‘Naamsveranderings betrek beginsel, nie ras’

11:19:02 Die Vryheidsfront Plus het dit verwelkom dat die plaaslike arm van nog 'n opposisieparty, die United Democratic Movement (UDM) van

Image

Conrad Beyers

mnr. Bantu Holomisa, hulle teenkanting teen die verandering van straatname in Pretoria uitgespreek het tydens 'n openbare deelnamevergadering in die middestad van Pretoria.

Vroeër is berig dat die Inkatha Vryheidsparty (IVP) ook teen die naamsveranderinge is.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, onderstreep die UDM en IVP se standpunte dat die protes teen die naamsveranderinge nie 'n rassestryd tussen wit en swart is nie, maar 'n beginselsaak rondom verdraagsaamheid en wedersydse respek vir die kulture en geskiedenis van al die land se gemeenskappe.

Volgens die VF Plus is die chaotiese en polariserende aard van al die openbare deelnamevergaderings 'n bewys dat die plaaslike ANC sy hand oorspeel het en buite orde is.

"Daar is geen debat nie, geen gesprek nie – net totale polarisasie. Mens kry die indruk dat 'n paniekerige Mbeki-faksie wat tans die stadsraad beheer, moedswillig die skaakbord omgooi voordat hulle die gemors aan hulle politieke opponente oorhandig," het Beyers gesê.

Die VF Plus het gesê dat die party oop is vir onderhandelinge oor 'n billike skikking rakende straatname in die stad, maar dat die huidige proses totaal gebrekkig is en gestaak moet word.

"Dit sal wys wees om te wag tot die 2009 algemene verkiesing afgehandel is sodat koelkop en gebalanseerde onderhandelinge met die nuwe regering oor die saak gevoer kan word."

Die VF Plus het gesê dat gesprekke op nasionale vlak oorweeg moet word om die plaaslike ANC tot orde te roep. Mnr. Mathews Phosa, ANC-tesourier-generaal, het gister gesê dat die ANC die 'bal laat val het' rakende versoening tussen die verskillende rasse in Suid-Afrika.  Die plaaslike ANC probeer om die laaste hoop op versoening in Pretoria uit te wis.

how to promote in instagramпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae