Brent ru-olie vir November het so laag as $77.29 gedaal in vroeë handel. Die eerste keer in 'n jaar wat dit onder $80 gedaal het terwyl handelaars sterk gereageer het op die verliese in globale markte.
Die latere kontrakprys was vasgestel teen $77.88 'n vaatjie, $4.78 laer as wat dit op Donderdag was.
Op Vrydag het New York se pryse ook gedaal vir ligte ru-olie.
Die skerp dalings in prys het gebeur te spyte daarvan dat OPUL-lande volgende maand 'n noodvergadering gaan hou om die geldkrisis te bespreek. Daar is reeds spekulasie dat die olieproduksie verlaag kan word om olie-inkomste te beskerm.
Martin Lewis, 'n analis by Deutsche Bank het aan kliënte gesê dat die verswakking in wêreldgroei 'n skielike herstel in aandelepryse teweeg kan bring.
Volgens Lewis kan verdere verlagings in die globale BBP as 'n katalisator werk om die oliepryse te laat daal, en selfs so laag as $60 per vat kan sak. Die prys van ru-olie het sover 47 % gesak van die rekord vlakke van $147 per vat wat dit op 11 Julie behaal het.
Intussen het aandelemarkte weer gely onder sterk verkope op Vrydag terwyl die markte geen tekens toon dat dinge beter gaan raak nie.
Ru-olie pryse hou aan om te sak, terwyl vrese dat energiebehoeftes gaan daal die mark domineer, het Nimit Khamar, 'n analis by Sucden gesê.
Hy het bygevoeg dat markte tans op vrees in plek van goeie beginsels werk.
Die 12-nasie OPUL groep het Donderdag aangekondig dat hulle op 18 November in Wene 'n vergadering het om die internasionale krisis te bespreek.
Gordon Brown, die Britse premier het op Vrydag gesê dat 'n verlaging in olieproduksie soos waaroor gespekuleer word, verkeerd sal wees vir die wêreldekonomie. Hy het bygevoeg dat dit verkeerd is as produserende lande ontmoet en produksie sny, en op die manier die pryse potensieel hoër maak as wat dit behoort te wees.
Die OPUL-kartel se volgende vergadering was geskeduleer vir 17 Desember in Oran, Algerië. Met die vorige vergadering op 9 en 10 September het OPUL besluit om produksie te verminder om oliepryse bokant die $100 per vaatjie vlak te hou. Pryse het sedertdien drasties gesak.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.