Een blanke polisieman skiet ‘n ander

08:17:16 'n Bedroefde Marelise Rust het in Durban se Hooggeregshof met trane in haar oë geluister na die omstandighede wat tot die dood van haar seun, sersant Riaan Rust gelei het.

Haar man langs haar het gesit en luister hoe kaptein Frank Saunders aan die hof vertel het hoe hy die 22-jarige Rust per ongeluk doodgeskiet het terwyl hulle rowers agtervolg het. Dié gebeure het hulle in die saak van Wandile Mpanza wat vir die moord op Rust teregstaan, afgespeel.

Mpanza staar 'n aanklag van moord in die gesig op grond daarvan dat Rust se dood te wyte is aan die misdade wat hy na bewering gepleeg het. Hy staan ook tereg op aanklagte dat hy moes voorsien het dat iemand doodgeskiet kon word nadat hy homself bewapen het en dat hy vir sy medepligtige wat deur die polisie geskiet is, se dood verantwoordelik is.

Die aanklagte hou verband met 'n voorval toe drie gewapende mans Parmavisan Pillay se Pajero in Gale-straat gekaap het. Volgens getuienis het die polisie die voertuig met Pillay daarin in die rigting van die N3 agterna gesit terwyl daar oor-en-weer geskiet is. Die Pajero het later op die Mayville-afrit tot stilstand gekom.

Die drie rowers het op die vlug geslaan maar Mpanza is eerste aangekeer. Saunders sê hy en drie kollegas het die twee ander verdagtes agtervolg. Die polisiebeamptes het in twee groepe verdeel nadat die twee rowers gesplits het. Volgens Saunders het die een verdagte vanaf 'n skutdak twee skote op hom en sy kollega geskiet.

Saunders het onder kruisverhoor gesê daar was niemand tussen hom en die verdagte toe hy geskiet het nie. Die prokureur vir die verdediging Mdu Mvune het gesê Saunders se nalatigheid het tot Rust se dood gelei. Saunders ontken nalatigheid en sê hy is 'n wapeninstrukteur wat in sy 14 jaar diens in die polisie nog nooit in 'n nalatige voorval betrokke was nie. Die saak word Donderdag voortgesit.

5 pound freeАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae