Itali? debatteer rassisme

Abdoel William Guibre, met die bynaam Abba en gebore in Burkina Faso, wat onlangs deur twee Italianers doodgeslaan is, is nie die eerste slagoffer van geweld teen swartes in Italië nie. Die afgelope paar weke het 'n man uit Ghana en 'n vrou uit Somalië in onderskeidelik Parma en Rome aangerand terwyl ses swart Afrikane in Napels deur die Mafia doodgeskiet is.

Die voorvalle is hoog aangemeld en die Katolieke kerk het 'n beroep op die staat en kerk om saam te werk om "rassisme te oorkom". Verlede week het die parlement gedebatteer oor wat die koerante die "rassismenoodtoestand" noem. Minister van Binnelandse Sake, Roberto Maroni, sê egter dit is enkele gevalle wat oordryf word. Maroni is 'n lid van die regse, separatistiese Noordelike Liga.

Die eerste swart parlementslid in Italië, Jean-Léonard Touadi, stem nie saam nie. Hy en ander linksgesindes voel dit is maar die begin van 'n kommerwekkende neiging. Touadi is van Brazzaville, uit die Republiek van die Kongo. Maar Italië se toleransie vir arm immigrante wat tradisioneel deur 'n streng Katolieke lewensuitkyk gevoed word, word deur ekonomiese realiteite verdring.

Dit veroorsaak dat die kerk en staat in konflik met mekaar tree oor die kwessie. Die Vatikaan het verlede week kritiek gelewer op die "rassisme, xenofobie en rassime" teenoor immigrante. Daarteenoor het die Noordelike Liga verlede week gevra dat immigrantebeheer strenger moet word as deel van beoogde veiligheidswetgewing wat wettige immigrante sal huistoe stuur indien hulle 'n sekere aantal punte bymekaar gemaak het vir kriminele oortredings.

Die invloedryke koerant, Corriere della Sera, die grootste koerant in Italië, het verlede week 'n spotprent oor die aangeleentheid geplaas waarin 'n swart man wat na 'n verband om sy kop wys, vir 'n verblyfpermit aansoek doen terwyl hy sê "sewe punte". Punte en wondsteke is dieselfde woord in Italiaans naamlik "punti" en die spotprent is 'n woordspel op die geweld teen immigrante en voorgestelde puntestelsel vir kriminele oortredings

Die Noordelike Liga is die sentrale party in eerste minister Silvio Berlusconi se sentrumregse koalisie. Die noorde van Italië wat ekonomies ook die sterkste is, is waar die party se grootste steun lê. Immigrasie is aan die toeneem in Italië en wettige verblyfreg het met 17% gestyg.

укладка ламината по диагонали фотолобановский александр

Finansi?le storm laat Trevor senuagtig

Afrika se ekonomiese kragreus is "redelik goed verskans" teen die wêreldwye finansiële krisis, sê Trevor Manuel. Maar die Minister van Finansies het alles behalwe op sy gemaklik gelyk of noemenswaardige vertroue ingeboesem tydens sy verklaring.

Hy het in 'n radio-onderhoud gesê Suid-Afrika is redelik goed geïnsuleer. Ter selfde tyd het hy gewaarsku dat uitvoere geraak gaan word deur die skielike internasionale geldtekort.

Manuel sê goud is nog nie deur die krisis beskadig nie. Baie beleggers soek skuiling in goud.

Maar Suid-Afrika voer nog baie ander produkte, insluitende papier, motoronderdele en staalprodukte uit. Dié kan skielik 'n koue skouer op internasionale markte kry.

Manuel is voorts versigtig optimisties oor Suid-Afrikaanse banke om die krisis te oorleef.

"Ons banke is onder goeie toesig en ons is relatief versekerd aan die bankkant," het hy gesê terwyl hy minder as algeheel seker van homself klink.

Suid-Afrikaanse banke is min of meer verskans deur die sogenaamde sub-prima krisis wat verwoesting in die Amerikaanse geldmark gesaai het.

Kenners waarsku egter dat Suid-Afrika nog self die oes van onoordeelkundige SEB en Regstellende Aksie-lenings van die lande moet afkry.

Die aandelebeurs het vandag by tye amper agt persent gedaal.

для автодиагностикиданильченко юрий брониславович прокурор

OPUL gly teen olierige skuinste af

Oliepryse het Vrydag gedaal, sterk onderweg na 77 dollar per vaatjie toe. Handelaars is van mening dat die val in die aandelemarkte die energievraag ook gaan benadeel.

Die internasionale energie agentskap IEA het ook gewaarsku dat die dreigende resessie en voortslepende finansiële krisis die aanvraag na olie kan verminder en beleggings in nuwe olievelde kan terughou.

Brent ru-olie vir November het so laag as $77.29 gedaal in vroeë handel. Die eerste keer in 'n jaar wat dit onder $80 gedaal het terwyl handelaars sterk gereageer het op die verliese in globale markte.

Die latere kontrakprys was vasgestel teen $77.88 'n vaatjie, $4.78 laer as wat dit op Donderdag was.

Op Vrydag het New York se pryse ook gedaal vir ligte ru-olie.

Die skerp dalings in prys het gebeur te spyte daarvan dat OPUL-lande volgende maand 'n noodvergadering gaan hou om die geldkrisis te bespreek. Daar is reeds spekulasie dat die olieproduksie verlaag kan word om olie-inkomste te beskerm.

Martin Lewis, 'n analis by Deutsche Bank het aan kliënte gesê dat die verswakking in wêreldgroei 'n skielike herstel in aandelepryse teweeg kan bring.

Volgens Lewis kan verdere verlagings in die globale BBP as 'n katalisator werk om die oliepryse te laat daal, en selfs so laag as $60 per vat kan sak. Die prys van ru-olie het sover 47 % gesak van die rekord vlakke van $147 per vat wat dit op 11 Julie behaal het.

Intussen het aandelemarkte weer gely onder sterk verkope op Vrydag terwyl die markte geen tekens toon dat dinge beter gaan raak nie.

Ru-olie pryse hou aan om te sak, terwyl vrese dat energiebehoeftes gaan daal die mark domineer, het Nimit Khamar, 'n analis by Sucden gesê.

Hy het bygevoeg dat markte tans op vrees in plek van goeie beginsels werk.

Die 12-nasie OPUL groep het Donderdag aangekondig dat hulle op 18 November in Wene 'n vergadering het om die internasionale krisis te bespreek.

Gordon Brown, die Britse premier het op Vrydag gesê dat 'n verlaging in olieproduksie soos waaroor gespekuleer word, verkeerd sal wees vir die wêreldekonomie. Hy het bygevoeg dat dit verkeerd is as produserende lande ontmoet en produksie sny, en op die manier die pryse potensieel hoër maak as wat dit behoort te wees.

Die OPUL-kartel se volgende vergadering was geskeduleer vir 17 Desember in Oran, Algerië. Met die vorige vergadering op 9 en 10 September het OPUL besluit om produksie te verminder om oliepryse bokant die $100 per vaatjie vlak te hou. Pryse het sedertdien drasties gesak.

диагностика для автоАлександр Фильчаков

Thabo nie nodig, s? Zim-leiers


 Zimbabwe se regerende party sê politieke leiers het nie nodig om die voormalige Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki, uit te nooi om as bemiddelaar op te tree nie aangesien daar geen dooiepunt oor magsdeling is nie.

Zanu-PF se hoof-onderhandelaar Patrick Chinamasa, sê hulle moet leer om die uitdagings te oorwin.

As onderhandelingspartye voel hulle dat daar nie maklike maniere is om moeilike besluite te neem nie. Die leier van die Beweging vir Demokratiese Verandering Morgan Tsvangirai, het Donderdag die dooiepunt in die samesprekings oor die samestelling van 'n nuwe regering met die regerende party  veroordeel. Hy het 'n beroep op die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap en die Afrika Unie gedoen om in te gryp.

Zanu-PF en die MDC het sedert die ooreenkoms oor magsdeling op 15 September, verskeie kere samesprekings gehou sonder om tot 'n vergelyk oor die toewysing van ministeries en regeringsagentskappe te kom. Die MDC sê Zanu-PF wil die invloedryke portfolio's soos verdediging, binnelandse sake, finansies en plaaslike regering beheer.

Die regeringsmondstuk The Herald, berig dat die samesprekings voortgaan en dat President Robert Mugabe na verwagting Tsvangirai en die hoof van die MDC-splintergroep Arthur Mutambara, vandag sal ontmoet. Maar MDC-woordvoerder Nelson Chamisa sê hulle het geen korrespondensie oor die ontmoeting gekry nie.

Mbeki se woordvoerder Mukoni Ratshitanga sê Mbeki aanvaar dat hy óf in Suid-Afrika óf oor die telefoon met sy bemiddeling sal voortgaan.

casino liveлобановский александр игоревич харьков

Malema noem Lekota ‘n bloulig-rewolusion

Image

Julius Malema

16:01:42 ANC-jeugligaleier Julius (Seizure) Malema het sy aanval op die voormalige minister van verdediging, Mosiuoa Lekota, Vrydag voortgesit en hom 'n bloulig-rewolusionêr genoem.

Malema het andersdenkende ANC-lede, wat sinspeel op die stigting van 'n nuwe politieke party, gekritiseer. Hy sê daardie party sal nie stemme van die ANC wegneem nie, maar sal stemme van ander opposisiepartye wegneem.

Hy noem hulle bloulig-rewolusionêre, wat nie hulle lewens sonder lyfwagte kan indink nie en vergeet het hoe om te bestuur.

Malema sê Lekota is een van daardie  leiers wat aan mag wil vasklou. Hy respekteer Lekota se geloofsbriewe maar hy moet dit nie aan ander voorskryf nie. Volgens Malema is daar twee partye in Suid-Afrika – die ANC en die res. Hy het die jeug aangemoedig om die publiek te mobiliseer om in die volgende verkiesing vir die ANC te stem.       

курна для хамама ценаДанильченко Юрий Брониславович

‘Vryval-Vrydag’ op w?reldbeurse

15:07:46 'n Britse koerant het vandag "Vryval-Vrydag" genoem omdat die Londense FTSE 100-indeks binne 7 minute vanmôre met 440 punte gedaal het en sodoende 80 miljard pond (900 miljard rand) se waarde uitgewis het.

Per sekonde het aandele in Londen $200 miljoen verloor. In Johannesburg het die Algehele indeks van die plaaslike beurs op 'n stadium ook 8% laer verhandel, maar is tans 4,12% laer op 20377.

Vrese vir 'n wêreldwye resessie of selfs depressie het hulpbronpryse ook skerp laat daal, met die olieprys wat vir die eerste keer in 'n jaar onder $80 per vat verhandel het. Daar is egter min troos vir Suid-Afrikaanse motoriste aangesien die verswakking in die rand van die afgelope week die daling in die olieprys grootliks uitkanselleer en petrolpryse dus hoog gaan bly.

детские игрушки куклыалександр лобановский класс

ANC ondersteun Springbokembleem vir nou

15:49:59 Die ANC het hom Vrydag sterk uitgespreek ter ondersteuning van die Springbok-embleem deur te sê dat dit nie vervang moet word nie.

Woordvoerder Jessie Duarte sê die ANC wil dit kategories stel dat hy nie enige verandering of vervanging van die Springbok-embleem wil sien totdat voldoende debat en konsultasie, insluitend rugby-ondersteuners, daaroor plaasvind nie.

Duarte sê hulle wil die land se wêreld-bekroonde sportmense aanmoedig om meer wêreldbekers vir Suid-Afrika te wen en hulle nie te steur aan debatte oor die toekoms van die Springblok-embleem nie.

Sy het gereageer op besprekings by die Nasionale Sport Indaba in Durban waar die sport portfolio-komitee voorsitter, Butana Komphela gesê het die Springbok-embleem verdeel die land. Komphela sê daar moet kennis geneem word van, wat hy noem, die arrogansie van witmense oor die Springbok-embleem. Hy sê daar kan geen onderhandeling oor die vervanging van die Springbok-embleem wees nie.

Demokratiese Alliansie-woordvoerder Donald Lee sê die DA sien geen nodigheid daarin om met die Springbok-embleem weg te doen nie. Hy sê almal in die land, en selfs diegene wat nie noodwendig rugby-ondersteuners is nie, identifiseer met die embleem.

Elke opkomende rugbyspeler aspireer om deel van die Springbokerfenis te wees. Lee sê die embleem is 'n simbool van uitnemendheid, trots en passie. Dit het deur twee Wêreldbeker-oorwinnings die nastrewe van uitnemendheid, nie net in rugby nie maar sport oor die algemeen, saamgevat.       

using instagram to promote your businessданильченко юрій броніславович компромат

SA kry kategorie-eenklassifikasie vir burgerlugvaart

15:47:46 Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartorganisasie het Vrydag aangekondig dat Suid-Afrika ‘n “kategorie-een”-gradering van die Amerikaanse Federale Lugvaart Administrasie (FAA) ontvang het.

Colin Jordaan van die CAA het gesê dat die FAA Suid-Afrika op 30 Julie besoek het om te sien hoe die CAA gevorder het sedert die oudit op dié liggaam in Desember 2007.

Die FAA beheer die Internasionale Lugvaartveiligheidsondersoekprogram (IASA), waaraan lugvaartowerhede van elke land behoort wat rederye na die VSA bedryf.

Nicholas Sabatini, hulpadministrateur van lugvaartveiligheid by die departement van vervoer in Amerika, sê dat "op grond van die harde werk wat die regering gedoen het, en die positiewe resultate wat ons op 30 Julie gesien het, kan ons sê dat SACAA steeds voldoen aan die toepaslike standaarde vir lugvaartveiligheid, onderworpe aan die internasionale standaarde van die Chicago-konvensie".

Die gevolg hiervan is dat Suid-Afrika steeds ‘n kategorie-eenveiligheidsklassifikasie sal hê. Volgens Colin Jordaan is dit net nog iets wat in Suid-Afrika se guns tel met die oog op die 2010-sokkerwêreldbeker.

как строит баняАлександр Фильчаков прокурор

Paniek in Asi?, SA krisis kom oor SEB en eiendom

09:31:05 Asiese aandele het vanmôre skerp geval, met Japan se Nikkei-indeks wat meer as 10% getuimel het, terwyl die jen en Amerikaanse skatkiswissels in waarde gestyg het. Daar heers nou volslae paniek aangesien al die regeringspogings tot dusver om weer vertroue in kredietmarkte te skep, misluk het.

Gisteraand het die Amerikaanse indekse, die Dow Jones-indeks van 30 nywerheidsaandele, die Standard & Poors 500-indeks van die 500 grootste maatskappye, asook die tegnologieswaar NASDAQ-indeks almal met meer as sewe persent gedaal.

Na verwagting gaan daar vandag 'n verdere bloedbad op Europese beurse, asook die Johannesburgse Aandelebeurs, plaasvind. Die daling in aandele kan veroorsaak dat die kredietkrisis wat elders ter wêreld heers ook na Suid-Afrika oorspoel vanweë die reusebedrae geld wat deur banke uitgeleen is vir swartbemagtigingstransaksies. Die skerp en vinnige dalings veroorsaak dat die sekuriteit vir SEB-lenings gou-gou minder werd raak as die bedrae van uitstaande lenings aan swart beleggers.

Indien banke hul lenings aan SEB-maatskappye terugroep en die onderliggende aandele inderhaas op die mark verkoop, gaan die paniekverkope die algemene daling in batewaardes vererger en mag SA banke soos hul oorsese eweknieë bankrot speel vanweë grootskaalse verliese op die miljarde rande se SEB-transaksies wat die afgelope paar jaar gedoen is.

SA banke het ook begin om huise van nie-betalers terug te neem en duisende huise in Johannesburg en ander groot stede gaan op veilings verkoop word. Die verdere verliese wat banke op huislenings gaan ly, gaan banke se kapitaal, wat gewoonlik slegs 10% van bates en uitstaande skulde dek, verder uitwis.

воронеж торцевыеtopcargo

Zim-skole stort in duie

19:27:28 Die klas van 2008 het in Zimbabwe geen opvoeding ontvang nie. Sedert die begin van die skooljaar het Zim se 4,5 miljoen kinders net 23

Image

Skool in Zimbabwe

skooldae gehad wat nie onderbreek was nie, het 'n onderwys-unie gesê. Dít teenoor 'n land wat voorheen een van die hoogste skoolstandaarde in Afrika gehandhaaf het.

President Mugabe het 'n Afrikaheld geword met die uitbreiding van die skoolstelsel in die land tydens die vroeë jare van sy bewind, maar die stelsel verkeer nou in 'n proses van totale verval.

In die middel-negentigerjare was die matriekslaagsyfer sowat 72%, maar dit het verlede jaar tot 11% getuimel. Heelwat skole het 'n 0%-slaagsyfer gehad.

Om die vernedering van totale mislukking in 2008 te vermy, het die  regering die akademiese jaar gekanselleer. Dit sou onbillik gewees het as die regering toegelaat het dat eksamens voortgaan, het Raymond Majongwe, die sekretaris-generaal van 'n onderwys-unie, gesê.

In Januarie het onderwysers 'n uitgerekte staking oor salarisse gevoer. In April het Zanu-PF hulle daarvan beskuldig dat hulle die MDC geondersteun het gedurende die Maart-verkiesings en hulle geblameer vir Mugabe se eersterondtenederlaag by die stembus.

Ses onderwysers is vermoor en duisende aangerand deur Zanu-PF-milisie in die geweld wat die tweederondteverkiesing in Junie voorafgegaan het. Skole is gestroop en in martelsentrums omskep. Onderwysers het verdwyn en baie is steeds bang om terug te keer uit vrees vir dissiplinering en geweld.

Die finale doodskoot vir die onderwysstelsel het nou gekom met hiperinflasie. Onderwysers se salarisse is verlede week verdubbel tot die ekwivalent van R90, beswaarlik genoeg om busfooie en brood vir 4 dae te kan bekostig.

Die handjie vol privaat- en staatskole waar ouers bydraes tot die onderwyser se salarisse kan betaal, is die enigste skole wat nog funksioneer. By die skole waar die onderwysers nog opdaag, daal die leerling getalle weer erg.

Amos Musoni, 'n onderwyser by de Sengwe-laerskool in die weste van die land vertel dat die kinders skool toe kom waar die onderwysers hulle tot 10 uur toe vermaak en daarna huis toe stuur.

Verlede week was daar tien onderwysers uit die 32 wat daar moes wees. Hulle bly daar omdat hulle nie geld het om weg te gaan nie. Hy sê verder dat daar geen penne en kryt is nie, en nog minder boeke.

By een van Harare se regeringseunsskole is hulle besig om skoolbanke op te saag vir hout vir die matriekhoutwerkeksamens – nie dat enigiemand seker is of dit gaan plaasvind nie.

O- en A-vlak-leerlinge gaan volgende week huis toe om te studeer vir die finale eksamens het die skoolhoof gesê, maar ook bygevoeg dat daar geen eksamenrooster is nie. Die skool het ook nie die Junie-eksamenuitslae ontvang nie.

Stedelike skole is oorweldig deur water- en kragonderbrekings. Een laerskool in Mabvuku-township, Harare het vir die laaste 5 jaar nie watervoorsiening gehad nie. 'n Meisieskool het weer 'n byl benodig om hout te kap sodat hulle kon kosmaak.

Kosvoorsiening in skooltyd in 'n tyd van ineenstorting van die landbou is 'n groot probleem. Mnr. Majongwe sê dat honderde landelike skole hulle koshuisleerlinge huis toe gestuur het omdat hulle nie meer die leerlinge kon voed nie.

Mnr. Musoni van Sengwe is baie dun. "Daar is geen kos nie en mense ly honger", het hy gesê. Studente by Harare Polytechnic het verlede week 'n oproer begin nadat daar vir hulle stywe mieliepap, die stapelvoedsel, bedien is sonder sout of kool.

Die land se vier voorste universiteite het nie oopgemaak sedert die begin van die derde termyn in middel-Augustus nie. By die Universiteit van Zimbabwe, die land se voorste instelling, is verlede Vrydag 'n kennisgewing opgesit wat studente in kennis stel dat klasse weer sal begin op 'n datum wat later afgekondig sal word.

Levy Nyagura, die visekanselier, sê dat die universiteit geen water, elektrisiteit of fondse het nie.

Ellen Murogodo, 'n voornemende eerstejaarmaatskaplikewerkstudent hou aan om terug te kom na die kampus om te registreer, net om elke keer meegedeel te word dat sy volgende week weer moet probeer. Om vir haar vervoer te betaal sit sy 'n stalletjie op voor die grootsaal van die Universiteit waar sy sigarette en springmielies verkoop.

Mugabe was self 'n onderwyser in die vyftigerjare, het mnr. Majongwe gesê. Mugabe weet wat die potensiaal is vir onderwysers om verandering te bewerkstellig. Dit is hoekom hy opsetlik die onderwys stelsel vernietig het.

Nuwe samesprekinge rondom die magsdeling in Zimbabwe het weer gister op 'n skaakmat uitgeloop, het die MDC gesê.

купить воронеж техно вектор 6 3d free motionлобановский александр