Nuwe minister wil Vigs beveg

Image

Barbara Hogan

17:47:55 Suid-Afrika se nuwe gesondheidsminister Barbara Hogan het beloof om topprioriteit te gee aan Vigs na 'n geskil van jare oor haar voorganger se onkonvensionele steun vir beet en knoffel as behandelings.

Hogan het Manto Tshabalala-Msimang vervang wat uit haar pos verwyder is toe president Kgalema Motlanthe verlede maand 'n nuwe kabinet aangewys het nadat Thabo Mbeki as staatshoof bedank het.

Ofskoon die land een van die wêreld se swaarste MIV-laste in die gesig staar, beskuldig Vigs-aktiviste die regering daarvan dat hy voete sleep terwyl die siekte miljoene Suid-Afrikaners se lewens verwoes. Hogan het op 'n nuuskonferensie gesê houding en bewustheid oor MIV en Vigs het verbeter maar aanhoudende en konsekwente werk en politieke leierskap is nodig om die boodskap oor te dra.

Suid-Afrika het een van die hoogste voorkomste van MIV in die wêreld met 'n beraamde 500 000 mense wat jaarliks besmet word. Ongeveer 'n duisend sterf daagliks van Vigs-verwante siektes. Hogan sê sy gaan druk uitoefen om teen-retroviale medisyne by soveel as moontlik mense uit te kry. Sy gaan goedkoop oplossings en politieke speletjies vermy.

Tshabalala-Msimang het die bynaam 'Dr Beet' gedra vir haar ondersteuning van beet, knoffel en ander kossoorte as behandeling vir MIVVigs. Sy is deur wetenskaplikes en voetsoolvlakaktiviste daarvan beskuldig dat sy die siekte ontken. Mbeki is kort ná sy bewindsaanvaarding in 1999 skerp gekritiseer toe hy aanvaarde Vigs-wetenskap bevraagteken het en versuim het om lewegewende teen-retroviale medisyne algemeen beskikbaar te stel.

play slot onЛобановский

Popcru eis kop van Gauteng-polisiekommissaris

17:46:05 Lede van die Polisie- en prisoniersburgerregte-unie (Popcru) het geëis dat Gauteng se polisiekommissaris Perumal Naidoo afgedank word. Popcru het Donderdag 'n protesoptog in Johannesburg gehou.

Provinsiale woordvoerder Benzi Ka-Soko sê Naidoo het versuim om baie probleme in die polisiediens, soos rassisme, aan te spreek.  Hy sê 'n ondersoek is na die saak ingestel maar die aanbevelings is nooit uitgevoer nie.

Die betogers het ook salarisaanpassings vir nuwe lede van die polisiediens geëis. Ka-Soko sê hulle stel 'n ultimatum en verwag van Naidoo om dringende aandag aan die sake te gee.

s start пуско зарядное устройстволобановский александр игоревич харьков

Baloyi meld as minister aan

17:12:55 Die nuwe minster vir staatsdiens en administrasie, Richard Baloyi, het vandag vir werk aangemeld. Baloyi het gesê dat dit "besigheid soos

Image

Richard Baloyi

gewoonlik" is.

Baloyi het vandag in 'n toespraak gesê dat hy nie daar is om nuwe beleide in te bring nie, maar om voort te gaan op die weg van versnelde dienslewering volgens die regering se program.

Hy het ook die werk van sy voorganger, Geraldine Fraser-Moleketi, geprys. Hy het in die verlede 'n lang werksverhouding met haar gehad.

Baloyi, 'n ANC-LP, is afkomstig van Giyani in Limpopo en was ook die voorsitter van die Nasionale Vergadering se portefeuljekomitee vir staatsdiens en administrasie.

Verder het hy sy dankbaarheid teenoor president Kgalema Motlanthe en die leierskap van die ANC uitgespreek vir die vertroue wat hulle in hom getoon het met die aanstelling.

sponsored instagramФільчаков прокурор

2 miljoen vals Indiese pille vir Afrika

ImageDoeanebeamptes by die Brusselse lughawe het meer as 2 miljoen vervalste tablette en pille gekonfiskeer wat van Indië af na Afrika onderweg was. Dit was die grootste besending medisyne ooit van dié aard, het beamptes gesê.

Plastiek- en foelieblaasverpakkings met nagemaakte Tramal, 'n sterk pynstiller en 'n vervalste anti-malariamiddel is in groot sakke ontdek, het die doeanebeamptes gesê.

Die medisyne is in drie besendings gestuur van 'n maatskappy in Moembaai en was onderweg na 'n Afrikaland, nadat dit eers in Casablanca, Marokko oorgelaai is.

"Vir sover ons kennis strek, is dit die grootste besending vervalste medisyne wat nog in Europa gekonfiskeer is", het Lieven Muylaert, segsman vir die doeane-en-aksynsdepartement gesê. Hy wou nie 'n waarde heg aan die besending op die ope mark nie.

Doeanebeamptes se agterdog is gewek omdat die pille eerstens nie in kartondose vervoer was nie en verder ook deur spelfoute op die verpakkings.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), verteenwoordig vervalste medikasie met 'n geskatte waarde van 600 miljard rand, sowat 10 % van die globale farmaseutiese nywerheid.

Die hoeveelheid vervalste medikasie wat by Europese grense onderskep is het met 51 % gestyg van verlede jaar nadat dit sowat 400 % gestyg het in 2006.

In Frankryk het sulke onderskeppings, veral van Viagra van Indië af onderweg na Afrika en Latyns-Amerika met 31 % gestyg verlede jaar.

цена циклевка паркетаФільчаков прокурор

Mantashe s? Mbeki-faksie wou markte knou

Gwede Mantashe het Donderdag gesê die Presidensie se aankondiging dat Trevor Manuel bedank het saam met ander kabinetslede, is met opset gedoen om die finansiële markte te knou. Hy sê selfs die lys ministers is uitgereik met die doel om die markte te laat tuimel. Met hulle vinnige optrede om 'n krisis te verhoed is almal die ergste uitkoms egter gespaar.

Hy het ook gesê Mbhazima Shilowa, Gauteng premier, moet vervang word met dieselfde spoed waarmee ministers bedank het. Mantashe het tydens die Dan Tloome gedenklesing gesê die ANC moes van Mbeki ontslae raak om eenheid en 'n gemeenskaplike doelwit in die party terug te bring.

"Ons weet dat daar in enige rewolusie gevalle is waar die leier sterker raak as die beweging self." Hy meen hierdie lojaliteit het tot versplintering in die party gelei. Dit is die eerste keer dat daar direk vinger gewys word na Mbeki deur sy opponente. By die perskonferensie wat voorverlede week gehou is om Manuel se bedanking te bespreek, het die anti-Mbeki faksie hulleself daarvan weerhou om enige beskuldigings te maak.

reception decorationsДанильченко Юрий прокурор

VF Plus-raadslede uitgejaag

15:48:44 Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die uitjaag van twee VF Plus-raadslede uit die raadsvergadering van die Tshwane-metroraad, nadat

Image

Conrad Beyers

hulle ernstige kapsie gemaak het teen die verandering van 27 historiese straatname in Pretoria, dui op onverdraagsaamheid deur die ANC sodra ware opposisie teen hulle vergrype gebied word.

VF Plus-raadslede, Conrad Beyers en Cornelius Jansen van Rensburg, is deur die ANC-speaker, mnr. Korombi Dau, gelas om die raadsvergadering te verlaat omdat hulle in toesprake gesê het dat die ANC steeds soos 'n terroriste-organisasie optree deur name van historiese belang te wil saboteer en na sogenaamde "struggle-helde" te verander.

Die VF Plus het ook sy teleurstelling uitgespreek teenoor die Demokratiese Alliansie (DA) wat versoek het dat die VF Plus se raadslede dissiplinêr aangekla moet word oor hulle opmerkings.

Beyers het in sy toespraak gesê dat sommiges se helde vir andere booswigte is en omgekeerd, en dat alle groepe in die land mekaar se geskiedenis moet respekteer. Die vergadering het in chaos ontaard toe hy gesê het dat talle persone wat deur die ANC as helde beskou word, deur andere as 'moordenaars en terroriste' beskou word.

Jansen van Rensburg het gesê dat die ANC hulle soos '"terroriste in regering" gedra deur minderhede se geskiedenis te beledig en uit te wis.  "Die VSA is gelukkig – hulle terroriste sit ver weg in die Midde-Ooste. Ons s'n sit reg binne-in die regering", het hy gesê.

 Beide VF Plus-raadslede het geweier om hulle opmerkings terug te trek, waarna die speaker hulle gevra het om die vergadering te verlaat.

Die VF Plus het gesê dat die ANC se onverantwoordelike naamsveranderinge tot polarisasie van die Suid-Afrikaanse bevolking lei en versoeningspogings in die wiele ry.

Die VF Plus het benadruk dat 'n onderhandelde akkoord in Suid-Afrika nodig is wat die naamkwessie kan hanteer om te verhoed dat dit die samelewing verder polariseer.

баня под ключ ценаtopcargo отзывы

Moenie Mamma Mbeki bysleep, s? Zanu-PF

Image

Patrick Chinamasa

15:21:33 Die Zimbabwiese President, Robert Mubabe, het die opposisie in Zimbabwe gekritiseer omdat hulle voormalige President Thabo Mbeki weer wil inroep om die magsdelingsplanne te probeer beredder.

Patrick Chinamasa het oproepe van die MDC verwerp dat President Mbeki tussenbeide moet tree om die dooiepunt oor verdeling van kabinetsposte op te los.

Mbeki, wat die magsdelingsooreenkoms beding het, is SAOG se onderhandelaar in Zimbabwe, en SAOG verwag van hom om steeds betrokke te wees in die proses om vrede in dié land te probeer bewerkstellig. Dit is selfs nadat hy op 21 September 2008 bedank het as die president van Suid-Afrika.

"Ek dink nie dat die verdeling van ministeries 'n saak is wat na die fasiliteerder (Mbeki) verwys kan word nie. Ons kan nie elke keer as daar verskille in opinies ontstaan iemand van buite af inroep om te help met bemiddeling nie," het Chinamasa in die Herald-koerant gesê.

"Selfs as mens 'n getroude paartjie is, kan mens nie die situasie hê waar die vrou elke keer na haar ma toe hardloop as daar 'n probleem is nie. Indien daar denke in dié rigting is, moet dit staak, in belang van die harmonie van die verhouding," het hy verder bygevoeg.

Dinsdag het Mugabe en Tsvangirai weer verder onderhandel, maar daar is steeds geen finale planne omtrent die samestelling van die kabinet nie.

Volgens die ooreenkoms wat die eertydse vyande op 15 September geteken het, moet Mugabe se party 15 van die 31 poste in die kabinet kry, Tsvangirai se MDC moet 13 poste kry en 'n wegbreekfaksie van die MDC onder leiding van Arthur Mutambara moet 3 poste kry.

Die MDC blameer Mugabe dat hy al die sleutelposte vir Zanu-PF wil hê, byvoorbeeld buitelande sake, binnelandse sake en finansies. Westerse regerings wil weer hê dat die MDC die sleutelposte moet beklee en sodoende die sterker posisie in die regering moet inneem.

Die MDC-woordvoerder, Nelson Chamisa, het Dinsdag aan die Deutsche Presse-Agentur gesê dat hulle by SAOG gekla het oor dié toedrag van sake. "Ons het die Maartverkiesing gewen, maar nou wil hulle (Zanu-PF) hê dat ons tweede viool moet speel," het Chamisa gesê.

"Ons hoop dat hulle (SAOG en die AU) gou tussenbeide sal tree om die dooiepunt te help oplos," het hy verder bygevoeg. 'n Regering van nasionale eenheid wat hulp en investering die land inbring, word gesien as die enigste oplossing vir Zimbabwe se finansiële ineenstorting. Die September-ooreenkoms het Mugabe se 28 jaar van regering beëindig, maar noudat die euforie verby is, is daar van Mugabe se ondersteuners wat vasskop teen die magsdeling met die MDC.

Ná sy terugkeer van die VN se algemene vergadering in New York, het Mugabe gesê dat die regering teen die einde van die week opgestel sal wees.

Tsvangirai het oor die naweek gesê dat 'n nuwe regering dringend nodig was om hongersnood in die land af te weer. Die land se voedselproduksiekapasiteit is uitgewis deur 'n voorafgaande dekade van rampspoedige beleidsbesluite.

пробурить артезианскую скважину ценаФильчаков прокурор харькова

Britte vrees dat hulle banke kan vou

Die Britte is skepties oor Gordon Brown se beloftes dat die regering alles in hulle vermoë sal doen om die bankstelsel te red. Omdat verkeie banke reeds bankrot verklaar is of oorgeneem is oor die laaste twee weke soos wat die krediettekort se greep verstewig, raak die vrees dat mense al hulle spaargeld kan verloor tasbaar.

Geselsprogramme op die radio word oorval deur luisteraars wat sê dat hulle al hulle spaargeld uit die bank wil onttrek. Jan Alleman het lankal verstaan dat geen deposito meer veilig is nie en dat enige bank enige tyd kan faal.

Die probleem, sê ekonome, is dat kollektiewe paniek 'n groter krisis kan veroorsaak indien almal gelyk hulle spaargeld onttrek vir kontant. Vertroue is die fondament waarop die bankstelsel opgerig is. Daarsonder kan die stelsel nie funksioneer nie.

Die Ierse regering het Woensdag verklaar dat hulle alle deposito's in Ierland sal verseker. Die Franse het by monde van Nicolas Sarkozy 'n soortgelyke onderneming gegee. Maar hoe meer die politici probeer om mense te paai, hoe meer onrustig raak hulle. Banke, in teenstelling met politici, laat hulle kliënte nooit weet as hulle bekommerd voel nie, omdat dit juis paniekonttrekkings kan veroorsaak.

Banke hou ook nie genoeg kontant aan om almal se geld dadelik terug te gee nie. Maar meer nog boesem Gordon Brown geen vertroue by Britte in nie. Die man in die straat hou hom vir die ekonomiese krisis verantwoordelik.

Sover dit die eens gerespekteerde Northern Rock-spaarbank se bankrotskap, die eerste om Brittanje te tref, aangaan, het kliënte die eerste paar dae nie 'n idee gehad van wat aangaan nie en dié kwessie maak die publiek tans lugtig vir wat ander banke mag aanvang.

турецкая баня хамам своими рукамиЛобановский

Eskom waarsku publiek oor vervalsings

Die staatsnutsmaatskappy Eskom het banke, geldskietmaatskappye en die algemene publiek gewaarsku oor 'n nuwe misdaadsindikaat wat banke met vervalste identiteitsdokumente en Eskom betaalstrokies vir persoonlike lenings nader.

Eskom sê in 'n mediaverklaring die bedrogspul het aan die begin van September in omloop gekom. Oortreders nader gewoonlik 'n bank om vir 'n persoonlik lening aansoek te doen en produseer dan 'n vervalste identiteitsdokument.

Hulle beweer ook dat hulle in Eskom se diens is en voorsien die bank van 'n Eskom betaalstrokie. By nadere ondersoek blyk dit dat die betaalstrokie slegs Eskom se logo gebruik en dat die papier nie Eskom se gehalte en formaat is nie.

Enigiemand wat wat sulke praktyke raakloop word versoek om Eskom se tolvrye nommer by 0800 11 27 11 te skakel om die egtheid te bevestig en te verseker dat die betrokke indiwidue in Eskom se diens is.  

cluedo board game onlineДанильченео

Kosdiewe se gunsteling

ImageParmigiano-Reggiano, oftewel Parmesaanse kaas, is die kositem wat die maklikste van winkelrakke in Italië verdwyn sonder dat daarvoor betaal word. Die harde krummelrige kaas word graag oor pasta gerasper.

Tussen 2006 en 2007 is een uit 10 Parmesaanse kaasprodukte uit supermarkte gesteel. Die gewilde kaas is een van drie items wat onweerstaanbaar blyk te wees vir lang vingers. Die ander items is skeermeslemmetjies, waarvan 22% gesteel word, en inkhervulle vir drukkers, waarvan 15% verdwyn.

Die afgelope jaar is 11% meer kaas gesteel as die vorige jaar. Parmesaanse kaas is ook die Italiaanse kosproduk wat die meeste nagemaak word. Die ware jakob moet van ongepasteuriseerde koeimelk gemaak word en moet 12 maande lank verouder word om die DOP of IGP waarmerk van die Parmastreek of van die Reggio Emilia-gebied in Noord-Italië te kry.

Veral Argentinië, Brasilië, Japan, Brittanje en Duitsland is lande waar nagemaakte Parmesaanse kaas onder 'n vals etiket te koop aangebied word.

насосы для соленойФильчаков прокуратура харьков