Enorme magte vir gesondheidsminister

07:15:18 Die Nasionale Vergadering het Dinsdag die wetsontwerp op medisyne wat die registrasie van gesondheidsprodukte reguleer,

Image

Manto Tshabalala-Msimang

goedgekeur.

Die maatreël met omstrede klousules wat enorme magte aan die gesondheidsminister toeken, is deur die Parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid verwerp. Dit is egter deur al die politieke partye gesteun maar die Inkhata-vryheidsparty het buite stemming gebly.

Gedurende verhore oor die wetsontwerp in Augustus het die gesondheidsdepartement ten gunste van 'n klousule betoog wat die minister die mag gee om te besluit watter medisyne in die land geregistreer mag word. Die klousule maak voorsiening vir 'n tweeledige registrasiestelsel – een wat die registrasie van medisyne op wetenskaplike gronde betref en die ander een op politieke gronde.

Die komitee het egter besluit om met laasgenoemde weg te doen en ooreengekom dat medisyne net op wetenskaplike gronde geregistreer kan word. Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang het tydens die debat in die Parlement gesê sy stem nie saam met diegene wat wil hê die minister moet heeltemal uit die prentjie verwyder word nie. Sy sê dit is nie in landsbelang en nie in ooreenstemming met die beste internasionale praktyke nie.

Die maatreël bepaal ook dat die Medisynebeheerraad deur 'n nuwe regulerende owerheid vervang word om oor die registrasie van medisyne, mediese toerusting en voedselsoorte met 'n medisinale inhoud toesig te hou.

magic boxesАлександр Фильчаков

AU vra gladde oorgang

Die voorsitter van die Afrika-Unie, President van Tanzanië Jakaya Kikwete, eis 'n gladde oorgang in Suid-Afrika nadat Mbeki bedank het. Indien die oorgang nie glad verloop nie kan dit die hele Afrika destabiliseer aangesien Suid-Afrika se ekonomie die grootste op die kontinent is en dit verreikende gevolge kan hê buite sy grense.

Hy het ook Mbeki se bedanking as 'n "groot verlies vir Afrika" beskryf en sou later vandag met Mbeki per foon kontak maak.

Die bedanking en die gevolge daarvan kan ontaard in Suid-Afrika se grootste politieke krisis sedert die apartheids-era.

no depositОлександр Фільчаков прокурор

Lekota is boos

Ses van die vyftien Kabinetsministers wat Dinsdag bedank het, is weer bereid om te dien onder 'n nuwe president. Lekota, die minister van

Image

Lekota

Verdediging, sal beslis nie een van hulle wees nie.

Die adjunkminister van Verdediging, Mluleki George, het aan die Mail & Guardian gesê dat hy intussen bedank het.

Mosiuoa Lekota  sê niemand het hulle kant van die storie gevra nie. Uit Lekota se ontstoke reaksie was dit duidelik dat hy hom nie steur aan oproepe van beide Mbeki en Zuma om aan te bly nie. Hy het uitgevaar teen die twee en gesê hulle hoef nie vir hom te dink nie want hy kan dit self doen. Hy het bygevoeg dat dié kwessie hulle gesinne en gemeenskappe waarin hulle leef, ten diepste raak

George het gerugte dat hy besig is om 'n nuwe party te stig, ontken. Hy het gesê hulle het vir vryheid geveg onder die vaandel van die ANC en sal aanhou om dit te doen. Hy het ook gesê dat die bedankings nie saam besluit is nie. Hy het sy voornemens net met sy vrou en kinders bespreek en natuurlik met sy baas, Lekota.

Manuel het gesê dat hy verbaas is oor die markte se reaksie. Hy het gesê dis algemeen in demokratiese lande dat die ministers ook bedank as die president bedank en dat markte nie so hewig reageer op sulke nuus nie.

Hy het eers besef wat gaan aan toe hy op sy selfoon sien hoeveel gemiste oproepe hy ontvang het. Sy foon was afgeskakel omdat hy per vliegtuig oppad na Washington was vir 'n IMF-vergadering. "Mense het net aanvaar dat ek die skip verlaat het", het hy gesê.

 

Gwede Mantashe, sekretarisgeneraal van die ANC, het aan die media gesê dat Manuel nie weer aangestel hoef te word nie omdat hy reeds aangestel is. "Trevor is die minister van Finansies" het hy gesê.

 

игра пазлы для детейФильчаков прокурор харьков

Manuel sal onder nuwe president dien

Trevor Manuel is bereid om onder die nuwe President te dien, aldus 'n verslag van Reuters. Hy het in 'n onderhoud in Afrikaans gesê om te bedank was 'n beginselsaak.

Die minister is bedank as 'n lid van die kabinet en sien dit as sy plig om te bedank aangesien Mbeki bedank het. Hy is egter gewillig om agter die nuwe administrasie te skaar sou hulle hom nader.

free online casino no deposit bonusлобановский харьков класс

Indi? wil mag ver buite sy grense projekteer

Indië is nie meer die gekoloniseerde mag nie, maar die koloniale mag om mee rekening te hou. Deesdae oefen Indiese vlootsoldate hoe om 'n ander land se vaartuie op see te beset en is Ghandi se gedagte van geweldloosheid iets van die verlede. 'n Defensiewe militêre doktrine het plek gemaak vir 'n meer uitwaartse blik.

Indië is vandag bereid om nie net hulle olie- en handelsroetes te beskerm nie, maar selfs hulle groot diasporabevolking in die Midde-Ooste. Amerikaanse wapenhandelaars het beslis kennis geneem van die nuwe wending in hoe die land homself voortaan gaan definieer en die soort toerusting wat hulle te koop aanbied val in die smaak van 'n opkomende mag wat ver van sy basis sal moet optree.

Hulle het onlangs enorme C-130J vragvliegtuie en lugbrandstofhervullers aangekoop. Indië het sy eerste moderne militêre lugbasis buite die land op vreemde grongebied in Tajikistan onlangs voltooi. Dié land lê baie strategies tussen Afghanistan en China.

Kennelik wil die land die Indiese Oseaan domineer vanaf Afrika se kus tot dié van Australië en verder suid tot by Antarktika. met die soort wapentuig wat hulle aankoop Die Carnegie Endowment for International Peace in Washington meen dat Indië die watergebied se veiligheid sal verseker. Hulle kan met die VSA saamwerk om die Arabiese Golfgebied asook Sentraal-Asië te beskerm, sê 'n navorser van die CEIP.

Die dae toe die land moes toekyk dat Indiërs elders bedreig word, is verby. In 2006 het vier Indiese oorlogskepe inderhaas na die Meditereense See vertrek toe die konflik in Lebanon tussen Hizbollah en Israel Indiese inwoners in die spervuur geplaas het. Tydens die Tsumani het die Indiese vloot 16 000 troepe, 32 oorlogskepe, 41 vliegtuie en 'n hospitaalboot na die geteisterde gebied gestuur.

Terwyl China nog geen openbare aanduiding gegee het dat die militêre opbou in Indië vir hulle 'n bekommernis inhou nie, is Pakistan nie so onbesorg nie. Om olieroetes tussen Indië en Iran, Irak, Libië, Rusland, Soedan, Syrië en Viëtnam te beveilig, mag een rede wees waarom Indië daarin belangstel om mag te projekteer, maar dit is sekerlik nie belangrikste nie. China se indrukwekkende militêre opbou is 'n kopseer vir die Indiërs. Hulle bestee sewe keer meer aan wapens as hulle Indiese bure.

Bo en behalwe die Chinese se kwistige wapenbesteding is hulle bande met Gwadar, Pakistan, Chittagong, Bangladesh en Myanmar nog 'n verdere rede tot kommer.

камни для банилобановский харьков класс

Amerika bloei

Wallstraat se swaargewigte hoop Japan gaan tot hulle redding kom met 'n wankelende dollar en die jongste olieprysstyging. Die Federale Reserwe het intussen sy kluisdeure oopgegooi sodat sukkelende Amerikaanse banke kapitaal kan bekom.

Morgan Stanley het aangedui dat hulle beplan om 10 tot 20% aan die Mitsubishi UFJ Financial Group (MUFG) te verkoop in 'n transaksie van $9 miljard. Nomura, Japan se grootste makelaar, het bevestig dat hulle Lehman Brothers in Asië gaan oorneem.

Beleggers vrees dat die Amerikaanse regering se reddingsplan van 700 miljard dollar nie genoeg gaan wees om die kredietkrisis die hoof te bied nie. Aandelemarkte in Amerika en Londen is af maar kommoditeite het opwaarts gedruk.

President George W. Bush het 'n beroep op die Kongres gedoen om "die reddingsplan gefokus te hou om die finansiële krisis op te los". Senuweeagtige kritici meen die plan vorder nie vinnig genoeg nie.

Kenners sê die spoed waarmee Morgan Stanley na Asië gesnel het vir hulp bewys dat die wêreld se rykdom besig is om baie vinnig uit die VSA te vloei.

детские роликовые коньки купить киевФильчаков прокуратура харьков

Chavez stoom voort op sy internasionale toer

ImagePresident Hugo Chavez van Venezuela is nog steeds besig om vriende en bondgenote te besoek. Hy noem die reis wat hy tans onderneem van "groot strategiese belang". Hy sal volgende in China, Rusland, Kuba, Belarus, Portugal en Frankryk aandoen om sy land se "potensiaal" en internasionale verhoudinge uit te bou.

China gaan $4 miljard bydra tot Venezuela om maatskaplike projekte te befonds.Chavez beplan om in ruil 24 K-8 Chinese opleidings- en aanvalsvliegtuie aan te koop. Daarna sal hy in Moskou aandoen.

Verlede week het Russiese supersoniese Tu-160's lugoefeninge oor die Karibiese See, wat tradisioneel as deel van die VSA se invloedsfeer beskou word, gehou. Hulle beplan om volgende maand gesamentlike vlootoefeninge te hou. Volgens die president is dit noodsaaklik om vriendskapsbande met Rusland te versterk om die VSA uit Suid-Amerika te hou.

Daarna sal Chavez Belarus en Frankryk besoek waar hy sy "vriend" President Nicolas Sarkozy sal ontmoet. In Portugal wil Chavez ooreenkomste wat voorafvervaardigde behuising en rekenaartegnologie behels, onderteken. Portugal sal 50 000 voorafvervaardigde huise aan Venezuela lewer en is ook 'n vennoot in gasprojekte in Venezuela.

Chavez het onlangs 'n groot olietransaksie in Suid-Afrika beklink om ru-olie aan PetroSA teen 'n afslagprys te lewer.

active instagram followersФильчаков Харьков

Wie is Kgalema Motlanthe?

Kgalema Motlanthe is vir vele 'n onbekende faktor. Alhoewel hy hy 'n groot aanhang het onder die ANC se provinsiale sekretarisseen die armes, hou die sakemense ook van hom vanweë die rustige indruk wat hy maak.

Motlanthe woon tans op 'n gholflandgoed, ry 'n Jeep Cherokee en is glo 'n jazz-liefhebber. Hy was tien jaar lank 'n gevangene op Robbeneiland.
 
Hy word dikwels in Zoeloe aangespreek as "Mkoeloe", maar sy werklike identiteit is nie bekend nie. Daar was reeds beweringe dat Motlanthe nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie maar uit Lesotho afkomstig is. Biografiese inligting oor die ANC se tweede magtigste man is om die waarheid te sê maar skraps.

Hy ontken byvoorbeeld dat hy getroud is omdat hy glo nie sy privaatsake wil openbaar nie, terwyl hy 'n vrou en drie kinders het.

Hy is Zuma se arms gedryf deur Mbeki se regterhand, Joel Netshitenzhe, wat verantwoordelik was vir die pogings om Motlanthe en Zuma te diskrediteer. Motlanthe glo vas dat die e-posse om hulle swart te smeer, werklik deur Mbeki versoek is.

тамбов системыtopcargo отзывы

Mbeki s? Zuma die stryd aan

President Mbeki het Maandag met ’n dringende aansoek om appèl in die konstitusionele hof gebring teen die hofuitspraak in Pietermaritzburg wat in Zuma se guns beslis is. Daarmee het die afgedankte president sy voornemens om Jacob Zuma die stryd aan te sê, duidelik gemaak.

Nicholson het vroeër dié maand in 'n uitspraak in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof bevind dat Zuma geen kans gegee is om sy kant van die saak te stel voordat besluit is om hom weer van bedrog en korrupsie aan te kla nie.

Mbeki hoop om met die appèl regter Chris Nicholson se kommentaar oor sy ondersteuners se politieke en onbehoorlike inmenging in regspleging tersyde te laat stel. Nicholson het sy verbasing in sy uitspraak te kenne gegee dat Bulelani Ngcuka, voormalige nasionale direkteur van die nasionale vervolgingsgesag, openlik vir Penuell Maduna by 'n perskonferensie vir sy ondersteuning kon bedank, terwyl die instansie veronderstel is om onafhanklik te funksioneer.

баня турецкаялобановский депутат

Dis kulturele onteiening, s? VF Plus

16:27:51 Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die plaaslike ANC totaal geisoleerd is in sy pogings om 27 histories belangrike straatname in Pretoria te

Image

Conrad Beyers

verander.  Volgens die VF Plus bestaan daar breë konsensus dat straatname met historiese waarde behoue moet bly.

Dit kom nadat die Inkatha Vryheidsparty (IVP), asook 40 Afrikaanse organisasies, hul teenkanting teen die beplande naamveranderings uitgespreek het.  Die 40 Afrikaanse organisasies sluit in Afriforum, die FAK, die ATKV, TLU SA en die Afrikanerbond.

Die IVP se Pretoria-streeksbestuur het gesê dat die beplande naamveranderings nie in die belang van Pretoria se inwoners is nie.  Die IVP het bygevoeg dat strate soos Paul Krugerstraat en Pretoriusstraat spesiale historiese waarde het vir ‘n groot deel van Pretoria se inwoners.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus- raadslid en lid van die Tshwane Metroraad se plek-en-straatnamekomitee, is dit verblydend om van die IVP se standpunt te verneem.  Beyers sê dit bevestig dat dit nie slegs “wit” groeperinge is wat die naamsveranderinge teenstaan nie.

Die VF Plus het tegelykertyd die DA veroordeel vir sy flou en ambivalente standpunte rakende die straatnaamveranderinge en het die DA daarvan beskuldig dat hy die naamveranderings in beginsel ondersteun. 

“Die VF Plus stem saam met TLU SA se standpunt dat die naamsveranderinge op kulturele onteiening neerkom.  Net soos wat die kontroversiële onteieningswet gekelder is vanweë kragtige openbare teenkanting, kan hierdie nuwe kulturele onteieningsplan ook sneuwel,” het Beyers bygevoeg.

куклы барбілобановский александр досье