Weste probeer Siri? uit IAEA hou

16:31:36 Westerse lande probeer om Sirië daarvan te weerhou om 'n rotasie-sitplek op die raad van die Internasionale Atoom Energie Agentskap in te neem omdat dié Midde-Oosterse land na bewering 'n geheime kernreaktor gebou het. Die eerste besoek van IAEA-inspekteurs aan die beweerde perseel in Sirië se woestyn het egter niks opgelewer nie.

Volgens diplomate is die Verenigde State en ander Westerse IAEA-lede daarop uit om later vandag op die Agentskap se algemene konferensie in Wenen eerder vir Afghanistan as Sirië te stem om een van die 35 raadslede te word. Die feit dat 'n stemmery nodig is om die saak te besleg, dui op 'n tweespalt tussen lede van die IAEA. Die groep Midde-Oosterse en  Suid-Asiatiese lande kom gewoonlik ooreen oor 'n kandidaat om te nomineer wat dan vanselfsprekend op die algemene konferensie aanvaar word.

Washington het in April die Agentskap in Wene van inligting voorsien wat daarop dui dat Damaskus baie naby daaraan was om 'n reaktor, wat verlede jaar deur Israel se lugmag gebombardeer is, te voltooi. Sirië hou vol dat die perseel 'n konvensionele militêre installasie was. Verskeie Westerse lande het Sirië gekritiseer omdat verdere besoeke van inspekteurs nie toegelaat is nie asook vir die verbod op toegang tot bykomende persele.

Ibrahim Othman, direkteur-generaal van Sirië se Atoom Energie Kommissie het op die konferensie beklemtoon dat sy regering met die Agentskap saamwerk. Hy sê die samewerking sal egter nie op enige wyse ten koste van die bekendmaking van Sirië se militêre persele of 'n bedreiging van hulle nasionale sekuriteit geskied nie. 'n Diplomaat sê Afghanistan is vol vertroue dat dit die steun van die meerderheid IAEA-lede geniet. Geloofwaardigheid van die kernagentskap is vir die VSA op die spel. 'n Diplomaat van 'n Europese land sê die uitslag van die verkiesing is onseker.  

купить футболку детскую с надписямиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae