Springbok moet weg!

Gedurende 'n Nasionale Sportindaba wat in Durban gehou word, het die Springbokembleem weer onder skoot gekom. Butana Komphela het aan afgevaardigdes gesê dat die Springbok mense verdeel en 'n nasionale embleem moet mense verenig. Daar kan geen debat oor die saak wees nie, het hy gesê.

Komphela aan die minister gesê hy moet oplet hoe die Springbokwapen die arrogansie van witmense uitbeeld. Baie van die deelnemers by die Indaba het tydens hulle spreekbeurte gevra dat die embleem geskrap moet word.

Minister van Sport, Makhenkesi Stofile, het egter gesê dit is nie 'n kwessie van lewe en dood nie. Hy voel daar moet net een embleem wees wat alle sportliggame kan dra.

Komphela sê die Haaie se versuim om "Say no to racism" op hulle truie geborg deur Mr Price aan te bring, is niks anders as "blatante rassisme" nie.

SARU se uitvoerende beampte, Johan Prinsloo, sê hy kon nie deelneem aan die debat nie omdat die kwessie van die Springbokembleem nie op die agenda verskyn het nie en hy nie afgevaardig was om dit te bespreek nie.

Die ministerie van Sport wil 'n geïntegreerde nasionale strategie ontwikkel om sport te bevorder.

Люстры с пультомtopcargo отзывы

Geldchaos bring SEB onder skoot

Die silwer randjie om die donker wolk van die internasionale finansiële krisis, is dat Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleggers hard teruggebring is aarde toe.

Dié handjievol elite miljardêrs het gesamentlik miljarde rande in ekwiteit verloor in onstuimige verwikkelinge op die wêreld se effektebeurse. Die Ramaphosas en Motsepes van hierdie wêreld moes uiteindelik op die harde manier leer dat politieke verbintenisse kitsfortuine kon besorg maar die behoud daarvan nie kan waarborg nie.

Voorts wys finansiële deskundiges uit dat SEB-magnate dit nou baie moeiliker sal vind om derde-partyfinansiering te lok. SEB is 'n luukse wat selfs die rykste lande kwalik sou kon bekostig. Voorheen het banke met oop hande na SEB-bevoorregtes gevry, maar die onstuimigheid in die markte laat hulle nou skugter om lenings aan dié kaders beskikbaar te stel.

Die SEB-ellende eindig ook nie daar nie. Baie van hulle is tot hulle kroontjies toe in skuld, wat hulle ondernemings se aandelepryse nog meer onder druk plaas.

Van die hoëprofielmaatskappye met 'n beduidende SEB-komponent wat deurgeloop het, sluit Imperial, MTN, Barloworld, SASOL en Ou Mutual in.

Toekomstige SEB-transaksies huiwer by die afgrond want banke soos ABSA, Nedbank en Standard Bank is nou huiwerig om dié lenings toe te staan indien dit nie verseker word deur derde partye nie.

Die sakewêreld wag nou om te sien met watter beslistheid iemand soos Suid-Afrika se eie Meneer Apprentice, Tokyo Sexwale, die krisis gaan hanteer. Miskien hét sy versetverlede hom voorberei om die katastrofe te bestuur. Maar niemand hou asem op nie.

медсправка 086 уДанильченео

Johannesburgse lisensiekantoor van lyn af

Die Johannesburgse Metropolisie se lisensie-departemente in Loveday-straat, Langlaagte en Soweto was Donderdag van lyn af. Woordvoerder Edna Mamonyane sê die lisensiekantore by Loveday en Langlaagte het Maandag al begin probleme gee.

Sy sê geen papierwerk kon ongelukkig nie gedoen word nie. Die lisensiëring van motorvoertuie en registrasie is tot verdere kennisgewing nie moontlik nie. Die kabels wat die hele stelsel verbind, is beskadig.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar het later gesê die beskadigde kabels het ook die Soweto-stelsel omver gewerp. Minnaar sê motoriste wat die hernuwing van hulle lisensies tot die laaste dag gelaat het en gevolglik beboet is, kan weens die foutiewe kabels, vertoë rig. Hy sê dit is nie duidelik wanneer die stelsel weer in werking gaan kom nie, want hulle is in die hande van die mense wat die herstelwerk moet doen.

пескоструй купить влобановский класс

Menseregtegroepe eis afstelling van doodstraf in Japan

Stryders vir menseregte het geëis dat Japan 'n moratorium op teregstellings plaas. Hulle beskuldig die land daarvan dat hy teen die wêreldmening optree op die vooraand van 'n globale dag teen die doodstraf.

Japan en die Verenigde State is die enigste twee groot nywerheidslande wat nog die doodstraf toepas.

Die Internasionale Federasie van Menseregte, 'n Parys-gebaseerde koalisie van 155 menseregtegroepe wêreldwyd, het 'n verdoemende verslag op die vooraand van Vrydag se Wêrelddag teen die Doodstraf vrygestel.

Die IFM se algemene sekretaris, Florence Bellivier, sê in die verslag, Japan hou daarmee vol om kriminele ter dood te veroordeel en hou hulle vir dekades in gevangenisse aan waar isolasie en geheimhouding algemene praktyk is, in totale verontagsaming van die wêreldmening.

Japan het in werklikheid vir 15 maande tot 2006 ,'n moratorium op teregstellings gehad omdat die destydse justisieminister, Seiken Sugiura, gesê het die doodstraf is teenstrydig met die Boeddhistiese geloof.

Japan het egter 26 mense sedert Desember 2006 tereggestel.

напряжение генератора при нагрузкеданильченко юрій броніславович компромат

Malema gelate oor Lekota

Die ANC Jeugliga is nie bekommerd oor die moontlike stigting van 'n regtervleuel politieke party deur onvergenoegde ANC-lede nie. Liga-president Julius Malema sê die moontlike stigting van 'n politieke party deur Mosiuoa Lekota en Mluleki George, wat dink hulle is die gesalfde- en gebore leiers sal niks anders verteenwoordig nie as bekrompe, regtervleuel opportunisme van bitter en selfverrykende mense wat oneerbiedig teenoor organisatoriese beginsels staan. 

Malema het op 'n mediakonferensie in Johannesburg gepraat, 'n dag nadat voormalige minister van Verdediging, Mosiuoa Lekota, die moontlikheid genoem het  van 'n nuwe politieke party wat miskien die 2009 algemene verkiesing gaan takel.

Malema sê  ondersteuners van die ANC sal nooit vir dié party of enige ander party stem nie omdat hulle  glad nie stem as hulle kwaad is nie.

Oor die feit dat Lekota versuim het om 'n geskeduleerde vergadering met die ANC se nasionale uitvoerende komitee by te woon, het Malema gesê dat dit arrogant en oneerbiedig teenoor die ANC-leierskap is.  

насосная станция автоматического пожаротушенияФільчаков Олександр Васильович прокурор

ANC slaan vure dood in Kaap

Die ANC is besig om vure dood te slaan in die Kaap om ‘n uitvloei van lede in die Oos-Kaap en Wesk-Kaap te voorkom, na Mosiuoa Lekota se dreigemente om ‘n wegbreek party te stig. Kenners spekuleer dat dié twee gebiede die ANC se swakplekke is.

Dit is na aanleiding van die inligting dat die partylede ontplooi het regoor die land om ondersteuning op te bou vir die opkomende verkiesing van volgende jaar.

Die ANC sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, sal Vrydag die Oos-Kaap besoek om die mense daar te kalmeer, en daar word bespiegel of hy ook die Wes-Kaap sal besoek.

Na wat verstaan word sal hy vergaderings hou met ontevrede lede van die ANC -akke in die Wes-Kaap wat klagtes gehad het oor die verkiesingsproses by ‘n provinsiale kongres ‘n paar weke gelede.

Die ANC is bekommerd dat die lede baie waarskynlik by Lekota se wegbreekparty sal aansluit as dit wel tot stand kom. In ‘n poging om vrede weer te herstel sou Mathews Phosa vandag met Mosiuoa Lekota ontmoet oor dié se stelling dat hy “egskeidingsdokumente” op die ANC bedien het. Volgens Phosa is daar steeds maniere om die verhouding weer te herstel. Lekota het vandag nie vir die vergadering met Phosa opgedaag nie.

Aubrey Matshiqi, ‘n prominente politieke analis het vandag  gesê dat ‘n wegbreek faksie va die ANC dalk nie tyd sal hê om genoeg steun te mobiliseer nie, maar het wel gesê dat ‘n koalisie tussen die DA en die Onafhanklike Demokrate dalk in die Wes-Kaap te voorskyn kan kom.

Hy het ‘n stelling van die Onafhanklike Demokrate voorgehou, waarin hulle bereid is om in ‘n koalisie tretree, maar nie met die ANC-onderleierskap van Mcebisi Skwatsha nie. Dit laat die DA as kandidaat in die veld.

Die groot stryd gaan wees tussen die DA, ANC en die OD in die Wes-Kaap. Indien ‘n nuwe party enige grond sal wen, sal dit eerder in die Oos-Kaap wees, het hy gesê.

DA-leier Helen Zille het gesê die DA is sterk genoeg om ‘n verkiesing te wen en is die enigste party wat groot genoeg is om die ANC te stop.

Die grootste bedreiging vir die ANC is die moontlike verbreking van die party se dominansie in die Oos-Kaap, waar die ongelukkigheid met Thabo Mbeki se ontslag die hoogste is.

Die Oos-Kaap hou môre ‘n vergadering waar Mantashe die uitvoerende komitee sal toespreek. Die vergadering is reeds lank in die pyplyn, aangesien dit ook ‘n alliansiespitvergadering sal wees, het provinsiale segspersoon Andile Nkuhlu gesê.

Volgens Nkuhlu is die vergadering reeds drie keer uitgestel, en het dit niks met Lekota se party uit te waai nie, hoewel dit ook bespreek sal word. Hy het die mediaverklarings dat die ANC bang is om die Oos-Kaap te verloor aan ‘n splinter-aksie afgemaak as sensasiemakery.

Ander senior leiers het wel gesê dat hulle gereed is om die ANC te los en het strukture wat reg is om te volg. Verder is dit ook berig dat lede van nege takke in die Port St Johns gebied reeds by die DA aangesluit het.

Nog ‘n probleemprovinsie vir die ANC is die Vrystaat. Jacob Zuma het gesê dat die party probeer om die kloof tussen de premier Beatrice Marshoff en die party te herstel.

игрушки купитьлобановский класс харьков

Oos-Kaapse LUR bly getrou aan ANC

Die Oos-Kaapse  LUR vir behuising, Thobile Mhlahlo, het berigte ontken dat hy deel is van senior provinsiale ANC-lede wat beplan om 'n nuwe politieke

Image

Terror Lekota

party te stig. Mhlahlo sê in 'n verklaring die magte van apartheid het nie daarin geslaag om hom uit die ANC te forseer nie.

Hy sê daar is geen rede vir enige indiwidu om hom uit die ANC te verwyder nie. Hy is reeds 29 jaar in die ANC en sy geloofsbriewe binne die beweging getuig van sy onwrikbare lojaliteit.

Mhlahlo is verbaas daaroor dat hy met die nuwe organisasie verbind word. Hy sê hy is 'n gedissiplineerde lid van die party en dit is waar sy lojaliteit lê. Die voormalige minister van Verdediging, Mosiuoa Lekota, het Woensdag gesê hy gaan moontlik 'n nuwe politieke party stig omdat hy glo dat die huidige ANC-leierskap van die party se beginsels afwyk. Lekota het gesê daar is honderde ANC-lede in die Oos Kaap wat die regerende party wil verlaat.

игрушка детскаяОлександр Фільчаков прокурор

Finansi?le krisis dalk sleg vir MIV/Vigs navorsing

Twee Franse wetenskaplikes wat die Nobelprys vir medisyne deel vir hulle studies met MIV/Vigs is bekommerd dat die globale ekonomiese krisis die

Image

Luc Montagnier in 1995

befondsing van MIV/Vigs-navorsing kan benadeel.

Hulle het vigs in 1983 ontdek.

Luc Montagnier en Françoise Barre-Sinoussi sê dat hulle hul vrese dat befondsing vir navorsing en om Vigs te bestry verminder kan word, reeds aan president Sarkozy oorgedra het.

Die twee het gister vir Sarkozy ontmoet.

Tydens die gesprekke het hulle die probleem uitgewys dat medisyne in Afrika deur ‘n globale Vigs-fonds betaal word en dan gratis in Afrika versprei word.

Montagnier wou weet of die reëling sou voortgaan, in die lig van die wêreldwye finansiële krisis.

Hulle het die Nobelprys gewen saam met Duitsland se Harald zur Hausen, wat die virusse ontdek het wat servikale kanker veroorsaak.   

как заполнять мед справкуФильчаков прокурор харьков

Boer naby Harrismith vermoor

'n Boer naby Harrismith in die Vrystaat is wreed vermoor Donderdagoggend nadat hy uitgegaan het om te gaan kyk waarom sy honde blaf. Sersant Mmako Mophiring sê Johannes Spies, 73, en sy vrou het geslaap en is deur die blaffende honde buite die huis omstreeks 5 uur wakker gemaak.

Spies het twee keer gaan ondersoek instel. Die tweede keer het sy vrou, wat in die huis gewag het, twee verdagtes buite in die erf gewaar. Sy het later skote gehoor. Skielik het haar man die huis binnegestap gekom, erg aan die bloei. Spies is noodlottig in die bors en linkerarm gewond en die ambulans wat 'n uur later opgedaag het, was te laat om sy lewe te red. Die plaaswag, polisie en bure het hulle na Spies se plaas, Gravellot, gehaas om te help.

'n Polisiehelikopter asook 'n privaathelikopter is intussen ingespan om die moordenaars te help soek. Die plaaswag het 'n motor met vier insittendes voorgekeer oppad na die plaas toe, maar drie van passasiers het uitgespring en in die bosse verdwyn. Een 27-jarige verdagte is gearresteer en sy voertuig gekonfiskeer. Hy sal later in die Harrismithse landdroshof verskyn.

купить игрушку в украинеОлександр Фільчаков прокурор

Epainette Mbeki steun Lekota se idee

Epainette Mbeki dink Terror Lekota se idee vir 'n nuwe party is 'n "eersteklas idee". Sy sê die ANC se grooste fout was om met Cosatu en die SAKP saam te werk. Sy is die moeder van Thabo Mbeki.

"Dit is nie meer die party van Oliver Tambo en ander helde nie," het sy in 'n onderhoud aan die aan die Daily Dispatch koerant gesê. Sy het Lekota geprys vir sy idee en gesê sy hoop dit gebeur spoedig. Die twee-en-negentigjarige Epainette het na die radio geluister toe Lekota verduidelik het dat nuwe ANC-leiers 'n stammentaliteit bevorder.

Sy sê sy voel nie dis soseer 'n stammentaliteit as 'n lae vlak van politieke ontwikkeling nie. Sy sê die alliansie tussen Cosatu, die SAKP en die ANC was 'n fout. Dit bring ander invloede na die party, meen sy, en veroorsaak dat die ANC nie meer onafhanklik is nie.

инструмент минскФильчаков Харьков