Mboweni reageer op Pretorius

17:08:55 Reserwebankgoewerneur Tito Mboweni het gereageer op die eis om 'n apologie wat aandeelhouer Mario Pretorius verlede maand teen hom ingedien het. In 'n prokureursbrief behou hy hom die reg voor om in die toekoms te reageer op die "aantygings" wat oor hom gemaak is.

Mboweni ontken Pretorius se aantygings dat hy hom 'n rassis genoem het en dat daar enige gronde vir 'n versoek om 'n apologie bestaan. Enige hofaansoek deur Pretorius sal teengestaan word.

Pretorius  sê in sy reaksie dat vandag 'n mylpaal in die teleurstelling van elke Suid-Afrikaner is wat met die haatlike woord "rassis" gebrandmerk is. Hy het die afgelope twee weke hard probeer om die gees van versoening lewend te hou maar dit lyk nou asof dit doodgebore is. Hy gaan Goliat nou aanvat, sê die aandeelhouer.

Pretorius sê hy hoop steeds dat gesonde verstand sal seëvier en dat die nasionale belang voorrang bo persoonlike ego sal geniet. Hy het sy eie motiewe ondersoek en herondersoek. Pretorius sê met hierdie geringe standpunt teen rassisme en mishandeling, salueer hy die baie en verskillende Suid-Afrikaners wat dikwels 'n moeilike beginselstandpunt ingeneem het.

Pretorius hoop dat hy steeds kan help om die burgers van dié pragtige land te versoen en daartoe bydra om goeie leiers te vind wat Suid-Afrikaners met hulle uiteenlopende verledes in 'n gemeenskaplike toekoms vir die Republiek te verenig. Hy sê hy gaan geen steen onaangeroer laat om sy reputasie in ere te herstel nie en om van die rassis-etiket ontslae te raak. Pretorius sê hy hoop dat hy elke Suid-Afrikaner wat hom- of haarself bevind in 'n posisie van rassistiese beskuldigings hiermee 'n weldaad gaan bewys.    

Mboweni het verlede maand 'n brief van aandeelhouer Mario Pretorius ontvang. Pretorius het 'n verskoning geëis nadat Mboweni hom op September se jaarvergadering na bewering daarvan beskuldig het dat hy op 'n rassistiese manier gepraat het. Pretorius het twee maal aan Mboweni gesê dat hy 'n punt van orde op die vergadering wil maak. Toe hy nie erken is nie, het hy gesê dit is skokkend, waarop Mboweni gereageer het.

Mboweni se antwoord was dat hy Pretorius nie sal toelaat om met hom te praat soos wittes gewoonlik met swartes gepraat het nie. Pretorius het deur sy prokureur, Johan van Huyssteens 'n openbare verskoning vir dié beskulding gevra of anders gaan hy 'n eis van R1 miljoen teen Mboweni en die Reserwebank instel. Die brief sê as Mboweni se ongevraagde brandmerk van Pretorius as 'n rassis 'n negatiewe inlvoed op sy besigheid sou uitoefen, behou hy hom die reg voor om verdere eise teen Mboweni en die Reserwebank in te stel.

new online casinotopcargo отзывы

Lekota nie meer gewild in ANC

Voormalige minster van verdediging, Terror Lekota wat ‘n onlangse ope brief aan die ANC gestuur het, is vandag deur die ANC jeugliga as ‘n sterwende perd beskou wat sy laaste skoppe na die party mik. Segsman Floyd Shivambu sê die liga wou eers nie reageer op die brief van Lekota nie, en het moeg geraak vir die man se “kinderagtige, openlike weerstand en verdraaiing” van die party se beginsels.

“Die ANC Jeugliga sou mnr. Lekota los om ‘n gek van homself te maak, en hom toelaat om soos alle sterwende perde ‘n paar skoppe in te kry” het Shivambu bygevoeg. Donderdag het Lekota, wat ook die nasionale voorsitter was, die ANC leierskap daarvan beskuldig dat hulle die party weglei van sy politieke kultuur en waardes.

In ‘n sterk bewoorde verklaring aan die ANC sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het hy gesê dat die huidige leierskap binne die ANC ‘n direkte en klinkklare vertrek van die Vryheidshandves geneem het. Lekota het hom ook uitgespreek teen die hoë vlakke van onverdraagsaamheid in die ANC.

Shivambu het gesê dat Lekota homself met die skryf van dié brief soos ‘n bedorwe brokkie gedra het. Hy sê dat Lekota nou te ver gegaan het en dat hy homself buite die organisasie se beginsels en riglyne gedefinieer het. Volgens Shivambu behoort Lekota onderworpe te wees aan prosesse, beginsels en dissipline, indien hy nog ‘n lid van die organisasie is.

Hy het gesê dat die liga ‘n uitgebreide benadering tot die verklaring sal bespreek met hulle volgende vergadering. Hy sê ook dat die  ANC nie deur lafaards en agente wat oproer stook gyselaar gehou sal word nie en ook nie wat dreigemente van wegbreek van die party maak nie.

Só 'n  aksie sal volgens hom die werklike magsbehepte lede ontbloot. Die mense wat wil wegbreek van die ANC moet dit nou doen sê Shivambu. Hy sê dat dit net eiebelang sal uitwys van die mense wat nie demokratiese besluite kan aanvaar nie.

Lekota beweer in sy brief dat lede wat standpunte gehad het wat verskil van die gewilde menings, later uit die party se strukture verwyder is. Dit is volgens hom iets wat indruis teen die ANC se demokratiese kultuur. Lekota sê dat in pleks daarvan om respek vir demokratiese institusies te kweek, die ANC-leiers dreigemente maak dat hulle die land tot stilstand sal bring indien regsuitsprake nie strook met wat hulle wil hê nie.   

Donderdag het minister van vervoer en lid van die uitvoerende raad, Jeff Radebe, in antwoord op die brief van Lekota gesê dat ANC-lede se kritiek teen die party dieselfde is as hulle kennisgewing om te bedank. Die ANC is volgens Radebe ‘n vrywillige samekoms van individue wat in die ANC glo en wat vry is om dit te verlaat as hulle nie meer daarin glo nie.

Die geskiedenis is vol voorbeelde van individue wat te groot geword het vir die ANC. Die mense kon hulle self nie meer onderwerp aan die dissipline van die organisasie nie. Hulle was dan voor die keuse om vrywillig te bedank of hulle was geskors. Radebe het aan Lekota geskryf dat hy hoop dat hulle hom nie hoef te skors nie.    

бурениеФильчаков Александр Васильевич

Weste probeer Siri? uit IAEA hou

16:31:36 Westerse lande probeer om Sirië daarvan te weerhou om 'n rotasie-sitplek op die raad van die Internasionale Atoom Energie Agentskap in te neem omdat dié Midde-Oosterse land na bewering 'n geheime kernreaktor gebou het. Die eerste besoek van IAEA-inspekteurs aan die beweerde perseel in Sirië se woestyn het egter niks opgelewer nie.

Volgens diplomate is die Verenigde State en ander Westerse IAEA-lede daarop uit om later vandag op die Agentskap se algemene konferensie in Wenen eerder vir Afghanistan as Sirië te stem om een van die 35 raadslede te word. Die feit dat 'n stemmery nodig is om die saak te besleg, dui op 'n tweespalt tussen lede van die IAEA. Die groep Midde-Oosterse en  Suid-Asiatiese lande kom gewoonlik ooreen oor 'n kandidaat om te nomineer wat dan vanselfsprekend op die algemene konferensie aanvaar word.

Washington het in April die Agentskap in Wene van inligting voorsien wat daarop dui dat Damaskus baie naby daaraan was om 'n reaktor, wat verlede jaar deur Israel se lugmag gebombardeer is, te voltooi. Sirië hou vol dat die perseel 'n konvensionele militêre installasie was. Verskeie Westerse lande het Sirië gekritiseer omdat verdere besoeke van inspekteurs nie toegelaat is nie asook vir die verbod op toegang tot bykomende persele.

Ibrahim Othman, direkteur-generaal van Sirië se Atoom Energie Kommissie het op die konferensie beklemtoon dat sy regering met die Agentskap saamwerk. Hy sê die samewerking sal egter nie op enige wyse ten koste van die bekendmaking van Sirië se militêre persele of 'n bedreiging van hulle nasionale sekuriteit geskied nie. 'n Diplomaat sê Afghanistan is vol vertroue dat dit die steun van die meerderheid IAEA-lede geniet. Geloofwaardigheid van die kernagentskap is vir die VSA op die spel. 'n Diplomaat van 'n Europese land sê die uitslag van die verkiesing is onseker.  

купить футболку детскую с надписямиФільчаков Олександр Васильович прокурор

ANC en DA se dubbele standaarde

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die ANC en DA hul aan dubbele standaarde skuldig maak deurdat twee VF Plus-raadslede vir 60 dae geskors is rakende opmerkings wat hulle gemaak het tydens 'n debat oor plek- en straatname tydens gister (Donderdag 2 Oktober) se raadsvergadering. Die twee raadslede, mnre. Cornelius Jansen van Rensburg en Conrad Beyers, het aangedui dat hulle teen die besluit gaan appelleer.

Volgens Rdl. Cornelius Jansen van Rensburg, gebeur dit gereeld in die raad, insluitende by gister se vergadering, dat die ANC en PAC na die wit bevolking van Suid-Afrika verwys as "kolonialiste, setlaars en rassiste", maar hulle word nooit aangespreek of uitgejaag nie. "Die DA het nog nooit gevra dat dissiplinêre aksie teen persone ingestel word wat sulke taal gebruik nie.  Maar sodra die VF Plus die ANC in eie munt terugbetaal, kla die DA die VF Plus dissiplinêr aan", het Jansen van Rensburg gesê.

Volgens Jansen van Rensburg is dit die ergste moontlike belediging om na landsburgers te verwys as kolonialiste en setlaars omdat jy vir daardie mense sê: "Jy hoort nie in jou geboorteland nie.”  Hierdie uitlatings word egter telkens deur die ANC en DA gekondoneer. "Dit is tyd dat hierdie tipe dubbele standaarde stopgesit word.”

Volgens die VF Plus is dit te verstane dat 'n naamkwessie wat verkeerd hanteer word tot ernstige polarisasie en negatiewe emosie in die samelewing sal lei.  Die VF Plus-raadslede het die frustrasies verwoord wat by baie Afrikaners bestaan rakende die miskenning en minagting van hulle erfenis en geskiedenis. Die VF Plus het benadruk dat 'n onderhandelde politieke meganisme noodsaaklik is om 'n sensitiewe saak soos die naamkwessie te hanteer. Dit is belangrik dat alle gemeenskappe met respek en waardigheid behandel word, andersins lei dit tot verdere polarisasie in die land.

асти игристоеФільчаков Олександр Васильович прокурор

VN-helikopters skiet op Kongolese rebelle

VN helikopters het Donderdag met vuurpyle en masjiengewere op burgermaglede wat hulle aangeval het geskiet, toe hulle die lugruim oor die oostelike Ituri-provinsie van die Kongo patrolleer het.

'n VN-woordvoerder Madnoge Mounoubay sê twee helikopters was besig met 'n verkenningsgsvlug naby die dorpie Kagaba, toe grond-gebaseerde burgermaglede op hulle geskiet het. Kagaba is sowat 50 kilometer suidoos van die streek se hoofstad, Bunia.

Mounoubay sê geen vredemakers is gewond nie en die helikopters het veilig geland ofskoon een van hulle deur koeëls getref is. Dit is nie duidelik wie die burgermag-groep was nie maar vredemakers vermoed dat hulle aan die Ituri Patriotiese Weerstandsfront behoort. Die geweld in Ituri kom drie dae na 'n soortgelyke aanval op VN -helikopters Maandag op 'n nabygeleë dorpie.

Die VN se verteenwoordiger in Kinshasha lt-kol Jean-Paul Dietrich het die Ituri Patriotiese Weerstandsfront vir die aanval geblameer. Hy sê die VN-helikopters wat ontplooi is om berigte van gevegte tussen die Kongo-leër en rebelle te ondersoek, het met twee vuupyle geantwoord. Meeste van die geweld in die oostelike Kongo gedurende die laaste jaar het verder suid in die noordelike Kivu-provinsie plaasgevind waar soldate wat lojaal  aan die krygsheer Laurent Nkunda is,  gereeld met burgermag-groepe en die leër skermutsel.

Die Kongo-regering het vir jare onsuksesvol probeer om 'n einde aan die geweld in die ooste te maak. Dit is 'n uitgestrekte gebied van landelike heuwels en berge. Die VN-taakmag van 18 000 man kon ook nie daarin slaag om die gevegte  stop te sit nie.

детские сайтытопкарго отзыв

Nooddienstestaking kan dodelike gevolge h

‘n Protesaksie deur nooddienstepersoneel by die Roodepoort-inbelsentrum plaas mense se lewens op die spel, het die DA Vrydag gesê. Jack Bloom van die DA het gesê dat oproepe nie beantwoord word nie en dat dit verdere lewensverlies en beserings tot gevolg kan hê.

Bloom het verder bygevoeg dat drastiese aksie dringend nodig is omdat dit onaanvaarbaar is dat noodoproepe nie beantwoord word nie. Dit kan verder lewens kos. Ambulanswerkers en brandweerpersoneel het Donderdag ‘n staking begin om protes aan te teken teen die swak werksomstandighede en swak salarisse.

“Ek het met drie betroubare bronne in die nooddienste-organisasie gepraat wat sê dat die situasie buite beheer geraak het,” het Bloom gesê.

Een van die probleme is die aanstelling van personeel van buite af en die salarisse wat aangebied word vir sulke aanstellings, het hy verder bygevoeg.

Dit is nog onbekend watter unies betrokke is by die staking. Nooddienstesewoordvoerder Nana Radebe het alle navrae na die Stad Johannesburgsegsman, Nthatisi Modingoane verwys. Hy het sover net laat weet dat beamptes na die inskakelsentrums gestuur is om die situasie te monitor. Hy het gesê dat ‘n verklaring later uitgereik sou word.    

саунаtopcargo

Nog Nigeri?rs vas oor dwelmhandel in Johannesburg

Gauteng-polisie sê dat twee mans Donderdag in Berea, sentraal Johannesburg vir dwelmhandel gevang is.


Die mans, twee Nigeriërs, is by die Tygerberg-woonstelle op die hoek van Primrose Terrace en Tudhopestraat gevang na ‘n wenk van die publiek, het kaptein Bhekizizwe Mavundala gesê.

Polisie het die woonstel binnegegaan en 34 pakkies kokaïne gekry, asook 24 ecstacy-tablette en 20 kokaïnekristalle.

Die twee mans sou vandag in die Johannesburgse Landdroshof verskyn.     

медицинская справка 86лобановский александр интервью

Seerowers hou skeepvrag wapens aan

11:50:11 Islamitiese militantes in Somalië het seerowers wat 'n skip van die Oekraïne met tenks en militêre toerusting aan boord aanhou, aangemoedig om die vrag en die vaartuig te vernietig as 'n losprys nie aan hulle betaal word nie.

Terwyl Amerikaanse oorlogskepe en ander vlote die MV Faina seewaarts van Somalië se kus blokkeer, dring die seerowers aan op betaling van $20 miljoen om die vrag en die 21 bemanningslede vry te laat.

'n Woordvoerder van die Shahab-beweging, Sheikh Mukthar Robow, sê as hulle nie die geld kry wat hulle eis nie, word hulle gevra om die skip óf te sink óf aan die brand te steek. Robow sê sy beweging, wat stadigaan besig is om die oorhand oor regeringsoldate in die suide van Somalië te kry, het nie bande met die seerowers wat verlede week op die vragskip onderweg na Mombasa in Kenia beslag gelê het nie.

Robow sê dit is 'n misdaad om handelskepe oor te neem maar die kaping van vaartuie wat wapens vir die vyande van Allah dra, is 'n ander saak. Die Shabab-beweging het seerowery in die suide van Somalië verlede jaar amper uitgewis.  Robow beweer dat die militêre skeepvrag aan Ethiopië behoort en na die hawe van Mogadisjoe onderweg was waar dit afgelaai sou word met die doel om Somalië te vernietig.

Die seerowers het vroeër gesê die wapens is na Soedan op pad. Die Oekraïense eienaars van die vragskip en die regering van Kenia sê die tenks is vir Kenia bestem. Amerika se vloot het belowe om te voorkom dat die seerowers die wapens aflaai.

 Robow sê sy beweging sal nie omgee om hulle hande daarop te lê nie omdat dit hulle veldtog teen soldate van Somalië, Ethiopië en die Afrika-unie 'n hupstoot sal gee.

и мозаикаФильчаков Александр Васильевич

Motlanthe gaan nie toegee aan Cosatu nie

ImagePresident Kgalema Motlanthe gaan nie toegee aan linkse druk binne die ANC om beleid aan te pas nie. Hy het Vrydag in 'n onderhoud aan die Mail & Guardian gesê sy vakunieagtergrond maak hom nie meer toegeneë om te swig voor linkse eise nie. Hy het gesê die vraag is eerder of hulle siening van sake uitvoerbaar, nodig en geldig is.

Motlanthe, wat opleiding vir die NUM behartig het, het gesê Cosatu se standpunt oor "fiskale oorskotte" is iets wat gedebatteer sal moet word. "Die realiteit is dat ons nie die huidige inflasiedruk sou kon hanteer indien ons nie so 'n beleid [fiskale oorskotte] gehad het nie."

Hy het ook gesê dit gaan Suid-Afrika in 'n mate beskerm teen die huidige finansiële en kredietkrisis in die VSA. Dit moet onthou word dat beleidsbesprekings soms ook deur 'n tekort aan kapasiteit belemmer word, het hy bygevoeg.

'n Wegbreekparty sal volgens Motlanthe nie die mag van die ANC bedreig nie. Hy twyfel ook of so 'n party werklik die lig sal sien. Hy het beswaarde ANC-leiers versoek om eerder hulle gewig by die hoofstroom in te gooi om die beweging te versterk.

светильник настенно потолочныйтопкарго развод

Griekeland word oorval

Byna 80 000 onwettige immigrante het hierdie jaar alleen op Griekeland toegesak. Griekse owerhede sê hulle kan nie meer die taak om Europa se suid-oostelike flank te beskerm, behartig nie.

Eers was die aanslag van desperate aankomelinge op die Egeïese eilande, maar deesdae is die hoofstad in rep en roer. Die historiese sentrum van Athene het hierdie maand gebuk gegaan onder sewe straatgevegte tussen dwelmhandelaars van Afghanistan, Irak en Afrika en is met swaarde, byle en kapmesse besleg.

Elf mense is in Augustus beseer en die polisie patrolleer nou die gebied dag en nag. Winkel- en restauranteienaars trek nou uit en die publiek vermy die stadsentrum en verkies om elders inkopies te gaan doen. Huurders trek ook uit. Inwoners het bang en teneergedruk geraak, sê belangegroepe.

Griekse owerhede blameer die immigrante en sê hulle gaan nie weer 'n inkomende mensegolf wettig nie. Dit is reeds drie keer onderneem sedert 1997. Owerhede is bekommerd dat regse partye opgang maak. Laos, 'n verregse party, se gewildheid het van 3,5% na 5,4% geklim in die parlement. Selfs die linkse partye erken dat daar 'n probleem met die immgrante bestaan.

Thomas Hammarberg, 'n Sweedse menseregteverteenwoordiger van die Europese Raad, het Griekeland gekritiseer omdat hulle immigrante se onwettige teenwoordigheid "kriminaliseer". Die Grieke sê egter dat Nigeriërs en Marrokane nuwe onwettige aankomelinge dadelik in bendes opneem.

Griekeland gee slegs aan 1% vlugtelingtoegang, terwyl die gemiddeld in die EU vir geslaagde asielaansoeke 20% is. Intussen word Lesbos en Samos steeds daagliks oorval met bootvragte vol onwettige immigrante en het 'n beroep gedoen op die regering om dadelik in te gryp.

опухла щека зуб не болитДанильченко Харьков