Mboweni reageer op Pretorius

17:08:55 Reserwebankgoewerneur Tito Mboweni het gereageer op die eis om 'n apologie wat aandeelhouer Mario Pretorius verlede maand teen hom ingedien het. In 'n prokureursbrief behou hy hom die reg voor om in die toekoms te reageer op die "aantygings" wat oor hom gemaak is.

Mboweni ontken Pretorius se aantygings dat hy hom 'n rassis genoem het en dat daar enige gronde vir 'n versoek om 'n apologie bestaan. Enige hofaansoek deur Pretorius sal teengestaan word.

Pretorius  sê in sy reaksie dat vandag 'n mylpaal in die teleurstelling van elke Suid-Afrikaner is wat met die haatlike woord "rassis" gebrandmerk is. Hy het die afgelope twee weke hard probeer om die gees van versoening lewend te hou maar dit lyk nou asof dit doodgebore is. Hy gaan Goliat nou aanvat, sê die aandeelhouer.

Pretorius sê hy hoop steeds dat gesonde verstand sal seëvier en dat die nasionale belang voorrang bo persoonlike ego sal geniet. Hy het sy eie motiewe ondersoek en herondersoek. Pretorius sê met hierdie geringe standpunt teen rassisme en mishandeling, salueer hy die baie en verskillende Suid-Afrikaners wat dikwels 'n moeilike beginselstandpunt ingeneem het.

Pretorius hoop dat hy steeds kan help om die burgers van dié pragtige land te versoen en daartoe bydra om goeie leiers te vind wat Suid-Afrikaners met hulle uiteenlopende verledes in 'n gemeenskaplike toekoms vir die Republiek te verenig. Hy sê hy gaan geen steen onaangeroer laat om sy reputasie in ere te herstel nie en om van die rassis-etiket ontslae te raak. Pretorius sê hy hoop dat hy elke Suid-Afrikaner wat hom- of haarself bevind in 'n posisie van rassistiese beskuldigings hiermee 'n weldaad gaan bewys.    

Mboweni het verlede maand 'n brief van aandeelhouer Mario Pretorius ontvang. Pretorius het 'n verskoning geëis nadat Mboweni hom op September se jaarvergadering na bewering daarvan beskuldig het dat hy op 'n rassistiese manier gepraat het. Pretorius het twee maal aan Mboweni gesê dat hy 'n punt van orde op die vergadering wil maak. Toe hy nie erken is nie, het hy gesê dit is skokkend, waarop Mboweni gereageer het.

Mboweni se antwoord was dat hy Pretorius nie sal toelaat om met hom te praat soos wittes gewoonlik met swartes gepraat het nie. Pretorius het deur sy prokureur, Johan van Huyssteens 'n openbare verskoning vir dié beskulding gevra of anders gaan hy 'n eis van R1 miljoen teen Mboweni en die Reserwebank instel. Die brief sê as Mboweni se ongevraagde brandmerk van Pretorius as 'n rassis 'n negatiewe inlvoed op sy besigheid sou uitoefen, behou hy hom die reg voor om verdere eise teen Mboweni en die Reserwebank in te stel.

new online casinotopcargo отзывы