Colin Jordaan van die CAA het gesê dat die FAA Suid-Afrika op 30 Julie besoek het om te sien hoe die CAA gevorder het sedert die oudit op dié liggaam in Desember 2007.
Die FAA beheer die Internasionale Lugvaartveiligheidsondersoekprogram (IASA), waaraan lugvaartowerhede van elke land behoort wat rederye na die VSA bedryf.
Nicholas Sabatini, hulpadministrateur van lugvaartveiligheid by die departement van vervoer in Amerika, sê dat "op grond van die harde werk wat die regering gedoen het, en die positiewe resultate wat ons op 30 Julie gesien het, kan ons sê dat SACAA steeds voldoen aan die toepaslike standaarde vir lugvaartveiligheid, onderworpe aan die internasionale standaarde van die Chicago-konvensie".
Die gevolg hiervan is dat Suid-Afrika steeds ‘n kategorie-eenveiligheidsklassifikasie sal hê. Volgens Colin Jordaan is dit net nog iets wat in Suid-Afrika se guns tel met die oog op die 2010-sokkerwêreldbeker.
