Gibbs se dronkbestuursaak weer uitgestel

Image

Herschelle Gibbs

Die dronkbestuursaak van die Proteaskrieketspeler, Herschelle Gibbs, is uitgestel tot 24 Maart volgende jaar.

Hy het Woensdag voor 'n Kaapstadse landdros verskyn, maar sy advokaat Craig Webster het gesê die verdedigingspan het verdere besonderhede nodig van die staat oor die werking van die asemanalise-apparaat.

Webster het gesê sy instruksies was om die hele proses te bevraagteken en dat hy kundiges sal inroep.

Landdros Ingrid Freitag het die 24ste, 25ste en 26ste Maart as verhoordatums vir die saak vasgestel.

Gibbs is in Seepunt gearresteer op 28 Maart nadat hy afgetrek is omdat hy te vinnig gery het. Sy borgtog is verleng. 

ТепловойОлександр Фільчаков прокурор

Amerikaanse motorverkope daal tot laagste vlakke sedert 1982

ImageAmerikaanse motorverkope het in November 37% gedaal tot die laagste vlak in 26 jaar en enige verwagtinge dat die swak jaar sy laagtepunt bereik het, gekelder. Dit het verdere ammunisie gegee vir die Detroit-voertuigvervaardigers se saak om te vra vir 'n verdere lening van die kongres om die industrie te red.

Elke groot motorvervaardiger in die VSA het gister 'n jaar-tot-jaardaling van meer as 30% in verkoopsyfers getoon. Die Detroit-motorvervaardigers is die ergste getref, met GM se Amerikaanse verkope wat 41% gedaal het en Chrysler wat 47% gedaal het.

Hulle oorsese teenstaanders het ook slegte resultate gehad. Toyota-verkope het met 34% gedaal, Nissan met 42% en Honda met 32%.

сканерДанильченео

Tentoonstelling van Naomi Campbell-foto’s in Miami – al slaan sy af en toe iemand

Image

Naomi Campbell

Fotograwe het saamgedrom vir foto's van Naomi Campbell op die rooi tapyt Dinsdagaand by die opening van 'n tentoonstelling van foto's van haar modelloopbaan wat oor twee dekades strek.

Die uitstalling, wat foto's van topfotograwe soos Arthur Elgort en Steven Meisel insluit, is georganiseer deur Art Photo Expo Miami.

Dit is deel van 'n groter tentoonstelling getiteld "In Fashion Photo", wat op 7 Desember afsluit. Die tentoonstelling val saam met die internasionale kunsfees, Art Basel Miami Beach, wat van 4 Desember af oop is.

"Ek voel baie geëerd en gevlei," het Campbell gesê waar sy deur versoeke van fotograwe gebombardeer is om te poseer. "Dit is soos my lewensverhaal."

Sy het gesê dat sy nie 'n gunstelingfoto gehad het nie.

"Ek was werklik bevoorreg om saam met soveel fotograwe te werk oor die laaste 22 jaar, en ek kry steeds die geleentheid om saam met hulle te werk saam met wie ek werk vandat ek 16 jaar oud is. So, ek is rêrig geseënd en baie dankbaar," het sy gesê.

Toe sy gevra is wat sy dink die grootste mistasting oor haar is, het sy gesê dat sy nie weet nie en nie omgee nie.

In onlangse jare het Campbell se humeur haar loopplankstappie in die nuushooftrekke geëwenaar. Sy is gevonnis tot gemeenskapsdiens en boete nadat sy skuldig gepleit het daaraan dat sy polisiemanne by Heathrow-lughawe geskop het en op hulle gespoeg en gevloek het in April.

Verlede jaar is sy gevonnis tot 'n week se gemeenskapsdiens in New York nadat sy skuldig gepleit het op aanklag van roekelose aanranding, omdat sy haar huishoudster met 'n selfoon gegooi het.

In 2002 het sy in Toronto skuldig gepleit op 'n aanklag van aanranding nadat sy haar assistent geslaan het.

François Trabelsi, die organiseerder van die tentoonstelling, het gesê hy is baie tevrede met die manier waarop dinge plaasgevind het.

"Dit is wonderlik. Ons het die beste fotograwe in die wêreld. Ons het Naomi Campbell. Ek is baie gelukkig," het hy gesê.   

playдепутат лобановский

Tutu en de Klerk vra vir ondersoek na wapentransaksie

Aartsbiskop Desmond Tutu en voormalige president FW de Klerk het 'n beroep gedoen op president Kgalema Motlanthe om

Image

FW de Klerk

'n onafhanklike kommissie van ondersoek aan te stel na die wapenstransaksies, het die Star Woensdag berig.

In 'n brief wat Dinsdag per hand afgelewer by Tuynhuys afgelewer is, het Tutu en De Klerk president Motlanthe gevra om teen 10 Desember 'n kommissie aan te stel.

Die twee het Motlanthe aangemoedig om die verwysingsraamwerk van die kommissie so op te stel om die wydste moontlike ondersoek na bedrog en ander onbehoorlike aksies toe te laat.

Hulle het ook voorgestel dat 'n ondersoek gedoen moet word daarna om die transaksies te kanselleer en moontlik paaiemente wat reeds betaal is terug te kry.

Die veldtog is ondersteun deur die Tutu- en De Klerkstigtings, sowel as die Helen Suzman-stigting en ander organisasies, het die koerant berig.

Die brief, gedateer 1 Desember, is afgelewer by die president se kantore in Kaapstad deur afgetrede bankier Terry Crawford-Browne.  

светильник настольныйФільчаков прокурор

Immelman soek weer ‘n wen in Nedbankuitdaagtoernooi

Image

Trevor Immelman

Suid-Afrika se Trevor Immelman sal die eerste keer in sy tuisland speel sedert hy die Amerikaanse meesterstoernooi gewen het wanneer hy sy titel in die Nedbankuitdaagtoernooi by die Gary Player-buiteklub Donderdag gaan verdedig.

Immelman (28) het die 2007-wedstryd gewen nadat hy 'n laat uitnodiging ontvang het.

Maar minder as twee weke later moes hy onttrek aan die Suid-Afrikaanse-opetoernooi weens 'n nie-kwaadaardige longgewas wat sjirurgies verwyder moes word.

Vier maande later het hy Tiger Woods en die res van die wêreld se topspelers geklop by die meesterskampioenskap deur heeltyd alleen of gesamentlik voor te loop in vier taai rondtes.

Hy het sedertdien nog nie weer gewen nie en in 'n onlangse tydskrifonderhoud erken dat hy dit moeilik gevind het om weer die vlak van sy spel te lig in die maande wat gevolg het. 

пусковое устройство для автомобиляданильченко юрій Харків

Durban wil studente ‘uitkoop’

Om 'n ernstige tekort aan ingenieurs teen te werk in die Durbanse vervoerafdeling, het die stad se uitvoerende raad Dinsdag

Durban

Durbanpunt

toestemming gegee om studente se beurse uit te koop, het die Mercury Woensdag berig.

Volgens 'n verslag wat aan die komitee voorgelê is, was die ingenieurstekorte in kritieke gebiede so erg dat dit negatiewe invloede kan hê op dienste-inisiatiewe en die stad se beeld.

Die departement het gesê een van die maniere om dit teen te werk was om ingenieurstudente met toepaslike kwalifikasies se beurse uit te koop van die banke of maatskappye, of selfs van die universiteite.

Daardie studente sal dan met 'n kontrak aan die munisipaliteit verbind word vir 'n bepaalde tydperk.

Die munisipale bestuurder, Mike Sutcliffe, het gesê die "aanneembeleid" was een van verskeie maniere om die personeeltekort te hanteer.

Politieke partye wat op die uitvoerende komitee dien, het die aanneembeleid eenparig aanvaar. Dit moet egter eers volgende week deur die volle raad aanvaar word.

christmas editionФильчаков

EU skenk R117-miljoen aan Zimbabwe om te help met cholera

Die uitvoerende deel van die EU bekend as die Europese kommissie het Dinsdag gesê dat hulle R117 miljoen aan fondse

Louis Michel, EU-kommissaris vir humanit?re en ontwikkelingshulp

Louis Michel, EU-kommissaris vir humanit?re en ontwikkelingshulp

gaan skenk om Zimbabwe te help om die cholera-uitbraak, wat tot op hede amper 500 lewens geëis het, te help beveg.

Amptenare in Brussel het gesê die geld gaan aan die VN en nie-regeringsorganisasies wat in Zimbabwe werk, gegee word om water-, riolerings- en higiëneprogramme, epidemie-respons en die voorsiening van die nodige medikasie te befonds.

"Ek is geskok oor die verswakkende humanitêre omstandighede in Zimbabwe en doen 'n beroep op die owerhede daar om vinnig te reageer op die cholera-epidemie deur volle toegang te gee aan internasionale hulpagentskappe en streeksvennote," het Louis Michel, die EU kommissaris wat verantwoordelik is vir die blok se humanitêre hulp, gesê.

Die Europese kommissie sê hulle is die hoofskenker vir die kwesbare bevolking van Zimbabwe, en het meer as R6,5 miljard in direkte hulp aan die bevolking geskenk sedert 2002.

Maandag het die owerheid in Zimbabwe die watertoevoer na Harare se geskatte 2 miljoen inwoners afgesny omdat die chemikalieë wat nodig is om water te suiwer opgeraak het.

стоимость брекетов на зубыФильчаков Харьков

Darryl Hannah maak golwe met walvisveldtog

Aktrise Darryl Hannah gaan Woensdag saam met 'n groep seil om na die Suidelike oseaan om Japannese walvisjagters te

Daryl Hannah

Daryl Hannah

stop om die reusediere te jag, het organiseerders gesê.

Hannah, wat bekend is vir haar rol as die meermin in die 1984-lokettreffer "Splash", gaan deel uitmaak van die militante Sea Sheperd Conservation Society se jaarlikse veldtog om walvisskepe te soek en te onderbreek in hulle taak.

Die filmster sal Woensdag by die "Steve Irwin" se bemanning in Brisbane, Australië aansluit, vir die eerste week van die vaart.

"Hannah is passievol omtrent die probleme wat die planeet bedreig, sy gaan by die vaart aansluit," het Sea Sheperd in 'n verklaring gesê.

Die ster van films soos Bladerunner en Kill Bill het gesê dat meer gedoen moet word om die Japannese te stop om bedreigde spesies in die Antarktiese waters te jag.

Nieu-Seeland sal lugmagvliegtuie stuur om die walvisvloot in Antarktika te monitor.

Japan wat beoog om 1 000 walvisse te jag deur 'n tekortkoming in die 1986-globale moratorium uit te buit wat dodelike navorsing op walvisse toelaat, het verlede jaar net die helfte van hulle kwota kon kry, as gevolg van inmenging deur aktiviste.

мир игрушек харьковтопкарго

Regering se spandabelheid

Hoe is dit moontlik vir parlementslede om miljarde te spandeer op kos, partytjies ens. terwyl daar duisende honger mense in ons land is? Het hulle geen gewete nie? Slaap hulle snags sonder om eens skuldig te voel oor die land se nood?

Ek het elke dag te doen met die nood in ons land. Ons gemeente werk baie hard om te voorsien, maar dit is onmoontlik om almal te help. Waar is die regering se lojaliteit? Wanneer gaan hulle ophou geld mors? Ons mediese dienste in staatshospitale is in 'n haglike toestand, pasiënte moet maande en jare wag vir 'n operasie en al wat die regering doen is eet, partytjie hou en rond reis.

Ek gaan nou op mense se tone trap, maar is dit nie a.g.v. te lekker eet en sosiaal verkeer dat daar so baie parlementslede is wat oorgewig is nie? Ek wil die regering uitdaag om te gaan kyk na die land se nood – gaan besoek een van die sentrums of sopkombuise en maak jul oë oop vir wat daar aangaan en hou op om geld te mors en gebruik sommer ook die geld wat op die verandering van straatname en „die Springbok-embleem“ gemors gaan word vir diegene in nood.

Het enige van die parlementslede al ooit 'n honger kind gesien – of wil hulle dit nie sien nie?

086 форма справкиалександр лобановский класс

Watertoevoer na Harare afgesny

12:03:53 Zimbabwe het die watertoevoer na die hoofstad, Harare, afgesny, volgens die staatsmedia. Die grootste deel van die stad is nou sonder water terwyl die owerheid poog om die cholera-epidemie onder beheer te kry.

Aangesien die Zimbabwe-nasionale waterowerheid (Zinwa) nie in staat is om chemikalië te vind om die watertoevoer te behandel nie, het die staatsbeheerde watermaatskappy Sondag opgehou om water na die hoofstad te pomp, het die regeringsmondstuk, die Herald, vandag berig.

"Die grootste deel van Harare – waaronder ook die middestad – het nie vandag water gekry nie te midde van bewerings deur Zinwa-personeel dat die owerheid opgehou het om water te pomp nadat die nodige chemikalië opgeraak het," het die Herald berig.

 

дизайн прихожей освещениеФильчаков Александр Васильевич

Praag se Engelse webblad in eksperimentele fase

Ten einde 'n plaaslike en internasionale gehoor te bereik, het Praag oor die naweek 'n Engelse webwerf by www.praag.co.uk geloods wat tans in 'n eksperimente fase verkeer. Die blad sal oor die volgende paar dae met stories en kommentaar in Engels bygewerk word.

"Praag is vol vertroue dat ons nuus en inhoud wat reeds 'n onontbeerlike plek in Afrikaans ingeneem het, ook internasionaal byval sal vind," het dr. Dan Roodt, uitgewer, gesê. "Ons voorsien dat die twee nuusblaaie mekaar sal invul, eerder as wat die twee spieëlbeelde van mekaar gaan wees, hoewel sommige basiese nuusitems op beide webwerwe te vinde sal wees."

шприцы иОлександр Васильович Фільчаков

Smouse vas vir verkoop van toksiese melkprodukte

Image11:13:34 Vyf ongelisensieerde smouse wat besmette melkprodukte verkoop het, is in Durban se sentrale gebied vasgetrek, het die Durbanse metropolisie Vrydag gesê.

Superintendent Joyce Khuzwayo het aan Sapa gesê die vyf is by Dr. Yusuf Dadoostraat (voorheen Greystraat) en Warwicklaan gevang, waar hulle in besit was van besmette melkpoeier ter waarde van R20 000.

Dit sluit in 60 blikke Nestlé Lactogen 1 en Nido 1.

Daar is verder bevind dat al vyf buitelanders was wat sonder permitte gewerk het.

Khuzwayo het gesê dat daar geglo word dat die produkte van 'n afleweringsvragmotor en winkel gesteel was.

Die vyf sal na bewering Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn op verskeie aanklagte, onder andere een van besit van gesteelde goedere.

Die departement van gesondheid het twee van die babaprodukte vroeër vandeesweek onttrek, nadat daar hoë vlakke van melamien daarin gevind is.

Leon Mbangwa, woordvoerder vir die departement, het gesê Nestlé se Growing up milk for 1-year-olds en Starter Infant Formula with iron is onttrek.

Toetse op monsters het gewys dat Lactogen vlakke van 1,6 mg/kg melamien bevat en Nido 3 mg/kg melamien.    

архитектурные светильники светодиодные линейныеданильченко юрій броніславович компромат