VN-helikopters skiet op Kongolese rebelle

VN helikopters het Donderdag met vuurpyle en masjiengewere op burgermaglede wat hulle aangeval het geskiet, toe hulle die lugruim oor die oostelike Ituri-provinsie van die Kongo patrolleer het.

'n VN-woordvoerder Madnoge Mounoubay sê twee helikopters was besig met 'n verkenningsgsvlug naby die dorpie Kagaba, toe grond-gebaseerde burgermaglede op hulle geskiet het. Kagaba is sowat 50 kilometer suidoos van die streek se hoofstad, Bunia.

Mounoubay sê geen vredemakers is gewond nie en die helikopters het veilig geland ofskoon een van hulle deur koeëls getref is. Dit is nie duidelik wie die burgermag-groep was nie maar vredemakers vermoed dat hulle aan die Ituri Patriotiese Weerstandsfront behoort. Die geweld in Ituri kom drie dae na 'n soortgelyke aanval op VN -helikopters Maandag op 'n nabygeleë dorpie.

Die VN se verteenwoordiger in Kinshasha lt-kol Jean-Paul Dietrich het die Ituri Patriotiese Weerstandsfront vir die aanval geblameer. Hy sê die VN-helikopters wat ontplooi is om berigte van gevegte tussen die Kongo-leër en rebelle te ondersoek, het met twee vuupyle geantwoord. Meeste van die geweld in die oostelike Kongo gedurende die laaste jaar het verder suid in die noordelike Kivu-provinsie plaasgevind waar soldate wat lojaal  aan die krygsheer Laurent Nkunda is,  gereeld met burgermag-groepe en die leër skermutsel.

Die Kongo-regering het vir jare onsuksesvol probeer om 'n einde aan die geweld in die ooste te maak. Dit is 'n uitgestrekte gebied van landelike heuwels en berge. Die VN-taakmag van 18 000 man kon ook nie daarin slaag om die gevegte  stop te sit nie.

детские сайтытопкарго отзыв