Per sekonde het aandele in Londen $200 miljoen verloor. In Johannesburg het die Algehele indeks van die plaaslike beurs op 'n stadium ook 8% laer verhandel, maar is tans 4,12% laer op 20377.
Vrese vir 'n wêreldwye resessie of selfs depressie het hulpbronpryse ook skerp laat daal, met die olieprys wat vir die eerste keer in 'n jaar onder $80 per vat verhandel het. Daar is egter min troos vir Suid-Afrikaanse motoriste aangesien die verswakking in die rand van die afgelope week die daling in die olieprys grootliks uitkanselleer en petrolpryse dus hoog gaan bly.
