Motlanthe, wat opleiding vir die NUM behartig het, het gesê Cosatu se standpunt oor "fiskale oorskotte" is iets wat gedebatteer sal moet word. "Die realiteit is dat ons nie die huidige inflasiedruk sou kon hanteer indien ons nie so 'n beleid [fiskale oorskotte] gehad het nie."
Hy het ook gesê dit gaan Suid-Afrika in 'n mate beskerm teen die huidige finansiële en kredietkrisis in die VSA. Dit moet onthou word dat beleidsbesprekings soms ook deur 'n tekort aan kapasiteit belemmer word, het hy bygevoeg.
'n Wegbreekparty sal volgens Motlanthe nie die mag van die ANC bedreig nie. Hy twyfel ook of so 'n party werklik die lig sal sien. Hy het beswaarde ANC-leiers versoek om eerder hulle gewig by die hoofstroom in te gooi om die beweging te versterk.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.