Epainette Mbeki steun Lekota se idee

Epainette Mbeki dink Terror Lekota se idee vir 'n nuwe party is 'n "eersteklas idee". Sy sê die ANC se grooste fout was om met Cosatu en die SAKP saam te werk. Sy is die moeder van Thabo Mbeki.

"Dit is nie meer die party van Oliver Tambo en ander helde nie," het sy in 'n onderhoud aan die aan die Daily Dispatch koerant gesê. Sy het Lekota geprys vir sy idee en gesê sy hoop dit gebeur spoedig. Die twee-en-negentigjarige Epainette het na die radio geluister toe Lekota verduidelik het dat nuwe ANC-leiers 'n stammentaliteit bevorder.

Sy sê sy voel nie dis soseer 'n stammentaliteit as 'n lae vlak van politieke ontwikkeling nie. Sy sê die alliansie tussen Cosatu, die SAKP en die ANC was 'n fout. Dit bring ander invloede na die party, meen sy, en veroorsaak dat die ANC nie meer onafhanklik is nie.

инструмент минскФильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae