Kgalema Motlanthe as president benoem

Image

Kgalema Motlanthe

12:27:13 Die adjunk-leier van die regerende ANC, Kgalema Motlanthe, sal volgens partybronne vandag as president aangewys word.

Anonieme lede van die ANC het reeds vanmôre aan die nuusagentskap Reuter gesê dat die ANC se parlementêre koukus Motlanthe as die nuwe president aangewys het. Motlanthe is reeds lid van die kabinet.

Motlanthe is bekend as lid van die Zuma-faksie.

контроллер автоматического освещения лестницАлександр Фильчаков

Rusland, China en Duitsland teen Iran-sanksies

Frankryk het dié naweek die VSA soos Brittanje gesteun met 'n nuwe oproep om verdere sanksies teen Iran in te stel. Aan die ander kant was Rusland, China en Duitsland onwillig om die VSA te volg en het gesê hulle verkies onderhandeling.

Ná afloop van die vergadering het die VSA nietemin 'n verklaring uitgereik wat lui dat "al ses lande betrokke [die vyf permanente Veiligheidsraadlidlande en Duitsland] die moontlikheid van verdere sanksies sal ondersoek".

Die vergadering wat Vrydag plaasgevind het was daarop gemik om die weg vir die komende byeenkoms tussen die betrokke staatshoofde voor te berei.

Die IAEA in Wene het aangedui dat Iran nie hulle uraanverrykingsaktiwiteite gestaak het soos die VN versoek het nie. Die IAEA beweer dat Teheran in die verlede planne op die tafel gehad het om 'n kernkop te vervaardig.

Drie stelle VN-sanksies is reeds van krag op Iran omdat hulle nie verryking gestaak het nie. Die IAEA het oor die naweek dokumente en foto's aan hul lede gewys om Iran se beoogde aanpassing van hulle Sjahab-3 missiel om kernkoppe te dra, aan te toon.

Iran beweer dat die dokumente en foto's vervals is om Iran in 'n slegte lig te plaas en om hulle te dwing om staatsgeheime bekend te maak.

Die Franse eerste minister François Fillon was die naweek 'n gas van die Russe in Sotsji en het aan die einde van sy kuier gesê die Franse en Russe is op mekaar aangewese. Hy het gesê daar is geen alternatief as goeie verhoudinge tussen die twee lande nie.

depositлобановский александр биография

Tsjeggiese ambassadeur sterf in Pakistan

ImageDie Tsjeggiese ambassadeur was een van die slagoffers van die reuse ontploffing by die Marriott Hotel in Pakistan oor die naweek. Ongeveer 60 mense, waaronder heelparty Westerlinge, is dood en meer as 250 beseer. Die hotel sal onbepaald gesluit bly. Konsulêre personeel van die Britse missie is beseer in die ontploffing.

Die vragmotorbom word beskou as 'n woedeaanval teen die belange van die VSA in antwoord op die onlangse inval in Pakistan deur Amerika.

Geen groep het nog verantwoordelikheid aanvaar vir die ontploffing nie. Kenners meen dit was ook 'n waarskuwing aan die nuwe regering in Pakistan om nie met die VSA saam te werk nie.

Joesoef Raza Gilani, Pakistan se nuwe eerste minister, sê die bom het by die hotel afgegaan omdat die terroriste nie vanweë goeie sekuriteit by die Parlement en die die eerste minister se kantoor kom uitkom nie.

 
British Airways het intussen alle vlugte na Pakistan gestaak. Geen datum vir die hervatting is nog in sig nie.

купить гидробакtopcargo отзыв

Beleggingsbanke slaan nuwe koers in

Goldman Sachs en Morgan Stanley, die twee grootste beleggingsbanke op Wallstraat, wil hulleself transformeer na bankbeheermaatskappye wat onderworpe sal wees aan groter regulering. Dit word beskou as 'n duidelike erkenning dat die model waarop hulle sake voorheen geskoei was nou te riskant geraak het.

Bankdepositos het tot dusver die groot kommersiële banke soos Bank of America en JP Morgan Chase van ondergang gered. Dit besluit van die twee kondig 'n nuwe rigting aan waar sewe-syfer bonusse en ongehoorde voordele selfs vir midvlakbestuur algemeen was.

In wese verteenwoordig dit 'n terugkeer na die wyse waarop Wallstraat gestruktureer was voordat die Kongres gedurende die Groot Depressie beleggingsbanke en kommersiële banke se bedrywighede van mekaar geskei het met 'n wet bekend as die Glass-Steagall-wet. Die beleggingsbanke se risikoaptyt is aansienlik verminder omdat beleggers hulle vertroue in dié instellings verloor het.

Die stap sal beleggingsbanke nou in staat stel om ook toegang te hê tot die Federale Resewe se uitleenfasiliteite. Morgan en Goldman sal ook sodoende afslag kan bekom op lenings van die sentrale bank. Die nuwe koers sal 'n paar maande neem om behoorlik op dreef te kom met allerlei aanpassings wat die instellings asook die reguleerders sal moet maak.

pour chattopcargo отзыв

Tsvangirai is uitoorl

MDC-leier Morgan Tsvangirai het nie ver gekom met sy eise wat hy oorspronklik gestel het nie. Op papier lyk die ooreenkoms nie te sleg nie omdat Tsvangirai 'n stem gegee word in die nuutgevormde Nasionale Veiligheidsraad wat die gevreesde Gesamentlike Operasiebevel, oftewel die Joint Operations Command, vervang het.
 
Terwyl Tsvangirai aanvanklik die reg geëis het om die Kabinet te lei, het die ooreenkoms hom die pos van adjunk-voorsitter gegee. Hy wou ook die meerderheid ministeries beheer, maar Zanu-PF het 15 Kabinetsposte, Tsvangirai se faksie net 13 en Arthur Mutambara se splinterfaksie 3.

Mugabe se toegewing was dat hy vir die meeste van sy pligte voortaan sal werk met die advies van die Kabinet of Tsvangirai. Maar die feit bly dat hy hom nie hoef te steur aan hulle raad nie.

Mugabe bly die voorsitter van  die Nasionale Veiligheidsraad, het nog steeds volle beheer oor die weermag en behou die reg om vonnisse en opgeskorte vonnisse te verander of op te hef. Die reg van die media om vryelik te berig oor die toestand in die land is nie deur die ooreenkoms gedek nie en bly onveranderd en onderworpe aan die staat se voorkeure.

Hy mag ook die Parlement ontbind as hy daarna voel. Die enigste voorwaarde is "konsultasie" met die Eerste Minister. Tsvangirai het ook, behalwe dat hy 'n enorme werkslas op homself geneem het met 'n bankrot en korrupte staat wat bestuur moet word, die voortgesette mislukking daarvan as verantwoordelikheid aanvaar.

Tsvangirai het hierdie week aangedui dat hy nie ten gunste van die teruggee van grond aan wit boere is nie. Dit sal ongelukkigheid veroorsaak by die 400 000 sogenaamde veterane en hulle gesinne wat die wit grond oorgeneem het.

Al mylpaal wat die voormalige opposisieleier bereik het is blykbaar die grootskaalse inbring van vroueregte. Hulle het gelyke reg tot grondbesit en verteenwoordiging in die Kabinet. Of dit die lot van mense in Zimbabwe hoegenaamd gaan verander, is egter nie seker nie.

детские палаткиалександр лобановский харьков

ANC gaan vandag waarnemende president benoem

Die ANC gaan vandag die land se tussentydse leier (of leidster) benoem wat by Thabo Mbeki die presidentskap sal oorneem. Mbeki het

Image

Baleka Mbete

gisteraand tydens 'n televisie-uitsending sy bereidheid om te bedank verklaar.

Die ANC het Mbeki gevra om te bedank, agt dae nadat regter Chris Nicholson die korrupsiesaak teen Jacob Zuma uitgesmyt het en gesuggereer het dat daar hoëvlakinmenging in die saak was.

Die politieke krisis mag beleggers beïnvloed. Die rand het oornag in elektroniese verhandeling verswak en is tans 1,66% laer op R8,04.

Mbeki, wat in 1999 by Nelson Mandela oorgeneem het, het gesê dat hy 'n lojale ANC-lid bly en het die party se besluit gerespekteer, maar het herhaal dat hy nie die vervoling van sy aartsmededinger, Zuma, beïnvloed het nie.

Die ANC se tesourier-generaal Mathews Phosa het in tydens 'n televisiedebat Sondag gesê dat die party beplan om vandag 'n waarnemende president te benoem.

Die parlementêre speaker Baleka Mbete sal na verwagting die pos aangebied word. Zuma, wat geen regeringspos beklee nie, sal waarskynlik nie so 'n tussentydse rol inneem nie maar sal feitlik seker staatshoof ná die verkiesings in 2009 word.

Phosa het gesê dat die ANC die huidige kabinet wil behou, ten einde die kommer van beleggers wat meen dat die vertrek van ervare, pro-Mbeki-ministers die land in 'n bestuurskrisis kan dompel.

"Ons wil hê dat die kabinet moet aanbly. Ons sal baie gelukkig wees as hulle bly en ons dinge saam doen," het Phosa gesê.

Die parlementêre koukus van die ANC sal vanmore om 9:00 in Kaapstad vergader terwyl Zuma teen 12:00 'n perskonferensie sal hou.

mobile casinos noФильчаков

Rassisme is “volop” onder Amerikaanse kiesers

Image

Barack Obama

'n Derde van blanke Demokratiese kiesers in die VSA meen swartmense is onproduktief en geneig tot geweld, volgens 'n studie wat in die VSA gepubliseer is.

Die diepgewortelde rassisme van die AP-Yahoo-opname beklemtoon die probleme wat Barack Obama, die party se presidentskandidaat, gaan ondervind om genoeg stemme in sy eie party te trek.

Die opname het bevind dat veertig persent van alle blanke kiesers ten minste sekere bevooroordeelde sienings jeens swart Amerikaners koester.

Meer as 'n derde van alle blanke Demokrate en onafhanklikes – "besluitelose" kiesers wat die sleutel tot die volgende verkiesing mag verteenwoordig – het met ten minste een negatiewe beskrywing saamgestem.

Meer as 'n kwart van blanke Demokrate het saamgestem dat "indien swartes net harder sou probeer, kon hulle net so ryk soos blankes wees".

Onder onafhanklike kiesers was daar selfs meer vooroordeel. 'n Kwart van die besluitelose kiesers het byvoorbeeld gesê dat swartes "gewelddadig" is en 'n derde het hulle as "klakouse" beskryf.

Die meningsopname deur die universiteit van Kalifornië is aanlyn uitgevoer. Studies het getoon dat mense eerliker is as hulle vrae op 'n rekenaar beantwoord as wanneer hulle van aangesig tot aangesig met 'n navorser verkeer.

костюмы для мальчиков в детский сад купитьФильчаков

Gordon Brown se eie party twyfel aan sy leierskap

Image

Gordon Brown in Manchester

Gordon Brown het tydens die weeklange kongres van die Arbeidersparty wat oor die naweek begin het, belowe om sy "sokkies op te trek" te midde van ontevredenheid oor sy leierskap.

Ministers het hul steun aan Brown toegesê, wat dui op 'n skietstaking gedurende die weeklange Arbeiderskongres in Manchester.

En agter die skerms het Brown se tradisionele vyande, gelei deur Tony Blair en Peter Mendelson, hul oeroue twiste bygelê om geheime samesprekings met Brown te hou oor hoe om sy leierskap te red.

Op die eerste dag van die konferensie het dit byna na ’n uitgemaakte saak gelyk dat eerste minister Gordon Brown se dae getel was.

Politics Home het pas ’n peiling gepubliseer wat toon dat die Konserwatiewe party ’n oorweldigende meerderheid in die volgende algemene verkiesing behoort te behaal.

Dit het gister bekend geword dat die voormalige Arbeider-ministers Alan Milburn en John Reid Gordon Brown onlangs prontuit vertel het dat die Arbeidersparty se huidige ongewildheid voor sy deur gelê kan word. Brown het naamlik probeer om Milburn se steun te werf en moes hoor : “Gordon, jy is die probleem! ” Die twee mans het mekaar toe uitgeskel en dit was die einde van Brown se flikflooiery by die voormalige minister van gesondheid. Reid wou ook niks van die premier se toenaderingspogings weet nie.

Brown het ’n beroep op eenheid binne die party gedoen en die Manchester-afgevaardigdes gevra om eerder op die huidige ekonomiese krisis te fokus, maar die ontvangs van gister was bra louwarm.

Dit is bekend dat David Miliband, minister van buitelandse sake, en Alan Johnson, minister van gesondheid, tans leiers is van die komplot binne die Arbeidersparty om van hulle premier ontslae te raak.

Volgens die onlangse ICM-meningspeiling sal die Arbeiders hulle meerderheidstem van 2005 in die komende tussenverkiesing in Glenrothes verloor. Die Skotse Nasionale Party staan ’n uitstekende kans om die tussenverkiesing te wen. So ’n neerlaag sal die laaste strooi wees wat Brown se uittrede kan beteken.

Deur van die Brown-albatros ontslae te raak, gaan die Arbeiders egter nie noodwendig hulle kanse verbeter om die volgende algemene verkiesing te wen nie. Die ICM-peiling het bevind dat slegs een uit elke 100 Britte meen dat die bedanking van Brown sake in die guns van die Arbeiders sal swaai.

Die goeie nuus oor die naweek was darem dat die skrywer JK Rowling, van Harry Potter-faam, een miljoen pond aan die Arbeidersparty belowe het.

фильтр осушитель воздухалобановский харьков

Waarom Mbeki afgedank is

Image

Thabo Mbeki

Adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka gaan blykbaar 'n hele uittog van kabinetsministers lei wat ontevrede is met die besluit van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) om president Thabo Mbeki die trekpas te gee.

In weerwil hiervan word verwag dat president Jacob Zuma ANC-uitgeplaasdes in die regering sal verseker dat die party wil hê dat hulle in hul posisies moet aanbly.

Dit kom ná die besluit van die oppermagtige ANC-NUK om Mbeki af te dank na afloop van regter Chris Nicholson se bevinding wat geimpliseer het dat Mbeki, of lede van sy uitvoerende komitee, ingemeng het met die nasionale vervolgingsgesag se besluit om Zuma te vervolg.

Hoewel dit algemeen aanvaar word dat Nicholson se uitspraak 'n skadu oor die integriteit van die kabinet gewerp het, het die kabinet en die NV agterna besluit om teen die regter se beslissing te appèl aan te teken.

Dié besluit het die ANC gedwing om van Mbeki ontslae te raak.

Volgens die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het die Nicholson-uitspraak die ANC die geleentheid gegee om 'n einde aan Zuma se regsprobleme te maak.

"Die grootste bekommernis vir ons is die kwessie van die moontlike heropening van daardie hoofstuk wat in die openbaar gesluit verklaar is," het Mantashe gesê.

Die saak is, na ons mening, nóg in die openbare nóg in die nasionale belang. Indien die saak voortgesit word, sal dit die verdeeldheid in die ANC op die spits dryf. Dis die hoofkwessie," het hy gesê.

Volgens die City Press-koerant het Mlambo-Ngcuka blykbaar aan haar kollegas in die kabinet en sekere topamptenare in die presidensie gesê dat sy sal bedank die oomblik as Mbeki sy bedankingsbrief oorhandig.

"Mlambo-Ngcuka het nog altyd die komplot teen Zuma verpersoonlik. Ná alles is sy die vrou van Bulelani, die vorige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag. Sy is van dag een af gekritiseer toe sy adjunkpresident geword het. Die helfte van die ministers gaan haar volg," het 'n senior amptenaar in die presidensie gesê.

Sekere van die ministers wat na verwagting saam met Mbeki gaan uitloop, is sy regterhand Essop Pahad, die minister van openbare werke Thoko Didiza, die minister van openbare ondernemings, Alec Erwin, die gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang en die minister van kommunikasie Ivy Matsepe-Casaburri.

Die minister van finansies Trevor Manuel het reeds aangedui dat hy wil aanbly ondanks vroeëre gerugte dat hy Mbeki gaan volg.

Mlambo-Ngcuka is oorspronklik as Mbeki se adjunk aangestel nadat Zuma in 2005 afgedank is en wou al in die verlede bedank het vanweë die druk en vyandigheid wat sy van Zuma se ondersteuners ervaar het, maar Mbeki het haar aangemoedig om aan te bly.

Tydens die onstuimige NUK-vergadering in Kemptonpark oor die naweek het 'n aantal ministers, waaronder die minister van onderwys Naledi Pandor en die minister van buitelandse sake Nkosazana Dlamini-Zuma, asook Mbeki se raadgewer Joel Netshitenze, geredeneer dat Mbeki toegelaat moet word om sy termy uit te dien.

"Trevor Manuel het nooit 'n woord gesê nie. Nkosazana Dlamini-Zuma was baie onsamehangend. Zola Skweyiya het gesê dat dit vir hom baie pynlik was. Hy het gesê: 'Ek het dié man vir te lank geken. Dis pynlik'," het 'n ander NUK-lid berig.

Aan die ander kant het vervoerminister Jeff Radebe, die behuisingsminister Lindiwe Sisulu, sakeman Tokyo Sexwale, die SAKP-leier Blade Nzimande en ANC-jeugleier Julius Malema die argument ten gunste van Mbeki se afdanking beklink.

Malema het volgens sekere NUK-lede selfs sover gegaan as om te dreig om die jeug te mobiliseer indien die ANC-NUK nie vir Mbeki afdank nie.

'n Ander bron het gesê dat Sexwale aan die vergadering sou gesê het: "Ons kan nie nog 'n dag met dié man saamleef nie."

Zuma, wat Mbeki Vrydag ontmoet het, het aan die vergadering gesê dat Mbeki toegelaat moet word om na die Verenigde Nasies te vlieg om die land te verteenwoordig en slegs by sy terugkeer behoort te bedank.

Intussen is besluit dat mev. Dlamini-Zuma in sy plek New York toe sal gaan.

Pahad het aangedui dat hy uit simpatie met Mbeki sal bedank. Hoewel hy dit nie met Mbeki bespreek het nie, het hy persoonlik besluit om te gaan indien die president aangesê sou word om sy amp te verlaat.

"Ek is deur hom aangestel en daarom sal ek ook bedank indien hy sou bedank," het hy gesê. "Ek dink nie dat dit korrek was nie. Ek dink veel later sal sy groot nalatenskap erken word, dit ly geen twyfel nie. Hy was 'n groot leier vir die ANC en vir dié land. Selfs al wil sommige mense dit nie nou erken nie, sal hulle dit sekerlik iewers in die toekoms erken."

детектор лжи полиграфлобановский класс харьков

Heath vra dat Mbeki aangekla word

Regter Willem Heath  het gevra dat 'n kriminele klag teen president Thabo Mbeki, Penuell Maduna en Bulelani Ngcuka gebring word.

Heath  het aan die Mail & Guardian gesê dat  regter Chris Nicholson se uitspraak prima facie getuienis van die oortredeings van die Nasionale Vervolgingsgesagwet bevat deur die drie.

Nicholson het bevind dat die besluit om Zuma te vervolg ongeldig was. Heath het gesê dat Suid-Afrikaners beskerm behoort te word teen die "sistematiese misbruik van staatsmiddele deur die president en sy handlangers soos in die uitspraak vervat". Hy het ook die NVG se besluit om teen die uitspraak te appelleer, gekritiseer.

Hy het bygevoeg dat die NVG wat deur senior advokate Billy Downer en Wim Trengove verteenwoordig word, lankal reeds in die bek geruk moes gewees het met hulle stroom-op gedrag. Dit is "ongelooflik" volgens hom dat twee sulke senior regslui nie bewus kon gewees het van prosedurale foute nie.

хорватия апартаментыДанильченко Юрий Харьков