Elf mense is in Augustus beseer en die polisie patrolleer nou die gebied dag en nag. Winkel- en restauranteienaars trek nou uit en die publiek vermy die stadsentrum en verkies om elders inkopies te gaan doen. Huurders trek ook uit. Inwoners het bang en teneergedruk geraak, sê belangegroepe.
Griekse owerhede blameer die immigrante en sê hulle gaan nie weer 'n inkomende mensegolf wettig nie. Dit is reeds drie keer onderneem sedert 1997. Owerhede is bekommerd dat regse partye opgang maak. Laos, 'n verregse party, se gewildheid het van 3,5% na 5,4% geklim in die parlement. Selfs die linkse partye erken dat daar 'n probleem met die immgrante bestaan.
Thomas Hammarberg, 'n Sweedse menseregteverteenwoordiger van die Europese Raad, het Griekeland gekritiseer omdat hulle immigrante se onwettige teenwoordigheid "kriminaliseer". Die Grieke sê egter dat Nigeriërs en Marrokane nuwe onwettige aankomelinge dadelik in bendes opneem.
Griekeland gee slegs aan 1% vlugtelingtoegang, terwyl die gemiddeld in die EU vir geslaagde asielaansoeke 20% is. Intussen word Lesbos en Samos steeds daagliks oorval met bootvragte vol onwettige immigrante en het 'n beroep gedoen op die regering om dadelik in te gryp.
