Die eerste swart parlementslid in Italië, Jean-Léonard Touadi, stem nie saam nie. Hy en ander linksgesindes voel dit is maar die begin van 'n kommerwekkende neiging. Touadi is van Brazzaville, uit die Republiek van die Kongo. Maar Italië se toleransie vir arm immigrante wat tradisioneel deur 'n streng Katolieke lewensuitkyk gevoed word, word deur ekonomiese realiteite verdring.
Dit veroorsaak dat die kerk en staat in konflik met mekaar tree oor die kwessie. Die Vatikaan het verlede week kritiek gelewer op die "rassisme, xenofobie en rassime" teenoor immigrante. Daarteenoor het die Noordelike Liga verlede week gevra dat immigrantebeheer strenger moet word as deel van beoogde veiligheidswetgewing wat wettige immigrante sal huistoe stuur indien hulle 'n sekere aantal punte bymekaar gemaak het vir kriminele oortredings.
Die invloedryke koerant, Corriere della Sera, die grootste koerant in Italië, het verlede week 'n spotprent oor die aangeleentheid geplaas waarin 'n swart man wat na 'n verband om sy kop wys, vir 'n verblyfpermit aansoek doen terwyl hy sê "sewe punte". Punte en wondsteke is dieselfde woord in Italiaans naamlik "punti" en die spotprent is 'n woordspel op die geweld teen immigrante en voorgestelde puntestelsel vir kriminele oortredings
Die Noordelike Liga is die sentrale party in eerste minister Silvio Berlusconi se sentrumregse koalisie. Die noorde van Italië wat ekonomies ook die sterkste is, is waar die party se grootste steun lê. Immigrasie is aan die toeneem in Italië en wettige verblyfreg het met 17% gestyg.
