China maak beswaar teen VSA se wapenpakket aan Taiwan

China het by monde van sy ambassadeur in Washington in 'n skerp bewoorde verklaring beswaar gemaak teen die nuwe wapenpakket vir Taiwan.

Beijing het laat weet dat hulle verskeie hoëvlakbesoeke sal kanselleer en ander militêre samewerkingsbesoeke sal opskort. 'n Segsman vir die Amerikaanse departement van Verdediging het sy spyt uitgespreek oor China se besluit om verhoudinge tussen die twee lande te verpolitiseer.

Beijing is teleurgesteld met Amerika se besluit om 'n $6,5 miljard wapenpakket aan Taiwan beskikbaar te stel. Dit sluit geleide missiele en aanvalshelikopters in. China sê die aankope meng in China se binnelandse sake in en benadeel nasionale sekuriteit.

Die VSA se Defense Security Cooperation Agency het die Kongres in kennis gestel van hulle voornemens om die gevorderde wapenstelsels aan Taiwan te verkoop. Die wetgewing wat buitelandse militêre verkope reël bepaal dat die transaksie kan voortgaan indien daar geen teenkanting binne 30 dae geregistreer word nie.

slots noФільчаков Олександр Васильович

Gauteng se nuwe premier vandag aangewys

Gauteng gaan vandag 'n nuwe premier aanwys en Paul Mashatile is die man wat die skoene van Sam Shilowa gaan volstaan.

Shilowa het verlede week bedank nadat Thabo Mbeki as staatshoof uitgetree het. Die ANC het reeds Vrydag aangekondig dat Mashatile, wat ook die LUR vir ekonomie en finansies vir die provinsie is, vir die pos aanbeveel word. Hy sal tydens 'n spesiale sitting amptelik verkies word.

Shilowa is gekritiseer deur die ANC en Cosatu toe hy in die openbaar sy teenkanting teen die afdanking van Mbeki uitgespreek het. Shilowa was voorheen die sekretaris-generaal van Cosatu.

баня под ключ ценаФильчаков прокурор харькова

Nuwe rasherrie rondom Faceboek-groep

Image'n Nuwe rasherrie het uitgebreek, dié keer nie oor 'n kampusvideo nie, maar rondom 'n tiental studente wat 'n Facebook-groep met die titel "ek laaik nie 'n h..tkop nie, sou what" begin het.

Die bestaan van so 'n groep tussen die tienduisende ander op Facebook het die Noordwes-universiteit (voorheen Potchefstroom) in 'n toestand van skok gedompel.

Die universiteit het Maandag sy "skok oor die bestaan van 'n rassistiese groep op Facebook en die betrokkenheid van sekere van (sy) studente as beamptes van die groep" uitgespreek.

Die universiteit het nie genoem hoeveel studente by die "H..tkop"-groep betrokke was nie, maar 'n woordvoerder, Louis Jacobs, het gesê dat die NWU "gewalg" is deur die bestaan van die groep op die sosialenetwerkblad.

Hy het voorts verklaar dat "Die universiteit reeds met 'n ondersoek na die saak begin het, met die doel om moontlike dissiplinêre stappe teen hulle (die studente) te neem."

Blykbaar het die groep ander rasseterme gebruik wat ewe erg as "h..tkop" is. Daar is selfs gerugte dat een of meer van die rassistiese deelnemers aan die groep woorde soos "k….r", "B..toe", "swartn..f", "Makat..s" en ander sou gebruik het.

Volgens die nuusagentskap Sapa het die groep 'n foto bevat van 'n jong wit man wat 'n vuurwapen vashou terwyl hy oor die trofee van 'n swart seun op die grond buk.

Facebook en die groep se administrateurs is oor die foto in kennis gestel en dit is van die webwerf verwyder.

Die rektor van die Noordwes-universiteit, Theuns Eloff, het gesê die optrede van studente wat rassehaat of geweld teen ander rassegroepe aanmoedig is teenstrydig met die universiteit se waardes.

Eloff het gesê dat hoewel die studente aan die groep deelgeneem het in hul private hoedanigheid, doen dit nie afbreuk aan die erns van hul optrede nie.

Die universiteit het Facebook ook amptelik versoek om die groep te sluit.

Maar intussen is die webwerf oorval deur mense wat daarvan 'n pro-diversiteitsgroep wil maak.

Teen sesuur Maandagaand het die groep 'n foto van 'n uitgebrande motorfiets vertoon en kommentaar deur mense wat "van swartmense hou en met hulle klaarkom".

Diegene wat die groep begin het, is deur ander in hul kommentaar as "rassiste" geëtiketteer.

Daar was ook uitnodigings aan nuwe lede om aan te sluit "solank as wat jy nie 'n flippen rassis is nie".

Die groep het teen daardie tyd 200 trefslae gelok.

Die verklaring van die Noordwes-universiteit is ook Maandag op die groep se webblad geplaas.

компьютерная диагностика автомобиляОлександр Васильович Фільчаков

Wees gewaarsku, ouboet luister jou af

Stel jou voor dat ingeluister word op kriminele en terroriste wat konkel om dwelms of wapens na Suid-Afrika te smokkel en hulle presiese plekbepaling en tyd van aflewering is bekend. Dit klink soos 'n hoogs tegniese rewolusie in misdaadbestryding en intelligensie-insameling.

 Dit is wat intelligensiebeamptes by die Nasionale Kommunikasiesentrum (NKS) doen in 'n poging om transnasionale georganiseerde misdaad te bekamp.

Stel jou aan die anderkant voor dat 'n foongesprek met jou vriend wat oorsee is, deur 'n luistervink onderskep word sonder 'n lasbrief van die regter. Dit is die senutergende dilemma wat wetgewers en diegene in beheer van die NKS in die gesig staar –  'n kop-aan-kopbotsing tussen vryheid en veiligheid.

Die NKS is in staat om foonoproepe en SMS’e wat van buite die land na ontvangers in die buiteland en binne Suid-Afrika se grense gestuur word, te monitor. 'n Senior intelligensiebeampte sê hulle beskik oor tegniese toerusting wat seine kan analiseer om sin te maak uit die verkeer.

As iemand van buite Suid-Afrika skakel en woorde soos dwelms, sluipmoord of enige ander sleutelwoord wat vooraf op die sagteware afgelaai is, gebruik sal die stelsel dit outomaties onderskep en 'n opname van die gesprek maak. Afgesien van die sleutelwoorde kan die NKS foonnommers van spesifieke teikens op die sagteware aflaai of 'n breë-skandering van kommunikasieverkeer doen.

Volgens die grootprater in die fasiliteit by intelligensie-hoofkwartier, Musanda, buite Pretoria, het die NKS nog nie globale uitreiking nie, maar dek dit meer as die SA Ontwikkelingsgemeenskapstreek. Ofskoon transnasionale misdaad en ekonomiese sabotasie top prioriteite vir die NKS is, dien die sentrum ook as 'n tradisionele spioenasiefasiliteit met die insameling en verspreiding van intelligensie.

Dit sluit in die onderskepping van kommunikasie van toppolitici in ander lande. Die intelligensiebeampte sê hulle vermoed ander lande spioeneer ook op Suid-Afrika maar dit is deel van die spel. Terwyl die NKS help om sommige trans-nasionale georganiseerde misdaad oop te vlek, bly taal 'n groot probleem. 'n Terroris of krimineel wat  in 'n vreemde taal konkel, sal waarskynlik die ore van die onderskeppers ontgaan.

Maar die NKS is oop vir misbruik soos onlangs bewys is gedurende die fop-e-possage waarin kommunikasie van regeringsamptenare na bewering deur geskorste spioenasiebaas Billy Masetlha onderskep is.

Foonoproepe van toppolitici is onderskep terwyl Masetlha uitvoerende direkteur van die NKS was. Dit is waarom parlementslede lugtig is om die NKS  'n blanko tjek te gee.

free bets no deposit required casinoлобановский александр жена

Engen koop Shell uit in Lesotho

Engen Petroleum het die aankoop van Shell Internasionaal se besighede in Lesotho gefinaliseer.

Engen het nou ‘n teenwoordigheid in 17 lande buite Suid-Afrika en het so ook hulle teenwoordigheid in Afrika suid van die Sahara vergroot.

Die Lesotho-transaksie behels jaarlike volumes van 36 miljoen liter brandstof in die kleinhandel- en ander afdelings. Dit sluit in kommersiële brandstof en smeermiddels en gee vir Engen net minder as 31% van die marksegment.

game casino slotsданильченко юрий брониславович прокурор

‘Armoede veroorsaak misdaad’

Die meeste Suid-Afrikaners glo dat armoede die grondoorsaak van stygende misdaadvlakke in die land is. 'n Opname deur TNS Research Surveys het bevind dat driekwart van die 2 000 volwassenes in die sewe vernaamste metropolitaanse gebiede van Suid-Afrika saamstem dat misdaad hoofsaaklik deur armoede veroorsaak word.

Die maatskappy se direkteur van Innovering en Ontwikkeling, Neil Higgs sê terwyl hierdie siening deur die meerderheid mense van verskeie kulturele, ekonomiese en religieuse sfere gehandhaaf word, ondersteun  diegene in informele nedersettings en agterplase dit baie sterk.

Vier-en-tagtig persent van krotbewoners handhaaf hierdie siening, gevolg deur hostelbewoners en inwoners van agterplase met 72- en 77% respektiewelik. Higgs sê die uiterste verskille in perspektief oor armoede as die grondoorsaak van misdaad onder krotbewoners wys op die desperate gedrag wat hulle rondom hulle sien by diegene wat na 'n beter lewe soek. Slegs 51% van mense wat ondervra is, het die ongeregtighede van die verlede geblameer as die grondoorsaak van misdaad.

Slegs 'n minderheid witmense (30%) in die opname het hiermee saamgestem terwyl 65% Indiërs en 55% swartes en gekleurdes wel saamgestem het. Volgens Higgs voel sosioloë dat die ongewone geweld wat met misdaad geassosieer word, te doen het met kulturele "depersonalisering" wat die suiwer resultaat is van die onderdrukking wat met apartheid geassosieer word.

Die studie het bevind dat meer as agt uit tien mense voel dat misdaadvlakke nie besig is om af te neem nie maar 'n vyfde van dié mense het egter toegegee dat hulle roofgoedere aankoop. Higgs sê 'n kwart van die mense wat aan die opname deelgeneem het, ken ander wat gesteelde goedere aankoop. As die mense by die polisie aangemeld sou word, sou die mark vir gesteelde goedere verdwyn.  

мультимарочные сканерыtopcargo

Zuma se medebeskuldigdes is voorlopig vry

16:15:09 Aanklagte teen ANC –president Jacob Zuma se medebeskuldigdes – die Suid-Afrikaanse filiaalmaatskappye van die Franse wapenvervaardiger Thales Internasionaal – is Maandag voorlopig deur die Nasionale Vervolgingsgesag onttrek. NVA-woordvoerder Tlali Tlali het bevestig dat die aanklagte voorlopig onttrek is.

Die twee Thint maatskappye – Thint Holding (South Africa) Pty Ltd en Thint (Pty) Ltd het elk een aanklag van afpersing, twee van korrupsie en een van geldwassery in die gesig gestaar in die saak waarin hulle daarvan aangekla is dat hulle omkoopgeld aan Zuma betaal het in ruil vir beskerming teen beweerde onreëlmatighede in die multi-miljardwapentransaksie.

Die onttrekking van die aanklagte volg op die verwerping van aanklagte teen Zuma deur regter Chris Nicholson van Pietermaritzburg se Hooggeregshof verlede maand omdat Zuma nie geleentheid gegun is om voorstelle aan die NVG te maak toe dit besluit het om vir die tweede keer aanklagte teen hom aanhangig te maak nie. Die NVG het verlede week 'n aansoek om appèl teen Nicholson se beslissing gedoen.

игрі для девачекОлександр Васильович Фільчаков

IVP maak skoonskip met studenteraadsverkiesing by Mangosuthu-universiteit

In ‘n dramatiese gebeurtenis by die Mangosuthu-universiteit in Durban het die IVP se Sadesmo al 12 sitplekke op die verteenwoordigende studenteraad gewen.

Dit het gebeur nadat die universiteit al lank reeds probeer om die lewe moeilik te maak vir Sadesmo. Nege Sadesmo-studenteraadsverteenwoordigers is in Maartmaand geskors ná ‘n maandlange boikot waarin gevra is dat meer dosente op die kampus ontplooi word.

Die nege studente is eers teen die einde van September weer op die kampus toegelaat.

Die feit dat Sasco nie daarin geslaag het om enige plekke op die studenteraad te kry nie dui op die groeiende ontevredenheid onder die jeug van Suid-Afrika met die ANC en sy vennote, het Pat Lebenya-Ntanzi gesê. Lebenya –Ntanzi is die waarnemende voorsitter van die IVP-jeugbrigade.

Ons wens die studente van die universiteit en Sadesmo geluk met die historiese oorwinning, maar dit was geen verrassing nie, het Lebenya-Ntanzi gesê. Voor die verkiesings het Sadesmo 9 plekke in die raad gehad en Sasco 3 plekke.

"Dit is duidelik dat die jeug van Suid-Afrika na die IVP kyk vir leiding in ‘n tyd waarin die land in ‘n erge leierskap krisis is. Die uitslag van die verkiesing is ‘n teken dat die mense vertroue het in die IVP en sy strukture. Verder is dit ook ‘n teken dat daar geen vertroue in die Sasco is nie."

Senior ANC leiers het ook onlangs toegegee dat Julius Malema ‘n verleentheid vir die party is en dat hy geen respek het vir ander leiers nie.

ANC-leiers het bevestig dat hulle gevrees het dat Malema die ANC stemme kan kos met die verkiesing volgende jaar, en sê dat hulle ergste vrese nou bewaarheid is.

Sasco wat met die ANC geallieerd is, het die eerste ongeval geword van Malema. Suid-Afrika se jeug is teleurgesteld met Malema se houding van disrespek teenoor andere.

Lebenya–Ntanzi het ter afsluiting gesê dat studente van oor die hele politieke spektrum kragte moet saamsnoer met die IVP en Sadesmo in die provinsie.

Dit is die manier waarop hulle kwaliteitleierskap en -opvoeding by alle instellings in die provinsie kan kry.          

управление парусной яхтой в одиночкупрокурор харьковской области

UP weier om verkiesingsuitslag bekend te maak

Image

Die ‘Skip’, UP-administrasie

Mnr. Hector Beyers, adjunkvoorsitter van die UP-studenteraad, het vandag in `n verklaring sy bekommernis uitgespreek oor die terughou van die VSR-verkiesingsuitslag wat reeds op 9 September vanjaar plaasgevind het.

"Bykans `n maand is al verby en dit blyk dat daar geen vordering gemaak is met die verkiesingsuitslag of die verkiesingsklagtes nie", het Beyers gesê.

Ná herhaalde versoeke en gesprekke, kan nie die viserektor, prof. De Beer of die Studentedekaan, prof. Speckman, nie aandui wanneer die verkiesingsproses afgehandel sal word nie.

Vanjaar se verkiesing was `n fiasko. Verskeie Afrikaanse kandidate, waaronder VF+TAS-kandidate se name was nie op die stembriewe nie. Sekere studente is ook nie toegelaat om te stem nie weens gebrekkige kieserslyste.

Volgens studente is geen van hul klagtes al aangehoor nie en pleit die Studentedekaan, wat verantwoordelik is vir die verkiesingsproses, onkunde.

Tydens `n vergadering vandag met die UP-bestuur, het dit duidelik geword dat uitsteltegnieke gebruik word om die demokratiese prosesse te omseil. Daar is drie weke van die huidige semester oor en poog die bestuur om die beoogde herverkiesings laat volgende jaar te hou.

"Hierdie vergrype moet in dieselfde lig as die Zimbabwe-verkiesings beskou word", het Beyers gesê. "Die UP verag die demokratiese wil van studente. Ten spyte van hulle sabotasie kon die VF+TAS reusegroei in vanjaar se verkiesing ervaar, maar nou wil die universiteit dit nie erken nie."

"Tans is ons besig om hierdie vergrype onder die minster van onderwys se aandag te bring."

slotsФильчаков

Laerinkomstegroepe moet ook huislenings kan kry

Behuisingsfinansiering moet aan laerinkomstegroepe toegestaan word, het Cas Coovadia, President van die Internasionale Unie vir Behuisingsfinansiering vandag gesê.

Hy het verder gesê dat daar ‘n groot behoefte is aan finansiering in die laerinkomstegroepe, veral gesien in die lig van Suid-Afrika se geskiedenis, maar hy het wel daarteen gemaan om besluite te neem wat nie goeie finansiële sin maak nie. Volgens hom moet die vermoë van die persoon om die lening terug te betaal wel in ag geneem word.

Banke en die regering behoort die probleme van toegang tot behuisingsfinansiering aan te spreek, asook die stygende huishoudelike skuld en tekort aan behuising in die land.

Coovadia het gepraat aan die einde van die jaarlikse Internasionale Unie vir huisfinansiering se wêreldkongres en het gesê dat die regering ‘n rol moet speel om finansiering teen vaste tariewe daar te stel en ook om sommige van die nie-kommersiële risiko’s te dra. Volgens hom sal dit weer vertroue in die mark skep en investering deur nie-tradisionele finansiële instellings lok.          

люстры под потолокФильчаков прокурор харькова