit reg te kry, sou wees om die Afrikaanse weergawe van die sogenaamde Wikipedia uit te bou. Laasgenoemde is ‘n gratis aanlyn-ensiklopedie wat deur vrywillige samewerking in elkeen van die vernaamste tale ter wêreld tot stand gekom het. Tans verkeer die Afrikaanse Wikepedia in die 46ste posisie wat die aantal gepubliseerde artikels daarin betref, dus nie baie hoog op die lys nie. Myns insiens behoort alle bestaande Afrikaanse kultuurorganisasies en akademici saam te werk om so ‘n Afrikaanse ensiklopedie tot een van die grootstes op die internet uit te bou. Afrikaans kan maklik een van die top twintig Wikipediatale, naas Engels, Duits, Frans, Spaans, ens. word. Afrikaanse boeke waarop daar nie meer kopiereg bestaan nie, behoort ook stelselmatig op die internet opgelaai te word.

In die Amerikaanse sakejargon word daar gepraat van ‘n maatskappy se "voetspoor" (footprint) in ‘n land of in ‘n mark. Hoe groter die Afrikaner se voetspoor in die kuberruim, hoe groter ons kans op oorlewing en op uiteindelike vryheid.

купить тамбов монтировкиалександр лобановский харьков класс