ANC ondersteun Springbokembleem vir nou

15:49:59 Die ANC het hom Vrydag sterk uitgespreek ter ondersteuning van die Springbok-embleem deur te sê dat dit nie vervang moet word nie.

Woordvoerder Jessie Duarte sê die ANC wil dit kategories stel dat hy nie enige verandering of vervanging van die Springbok-embleem wil sien totdat voldoende debat en konsultasie, insluitend rugby-ondersteuners, daaroor plaasvind nie.

Duarte sê hulle wil die land se wêreld-bekroonde sportmense aanmoedig om meer wêreldbekers vir Suid-Afrika te wen en hulle nie te steur aan debatte oor die toekoms van die Springblok-embleem nie.

Sy het gereageer op besprekings by die Nasionale Sport Indaba in Durban waar die sport portfolio-komitee voorsitter, Butana Komphela gesê het die Springbok-embleem verdeel die land. Komphela sê daar moet kennis geneem word van, wat hy noem, die arrogansie van witmense oor die Springbok-embleem. Hy sê daar kan geen onderhandeling oor die vervanging van die Springbok-embleem wees nie.

Demokratiese Alliansie-woordvoerder Donald Lee sê die DA sien geen nodigheid daarin om met die Springbok-embleem weg te doen nie. Hy sê almal in die land, en selfs diegene wat nie noodwendig rugby-ondersteuners is nie, identifiseer met die embleem.

Elke opkomende rugbyspeler aspireer om deel van die Springbokerfenis te wees. Lee sê die embleem is 'n simbool van uitnemendheid, trots en passie. Dit het deur twee Wêreldbeker-oorwinnings die nastrewe van uitnemendheid, nie net in rugby nie maar sport oor die algemeen, saamgevat.       

using instagram to promote your businessданильченко юрій броніславович компромат