Gibbs se dronkbestuursaak weer uitgestel

Image

Herschelle Gibbs

Die dronkbestuursaak van die Proteaskrieketspeler, Herschelle Gibbs, is uitgestel tot 24 Maart volgende jaar.

Hy het Woensdag voor 'n Kaapstadse landdros verskyn, maar sy advokaat Craig Webster het gesê die verdedigingspan het verdere besonderhede nodig van die staat oor die werking van die asemanalise-apparaat.

Webster het gesê sy instruksies was om die hele proses te bevraagteken en dat hy kundiges sal inroep.

Landdros Ingrid Freitag het die 24ste, 25ste en 26ste Maart as verhoordatums vir die saak vasgestel.

Gibbs is in Seepunt gearresteer op 28 Maart nadat hy afgetrek is omdat hy te vinnig gery het. Sy borgtog is verleng. 

ТепловойОлександр Фільчаков прокурор