Babas aan die brand gesteek in Blairgowrie

Image

Brandstigting bly ‘n gunstelingtydverdryf…

Die polisie het nog niemand aangekeer ná die geval in Blairgowrie, Randburg, waartydens 'n swart gesin van vier aan die brand gesteek is nie. Aanvanklik is 'n rooftog vermoed, maar tans word die voorval aan 'n "liefdesrusie" toegeskryf.

Volgens kaptein Julia Claassen van die SA Polisie, "het geen inhegtenisnames nog geskied nie en gaan die polisie voort met hul ondersoek".

Vier swartes, waaronder twee babas, verkeer in 'n ernstige toestand nadat hulle Vrydag tydens 'n aanval in Olympicstraat, Blairgowrie, aan die brand gesteek is.

Al vier het erge brandwonde opgedoen en word tans daarvoor in die hospitaal behandel.

Vrydag het senior superintendent Eugene Opperman gesê dat 'n voorlopige ondersoek gedui het op 'n "liefdesdruk en nie 'n rooftog soos aanvanklik gedink is nie".

'n Veiligheidsmaatskappy het Vrydag 'n noodroep vanuit 'n woning in Blairgowrie om 2.20 n.m. ontvang.

"Hulle het op die toneel aangekom en het die bediendekamer in ligte laaie gevind. Hulle het twee babas, asook twee volwassenes, 'n man en 'n vrou, op die perseel aangetref."

'n Woordvoerder vir Netcare 911 se paramediese span, Nick Dollman, sê die babas is "baie klein… omtrent 'n jaar oud".

Die brandslagoffers is blykbaar die bediende, haar vriend en haar twee kinders.

'n Saak van brandstigting en poging tot moord word ondersoek.

In 'n soortgelyke voorval vroeër vandeesweek, is 'n 25-jarige smous wat in 'n liefdesdriehoek vasgevang is ook langs die pad in Pietermaritzburg aan die brand gesteek.

Die woordvoerder van die polisie in Kwazulu-Natal, Henry Budhram, het gesê die smous, Sli Benghu, was Dinsdag besig om sake in Manchesterweg, Northdale, te doen toe sy deur 'n vrou wat aan haar bekend is, genader is.

'n Rusie het tussen die twee ontstaan, waarna die vrou 'n vlambare stof oor haar gegooi het en haar aan die brand gesteek het.

"Die slagoffer het na 'n nabygeleë spruit gehardloop waar sy daarin geslaag het om die vlamme te blus, maar het agterna inmekaar gesak," het Buhram gesê.

"Die motief vir die aanval is blykbaar 'n minnaar se ontrouheid," het Budhram gesê.

'n 22-jarige verdagte is later in Haniville in hegtenis geneem en sal binnekort in die Pietermaritzburgse landdroshof op 'n klag van poging tot moord verskyn.

Die slagoffer verkeer blykbaar in 'n ernstige maar stabiele toestand in 'n hospitaal.

строительство бани фотоАлександр Фильчаков

Swart boere immuun teen Landbankterugnames

ImageDie Landbank neem feitlik geen plase terug van swart boere wat nie hul lenings terugbetaal nie. Hierteenoor word streng kredietbeheer teen wit boere toegepas.

Oor die afgelope tyd is 25 plase deur die Landbank opgeveil, maar slegs 5 daarvan het aan swart boere boere behoort.

Maar volgens ingeligte bronne is daar "honderde swart boere" wat nie betaal nie en wie se plase tans aan regsoptrede blootgestel is. Die uitvoerende hoof van die Landbank, Phakamani Hadebe, beweer dat die bank R100 miljoen per maand weens hierdie wanbetalings verloor en waarskynlik binne drie jaar bankrot sal speel indien daar nie weer staatshulp kom nie.

Sowel Hadebe as die waarnemende voorsitter van die bank, prof. Herman van Schalkwyk, is bekommerd dat die Landbank se reputasie weereens 'n knou kan kry indien die skuld van swart boere nie ingevorder word nie. Ander banke in die privaatsektor sal nie meer bereid wees om daarmee sake te doen nie en die Landbank se skuldbriewe sal ook nie meer deur beleggers aangekoop word nie.

Die Landbank was die afgelope jare in die nuus weens die wanbestuur en korrupsie wat tot onlangs gegeld het nadat dié apartheidsinstelling, wat boere geslagte lank gedien het, onder transformasiebestuur gekom het.

Politieke druk op die Landbank om die rasprofiel van sy kliënte by invorderings in ag te neem, word deur die ANC-voorsitter van die portefeuljekomitee vir landbou in die parlement, mnr. Lulu Johnson, toegepas. Johnson het gevra dat daar weer 'n moratorium op die terugname van swart eienaars se grond ingestel moet word. Vanaf 2002-2005 het daar sulke moratoriums op die grond van swart eienaars gegeld.

Die Landbank meen nou dat die bank nie "sy politieke mandaat as ontwikkelingsbank" kan nakom sonder geld wat deur die parlement voorgeskiet word nie. Maar Nhlanhla Nene, die adjunkminister van finansies, het geensins te kenne gegee dat sulke hulp tans oorweeg word nie.

Die Landbank is wetlik verplig om binne drie maande teen wanbetalers op te tree en hul eiendomme terug te neem, iets wat tans in die geval van swart leners nie gebeur nie.

'n Vergadering van die landbouminister, Tina Joemat-Petterson, Gugile Nkwinti, minister vir landelike ontwikkeling en Pravin Gordhan, die finansminister, is deur die parlementêre portefeuljekomitee aangevra om dringend die kwessie te bespreek.

casino dayАлександр Фильчаков

Hartseer verhaal van Tswaing se Boerbokke

Tswaing – net nog 'n 'modelmunisipaliteit' onder ANC-bestuur verwys. Dit was vir my baie interresant om oor die Boerbokprojek op Sannieshof te lees maar ek moet erken dat dit glad nie vir my nuus was nie. Ek is die boer wat die bokke aan die projek voorsien het.

Die "konsultant", mnr Ike Makwela, wat as fasiliteerder vir hierdie projek opgetree het, het my al sowat 3 weke nadat die 100 dragtige ooie en 3 stoetramme op die plaas afgelewer was, gekontak om te kom help aangesien die ooie besig was om te aborteer en van hulle het toe al gevrek; die lammers was ook besig om te vrek en dit alles as gevolg van 'n gebrek aan mediese sorg, voldoende weiding en algehele boerderykennis.

Op my vraag warom die staat nie die projek dan bystaan nie was sy antwoord dat die staatsveeartse (almal swartes) daar opdaag sonder mediese voorraad en toerusting, sonder kennis en dan rondstaan en wonder wat om te doen. Toe ek instem om hulle by te staan met alle mediese toerusting, medisyne en ander raad – natuurlik teen 'n markverwante prys – was daar lang stories hoekom hulle dit nie kon bekostig nie.

Ek is glad nie verbaas dat die Boerbokke almal besig is om te vrek nie. As boer is dit net vir my verskriklik hartseer dat hierdie mooi diere moet vrek as gevolg van onbeholpenheid, traak-my-nie-agtigheid en die algehele onvermoë van enige van die partye wat by hierdie projek betrokke is.

Die dag toe die Boerbokke daar afgelaai is, toe is daar weer almal wat iemand is, mos daar. So ook die staatsveeartse, die burgemeester, die aanhangers en die drentelaars. Toe die antvangers van die diere my bietjie uitvra omtrent die versorging van die Boerbokke, staan die bondel swart veeartse nader, heel verontwaardig omdat hulle nie genader is nie. Die snert wat hulle toe as raad aan die begunstiges opdis het toe al vir my laat blyk: hier kom 'n ding vir dié arme diere. Hoe op dees arde die klomp sogenaamde veeartse nog deur die skool kon kom, kan mens maar net oor wonder. Maar van dieregesondheid, medikasie, inentings, ens., hulle absoluut niks. Ek is g'n veearts nie maar ken darem een as ek hom raakloop en hier was nou vir jou 'n klomp onkundiges op 'n hoop.

Ek noem maar terloops dat die einste mnr Makwela – dié wat nie kon bekostig dat die Boerbokke versorg word nie – rondry in 'n blinkoranje BMW X6 wat in die omgewing van R750 000 kos. Volgens hom is hy 'n werknemer by die Mafikeng-munisipaliteit maar bedryf eintlik sy eie konsultasiemaatskappy wat hierdie "bemagtigingsprojekte" vir die Noorwesprovinsie se distriksmunisipaliteite fasiliteer. Mens kan maar self tussen die lyne lees hoeveel werk daar deur hom as werknemer by die munisipaliteit verrig word. Maar dit keer natuurlik nie dat hy seker maandeliks sy volle salaris by die munisipaliteit trek nie.

Die bemagtigingsprojek, waarvan die beesprojek wat in die artikel genoem is, deel is, is op 'n plaas buite Sannieshof gevestig waar sowat 20 swartes nou kamstig gaan "boer". Dié pragtige plaas, wat voor sy onteiening 'n gemengde kommersiële boerdery was, word nou deur dié klomp swartes wat uit die nabygeleë township kom, besit. Daar is, soos ek dit verstaan, vier groep begunstigdes. Die plaas, wat voorheen dalk een of twee boeregesinne van 'n redelike leefstyl voorsien het, moet nou van 'n horde onbevoegde township-bewoners "boere" maak. Die regering, in sy eindelose wysheid, het toe die plaas in vier verdeel, sommer deur die werf die grond in vier stukke gedeel, waarmee elke groep nou moet sien en kom klaar. Dus het een groep die beesgeriewe (laaibank, krale) en een sinkstoor saam met hul gedeelte ontvang. 'n Tweede groep het die plaasopstal, tennisbaan en mooi tuine saam met hul stuk gekry, terwyl die derde groep twee mooi sinkstore saam met hul stuk gekry het . Sover ek kon uitmaak, het die vierde groep toe net grond sonder enige vaste bates ontvang.

Nou ja, nou moet hulle almal gaan "boer" en vir hulself en hul gesinne sorg, en dit nog sonder enige bystand van enige persoon wat weet wat hy doen.

Die regering moet maar mooi gaan kyk na waarheen hulle strategie vir die vestiging van swart "boere" op pad is. Daar word groot stukke produktiewe landbougrond elke dag deur sulke projekte soos hierbo genoem, uit produksie gehaal. Daar is geen kans dat enige van hierdie projekte bydra tot die ekonomie nie, nie nou nie en ook nie in die toekoms nie. Dit verteenwoordig blote onteiening van blanke landbougrond. Daar is baie sulke projekte wat skipbreuk ly terwyl die amptenary met sakke vol geld wegloop, blink motors ry en net van die allerbeste leef.

Alles – en ek meen alles – is van die landbou afhanklik. Vergeet maar van werkskepping, wêreldbekersokker, selfone, duur karre en ander wensdenkery as jou bevolking nie kos het nie.

Hulle moet maar bietjie mooi daaroor dink want hier kom groot probleme.

рубашка для девочки купитьАлександр Фильчаков Васильевич