Libanese bekommerd oor Siri? se troepopbou

Ongeveer 10 000 Siriese troepe is op die Libanese grens saamgetrek en die opbou het vrese laat ontstaan dat Sirië beplan om hulle kleiner buurland weer te oorheers. Die rede wat Sirië aanvoer vir die groot teenwoordigheid is dat hulle smokkelhandel wil beperk, maar waarskynlik probeer Sirië die verkiesings wat aanstaande Mei in Libanon gehou word, beïnvloed.

Sirië het ten spyte van die onttrekking uit Libanon, steeds invloed in die land omdat hulle die gewapende opposisiebeweging Hizbollah ondersteun.

'n Europese diplomaat in Beiroet het gesê kommer neem toe dat Sirië dalk weer kan inmeng. Talle Libanese is self skepties oor die moontlikheid dat Sirië hulle onafhanklikheid oplaas sal erken.

Groot verskille in Libanon heers steeds en die land bly verdeel tussen Soennies en Sjiïete. In Mei hierdie jaar het die onenigheid tussen Hizbollah wat Soennie-gebiede in Beiroet oorgeneem het, byna weer op 'n burgeroorlog uitgeloop.

Kenners meen Iran en Sirië staan reg om hulle bondgenote in Libanon te voorsien van wapens en ammunisie.

купить интернет магазинАлександр Фильчаков прокурор

Skare juig Zuma toe by Tsjakavieringe

ImageDie president van die ANC, Jacob Zuma, is deur die skare toegejuig toe hy Woensdag by die jaarlikse Tsjakadagvieringe in KwaDukuza (voorheen Stanger) aangekom het.

Byna 5 000 mense het die jaarlikse funksie bygewoon wat deur die Zoeloekoning Goodwill Zwelithini aangebied word.

Volgens die program sou Zuma nie by die geleentheid 'n toespraak lewer nie. Twee jaar gelede is hy gekritiseer omdat hy kritiek teen gays gelewer het.

Die media het op Zuma afgestorm by die Stanger-sportgronde toe hy die koning en die leier van die Inkatha-vryheidsparty, Mangosuthu Buthelezi, na binne gevolg het.

Zuma se teenwoordigheid by die funksie volg op sy bywoning van 'n gedenklesing vir Gert Sibande in Secunda Dinsdagaand. Daar het hy die versekering gegee dat die bedanking van 'n derde van die land se kabinet geen krisis verteenwoordig nie.

to playтопкарго развод

Grusame grondhervorming

Vroeër vandeesmaand het nog 'n mislukte geval van "grondhervorming" onder die publiek se aandag gekom. 'n Plaas-vakansieoord naby Brits wat in Januarie 2008 onteien is, lê verwaarloos terwyl toerusting en waterpompe gesteel is.  Karkasse van diere wat van dors dood is, lê oral rond.

Foto's van die plaas kan in ons galery onder die opskrif nuus besigtig word. Volg die skakel. Let asb op dat dit foto's van dooie diere bevat en sensitiewe besoekers mag onstel word daardeur.

'n Bosbok se oorskot lê in 'n toilet waar hy tevergeefs probeer het om aan die dors te ontkom.  Vroeër was dit 'n besige vakansieoord waar krippe water aan die diere voorsien het

Die VF Plus gaan 'n vraag aan die betrokke LUR in die Wetgewer stel om te bepaal wie die huidige eienaars van die plaas is.  Die eienaar(s) behoort volgens die party van dieremishandeling aangekla te word.

Dit kom voor of niemand ooit weer ná Januarie 2008 die plaas besoek het nie. Daar  is ook geen brandpaaie gemaak soos deur die Wet vereis word nie.  Die terrein is omhein en indien 'n brand sou uitbreek, sal die diere wat oorgebly het ook doodbrand.

Dit is net nog 'n voorbeeld wat uitwys dat die regering se grondhervormingsplan 'n hopelose mislukking is.  Produktiewe plase en vakansieoorde wat vroeër belasting vir die regering ingebring het, lê nou nutteloos en vergaan.

насосы длялобановский политик

BMF prys ‘stabiele demokrasie’

Die Black Management Forum sê reaksie op Mbeki se afdanking dui op die volwassenheid van ANC-lede en dit is 'n teken dat demokrasie in Suid-Afrika stabiliseer.

Hulle het Mbeki gelukgewens met die staatsmanskap en waardige wyse waarop hy sy afdanking aanvaar het. President Jimmy Manyi het alle partye gevra om so voort te doen.

Die parlement moet aan grondwetlike eise voldoen en spoedig vertroue herstel in "hierdie moeilike tye", het hy gesê. Hulle het Kgalema Motlanthe se kandidaatskap verwelkom.

игри длядетейФільчаков Олександр Васильович прокурор

Mbeki se bedanking sterk Tsvangirai se hand

Omdat die deurslaggewende politieke ooreenkoms in Zimbabwe deur uitgesette President Thabo Mbeki bemiddel is, lyk dit asof Tsvangirai met nuwe eise kan kom. Mbeki is allerweë beskou as 'n Mugabe-ondersteuner.

Zimbabwe se hoofopposisieparty het weliswaar gister gewaarsku dat die dooiepunt oor die toekenning van kabinetsposte die brose magsdelingsooreenkoms wat vroeër die maand met President Robert Mugabe bereik is, kan bedreig.

Onderhandelaars van Mugabe se Zanu-PF party en Morgan Tsvangirai se Beweging vir Demokratiese Verandering en 'n wegbreek-faksie van die MDC kon nie tot 'n vergelyk kom oor die toekenning van poste nie.

Tendai Biti, die MDC se sekretaris-generaal sê die meningsverskille oor die toekenning van ministeries en 10 provinsiale goewerneursposte is nog nie opgelos nie. Dit vereis nuwe bemiddeling. Biti sê 'n dooiepunt is bereik wat die hele proses oor die ministers en die goewerneurs bedreig. Beamptes van Zanu-PF was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Die MDC is nie daarteen gekant dat Mugabe beheer oor die weermag oorneem nie. Hulle dring egter aan op beheer van alle sleutelposte, insluitend binnelandse sake wat die polisie beheer, finansies, buitelandse sake, justisie, inligting en plaaslike regering. Tsvangirai se party gaan na verwagting 13 kabinetsposte in die nuwe regering bekleë, Mugabe se Zanu-PF 15 en Arthur Mutambara se wegbreek MDC-faksie drie.

Biti het ontken dat Mbeki se bedanking die ooreenkoms oor eenheidsregering sal beïnvloed.

John Makumbe, 'n politieke wetenskaplike van die Universiteit van Zimbabwe, het aan AP gesê die magsdelingsooreenkoms kan ineenstort sonder Mbeki. Lovemore Madhuku, 'n regsgeleerde, dink dat Mbeki se bedanking die opposisie beslis 'n sterker hand gegee het. Nelson Chamisa, segsman vir die MDC het die mening beaam en gesê dat Mbeki se uittog vir seker in die MDC se guns tel.

SAOG het die hoop uitgespreek dat Mbeki sal aanbly as bemiddelaar.

лосины девочки описаниемАлександр Фильчаков прокурор

SA inflasie neig steeds opwaarts

08:56:03 Suid-Afrika se VPIX-inflasiekoers het in Augustus tot 13,6% opgeskiet, teenoor 13% in Julie. Die VPIX sluit verbruikerspryse, maar sonder huisverbande, in. Dis nou die 17de agtereenvolgende maand dat die inflasiekoers buite die Rerwebank se boonste perk van 6% verkeer.

Verlede maand se syfer is ook die hoogste sedert die VPIX ingestel is. Die mark is oor die algemeen deur die hoë syfer teleurgestel, want dit wil nou voorkom asof rentekoerse nie gou sal daal nie.

Ekonomie meen dat inflasie waarskynlik nou 'n hoogtepunt bereik het en hoop dat die Reserwebank tog vroeg aanstaande jaar sal begin om rentekoerse te verlaag.

Volgens Statistiek Suid-Afrika is die jaarlikse styging in die VPIX in metropolitaanse gebiede veral te wyte aan groot jaarlikse stygins in die voedselprysindeks (5,3%), vervoer (3,1%), brandstof en elektrisiteit (1,3%), verblyf (0,9%), huishoudelike uitgawes (0,8%), mediese sorg (0,6%), opvoeding (0,4%), klerasie en skoene (0,3%) en persoonlike sorg (0,3%).

Ná die vrystelling van die infalsiesyfer het die staatseffektemark en die rand gedaal. Aan die ander kant het kleinhandelverkope met 4,6% verswak in die jaar tot Julie, wat weer druk op die Reserwebank plaas om koerse eerder gouer te verlaag.

купитьАлександр Фильчаков прокурор

Een blanke polisieman skiet ‘n ander

08:17:16 'n Bedroefde Marelise Rust het in Durban se Hooggeregshof met trane in haar oë geluister na die omstandighede wat tot die dood van haar seun, sersant Riaan Rust gelei het.

Haar man langs haar het gesit en luister hoe kaptein Frank Saunders aan die hof vertel het hoe hy die 22-jarige Rust per ongeluk doodgeskiet het terwyl hulle rowers agtervolg het. Dié gebeure het hulle in die saak van Wandile Mpanza wat vir die moord op Rust teregstaan, afgespeel.

Mpanza staar 'n aanklag van moord in die gesig op grond daarvan dat Rust se dood te wyte is aan die misdade wat hy na bewering gepleeg het. Hy staan ook tereg op aanklagte dat hy moes voorsien het dat iemand doodgeskiet kon word nadat hy homself bewapen het en dat hy vir sy medepligtige wat deur die polisie geskiet is, se dood verantwoordelik is.

Die aanklagte hou verband met 'n voorval toe drie gewapende mans Parmavisan Pillay se Pajero in Gale-straat gekaap het. Volgens getuienis het die polisie die voertuig met Pillay daarin in die rigting van die N3 agterna gesit terwyl daar oor-en-weer geskiet is. Die Pajero het later op die Mayville-afrit tot stilstand gekom.

Die drie rowers het op die vlug geslaan maar Mpanza is eerste aangekeer. Saunders sê hy en drie kollegas het die twee ander verdagtes agtervolg. Die polisiebeamptes het in twee groepe verdeel nadat die twee rowers gesplits het. Volgens Saunders het die een verdagte vanaf 'n skutdak twee skote op hom en sy kollega geskiet.

Saunders het onder kruisverhoor gesê daar was niemand tussen hom en die verdagte toe hy geskiet het nie. Die prokureur vir die verdediging Mdu Mvune het gesê Saunders se nalatigheid het tot Rust se dood gelei. Saunders ontken nalatigheid en sê hy is 'n wapeninstrukteur wat in sy 14 jaar diens in die polisie nog nooit in 'n nalatige voorval betrokke was nie. Die saak word Donderdag voortgesit.

5 pound freeАлександр Фильчаков прокурор

Buffett help Goldman Sachs

Warren Buffett, een van die rykste mense op aarde, gaan vyf miljard dollar in die beleggingsbank Goldman Sachs belê. Goldman Sachs het die aankondiging gemaak en sê dit vorm deel van die bank se pogings om $7,5 miljard intesamel.

In ruil daarvoor sal Warren se Berkshire Hathaway maatskappy permanente voorkeuraandele bekom volgens segsman Lucas Van Praag. Dié aandele sal 'n 10% dividend uitbetaal.

Goldman Sachs sal ook $2.5 miljard se gewone aandele uitreik.

 
Buffett sal ander voordele ook geniet vir sy belegging.

светильники для душевых помещенийФильчаков Харьков

Republikeine pak NYT

ImageJohn McCain se veldtogbestuur het die New York Times kaalvuis gepak. Hulle beskuldig die koerant daarvan dat hulle Obama openlik ondersteun.

Steve Schmidt, een van die Republikeine se belangrikste verkiesingsveldtogbestuurders, het gesê wat die NYT ookal in die verlede beteken het, behoort tot die verlede, want vandag beantwoord die koerant nie meer aan die kriteria wat noodsaaklik is vir 'n joernalistieke onderneming nie. Hy het bygevoeg dat die koerant 150% agter die Demokrate se kandidaat staan. Hulle het hulle joernalsitieke integriteit afgewerp om McCain se mislukking te verseker, het Schmidt verklaar.

Steve Schmidt het gereageer op 'n vraag aangaande 'n artikel wat onlangs in die koerant verskyn het. Daarin word die bande tussen McCain se veldtogdirekteur, Rick Davis, en die bestuurders van Fannie Mae en Freddie Mac blootgelê. Die redakteur van die NYT, Bill Keller, het kritiek van die Republikeine verwerp en geweier om hulle 'n kans te gee om die Withuis se koers te verduidelik.

Die lug tussen die redaksie en die Republikeinse veldtogbestuur is tans giftig. Die koerant het in Julie 'n stuk deur McCain wat handel oor Irak afgewys. En die koerant hou vol dat dit net hulle werk is om te dinge uit te snuffel.

пескоструй дисковДанильченко

Ses betogers in Pakistan doodgeskiet

Image

Swat-distrik (geel) in Pakistan

07:24:57 Ses mense is Dinsdag dood toe veiligheidsmagte op 'n betoging teen burgersterftes tydens die voortslepende offensief in die noordwestelike Swat-vallei geskiet het.

Die betoging het Maandag begin ná 'n mortierbom 'n huis in die Allah Abad-gebied van die Swat-distrik in Pakistan se noordwestelike grensprovinsie getref het. 'n Vrou en haar twee kinders is in die aanval dood.

Inwoners het die liggame van die slagoffers na Mangora-stad vervoer waar die Leërhoofkwartier geleë is. Meer as 8 000 mense het aan die betoging deelgeneem. Die protesaksie het Dinsdag in getalle toegeneem toe meer as 20 000 mense 'n aandklokreël verbreek het en slagspreuke teen die soldate in die strate van Mangora geskreeu het.

Die militêre magte voer 'n operasie teen Taliban-militantes in die gebied uit. Woordvoerder Mohammad Ali sê regeringsmagte het daarheen gekom om die strydlus te beëindig maar dit het eerder toegeneem. Hy sê dit gaan goed met die militantes maar die burgerlike bevolking ly. Ali beweer dat meer as 600 000 mense ontwortel is en honderde weens die konflik dood is. Die bevolking staar ook voedsel- en medisyne tekorte in die gesig.

Hewige gevegte tussen regeringsmagte en Taliban-militantes teister sedert verlede Oktober die Swat-distrik wat eens 'n gewilde toeristebestemming was. Islamabad het duisende soldate gestuur om die rebellie deur die ondersteuners van die radikale geestelike Maulana Fazullah in die kiem te smoor. Die nuwe regering in Islamabad het vredesonderhandelings met die militantes aangeknoop nadat dit in Maart aan bewind gekom het maar het 'n maand later weer tot die offensief oorgegaan nadat die onderhandelinge skipbreuk gely het.    

кухни киев купитьДанильченко