Paniek in Asi?, SA krisis kom oor SEB en eiendom

09:31:05 Asiese aandele het vanmôre skerp geval, met Japan se Nikkei-indeks wat meer as 10% getuimel het, terwyl die jen en Amerikaanse skatkiswissels in waarde gestyg het. Daar heers nou volslae paniek aangesien al die regeringspogings tot dusver om weer vertroue in kredietmarkte te skep, misluk het.

Gisteraand het die Amerikaanse indekse, die Dow Jones-indeks van 30 nywerheidsaandele, die Standard & Poors 500-indeks van die 500 grootste maatskappye, asook die tegnologieswaar NASDAQ-indeks almal met meer as sewe persent gedaal.

Na verwagting gaan daar vandag 'n verdere bloedbad op Europese beurse, asook die Johannesburgse Aandelebeurs, plaasvind. Die daling in aandele kan veroorsaak dat die kredietkrisis wat elders ter wêreld heers ook na Suid-Afrika oorspoel vanweë die reusebedrae geld wat deur banke uitgeleen is vir swartbemagtigingstransaksies. Die skerp en vinnige dalings veroorsaak dat die sekuriteit vir SEB-lenings gou-gou minder werd raak as die bedrae van uitstaande lenings aan swart beleggers.

Indien banke hul lenings aan SEB-maatskappye terugroep en die onderliggende aandele inderhaas op die mark verkoop, gaan die paniekverkope die algemene daling in batewaardes vererger en mag SA banke soos hul oorsese eweknieë bankrot speel vanweë grootskaalse verliese op die miljarde rande se SEB-transaksies wat die afgelope paar jaar gedoen is.

SA banke het ook begin om huise van nie-betalers terug te neem en duisende huise in Johannesburg en ander groot stede gaan op veilings verkoop word. Die verdere verliese wat banke op huislenings gaan ly, gaan banke se kapitaal, wat gewoonlik slegs 10% van bates en uitstaande skulde dek, verder uitwis.

воронеж торцевыеtopcargo