praag.co.za

Mbeki se bedanking sterk Tsvangirai se hand

Written by

in

Zimbabwe se hoofopposisieparty het weliswaar gister gewaarsku dat die dooiepunt oor die toekenning van kabinetsposte die brose magsdelingsooreenkoms wat vroeër die maand met President Robert Mugabe bereik is, kan bedreig.

Onderhandelaars van Mugabe se Zanu-PF party en Morgan Tsvangirai se Beweging vir Demokratiese Verandering en 'n wegbreek-faksie van die MDC kon nie tot 'n vergelyk kom oor die toekenning van poste nie.

Tendai Biti, die MDC se sekretaris-generaal sê die meningsverskille oor die toekenning van ministeries en 10 provinsiale goewerneursposte is nog nie opgelos nie. Dit vereis nuwe bemiddeling. Biti sê 'n dooiepunt is bereik wat die hele proses oor die ministers en die goewerneurs bedreig. Beamptes van Zanu-PF was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Die MDC is nie daarteen gekant dat Mugabe beheer oor die weermag oorneem nie. Hulle dring egter aan op beheer van alle sleutelposte, insluitend binnelandse sake wat die polisie beheer, finansies, buitelandse sake, justisie, inligting en plaaslike regering. Tsvangirai se party gaan na verwagting 13 kabinetsposte in die nuwe regering bekleë, Mugabe se Zanu-PF 15 en Arthur Mutambara se wegbreek MDC-faksie drie.

Biti het ontken dat Mbeki se bedanking die ooreenkoms oor eenheidsregering sal beïnvloed.

John Makumbe, 'n politieke wetenskaplike van die Universiteit van Zimbabwe, het aan AP gesê die magsdelingsooreenkoms kan ineenstort sonder Mbeki. Lovemore Madhuku, 'n regsgeleerde, dink dat Mbeki se bedanking die opposisie beslis 'n sterker hand gegee het. Nelson Chamisa, segsman vir die MDC het die mening beaam en gesê dat Mbeki se uittog vir seker in die MDC se guns tel.

SAOG het die hoop uitgespreek dat Mbeki sal aanbly as bemiddelaar.

лосины девочки описаниемАлександр Фильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply